NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Die liefde is nie bly oor die ongeregtigheid nie...

DIE DUISTERNIS VAN HIERDIE EEU (2)

Frank Peretti

Lees reeks by Die duisternis van hierdie eeu

Die Basuin is Ashton se plaaslike koerant. In baie opsigte is dit ongeorganiseerd en deurmekaar en by tye sonder veel slaankrag. Tog is dit die stem van Ashton.

Die kantoor is in die hoofstraat geleë, 'n eenverdiepinggebou met 'n groot glasvenster voor. Die koerant verskyn twee keer per week, Dinsdae en Vrydae en is nie juis ’n finansiële sukses nie. Die hele opset getuig van middelmatigheid.

Die kantoor word deur ’n ou toonbank, wat eenmaal in ’n spoorwegstasie gebruik is, in twee dele verdeel — die voorste helfte is die ontvangs en die nuuskamer gedeelte en die agterste helfte is waar die drukwerk gedoen word. In die nuuskamer staan drie lessenaars,
twee tikmasjiene, twee vuilgoedmandjies en ’n koffiemaker sonder ’n koord.

Op die lessenaars lê die wêreld se papiere, notas en ander kantoorbenodigdhede. By die deur is ’n klokkie wat lui elke keer wanneer iemand die deur oopmaak.

Die een luuksheid in hierdie hele opset is die redakteur se hoekie — ’n glasafgeskorte kantoortjie. Van daar kan hy alles sien wat in sy nuuskamer aangaan. Hierdie glaskantoor is ’n nuwe toevoeging, want die nuwe redakteur wat onlangs by die Basuin begin het, het daarop aangedring. So ’n kantoor was nog altyd sy lewensideaal.

Hierdie nuwe redakteur, Marshall Hogan, is ’n groot, sterkgeboude, reguit kêrel. Sy personeel bestaan uit ’n lettersetter, ’n sekretaresse en twee ander lede. Hy het die koerant ’n paar maande tevore aangekoop en aangesien hy van ’n groot stad afkomstig is, het daar van tyd tot tyd verskille tussen hom en sy werkspan opgeduik. Marshall wil ’n kwaliteit koerant tot stand bring, een wat doeltreffend en aktueel is en die hele spektrum van nuusgebeure dek, maar die verskil tussen die New York Times en die Basuin is te groot om sommer oorbrug te word. In hierdie kantoor kan sake soms redelik tydsaam verloop en nuusberigte wat inkom, kan sommer baie varieer — nie slegs wat inhoud aanbetref nie, maar ook in voorkoms.

Maandae is altyd baie druk in die kantore van die Basuin. Dan word daar teen ’n tempo gewerk om al die nuusberigte gereed te kry vir Dinsdae wanneer die koerant op straat verskyn. En vandag is geen uitsondering nie. Terwyl die artikels voor saamgestel word, staan Marshall en sy handlanger, Tom, in die agterste gedeelte onder helder ligte, besig om elke berig uit te sny en op die korrekte plek in te plak. Soms moet ’n berig hier gepas en daar gepas word, voordat die korrekte plek gevind word. En dan is daar altyd klein
spasies wat gevul moet word. Hoe en waarmee? Ja, elke Maandag en Dinsdag is die arme Marshall in ’n redelik slegte bui.

“Edie!” gil hy vir sy sekretaresse. “Waar is jy mens? Hierdie proewe is op die verkeerde plek. Jy kan dit tog nie op die vloer neersit nie . . .”

“Maar ek het nie,” maak Edie beswaar. Dan haas sy na agter met nog meer proewe in die hand. Sy is ’n vroutjie van ongeveer veertig en sy het net die regte persoonlikheid om Marshall se aanvalle te verwerk. Sy ken die kantoor beter as haar nuwe baas en dus is hy in baie opsigte nog afhanklik van haar.

En dan kom Tom weer by: “Wat gaan ons hier op bladsy drie,vier, ses en sewe plaas? Wat gaan ons omtrent al hierdie leë kolle doen?”

