NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Waarom wil ons gedurig ander beïndruk met allerhande ingewikkeldhede? Probeer 'n keer eenvoudig leef, praat, lag, doen, en jy sal vind hoe bevrydend dit is, hoeveel vreugde en balans dit vir jou bring.

Pinkster 2016: DIE BRUIDEGOM IS OP PAD (1)

Dit is weer Pinkstertyd en ons plaas hierdie week elke middag om vieruur hierdie uitstekende reeks opgestel deur ds Andrè van den Berg.

1.  Hy kom beslis

Mt.25:1-13; Hand.1:1-14

“Hierdie Jesus wat van julle opgeneem is in die hemel, sal net so kom soos julle Hom na die hemel sien wegvaar het” (Hand.1:14)

Paulus skryf in Gal.4:4 dat God sy Seun in die volheid van die tyd na die aarde gestuur het.   Hierdie uitdrukking volheid van die tyd is veelseggend.  God het nie sommer op ʼn dag besluit om Jesus aarde toe te stuur nie.  Hierdie spesifieke dag is van die grondlegging van die wêreld af in sy raadsplan opgeneem. Jesus kom op God se bestemde uur met een hoofdoel aarde toe - om deur sy kruisdood siele van die ewige dood te red.   Hy was slegs 33 jaar op die aarde waarna Hy terug is vanwaar Hy gekom het - hemel toe.

Die vraag is: Gaan Hy weer aarde toe kom?  Toe Hy op aarde was, het Hy soveel vernedering en leed verdra, dat ʼn mens Hom nie sou verkwalik indien Hy nie weer sou kom nie.  Ek sou nie! 

  Die Bybel sê egter dat Hy weer kom.   God belowe in sy Woord dat Jesus nie net eenmaal na die aarde gekom het nie, maar vir ʼn tweede keer weer gaan kom.   Hierdie keer finaal.   Hoor wat sê die twee engele vir die dissipels na afloop van Jesus se hemelvaart: “Hierdie Jesus wat van julle opgeneem is in die hemel, sal net so kom soos julle Hom na die hemel sien wegvaar het” .

 

Dis een van die groot beloftes in die Bybel en vir gelowiges ʼn wonderlike vooruitsig; iets waarna ons soos ʼn Paulus moet verlang: “Want om hierdie rede sug ons ook en verlang om met ons woning uit die hemel oorklee te word” (2 Kor.5:2).   Die Bybelse boodskap is helder en duidelik: Jesus het nie net eenmaal na die aarde gekom nie, maar kom weer.

Die groot vraag wat gevra word, is: Wanneer kom Jesus?   Dis ʼn vraag wat al eeue lank gevra word waarop daar geen klinkklare antwoord bestaan nie.   Trouens, van die eerste gelowiges, soos dié in Thessalonika, het alreeds so vroeg as 50nC ʼn wederkoms verwag!   Uit Paulus se brief aan hulle, kan ons aflei dat hulle selfs hulle werk gelos en iewers op ʼn heuwel in die stad vir die wederkoms gaan sit en wag het.  Daarom moes Paulus baie dringend aan hulle skryf om die saak reg te stel en hulle te vermaan om Christus se wederkoms nie ydel of passief af te wag nie.   Gelowiges moet aanhou hulle dagtaak verrig totdat Jesus op die wolke kom.

Die Tessalonisense was nie al mense met ʼn lewendige wederkomsveragting nie.    Mense was maar van meet af aan baie nuuskierig oor die tyd van die wederkoms.  Sommige mense het selfs datums vir die wederkoms voorspel en in sommige gevalle dit selfs geniet om die rol van oordeelsaankondiger te speel.   Een van die eerste oortreders was ʼn dwaalleraar, Montanus.  Hy het in die 2de eeu nC ʼn klomp mense saamgetrek en wyd en syd verkondig dat die wederkoms spoedig sou plaasvind.  Die Montaniste het met hul dwaallerings die vroeë Christenkerk skade aandoen.  Die Charismate is ʼn herlewing van hierdie dwaalgroep.

Eeue later het William Miller, stigter van die Sewedaagse Adventiste, nie net die jaar van die wederkoms voorspel nie, maar selfs die dag en datum - 21 Maart 1843!  Toe die wederkoms nie op daardie dag plaasvind nie, het hy dit na 22 Oktober 1844 verskuif en daarna geen verdere voorspellings gewaag nie.

Charles Russel, stigter van die Jehovasgetuies, was die volgende met ʼn wederkoms voorspelling – 1874.  Toe daar niks gebeur nie, het hy dit as ʼn berekeningsfout afgemaak en die datum na 1914 verskuif.  1914 sou die jaar wees waarin God se vrederyk oral op die aarde sigbaar sou word.  Ironies genoeg het geen vrederyk aangebreek nie, maar die Eerste Wêreldoorlog uitgebreek!

Sedertdien het sulke voorspellings en/of bespiegelings nooit opgehou nie ten spyte van wat Jesus baie duidelik sê: “Maar van die dag en die uur weet niemand nie, ook die engele van die hemel nie, maar net my Vader alleen” (Mt.24:36).  Wederkoms voorspellings is een van die sektes se gunsteling disse! 

