NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Die meeste mense wonder wat die geheim van gelukkig wees is, in die allesdaagse rondom hom. Jy kan nie die vreugde wat jy aan iemand anders gee deur iets mooi aan hom te sê of te doen, beleef sonder om self daardie gelukkige gevoel te ervaar nie – vandaar die spreekwoord dat dit saliger is om te gee as om te ontvang!

SATANISME – 'N REALITEIT (10)

Kobus Jonker

Lees reeks by Satanisme

Satanisme – die ontstaan en groei (2)

Die vyf grade van lidmaatskap in die Kerk van Satan lyk soos volg:

  1. Satanis (geregistreerde lid van die Kerk)
  2. Warlock (manlik) Heks (vroulik)
  3. Priester of Priesteres van Mendes
  4. Magister (manlik) Magistra (vroulik)
  5. Magus (titel beklee deur La Vey)

 La Vey se filosofie is in die sataniese bybel saamgevat waarin hy baie stellings maak. Hier is 'n paar daarvan:

  • Die mens is volgens sy instinkte 'n roofdier, aangedryf deur sy luste en seksuele begeertes.
  • Liefde is sinloos – dit sal jou aan die genade van ander uitlewer.
  • Satanisme verteenwoordig 'n vorm van beheerde selfsugtigheid.
  • Seksuele vryheid is die vryheid om getrou aan een mens te wees, of jou seksuele drange uit te leef met so veel ander as wat jy meen nodig is om jou behoeftes te bevredig.

 La Vey ontken dat die hemel en die hel bestaan en sê openlik dat die kerkleer aangaan die hel en die duiwel vals is. Hy verwerp ook die Christelike opvatting dat daar lewe na die dood is.

 La Vey het die sataniese bybel in 1969 voltooi. In 1973 is hierdie 'bybel' saamgevat in nege sataniese stellings:

  1. Satan verteenwoordig bevrediging in plaas van weerhouding.
  2. Satan verteenwoordig 'n lewenskragtige bestaan in plaas van spirituele droombeelde (pipe dreams).
  3. Satan verteenwoordig 'n onbesoelde wysheid in plaas van huigelagtige selfbedrog.
  4. Satan verteenwoordig goedheid aan diegene wat dit verdien in plaas van liefde wat op ondankbares gemors word.
  5. Satan verteenwoordig wraak in plaas van om die ander wang te draai.
  6. Satan verteenwoordig verantwoordelikheid aan die verantwoordelikes in plaas van besorgdheid oor psigiese vampiere.
  7. Satan verteenwoordig die mens as net nog 'n dier, soms beter, maar dikwels slegter as daardie diere wat op al vier pote loop, wat omrede sy heilige spirituele en intellektuele ontwikkeling die wreedaardigste dier van almal geword het.
  8. Satan verteenwoordig al die sogenaamde oorspronklike sondes aangesien dit lei tot fisiese, geestelike of emosionele bevrediging van alles.
  9. Satan was die beste vriend wat die Kerk ooit gehad het omdat hy die Kerk deur al die jare aan die gang gehou het.

 Vir die Christen is dit onverstaanbaar waarom Kalifornië die Kerk van Satan as 'n godsdienstige organisasie erken. Lidmate wie aansluit moet 'n lang vraelys beantwoord en moet ook aan die streng standaarde voldoen. Daar was alreeds in 1981 talle van die aansoekvorms in Suid-Afrika versprei. La Vey verseker alle aanbidders dat die geheimsinnigheid van die beweging behoue sal bly. Daar word gebruik gemaak van drie soorte rituele, elk in ooreenstemming met 'n basiese menslike emosie.

  • Die seksritueel is bo-aan die lys. Dis 'n liefdespel waar jy 'n begeerte by die persoon skep wie jy begeer of jy roep 'n seksmaat nader om jou begeertes te bevredig.
  • Ritueel twee  sentreer om mededoë. Hier gaan dit om sentiment om dus jouself of ander te help.
  • Vernietiging is ritueel nommer drie. Woede, minagting, ergerlikheid of haat moet deur die persoon gemotiveer word.

Die drie rituele word almal met 'n involkasie, 'n gebed aan Satan en die voorlees van helse name deur 'n priester begin. Die ritueel behels 13 stappe. By die 9e stap doen die priester 'n geskikte gebed om die lus, mededoë, of vernietiging te bewerkstellig.

 Die kleredrag en apparaat in die sataniese kerk:

  1. Swart klere – swart is die krag van duisternis.
  2. Alle vroulike lede moet seksueel-prikkelende klere dra om die mans se emosies te stimuleer en sodoende tot die uitvloei van adrenalien en bio-elektriese energie by te dra.
  3. Die altaar moet 'n naakte vrou wees – satanisme is die godsdiens van die vleeslike.
  4. Die simbool van Baphomet verskyn bokant die altaar. Dit is 'n onderstebo vyfpuntige ster wat die kop van die bok voorstel met sy horings wat uittartend boontoe steek, terwyl die ander drie punte na onder ontkenning van die Drie-eenheid simboliseer.
  5. Swart kerse – soveel as nodig om die kamer te verlig.
  6. 'n Klok met 'n harde deurdringende klank.
  7. Silwer bekers waaruit die "elikser van die lewe" gedrink word. Goud mag nie gebruik word nie, dit herinner aan die hemel.
  8. Swaard.
  9. Mes.
  10. Rottang of staf as simbool van die aggressiewe mag van satanisme.
  11. Die fallus – word in die 8e stap van die rituele gebruik.