“Bernie se verslag oor die karnaval moet hierdie spasies vul,” sê Marshall ongeduldig. “Ek hoop sy het heelwat nuuswaardige stories en foto’s. Waar op aarde bly die vroumens vandag? Edie! Skakel Bernie en vind uit waar sy vertoef. Sy moes al ’n halfuur gelede hier gewees het.”

“Reg, Meneer. Maar ek het pas geskakel en daar is geen antwoord nie.”

“Onsin!”

George, die klein lettersetter swaai om in sy stoel en sê: “Dalk het sy die Vroue Hulporganisasie se braaivleis gaan bywoon. Ek is juis daarmee besig en die foto van mevrou Marmaselle is ’n regte juweel — net reg om ’n hofsaak uit te lok.”

“Ag tog, en dit op bladsy een,” kla Marshall. “Net wat ek nodig het.”

“Wat doen ons nou?” vra Edie.

“Was iemand by die karnaval?”

“Nee,” se George. “Ek het gaan visvang. Die karnaval is te wild vir my.”

“My vrou wou my ook nie toelaat nie,” erken Tom.

“Ek het so ietsie gesien,” se Edie.

“Nou ja, begin dan dadelik skryf. Enigiets oor die karnaval,” beveel Marshall. “Ons moet iets daaroor hê.”

Die telefoon lui en Edie beantwoord dit. Haar stem verhelder:
“Haai, Bernice, waar is jy ou suster? Ons wag vir jou.”

Almal staan nader. Edie se gesig verstrak en haar oë rek. “Wat! Haai, kalmeer . . . ons sal jou uitkry. Bly net kalm!”

“Waar is sy?” vra Marshall dringend.

Edie kyk horn verslae aan. “In die tronk,” sê sy.

 

Marshall drafstap die kelderafdeling van die Ashton-polisiestasie binne. Hy wens onwillekeurig dat hy sy neus kon toeplak. Die geure wat vanuit die selblok kom, is alles behalwe aangenaam. Te oordeel na die geraas in die selle, klink dit asof die karnaval nog steeds aan die gang is. G’n wonder dat die strate so stil is nie, want al die lawaaimakers is in die tronk opgesluit. Die polisie het eindelik, na afloop van die feestelikheid, skoonskip gemaak en al die dronkes en bakleiers van die strate af verwyder. Die tronk lyk in der waarheid soos ’n oorvol dieretuin.

Sommige van die gevangenes speel kaart om die tyd te verwyl. Hulle hou mekaar besig deur van al hulle kordaatstukke te vertel.
In een van die agterste selle is ’n klompie jeugdiges besig om ’n aantal prostitute in die aangrensende sel met hulle vuil grappe te vermaak. Nog ander lê dronk en snorkend op die vloere. En die res gluur Marshall aan terwyl hy van sel tot sel beweeg, op soek na Bernice.

Jimmy Dunlop, ’n polisieoffisier en een van die bewaarders, sit by ’n lessenaar. Hy vul vorms in en drink sterk koffie.

“Haai, meneer Hogan,” groet hy toe hy Marshall sien. “U het gekom?”

“Ja, en ek is haastig,” antwoord Marshall kortaf. Hy voel nie lekker nie. Dit was sy eerste karnaval hier in Ashton en hy het net mooi genoeg gehad. Hy druk met sy hande op die lessenaar en gluur op Jimmy neer. “Ek het my verslaggewer kom haal.”

“Het u die vorms wat nodig is vir haar ontslag?”

“Kyk, ek het met die mense hierbo gereël. Hulle sou jou geskakel het.”

“Wel, ek het niks gehoor nie en ek mag haar nie vrylaat sonder die nodige magtiging nie.”

“Skakel hulle dadelik!” beveel Marshall ongeduldig en wys na die telefoon.

Maar Jimmy is verbouereerd, skakel eers die verkeerde nommer en intussen voel Marshall hoe sy bloeddruk styg. Hy krap met sy vingers deur sy gryswordende rooi hare. Opnuut voel hy geïrriteerd met die onbeholpenheid van ’n klein dorpie soos Ashton.

“Meneer Hogan, met wie het u hierbo gepraat?” vra Jimmy eindelik.

“Met Kinney.”

“Sersant Kinney asseblief.”

