Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
As jy jou bekeer, Israel (SA?), spreek die HERE, bekeer jou tot My; en as jy jou verfoeisels van my aangesig af verwyder, hoef jy nie rond te swerwe nie – Jeremia 4:1
SATANISME – 'N REALITEIT (4)
Kobus Jonker
Lees reeks by Satanisme
Ons gaan voort met inligting oor die New Age-beweging wat deur die gees van Satan gedryf word.
Dit is uiters moeilik om die Bybelse Evangelie met die New Agers te deel. Daar is 'n paar redes daarvoor:
1 Hulle word demonies beheer.
2 Hulle het 'n passiewe verstand as gevolg van mediterende praktyke.
3 Hulle glo in reïnkarnasie.
4 Talle van hulle het al astrale projeksie ondervind.
5 Hulle het alreeds die leerstelling aanvaar dat elke persoon sy eie "waarheid" besit en dat elkeen sy eie "realiteit" geskep het.
Om u bewus te maak wat die New Age werklik in glo noem ek van die belangrike basiese beginsels:
Die Bybel leer ons Jesus is die Seun van God - New Age sê Jesus is die oorheersende Wester soos Mohammed, Krishna en Boeddha en die broer van Lucifer.
Die Bybel leer ons ons is gered deur genade – New Age sê ons verwerf 'n godheid deur goeie werke.
Die Bybel leer ons Jesus Christus is die enigste weg – New Age sê laat Christus in jou wakker word.
Lucifer is die duiwel - Lucifer is die ware seun van God.
Aanbid die Skepper - Aanbid die skepping.
Mens is geskep – Mens het ontwikkel, is deel van God.
God is apart van die skepping – God is deel van die skepping en skepping deel van die mens.
Mens benodig redding – Mens benodig oplewing.
Glo in die opstanding – Glo in reïnkarnasie.
Probleme word opgelos in geloof – Probleme word opgelos deur 'n gewysigde toestand van bewussyn.
Waarheid is geopenbaar in die Woord – Waarheid word in die mens gevind.
Wag vir Jesus se koms – Wag vir instelling van Eenwêreldregering, geloof en geldsisteem.
Hantering van sonde - Hantering van onkunde.
Verandering na sy bloed – Erkenning van ons godheid.
Die New Agers ontken die hel se bestaan asook die oordeel. Hulle ontken dat sonde en boosheid bestaan. Hierdie vyand (New Age Movement) mislei die wêreld, maar een troos het u en ek as Christen: die hekke van die Hel is nie bestand teen die ware Kerk van Jesus Christus nie. Geskiedenis het dit al dilcwels bewys dat vervolging ons net sterker en meer lojaal maak jeens ons God.
"Want die wapens van ons stryd is nie vleeslik nie, maar kragtig deur God om vestings mee te werp, terwyl ons planne verbreek en elke skans wat opgewerp word teen die kennis van God, en elke gedagte gevange neem tot die gehoorsaamheid aan Christus" .
Heksery
Heksery word op verskillende wyses beoefen en/of bedryf en die motiewe, ideale en verbintenisse van hekse verskil. Heksery word meestal gesien as sinoniem met toordery of magie. Hulle glo in die bestaan van bonatuurlike magiese kragte wat deur hulle beheer en gebruik kan word tot nadeel van ander of tot eie voordeel. Byna alle hekse se onderliggende motief is 'n selfsugtige strewe na mag en rykdom.
'n Heks kan egter 'n man of 'n vrou wees, maar verkieslik 'n vrou wie 'n ooreenkoms met die duiwel aangegaan het. Hekse maak ook gebruik van Wit- of Swart Magie en aan die hand daarvan word daar onderskeid gemaak tussen wit en swart hekse. 'n Wit heks gebruik Wit magie vir voordelige doeleindes terwyl 'n Swart heks met Swart magie 'n nadelige einddoel beoog.
Agtergrond
Uit die vroegste eeue was dit alreeds bekend dat sekere persone hulle siele aan die duiwel verkoop om sodoende diaboliese mag te ontvang om dade te kan verrig bokant die normale mense se vermoë.
Min hekse besit die krag om te kan profeteer. In die Bybelse tyd het die Hebreeuse volk in hekse geglo. Saul het selfs die heks van Endor geraadpleeg oor die voorgenome geveg by Gilboa.