Alle voorspellings onderstreep egter een groot waarheid - mense glo dat daar op ʼn dag ʼn einde aan die wêreld gaan kom.   Met ander woorde, die aarde sal nie vir ewig bestaan nie.  Daar kom ʼn dag dat alles op hierdie aardbodem tot niet sal gaan.  Maar wanneer dit sal wees, weet niemand nie.  Jesus sê in Mt.24 dat selfs nie eens die engele in die hemel die werklike datum weet nie.  Laat staan nog ʼn mens!

Die gedagte dat daar ʼn einde aan die aarde gaan kom en Jesus as Regter terugkeer, gryp sommige skrywers so aan, dat daar al etlike duisende boeke en artikels oor hierdie onderwerp geskryf is.   Net die boeke wat al die afgelope eeu oor die wederkoms geskryf is, sal al ʼn hele biblioteek kan vol maak.

Neem jy van hierdie boeke onder oë neem, staan jy soms verstom en geskok oor hoe verkeerd mense die Bybel gebruik.  Baie van die eindtyd-skrywers ontspoor sommer vanuit die staanspoor omdat hulle die basiese heilsfeite van die Skrif nie verstaan nie.  Jesus waarsku die Skrifgeleerdes van sy tyd: “... Julle dwaal omdat julle die Skrifte nie ken nie en ook nie die kragte van God nie” (Mt.22:29).

Dwaalleraars verdraai die Bybel om hul dwaling te pas.  Gevolglik laat hulle nie toe dat die Bybel spreek nie.  Dit buikspreek eerder.  En so word die Bybel ʼn tipe van kapstok waaraan hulle hul eie fantasieë hang.   Neem as voorbeeld die Amerikaner Hal Lindsay wat met sy boek The Late Great Planet Earth miljoene dollar gemaak en  bekendheid verwerf het.  Sy hantering van die Bybel skreeu te hemel.  Hy sien dit as  ʼn boek vol profesieë wat vandag voor mense se oë in vervulling gaan, veral Openbaring.  Dis allermins die geval!

Behalwe vir die stortvloed van boeke oor die eindtyd, snak ʼn mens gereeld na jou asem oor sommige predikers se verstommende verdraaiing van Bybelse waarhede.    Charismate maak hulle veral gereeld hieraan skuldig.

Ons leef in ʼn tyd van verstommende tegnologiese ontwikkeling, veral op die gebied van die mikrorekenaartegnologie.  Dit gryp etlike van hierdie eindtyd-skrywers so aan, dat hulle selfs elektroniese betaalmiddels as ʼn bedreiging vir die geloof beskou nie eens van die moontlike inplanting van mikrorekenaar skyfies onder die vel te praat nie!    Hulle sien dit as die merk van die dier in Openb.13.   Nee, hierdie merk gaan baie groter en veel omvattender as ʼn rekenaarskyfie wees!

Gelowiges moet versigtig wees vir boeke wat oor die eindtyd handel.  Vir die man op straat skep hierdie sensasionele boeke ʼn groot probleem.  Wie is reg?  Wie kan geglo word?   Die Babelse verwarring op kerklike terrein neem in omvang toe!

Daar is maar net een uitweg - die beproefde Calvinistiese pad van alleenlik die Skrif (soli Scriptura).    Die meeste van die eindtyd-skrywers en predikers verstaan nie die Bybel nie.   En as jy dit nie reg lees nie, kan jy dit ook nie reg verklaar nie.  Niemand durf ʼn klomp tekste aanmekaarflans en sê: “So sê die Bybel nie”.  Dis in baie gevalle alles behalwe wat die Bybel sê!

Ons moet in hierdie tyd wat oploop na Jesus se wederkoms ernstiger na die stem van God in die Bybel luister.  En daarvoor het ons die leiding van die Heilige Gees baie nodig.  As ons dit nie doen nie, kan ons so maklik in die slagyster van die Satan trap en ons ore aan dwaalleraars uitleen wat iets anders as die Bybel se waarhede verkondig:  “Maar al sou ons  of n engel uit die hemel julle n evangelie verkondig in stryd met wat ons julle verkondig het, laat hom n vervloeking wees!” (Gal.1:8).

Baie eindtyd-skrywers glo dat die Bybel vir mense van die 21ste eeu geskryf is.  Nee, alhoewel die Bybel vir alle gelowiges deur die eeue bedoel is, is dit in die eerste plek vir die mense 2000 jaar gelede geskryf.   Gevolglik moet ons altyd in gedagte hou dat hulle ander tale, gebruike en gewoontes as ons s’n gehad het.   As ons nie daarmee rekening hou nie, sal ons die Bybel nooit werklik verstaan nie.

Die eerste ding wat vir ons wat in die eindtyd leef belangrik is, is dat Jesus beslis weer kom.   Ons het hierdie belofte in die Woord.  Dit staan vas en waar.  Laat ons  soos die vyf verstandige maagde gereed wees as die hemelse Bruidegom opdaag.

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 3832 gaste aanlyn