Marshall voel die ongeduld in sy binneste oplaai. “Gee my die sleutel van die middeldeur. Ek wil solank met haar gaan gesels.”

Jimmy oorhandig die sleutel. Hy weet dit sal nie help om met Marshall Hogan te redeneer nie.

Toe Marshall in die gang digby die selle afstap, word allerhande growwe opmerkings in sy rigting geslinger. Luide fluite weerklink en ’n spottende gelag bars los. Iemand gooi horn met ’n sigaretstompie.

Eindelik bereik hy die regte sel en sien ’n klomp meisies en vroue wat hom uitdagend aanstaar. “Kreuger,” roep hy. “Bernice, waar is jy? Ek het jou kom haal.”

“Dis hoog tyd, Hogan,” se ’n geïrriteerde vrouestem.

“Lig net jou arm of iets, dat ek jou kan sien.” Dadelik word ’n hand na hom toe uitgesteek en in sy rigting gewaai. Hy stap nog nader, steek sy hand deur die tralies en gryp Bernice se hand vas. Die volgende oomblik staan sy voor hom, maar nog agter die tralies.

Die jong en aantreklike verslaggewer kyk hom moedeloos aan. Sy is vuil en onnet na ’n nag saam met twintig vroue van twyfelagtige reputasie. Selfs haar bril is vuil. Marshall besef dadelik dat die meerderheid van die vroue in die sel prostitute is — jonges sowel as middeljariges. Hy voel skoon naar op sy maag.

“Bernie, wat op aarde het jy aangevang?” vra hy ontsteld en hou steeds haar hand vas. “Wat se soort vrae het jy gevra dat hulle jou hier opgesluit het?”

“Jy vra nog? Ek is vies en ongelukkig. Die hele besigheid van gisteraand was ’n absolute gemors. Ek dink dit was verregaande om my so ’n opdrag te gee.”

“Wei, iemand moes immers ’n berig oor die karnaval skrywe,” sê Marshall verontskuldigend.

Gelag en gespot weerklink vanuit die sel. Bernice is omgekrap en wil nie eers verder verduidelik nie.

“Kry my net uit hierdie plek, asseblief! Doen ten minste iets.”

“Ek is besig. Kinney sal nou toestemming gee. Ek het klaar die borgtog betaal.”

Bernice kalmeer effens en na ’n paar oomblikke probeer sy verduidelik! “Ek was besig om goeie stories te soek. Ek het ’n paar foto’s geneem en toe het Nancy en Rosie by my aangesluit.” Sy beduie na twee jong meisies in die sel. “Ek dink hulle het die verkeerde idee oor my gekry, seker omdat ek skynbaar so doelloos rondgeslenter het. Wel, om ’n lang storie kort te maak, een van hulle het ongelukkig ’n polisieman aangevat en hy het ons al drie gearresteer.”

“Ek dink Bernice sal ’n baie goeie prostituut uitmaak,” lag Nancy gemoedelik.

Marshall lyk verslae. “Maar waarom het jy nie vir hulle gesê wie jy is nie? Jy kon tog jou identiteitsdokument getoon het. En jou perskaart. Jy kon tog gesê het jy werk vir my!”

“Hy wou my nie ’n kans gee om te verduidelik nie. Ek het gesê wie ek is.”

“Hy’t jou seker nie gehoor nie.”

“Ek het baie hard gepraat. Soos nou.” Sy verhef haar stem sodat almal in die sel kan hoor. “Maar dit het niks gehelp nie. Hy het my geboei.”

“Ja, dis nou eenmaal Ashton.”

“Dis nie genoeg vir my nie. Ek wil sy bloed hê.”

“Ag nee wat,” probeer Marshall paai. “Dit sal niks help nie. Dis nie die moeite werd om so te kere te gaan nie.”

“Dis wat jy dink. Maar ek dink anders.”

“Bernie . . . wag ...”

“Nee, ek het lus om ’n paar dinge te publiseer, oor die polisie en hulle danige hoof. Waar is hy in elk geval? Waarom het ons hom nog nie met ’n oog gesien nie?”

“Wie bedoel jy? Brummel?”

“Natuurlik. Hy is iemand wat goed weet wanneer om hom uit die voete te maak. Hy weet wie ek is. Waar is hy?”

