NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Geloof is nie die gevolg of die rede vir die uitverkiesing nie, maar die BEWYS daarvan dat ons weet God het ons uitverkies tot die ewige lewe.

OPENBARING – BOEK VAN DIE HEDE (20)

Ds Andrè van den Berg

Lees reeks by Openbaring - Boek van die hede

Die 144,000 verseëlde gelowiges

Openb.7:1-8

1.   Die tussen-toneel

Openb.7 is ʼn tussen-toneel wat op die oopmaak van die vreesaanjaende sesde seël volg.  Die oopmaak het die gelowiges beangs gelaat.  Daarom die neutrale vraag in 6:17:  Wie kan staande bly?   Hoofstuk 7 wil die gelowiges wat volhard, verseker dat God die Eienaar en Beskikker is van almal en alles wat onder sy beheer val.  Dit moet gelowiges nie paniekerig maak nie.  Die oordeelsvoltrekking is immers op die goddelose gemik.  Die gelowiges sal staande bly omdat hulle op die voorkop as God se kosbare eiendom gemerk is.   Openb.7 moet gelowiges help om perspektief te behou.  Hulle moet nooit die groot prent van God se verlossing en hul status as verlostes uit die oog verloor nie.  God se hand is op die swartbord!

2.   Twee tonele

Daar is twee tonele.  Eerstens verse 1-8 van die gelowiges op aarde wat spartel om te midde van vervolging kop bo water te hou en wat op die voorkop as God se eiendom gemerk word.  Die tweede toneel is van oorwinnende gelowiges voor die troon van God in die hemel (9-17).  Voordat God se oordeel ontplooi word, word gelowiges bemoedig dat hulle God se eiendom is.  Hierdie goue draad van versekering loop as ʼn rigtinggewer dwarsdeur Openbaring.  Hierdie verseëling dra ʼn ewige waarborg (9:4).  Die gemerkte gelowiges word geen skade berokken nie. Die verseëling is dan ook die antwoord op die smeekgebede van die martelare voor die altaar. (6:9-11).

Die 144,000 is simbolies van God se volle getal en beantwoord aan die versekering in 6:11 dat die gelowiges net ʼn klein rukkie moet wag totdat die getal van die wat vir hul geloof sou sterf voltallig is.   Openbaring beklemtoon telkens die groot waarheid dat God sy eiendom van geestelike vernietiging bewaar.  Wanneer die nood op sy hoogste is, is God op sy kragtigste teenwoordig,

3.   Die indeling van Openb.7:1-8

Vier engele staan by die vier hoeke van die aarde (windrigtings) en hou die vier winde van die aarde vas sodat geen wind waai nie.  In verse 2-3 verskyn nog ʼn engel uit die Ooste wat die vier engele by die vier uithoeke opdrag gee om nie die land, see en bome te tref nie, maar die 144,000 dienaars van God te gaan merk.

Johannes sien die vier engele by die vier hoeke staan, ʼn idioom vir elke deel van die aarde wat ingesluit word.   God beheer die natuurelemente, ook die winde van die aarde.   Die engele hou die winde op God se bevel vas sodat geen wind waai nie.   Die hele skepping moet wag totdat God sy eiendom gemerk het.   Verwoestende winde was in die ou Joodse apokaliptiek simbool van oordeel (Hos.13:15).  In hierdie gesig word dit vasgehou om die natuur nie te skaad nie.   Daarna verskyn ʼn ander engel met baie groot gesag omdat hy die seel van God by hom het.   Hy het God se seëlring, ʼn koninklike kenteken, in sy besit.  In die antieke tyd het ʼn seël eienaarskap, bevoorregting en beskerming uitgedruk.   In die heiden-wêreld het aanbidders dikwels ʼn seël gedra om aan te dui watter god hulle vereer het.

In Esg.9:4-6 vereis God ʼn merkteken op die voorkop van die gelowiges om hulle as sy eiendom aan te dui.   Openb.7 se verseëling is simbolies om te bevestig dat iemand aan God behoort.  Dis nie letterlike kentekens op die voorkop nie.   Dis ʼn simboliese identiteitsbewys wat net God kan sien ( 1 Kor.6:19.20).

In die heidenwêreld was slawe as deel van die huishouding gemerk.  So n merk was die aanduiding dat hy aan iemand behoort.  In Openbaring kan niemand neutraal staan nie.   Jy dra of die merkteken van die Antichris of van God.

4.   Die gemerkte getal

Die 144,000 is simbool van voltalligheid.   ʼn Letterlike opvatting hou nie stand nie.  Die volle getal geredde mense aan die einde van alle tye is aansienlik meer as net 144,000.  Die simboliese 144,000 is uit 12,000 van elkeen van die 12 stamme saamgestel.   Die groot menigte (7:9) kom egter uit elke stam, volk en nasie.  Sommige geleerdes beskou die 144,000 as die getroue oorblyfsel van Israel – bekeerde Jode.  Dit gaan nie op nie omdat die Joodse Christene en heidense Christene van die begin af saam die nuwe volk van God vorm (Hand.10:45.46; 13:16-17).   Wat meer is, is dat die ou 12 stamme letterlik nie meer bestaan het toe Openbaring geskryf is nie.   Hulle was in die verstrooiing (Jak.1:1) maar beslis die kerk.

Gevolglik is die 144,000 slegs die simboliese aanduiding vir die groot menigte aan die einde van die tyd.  Die 12 stamme het ʼn groot geskiedkundige rol in die kerk van die OT gespeel soos die 12 apostels in die kerk van die NT.   Net soos wat die sewe gemeentes in Openbaring 2-3 die hele kerk verteenwoordig het al was daar meer gemeentes so ook die 144,000 as die simboliese volle getal van die geredde siele.   Hulle is simbolies gemerk om nie verlore te gaan nie. Niemand sal hulle uit God se hand ruk nie, al gaan dit ook hoe swaar op die aarde.

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld Onskuldige bloed: Britse oorlogsmisdade 1899-1902, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1426 gaste aanlyn