NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Om dood te gaan is nie 'n kuns nie; die slegste kry dit reg. Om te lewe is 'n kuns, die beste kry dit nie goed reg nie, sê onse Neelsie. Langenhoven se siening oor hoe moeilik dit is om nie 'n nuttelose lewe te lei nie laat mens onthou hoe die Psalmdigter bid: Weerhou my van 'n nuttelose lewe, laat my leef op die weg wat U aanwys. U voorskrifte is vir my 'n lied in my lewe hier op aarde. Om u bevele uit te voer is my hele lewe. Ek het gesê: 'Dit is my lewe, Here, om u woord te gehoorsaam.' Ps 119.

WELGEVALLIGE OFFERS

BRING ONS AAN GOD WELGEVALLIGE OFFERS?

Hannes Ollewagen

Gén. 4:1-26

“Is daar nie verheffing as jy goed doen nie? En as jy nie goed doen nie — die sonde lê en loer voor die deur, en sy begeerte is na jou; maar jy moet daaroor heers.” (:7).

Die mens word in hierdie teksvers uit die Woord van God tot twee dinge gemaan – dit is dat hy hom moet besig hou daarmee om voor God se Aangesig goed te doen en ten tweede dat die mens teen die verleiding van sonde moet waak en nie daaraan diensbaar moet word nie. Hierdie selfde waarheid dat die mens homself tot diensbaarheid aan God moet stel eerder as om aan die sonde diensbaar te wees word in Rom. 6:13 ook aan ons geleer.

“En moenie julle lede stel tot beskikking van die sonde as werktuie van ongeregtigheid nie, maar stel julleself tot beskikking van God as mense wat uit die dode lewend geword het, en julle lede as werktuie van geregtigheid in die diens van God.”

Ons wonder soms waarom God Abel se offer sou aansien en Kain se offer sou afwys. Was dit omdat God ‘n groter behae in die offer van die vet van kleinvee sou hê as in die vrugte wat Kain as offer gebring het? Dit wat ons uit Lev. 23:10 leer laat voormelde argument vir ons baie onwaarskynlik lyk.

“Spreek met die kinders van Israel en sê aan hulle: As julle in die land kom wat Ek julle gee en sy opbrings oes, moet julle die eerstelingsgerf van julle oes na die priester bring.”

Die alternatief is dat Kain se gesindheid nie reg was soos die van sy broer Abel nie. En die woorde van God deur monde van sy profeet, Jesaja, onderstreep vir ons laasgenoemde argument.

“Wat het Ek aan die menigte van julle slagoffers? sê die HERE. Ek is sat van die brandoffers van ramme en die vet van vetgemaakte kalwers; en Ek het geen behae in die bloed van stiere of lammers of bokke nie.Bring nie meer skynheilige offergawes nie; gruwelike reukwerk is dit vir My. …” (Jes. 1:11&13).

Dit word ook vir ons in 1 Kron. 29:17 geleer dat die gesindheid waarmee ons aan God ‘n offer bring vir Hom uiters belangrik is.

“En ek weet, my God, dat U die hart toets en behae het in opregtheid; ek het in die opregtheid van my hart al hierdie dinge vrywillig gegee; en nou het ek met blydskap gesien hoe u volk, hier aanwesig, vrywillig aan U gegee het.”

Die gesindheid wat vandag nog in talle mense se harte is, is bes moontlik dieselfde gesindheid waarmee Kain aan God ‘n offer gebring het. Die offer is nie met opregte dankbaarheid gebring nie, maar eerder met ‘n bybedoeling. En is daar nie vandag steeds soveel mense wat met bybedoelings aan God offers bring nie? Daardie offers wat aan God gebring word omdat ons seën van Hom wil koop of verdien.   Daardie offers wat aan God gebring word omdat ek nie teen ander gemeentelede wil afsteek nie en ook deur mense geëer wil word. Dink maar aan Ananías en Saffíra se skynheilige offergawe wat deur God gestraf is.

“En Petrus sê vir haar: Waarom het julle ooreengekom om die Gees van die Here te versoek? …” (Hand. 5:9).

‘n Verdere slegte eienskap wat algemeen aan ons samelewing aangetref word is ons traagheid in God se diens. Ons probeer om die “belangrikste wette” van God te gehoorsaam en daarmee wil ons ons geloofsverantwoordelikheid afhandel. Die Here leer ons egter in teenstelling hiermee dat ons onsself daarop moet toespits om goed te doen. Hy leer vir ons om ywerig vir Hom te werk.

“...wat Homself vir ons gegee het om ons te verlos van alle ongeregtigheid en vir Homself ’n volk as sy eiendom te reinig, ywerig in goeie werke.” (Titus 2:14).

Ja, die Romeine word ook tot ywerige arbeid in diens van die Here aangespoor.

“...wees nie traag in die ywer nie; wees vurig van gees; dien die Here;” (Rom. 12:11).

Hoeveel mense is daar vandag nog wat waarlik volgens God se voorskrif die tyd uitkoop? “...en koop die tyd uit, omdat die dae boos is.” (Efés. 5:16).

Dit is mos veel lekkerder om ons tyd te verspil voor die televisie of om video’s op Youtube te kyk. En dan is daardie dinge waarna gekyk word soms van so ‘n aard dat die satan ons juis hiermee tot allerhande ongeregtigheid verlok. Sou ek nie moeiliker hom ten prooi geval het indien ek eerder besig was om my tyd ywerig in diensbaarheid aan ons liefdevolle, heilige, waardige Here te wy nie?   Is die dankbaarheid in my hart teenoor Christus wat my uit sondemag losgekoop het nie so groot dat ek daarna smag om gedurig die een offer van dankbaarheid na die ander na die voete van Christus te dra nie?

Geliefdes, mag die Here Jesus Christus ons nie ledig vind die dag wanneer Hy weer met die wolke kom om die wêreld te oordeel nie. Mag Hy ons besig vind om die tyd uit te koop. Mag Hy ons besig vind as getroue diensknegte wat met groot ywer die een opregte offer na die ander in dankbaarheid vir Hom berei.

“Gelukkig is daardie dienskneg vir wie sy heer, as hy kom, só besig sal vind.” (Luk. 12:43).

Opsoek na inligting?

  •  Indien u Gelofteland se daaglikse hoofartikel per epos wil ontvang, stuur u versoek na Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    _____________________

    BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 820 gaste aanlyn