“Ek weet nie. Ek kon hom nie vanoggend in die hande kry nie.”

“En gisteraand het hy sy rug op my gekeer.”

“Wat bedoel jy? Wat praat jy?” Maar meteens druk Bernie haar lippe styf opmekaar. Marshall besef sy sal niks meer sê nie, altans nie nou nie. Hy moet later weer vra.

Meteens gaan die groot hek oop en Jimmy Dunlop kom ingestap. Arme Jimmy is skoon verbouereerd deur al die stemme wat hom tergend uitjou. Hy het die sleutel van die sel in sy hand en staan huiwerig nader.

“Staan weg van die deur asseblief,” beveel hy.

“Haai, Boetie, wanneer gaan jou stem dan breek?” klink die spottende stemme uit die sel. Dit fluit en gil, maar hulle beweeg darem tog terug en Jimmy sluit die deur oop. Bernice glip haastig uit en hy slaan die deur agter haar toe en draai die sleutel in die slot.

“Reg, jy is op borgtog vrygelaat,” se hy. “Ons sal jou later in kennis stel wanneer jou saak sal voorkom.”

“Gee net asseblief my handsak, my perskaart, my notaboekie en my kamera,” sê Bernice woedend.

Kate Hogan, ’n skraal, aantreklike rooikop, het bo op die trappe van die hofsaal gewag terwyl Marshall Bernice gaan bevry het.
Daar is baie om te sien, want talle beskuldiges is voor haar verby onderweg hof toe. Sommige stap self, ander word teen hulle sin aangesleep, party vloek en skel en nog ander word nou vrygelaat na ’n nag in die tronk. Die vrou hou die toneel gespanne dop. So iets het sy lank laas aanskou. Daar is baie vreemdelinge en ook polisie van die omliggende gebiede wat die polisiemag van Ashton kom versterkhet. Die dame by die toonbank het twee sigarette langs haar in die asbakkie, maar sy kry nie kans om te rook nie. Sy moet die een vorm na die ander voltooi en almal is haastig en ongeduldig. Vir
Kate lyk die hele besigheid maar redelik ongeorganiseerd.

’n Paar derderangse prokureurs staan daar rond en probeer kliente verwerf, maar die meeste van die beskuldigdes het geen regshulp nodig nie. ’n Nag in die selle is al wat hulle nodig gehad het. Nou wil hulle net uit die dorp wegkom en vergeet wat gebeur het.

Weer skud Kate haar kop. Arme Bernice. Om te dink dat sy tussen sulke mense beland het. Sy moet woedend wees.

Meteens voel sy ’n sterk arm om haar skouers en sy glimlag en druk teen die groot man aan.

“Haai Marshall, is hierdie karnaval elke jaar so uitspattig en immoreel?” vra sy ontsteld.

“Nee, Kate, dit word glo elke jaar erger. Maar die Basuin gaan iets oor hierdie toestand sê, daarvan kan jy seker wees. Ashton is regtig op die afdraende pad. Die inwoners behoort dit teen hierdie tyd te besef.”

“Hoe . . . hoe gaan dit met Bernice?”

“Ontsteld en aggressief, maar sy sal dit oorleef.”

“Gaan jy met iemand oor hierdie besigheid praat?”

“Alf Brummel is skynbaar nie hier nie, maar ek sal hom nog voor stok kry. Hy weet baie goed wanneer om hom uit die voete te maak. En ek sal graag my vyftig rand borggeld wil terugkry.”

“Die arme man is seker besig. Ek sou nie graag hoof van die polisie op so ’n dag wou wees nie.”

“Ek gaan beslis sorg dat hy wens hy was nooit hoof van die polisie nie.”

Bernice se haastige voetstappe onderbreek die gesprek. Sy is baie ontsteld en vroetel geïrriteerd in ’n papiersak rond om vas te stel of al haar besittings daar is.

Kate steek haar arms uit en omhels Bernice.

“Hoe gaan dit Bernie?”

“Sleg. Brummel sal nog van my hoor en die polisieman sal wens hy het my nooit gesien nie. Ek is moeg en vuil en ek wil net in ’n bad kom.”