 La Vey sê:  "Geseënd is die sterkes want hulle sal die juk beêrwe." Deur hierdie stelling word die mens in die Kerk van Satan verhoog tot 'n supermens en lateraan self god. Afsluitend loop satanisme en humanisme hand aan hand.

 In 1968 verskyn Charles Manson op die toneel waar hy vriende meedeel dat hy Satan sowel as Christus is.  Manson en sy aanhangers stig kort na hierdie mededeling die "Final Church" waar hulle hulself voorbereid vir die oordeelsdag.  Manson het sy eie sataniese filosofie ontwerp wat ook uit 'n anarchistiese leer bestaan het. Hy wou die negers, die "ryk varke", die staat en dan ook die filmsterre soos Richard Burton uitwis.  Hy het gesmag na 'n gemeenskap waar besittings gedeel en vrye 'liefde' gegeld het. Manson se kerk het die mees perverse rituele gehad.

By geleentheid het hy homself aan 'n kruis laat vasbind, gesteun en geskreeu asof hy werklik gekruisig word. Daar was selfs vrouens by die kruis wie by sy voete gekniel en geween het. Manson-hulle het psigideliese dwelmmiddels vryelik tydens rituele gebruik. By die aanbreek van nuwe- en volmaan is diere geoffer waarna die bloed oor pare uitgegiet is wie besig was met geslagtelike gemeenskap. Van die bloed is gedrink om die pare nog verder seksueel te stimuleer.  Manson het sy onderdane tot waansinnige bloeddorstigheid opgesweep.

 Manson het ook almal voorberei op rituele moorde. Vir hierdie doel het hy 'n moordwerktuig ontwerp:  'n stel van ses messe wat in 'n koeëlvormige bal vasgesweis is. 'n Slagoffer word op 'n houttafel  gelê waarna die messe hom in die hart en maag steek.  Die hart word uitgehaal en geëet.

 Skielik breek daardie nag in Augustus 1969 aan. Manson het sy volgelinge opdrag gegee "om vrees by die 'establishment' in te boesem".  Hulle moes Sharon Tate, 26 jarige aktrise en blonde skoonheid in Hollywood, gaan vermoor. Op daardie tydstip was Sharon Tate swanger met Poolse regisseur Roman Polankski as toekomstige vader. Die geboorte was enkele dae weg toe Tex Watson en sy volgelinge by haar huis ingaan.  Sharon het besoekers by haar gehad en aanvanklik nie onraad vermoed toe die swart geklede figure die huis inkom nie. Maar Watson het toe gesê:  "I am the devil; here to do the devil's work."

 Sharon en twee verskrikte gaste is met toue om die nek in die sitkamer aanmekaar vasgebind. Die derde gas is verskeie kere met 'n dolk gesteek. Hy het losgeruk, na buite gestrompel, geskreeu en toe gesterf.  'n Vierde gas is in sy motor met 'n vuurwapen doodgeskiet. Die swartgeklede monsters het daarna Sharon se oorblywende vriende aanhoudend met dolke gesteek tot dat daar nie meer lewe in hulle was nie. Sharon het in haar toestand van skok om haar eie lewe en dié van haar ongebore baba gepleit maar geen genade is betoon nie; die toue om haar nek was stewig vasgemaak en sy is 16 keer met 'n dolk gesteek, waarna hulle haar aan 'n balk teen die plafon opgehang het terwyl sy besig was om te sterf.

 Volgens Manson het hy sy teorie ontleen van Openbaring in die Bybel en die Beatle-lied "Helter Skelter" : dat die moorde 'n rasse-oorlog sou ontketen.  Daar het niks van sy verwagtinge gekom nie. Manson en sy volgelinge het die volgende nag toeslaan op die huis van Leno Labianca, 'n welgestelde kettingwinkeleienaar en sy vrou Rosemary. Manson het hulle vasgebind terwyl die ander hulle doodgesteek het met messe.

 Na dekades het Manson destyds nog geen berou oor die moorde getoon waar hy in die San Quentin-gevangenis in Kalifornië aangehou is nie en is lank deur talle sataniste aanbid. Pakkies en briewe het weekliks ingestroom tronk toe van aanhangers wat geglo het dat Manson die lewende duiwel is.  (Is maar 'n magtelose duiwel as hy tussen tronkmure vasgekeer kon word...)

 In 'n gegoede voorstad van Los Angeles het Sharon se moeder, Gwen Tate, daagliks nagmerries beleef en bly veg dat die monster Manson nooit op parool vrygelaat moes word nie. Haar siening was dat hierdie monsters erger as diere is want diere maak dood om te leef, maar hierdie duiwels het geleef om dood te maak.

 Aleister Crowley, Anton Szandor La Vey en Charles Manson kan beslis as die grondleggers van die moderne satanisme beskou word.

 Volgende keer meer oor moderne satanisme...

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 3794 gaste aanlyn