NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Hoe gaan dit met ons volk?   Die slegste ooit!   Sal jy graag ʼn verandering in hierdie land wil sien?  Wat doen jy daaraan?   Bid jy vir ons Boerevolk?  As jy egter om herstel bid, maar jy sluit jouself by hierdie proses uit, bid jy verkeerd.  Dis maklik om te bid en jouself daarna uit die voete te maak.

KINDERS IN DIE BYBEL (12)

DAWID

Ds. Tjaart Kruger

Lees reeks by Kinders in die Bybel

AS Dawid in een van vandag se hoërskole was, sou hy seker hoofseun wees. Want hy het as kind al die kwaliteite gehad wat ’n hoofseun nodig het.

Dawid was ’n mooi seun. Die Bybel sê aan ons dat hy rooierig in sy gesig was. Hy het ’n mooi blakende gesonde gelaatskleur gehad. Verder het hy mooi oë gehad en sy algemene voorkoms het sommer ’n mooi en aangename indruk gemaak. Hierdie mooi voorkoms sê nie alleen aan ons dat hy mooi en atleties gebou was nie maar ook dat hy ’n aan­gename en aantreklike geaardheid gehad het.

’n Dogter en ook ’n seun kan mooi wees, maar ’n onaangename, lelike geaardheid soos baasspelerigheid, hoogmoed en verwaandheid maak van so ’n kind ’n lelike kind hoe mooi sy uiterlike ook mag wees. Aan die anderkant maak ’n mooi, nederige, hulpvaardige geaardheid selfs van ’n dogter of seun wat nie met te veel uiterlike skoonheid bedeel is nie tog ’n mooi kind. Dit is dan ook die kwaliteite wat Paulus later in sy brief aan die Galasiërs noem wat by die Christen aanwesig moet wees (Gal. 5 : 22).

Want die Adonisse en die Venusse van hierdie wêreld mag mense miskien met bewondering vervul, maar dit is daardie mense met hulle vriendelike aangename geaardhede wat ’n blywende indruk maak.

Dawid was natuurlik ook ’n intelligente seun met ’n slim verstand. As dit nie die geval was nie sou hy later tog ook nie koning van Israel kon wees nie. Hy was in alle opsigte ’n leiersfiguur. Natuurlik het hy alles wat hy gehad het van die Here ontvang. Dit was God wat aan hom daardie goeie verstand gegee het.

Elkeen van ons het natuurlik nie eweveel verstand ontvang nie. Party het baie ontvang. Hulle is slim en hulle leer maklik. Ander het weer minder ontvang en leer moeiliker. Maar God verwag dat ons dit wat ons van Hom ontvang het in sy diens sal gebruik. Ons moet die talente wat die Here aan ons gegee het gebruik en daarmee woeker en werk.

Maar dit help nie net dat jy ’n slim verstand van die Here gekry het en dit nie ook in God se diens gebruik nie. Dawid het reeds as kind een kwaliteit gehad wat bo al sy ander kwaliteite uitgestaan het en wat hom dan ook tussen die mense van sy tyd as ’n besondere mens laat uitstaan het. Dit het van Dawid ’n rotsman gemaak, iemand wat in moeilike tye wanneer daar gewanhoop en getwyfel word, leiding kon gee. Daar­die kwaliteit was sy geloof. Hoe pragtig kom sy geloof dan ook nie in sy Psalms wat hy gedig het uit nie.

Sy geloof in God was so sterk dat hy ’n leeu en ’n beer aangedurf het wat die kleinvee van sy vader aangeval het. Sy geloof was so sterk dat hy die Filistyn Goliat wat God gevloek het, aangeval het en op sy plek gesit het. Dawid was ’n dapper seun want hy het geglo dat God hom sal help. Dit maak nie saak hoe moeilik en hoe swaar die taak was wat voor hom gelê het nie.

Die geloof, sê die Bybel aan ons, is deur die Here aan ons gegee (Ef. 2:8). Maar nou is daar baie mense wie se geloof morsdood is. Hulle gebruik dit nie. God verwag van ons dat ons ons geloof sal gebruik. Ons geloof is egter soos ’n plantjie. Indien ons wil hê dat ’n plant moet groei en ’n mooi plant word, moet ons dit voedsel en water gee. Dit is die dinge wat aan die plant krag gee. Net so moet ons ons geloof voed. En God het die Bybel, die kerk, die sakramente (die doop en die nagmaal aan ons gegee. Dit moet ons gebruik om ons geloof te versterk. Julle kan maar oplet, mense wat wegbly van die kerk en miskien net sporadies kom, se geloof is swak. Dit is gewoonlik hierdie mense wat in swaar en moeilike dae in hulle lewens vra: Waarom? Hoekom?

Want daar is ook ’n verskil tussen geloof en geloof. Daar is ’n ware, egte geloof en daar is ’n geloof wat op sand gebou is. Wat is dan ’n ware geloof?

Die brief aan die Hebreërs vertel aan ons meer hieroor(Hebr. 11:1). Daar staan geskryf dat die geloof ’n vaste vertroue is op die dinge wat ons hoop en ’n bewys is van die dinge wat ons nie sien nie. Ons moet nie alles met ons verstand probeer uitredeneer nie maar ons moet vas glo aan die dinge wat die Bybel aan ons sê en ons moet glo dat die Here Jesus ook my Verlosser is en dat Hy my lief het. Ons moet daarom nooit twyfel nie.

Hebreers 11 noem Dawid dan ook ’n geloofsheld. Dit was Dawid se geloof wat in die eerste plek van hom so ’n uitstaande mens gemaak het. Ons kry ’n baie mooi voorbeeld hiervan aan die einde van I Samuel toe die Filistyne Dawid weggestuur het. Toe hy by sy woonplek Siklag teruggekom het, was sy vrou en kinders en al sy besittings weggevoer. Die manne wat saam met hom was, was terneergeslae. Hulle wou Da­wid selfs doodmaak. Maar Dawid was nie moedeloos nie. Hy het homself versterk in die Here sy God. Hy het gaan bid om krag. En hy kon die leiding gee in die moeilike tyd.

Toe die skip waarop Paulus was, wou sink was dit hy as gelowige wat aan die moedelose bemanning van die boot leiding kon gee. Dit is juis die Christen se geloof wat van hom so ’n uitstaande mens maak. Die laaste Wêreldoorlog het bewys dat die dapperste soldaat op die slagveld die gelowige soldaat is. Lees gerus maar Hebr. 11 :32—38 en kyk wat het mense alles met hulle geloof reggekry.

Die Here het aan ons geloof gegee en Hy wil nie hê dat ons dit net vir Sondag moet bêre of vir die dag wanneer ons in nood en benoudheid is nie. Ons moet nie dan eers onthou dat daar ’n Here is wat ons sal help nie. Ons moet nie dan eers kerk toe gaan en begin bid en Bybellees nie.

As die Naam van die Here op die skoolgrond gelaster word, moet ons bereid wees om te praat. Ons moet bereid wees om te praat selfs as ons ongelowige onderwyser die Naam van die Here misbruik. Dit maak nie saak wat die gevolge daarvan is nie. God sal aan ons die krag daartoe gee en ons help.

Dit is wat Dawid gedoen het. Hy het as jong seun Goliat aangedurf sonder om te dink wat die gevolge kon wees. Goliat was ’n reus van ’n man en selfs die grootstes en dapperstes onder Israel was vir hom bang. Maar Dawid, die jong seun, was dapper.

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1161 gaste aanlyn