“Ek raai jou aan om al jou woede op jou tikmasjien uit te haal. Ek het ’n storie oor die karnaval nodig vir Dinsdag se uitgawe,” sê Marshall.

Bernice krap dadelik in haar sakke en haal ’n klomp verfrommelde toiletpapier tevoorskyn. Sy oorhandig dit aan Marshall.

“Dê, jou getroue joernalis is altyd op haar pos. Ek het alles daar in die tronk op ’n stuk toiletpapier neergeskryf. Daar was buitendien niks anders om te doen nie. Ek het ook ’n paar interessante staaltjies van die ander gevangenes neergeskryf. Dalk is daar iets
wat jy kan gebruik. Ek wonder net wat gaan nog van hierdie dorp word?”

“Enige foto’s?” vra Marshall ingenome.

Bernice oorhandig ’n rol film aan hom: “Ek dink jy sal genoeg vind om jou tevrede te stel. Daar is nog in my kamera, maar ek wil eers self daarna kyk. Dis iets wat my persoonlik raak.”

“Dankie, Bernice,” glimlag Marshall tevrede. “Neem die dag af en rus ’n bietjie. More lyk sake weer beter.”

“Ek hoop dat ek dan my professionele objektiwiteit sal herwin.”
“Kate het jou motor gebring, Bernice. As jy haar huis toe neem, sal ek probeer om Brummel op te spoor en ook sak by die kantoor regsien.”

“Brummel!” Bernice trek hom skielik eenkant toe. “Ek moet met jou praat, voordat jy na hom toe gaan.”

Marshall kyk Kate verskonend aan, maar sy glimlag begrypend. Bernice neem hom om die hoek waar hulle alleen is.

“Daar is iets wat ek jou moet vertel.”

“Dit klink interessant. Is dit iets behalwe wat ons reeds weet.”

“O ja, ek praat nie nou oor sy persoon en die feit dat hy ’n skurk is nie. Ek praat oor wat ek gisteraand gesien het.” Sy laat haar stem sak en fluister. “Ek is amper seker ek het hom en julle predikant by die karnaval gesien.

“Wat! Pastoor Young?”

“Ja, predikant van die Ashton Verenigde Christelike Kerk. Hy is mos die een wat Christelike verdraagsaamheid propageer en hy is ook baie gekant teen die mishandeling van diere.” Sy swyg ’n oomblik. “Brummel is mos nie ’n lidmaat van julle kerk nie, is hy?”
“Nee, hy gaan na daardie klein kerkie op die heuwel.”

“Wel, ek sê jou ek het hulle twee agter een van die stalletjies in die skaduwees opgemerk. En daar was nog drie ander persone by hulle — ’n blonde vrou, ’n gesette, ouerige man en ’n vrou met donker hare en ’n sonbril . . . Wil jy meer? ’n Sonbril in die nag!”
Marshall is nog nie juis beïndruk nie en sy vervolg dringend!

“Ek het ’n foto van hulle geneem en dit moes ek seker nie gedoen het nie. Hulle was baie omgekrap. Brummel was heeltemal ontsenu. Young het my beveel om onmiddellik te loop. Hulle byeenkom was glo ‘privaat’. Die gesette man het weggedraai en die donker vrou
het my oopmond aangestaar.”

“Bernie, dink jy nie die hele situasie sal anders lyk nadat jy *n bad gehad het en ’n goeie nagrus geniet het nie?” vra Marshall simpatiek.

"Nee! Luister asseblief en laat my klaar praat. Net nadat ek daardie  foto geneem het, het Nancy en Rosie by my aangesluit — hulle het na my toe gekom — en kort daarna is ons al drie gearresteer en my kamera gekonfiskeer. Hoe klink dit?”

Hy lyk nog onseker en sy sê: “Nou goed. Brummel was daar, hy het alles gesien, maar hy het niks gedoen om my arrestasie te verhoed nie. Inteendeel hy het hom uit die voete gemaak. Marshall, ek is doodseker dat hy alles gesien het. Ek het die gebeure die afgelope nag in die tronk oor en oor herleef. Hy het alles gesien, maar
hy het niks gedoen om dit te verhoed nie. Waarom?”