In 1431 was Jeanne de Arc as 'n heks veroordeel en verbrand. Náhaar dood is sy in 1431 vrygespreek en in 'n tweede hofsaak in 1920 is sy heilig verklaar (deur die Roomse Kerk).
In 1484 het Pous Innocent VIII 'n pouslike opdrag teen towery uitgereik. Drie eeue ná die betrokke bevel van die Pous het 300,000 vroue op denkbeeldige klagtes gesterf.
In 1563 was die eerste wetgewing teen Heksery in Skotland op die boeke geplaas.
In 1692 was 150 dorpsmense gevangenisstraf opgele en negentien (19) persone opgehang vir heksery te Salem.
In 1979 was daar weer 350 aktiewe hekse in Salem.
Henry die VIII van Engeland het "heksespeurders" aangestel om die land rond te toer en hekse aan te keer. George III het die heksevervolging in beide Engeland en Skotland in 1736 stopgesit.
Jeffrey B. Russel omskryf 'n heks in sy boek "A History of Witchcraft" soos volg:
(1) 'n Towenaar (Antropologies)
(2) 'n Satanis (Histories)
(3) 'n Aanbidder van die antieke gode en beoefenaar van toorkuns.
Moderne hekse volg gewoonlik die laaste benadering. Hekse maak ook gebruik van astrologie, waarsêery, beswerings en die studie van kruie. Waarsêery geskied gewoonlik deur tarot-kaarte, kristalballe en uitlegging van drome.
Montague Summers sê 'n heks is 'n "slave selfsold and dedicated to Satan. Witchcraft is completest homage paid to a power — The Power of Evil."
Vandag is heksery wettig in byna alle oorsese lande. Hekse se brood is aan beide kante gebotter. Hul "ambag" is wettig en winsgewend. In Londen is 'n gewese priester, Alex Landers, openlik besig om nuwe hekse te inisieer en ook toesig te hou oor verskeie "Covens". 'n Wêreldbekende heks, Sybil Leek, word vandag beskou as die eerste heks wie 'n miljoen rand verdien het deur haar boeke, televisie optredes en sindikaatartikels in tydskrifte.
Sells die publiek se siening het meer positief jeens die hekse geword. Gardner, 'n student in die okkulte, het van hierdie positiewe verandering onder mense gebruik gemaak deur orals "Covens" te stig en die "Ou Geloof' weer vlam te laat vat. Sy pogings is bekroon deurdat honderde "Covens" oor die hele wêreld gestig is. Hierdie geloof in hom word deur sy volgelinge as "Wicca" beskryf.
Hedendaagse praktyke wat met heksery geassosieer word:
- Beweerde vlugte met besems, op demone, vermom as diere, eenvoudig per voet;
- Waarsêery;
- Uitspreek, plasing, werping of fokus van towerspreuke / beswerings.
- Ongelukke, probleme, oortredings en dood veroorsaak of voorkom. Sommige hekse beskik oor die "Bose oog" (Evil Eye) wat 'n persoon slegs deur te gluur kan beseer of kan doodmaak.
- Liefdesverhoudings / bekorings veroorsaak, verbeter of versleg.
- Rykdom / armoede / voorspoed teweegbring en verseker.
- Weerstoestande wysig.
- Natuurrampe veroorsaak / weerhou.
- Besmetting van enigiets / iemand.
- Krag oordra.
- Vrees verwek en aanjaag.
- Haat inspireer.
- Oproep van geeste.
- Aan iemand anders algemene beskerming verleen.
- Die mask van brousels, mengsels, konkoksies en medisyne vir verskeie aanwendings.
Verskeie produkte word gebruik en kan ook die volgende insluit: mensdele, nael- en haarknipsels, bloed, urine, uitwerpsel, melk en embrio's van mense, diere of insekte; stukke klere, kruie en plantaardige materiaal.
Wat word gedoen indien iemand se liefde bv. verlang word?
Wanneer 'n persoon se liefde begeer word, moet hout afgeskraap word van die vloer waar hy / sy gesit het. Meng dit met grond van sy voetspore en byewas van 'n verlate heuningkoek. Maak 'n figuur daaruit van hom / haar. Brand wierook daarop en ontbied sy siel deur vir drie en nagte agtermekaar 'n doek te waai en die volgende woorde te uiter:
"Oh Shout it again and again,
Stupid and dazed
Be the heart of-
Thinking of me
If you do not think of me.
The 44 angels shall curse you."
Vervolg...