NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Nadat die Fariseërs Jesus probeer versoek het met die vraag of hulle belastings aan die keiser behoort te betaal, het Hy hulle geantwoord: 'Betaal aan die keiser wat die keiser toekom, en aan God wat God toekom'. Want die keiser se kop was op die muntstuk en kon hy maar sy regverdige deel kry. Nou is die vraag of ons aan God betaal wat Hom toekom: nie net ons tiendes in geldvorm nie, maar Hy vra ook 'n tiende van ons tyd in diens van Hom. Maar in die lig daarvan dat alles aan God behoort, maak dit sin dat jy met dít wat Hy aan jou toevertrou het, sal doen wat Hy wil hê en nie wat jý wil hê nie.

OM GEHOORSAAM TE WEES

Hannes Ollewagen

1 Samuel 15:1-35

“Daarop sê Samuel: Het die HERE behae in brandoffers en slagoffers soos in gehoorsaamheid aan die stem van die HERE? Kyk, om gehoorsaam te wees is beter as slagoffer, om te luister beter as die vet van ramme.Want wederstrewigheid is ’n sonde van waarsêery, en eiesinnigheid is afgodery en beeldediens. Omdat jy die woord van die HERE verwerp het, het Hy jou as koning verwerp.” (:22&23).

Saul gaan vir Samuel ewe selfvoldaan tegemoet nadat hy teruggekom het van die oorlog teen Ámalek. Hy het ‘n groot oorwinning behaal. Hy het die vyand se land met die banvloek getref. En dan het hy boonop met ‘n groot buit teruggekom wat hy van voorneme was om aan die Here te offer. Samuel deel egter nie Saul se opgewondenheid oor die oorwinning nie. Inteendeel, Samuel is woedend omdat Saul aan die Here ongehoorsaam was. Hierdie groot, aansienlike buit en offer was vir hom glad nie indrukwekkend nie.

Geliefdes, ons behoort beslis in ons tyd hierdie lering uit God se Woord ter harte te neem. Ons sien ook hoedat mense al te graag dinge doen om indrukwekkend te lyk. Dink maar hoe indrukwekkend moes daardie offer van Saul nie gelyk het nie! Die beste van die Ámalekiete – en dit in hul menigte wat as offer aan God gebring word. Ja, soos daardie mense in ons tyd wat hul skenkings van miljoene rande maak – hoe indrukwekkend vir die mens. Maar hoe gering voor God omdat die gesindheid waarmee dit gedoen word nie vir Hom aanneemlik is nie.

“EN Jesus het reg voor die skatkis gaan sit en gekyk hoe die skare geld in die skatkis gooi. En baie rykes het veel ingegooi.En daar kom een arm weduwee en gooi twee geldstukkies in, dit is ’n oortjie.Toe roep Hy sy dissipels na Hom en sê vir hulle: Voorwaar Ek sê vir julle, hierdie arm weduwee het meer ingegooi as almal wat in die skatkis gegooi het.” (Markus 12:41-43).

Samuel stel dit aan Saul dat eiesinnigheid afgodery en beeldediens is. Hy stel dit m.a.w. aan hom dat hy deur sy optrede eerder sy eie eer as die eer van God gesoek het. En dit is ook afgodery om eerderjou eie eer, eie aansien of eie belang te dien as om God te gehoorsaam. Ja, om jou “eie god” te wees is ook afgodery! “Saul, jy wou graag deur die volk geëer word vir die groot oorwinning wat jy behaal het. Jy wou graag deur die volk bewonder word vir die groot en aansienlike offer wat jy uit die buit aan God bring.” Saul het vergeet dat God nie dit wat voor oë is aansien nie, maar wel dit wat in die hart is. Ja, ook as dit in die mens se hart is om sy eie eer bo die eer van God te stel.

“…Want nie wat die méns sien, sien God nie; want die mens sien aan wat voor oë is, maar die HERE sien die hart aan.” (1 Sam. 16:7).

Sien ons nie vandag nog hoedat mense hard ywer om ryk en belangrik te word nie? Ja, al sou dit beteken dat hulle die liefde vir ander en die gebod van God agter hul rug moet werp om hul doelwitte te bereik – die mense sou hulle tog steeds as rykes en aansienlikes bewonder. En dit weeg vir menige mens in ons tyd swaarder as om te doen wat in God se oë reg is. Dink maar aan talle rykes wat hul werknemers mishandel en onbillik behandel en selfs onregverdige voordeel uit kliënte trek. En dan uit hierdie rykdom wat hulle uit ander pers sal hulle in die openbaar groot donasies maak en liefdadigheid bewys. Sou hierdie offers vir God aanneemlik wees? Dit is tog duidelik dat so ‘n persoon nie ‘n saak het om die gebooie van God te verontagsaam om sy eie eer en aansien in die wêreld te versterk nie. Dit is tog duidelik dat die beweegrede vir sy optrede die strewe na eie eer is eerder as ‘n strewe om God te behaag. En hierdie strewe na eie eer en aansien het ook tot gevolg dat daar in ons tyd soveel valse predikers is wat mense se geestelike armoede en nood in hul siel misbruik. Ja, Jesus Christus het ons ook teen hierdie oortreding gewaarsku.

“Baie sal in daardie dag vir My sê: Here, Here, het ons nie in u Naam geprofeteer en in u Naam duiwels uitgedrywe en in u Naam baie kragte gedoen nie?En dan sal Ek aan hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk!” (Matt. 7:22&23).

Ja, geliefdes – selfs in ons volk se donker uur waarin ons vandag verkeer sien ons hierdie sieklike sug na eie eer. Hoeveel is daar nie vandag wat hulself as leiers van ‘n volk wil voordoen nie, ja selfs op slinkse wyse hulself as leiers van ons mishandelde volk wil posisioneer. En dan wel ook omdat hulle ‘n sieklike sug na eie eer het. Hulle wil graag daardie EEN wees wat die volk gered en gelei het en tree nie op omdat hulle hart uitgaan na hul volk in hul ellende nie. Hulle wil graag die Moses van die volk wees, maar vergeet dat Moses homself nie as leier aan sy volk opgedring het nie - inteendeel. Hulle sal graag eerder die eer van die oorwinning wil hê as om dit aan God te laat toekom. . . Ons durf nie sulke mense volg nie.

Geliefdes, mag ek en u daar waar ons verkeer onsself ook beywer om God se eer voorop te stel. Ja, mag ons onsself opnuut toespits om in dit wat ons doen God se eer eerder as ons eie doelwitte en eer na te streef. Ja, mag dit deur ons optrede duidelik word aan hierdie wêreld dat ons nie daaraan gelykvormig word nie, dat ons nie na hierdie wêreld se eer streef nie, maar eerder daarna streef om te doen wat in God se oë welgevallig is.

“En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed, sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is.” (Rom. 12:2).

Opsoek na inligting?

  •  Gelofteland het 'n hulpfonds gestig vir die boere wat groot verliese in die onlangse brande in die Vrystaat gely het.  Ons wil die totaal daarvan nou oorbetaal maar sukkel om met die regte mense kontak te maak. Indien van ons lesers ons van inligting kan voorsien sal ons dit hoog op prys stel. Kontak ons asb by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    _____________________

    BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1366 gaste aanlyn