“En die film in jou kamera? Is dit ook weg?” vra Marshall fronsend.

Bernice maak haastig haar kamera oop, maar die film is nog daar.
Hogan sug diep en sê: “Nou ja, dan moet ons die film laat ontwikkel en kyk wat dit oplewer, maar nou moet ons gaan.”

“Ek kan sien jy dink ek loop sommer op hoi met niks,” kla Bernice. “Is jy gewoond daaraan dat ek sulke foute maak?”

“Jy het al, as ek reg onthou.”

“Sies, jy’s gemeen. Maar jou vrou wag. Ons moet gaan.”
Marshall is taamlik verleë toe hy weer by Kate aansluit. Hy weet nie mooi hoe om te verduidelik nie.

“Laat ons maar die drade opneem,” se Kate ewe gemoedelik. “Ons was besig om oor voertuie te praat. Ek moes glo Bernice se motor hierheen gebring het. As jy my nou tuis aflaai, Bernie . . .”

“Reg, Kate.”

“En Marshall, sal jy asseblief vir Sandy by die kollege gaan oplaai na afloop van haar sielkunde-klas? Ek het nog heelwat te doen.”
Marshall sê niks nie, maar sy gesig wys duidelik dat hy nie lus het nie. Die verhouding tussen hom en sy dogter is nie juis goed nie. Toe Bernie ’n paar oomblikke later wegstap om die motor te gaan haal, neem Kate hom aan die arm en sê pleitend: “Asseblief, Marshall. Probeer nog ’n keer.”

“Maar wat sal ek sê? Ons twee is alewig aanmekaar.” “Nou goed.”
Hy sug diep. “Ek wens net ek kon weet wat in hierdie dorp fout is. Dis byna asof almal ’n vreemde soort siekte het.”

Toe Hank Busche die volgende oggend sy voorste gaasdeur oopstoot en op die stoepie uitstap, skyn die son heerlik en dit laat hom sommer beter voel. Die huis waarin hy woon, is eenvoudig — ’n eenslaapkamer geboutjie naby die klein witgeverfde kerkie. Maar hy kla nie. Hy en sy vroutjie, Mary, is heeltemal tevrede in die pastorie.

Dis hulle afdag en hy sien uit na ’n tydjie van rus. Die twee pinte melk staan reeds langs die trappies. Haastig neem hy dit op en draai om. ’n Heerlike bak graanvlokkies met melk is net waarvoor hy vanoggend lus het. Dit sal hom help om al sy probleme ’n rukkie te
vergeet.

Hank sug onwillekeurig. Hy is gewoond aan probleme en moeilikhede. Sy pa was ook ’n pastoor en as jong seun het hy dikwels in sy pa se stryd en worsteling gedeel. Hy het gesien hoedat sy pa nuwe gemeentes begin het, al die stryd wat daarmee gepaard gaan, die voorspoed maar ook die teenspoed, en van jongs af het Hank besluit dat hy ook die Here wil dien. Sy jare op Bybelskool en in die kweekskool was vir hom interessant en verrykend. En hierdie, sy eerste gemeente, is ’n uitdaging. Hy is maar ses en twintig, ywerig vir die Here en vol nuwe planne wat nie altyd so maklik aanvaar word nie. Die afgelope tydjie is dit of hy agterkom dat die werk nie wil vorder nie. Daar is iets wat groei teëhou. Tog is hy hierheen beroep. Mense wou hom dus hier hê en natuurlik die Here ook. Daarom is dit vir hom ’n uitdaging.

Hy preek graag oor bekering en hy noem sonde op die naam. Vir hom staan die kruis van Jesus Christus sentraal en al hierdie aspekte van sy prediking, lok baie reaksie uit — positief sowel as negatief. Miskien is die teenkanting meer as die bemoediging wat hy ontvang, maar omdat hy glo dat die Here hom hierheen geroep
het, sal hy nie terugstaan nie.

Met die melk in sy hande tree hy terug en toe hy omdraai gaan hy geskok staan. Teen die wit mure van sy huis is die volgende woorde met groot, swart letters uitgeverf: JOU DAE IS GETEL . . . en dan volg ’n skelwoord!

Die jong man staan verslae. Sy oë beweeg oor die woorde. Onwillekeurig wonder hy wie so iets kon doen en waarom. En dan wonder hy of hy die aaklige swart verf ooit sal kan afkry. Hy stap nader en raak daaraan met sy vinger. Dis kurkdroog, dus is dit waarskynlik gedurende die nag aangebring.

“Outjie, waar bly jy?” klink Mary se stem tot hom deur. “Jy het die deur oopgelaat.”

“Hmmm . . .” antwoord hy. Hy wil nie hê sy moet die woorde sien nie. Daarom gaan hy haastig na binne en maak die deur styf agter hom toe. Hy en Mary geniet saam ontbyt — graanvlokkies met melk en heerlike warm roosterbrood.

Vir Hank is sy vroutjie die een ligpunt in sy lewe. Sy is jonk en in baie opsigte nog soos ’n kind, tog kan sy in tye van druk ’n ware steunpilaar wees. Soms voel Hank spyt dat sy al die storm en drang saam met hom moet deurmaak. Sy kon ’n beter huwelik gehad het — ’n besigheidsman of ’n rekenmeester of iemand wat ’n
rustige lewe ly — nie ’n predikant wat altyd in die middel van die stryd is nie. Nogtans is hy dankbaar dat sy wel met hom getrou het, want haar geloof in die Here is ook vir hom tot groot bemoediging.

“Wat’s fout, Hank?” vra sy terwyl hulle eet.

Hank sug. Hy wou dit graag verberg, maar soos altyd het sy dadelik agtergekom dat alles nie pluis is nie.

“Is dit iets in verband met die kerkvergadering?”

“E . . . ja, gedeeltelik,” antwoord hy vinnig, dankbaar vir ’n uitkomkans.

“Ek het nie eers gehoor toe jy huis toe gekom het nie. Het die vergadering baie laat aangehou?”

“Nee, nie eintlik nie. Alf Brummel moes na ’n ander byeenkoms of iets gaan. Hy wou nie veel sê nie. Die ander klomp het hulle se gesê en my toe agtergelaat om die situasie te oorweeg. Ek het ’n tydjie daar vertoef en gebid. Dit was asof ek ’n kwaai las gehad het, maar nadat ek gebid het, het ek baie beter gevoel.” Hy glimlag effens.
“Om die waarheid te sê, dit het gevoel asof die Here my versterk het.”
“Ek dink nog dit was ’n eienaardige tyd om ’n kerkvergadering byeen te roep. Gedurende die karnaval,” se Mary nadenkend.

“En nogal op ’n Sondagaand,” se hy met sy mond vol graanvlokkies. “Ek het nog gedink dat ek tyd wou gee vir persoonlike gesprekke, toe kondig hulle ’n kerkvergadering aan.”

“En waaroor gaan dit eintlik?”

“Die besigheid met Lou. Ek dink baie van die gemeente gebruik dit net as ’n verskoning om my aan te val.”

“En wat het jy toe gesê?”

“Net wat ek altyd sê. Ons het gedoen wat die Bybel beveel. Ek het na Lou toe gegaan en toe het John en ek saam na Lou toe gegaan en toe hy nog nie na rede wou luister nie, het ons hom onder sensuur geplaas.”

“Wel, dis tog wat die gemeente besluit het. Waarom kan die kerkraad dan nie daarmee saamgaan nie?”

“Niemand hou van tug nie. Maar een ding is seker. Ontug en owerspel is sonde volgens die Bybel en ek mag dit nie net so in die gemeente toelaat nie.”

“Wie was eintlik die persone wat jou geopponeer het?”
“Dieselfde ou klomp van altyd: Alf Brummel, Sam Turner, Gordon Mayer . . . en hulle trawante.”

“Ek kan darem regtig nie verstaan nie. Wat is fout met Alf Brummel? Het hy iets teen die Bybel? Aanvaar hy dan nie die gesag van die Skrif nie?” “Toe maar Vroutjie, moenie opgewonde raak nie,” paai Hank.
“Onthou Jesus het Alf ook lief, jy sien, hy voel skuldig. Sy sondelas druk hom neer en daarom kap hy links en regs om die druk van homself af te kry. Die vorige pastoor het die suiwer Woord van God gepreek en Alf het nie daarvan gehou nie. Toe het hulle hom weggewerk. Maar nou het ek gekom en ek preek ook die Woord van God en dit pla hom. Hy is een van die invloedryke persone in die gemeente en daarom dink hy hy kan sy gewig rondgooi en almal hiet en gebied.”

“Maar hy gaan dit nie met jou regkry nie.”

“Beslis nie!”

“Ek wonder waarom gaan hy nie liewer weg nie. Na ’n ander omgewing of so.”

“Dis ’n goeie vraag, my vrou. Miskien is dit sy doel in die lewe om pastore en predikante weg te werk en te neutraliseer.”

“Ek hou nie daarvan dat hulle jou altyd so aftakel nie.”

Hy sug diep en kyk haar reguit aan. “Nou ja, is jy reg vir nog ’n skok?”

“Wat bedoel jy?”

“Ons het gisteraand besoekers gehad. Hulle het ’n slagspreuk op ons huis geverf.”

“Wat?”

’n Paar oomblikke later staan hulle albei buite en beskou die swart letters.

“Miskien . . . miskien is dit die karnaval. Mense doen snaakse dinge as hulle te veel gedrink het,” opper Mary gespanne.

Maar Hank sê niks nie. Hy het sy eie idee oor die hele aangeleentheid. Die afgelope tydjie is hy kwaai gekritiseer. Hy is van allerhande dinge beskuldig — dat hy sy vrou slaan en selfs dat hy homoseksuele neigings het. Miskien het een van Lou Stanley se vriende die woorde teen die muur geverf. Miskien is hulle vies omdat hy Lou onder sensuur geplaas het. Maar nou ja, hy sal seker nooit weet nie. Die enigste troos is dat God weet!

Vervolg...

DIE DUISTERNIS VAN HIERDIE EEU (2)

Frank Peretti

Lees reeks by Die duisternis van hierdie eeu

Die Basuin is Ashton se plaaslike koerant. In baie opsigte is dit ongeorganiseerd en deurmekaar en by tye sonder veel slaankrag. Tog is dit die stem van Ashton.

Die kantoor is in die hoofstraat geleë, 'n eenverdiepinggebou met 'n groot glasvenster voor. Die koerant verskyn twee keer per week,

Dinsdae en Vrydae en is nie juis ’n finansiële sukses nie. Die hele opset getuig van middelmatigheid.

Die kantoor word deur ’n ou toonbank, wat eenmaal in ’n spoorwegstasie gebruik is, in twee dele verdeel — die voorste helfte is die ontvangs en die nuuskamer gedeelte en die agterste helfte is waar die drukwerk gedoen word. In die nuuskamer staan drie lessenaars,
twee tikmasjiene, twee vuilgoedmandjies en ’n koffiemaker sonder ’n koord. Op die lessenaars lê die wêreld se papiere, notas en ander kantoorbenodigdhede. By die deur is ’n klokkie wat lui elke keer wanneer iemand die deur oopmaak.

Die een luuksheid in hierdie hele opset is die redakteur se hoekie — ’n glasafgeskorte kantoortjie. Van daar kan hy alles sien wat in sy nuuskamer aangaan. Hierdie glaskantoor is ’n nuwe toevoeging, want die nuwe redakteur wat onlangs by die Basuin begin het, het daarop aangedring. So ’n kantoor was nog altyd sy lewensideaal.

Hierdie nuwe redakteur, Marshall Hogan, is ’n groot, sterkgeboude, reguit kêrel. Sy personeel bestaan uit ’n lettersetter, ’n sekretaresse en twee ander lede. Hy het die koerant ’n paar maande tevore aangekoop en aangesien hy van ’n groot stad afkomstig is, het daar van tyd tot tyd verskille tussen hom en sy werkspan opgeduik. Marshall wil ’n kwaliteit koerant tot stand bring, een wat doeltreffend en aktueel is en die hele spektrum van nuusgebeure dek, maar die verskil tussen die New York Times en die Basuin is te groot om sommer oorbrug te word. In hierdie kantoor kan sake soms redelik tydsaam verloop en nuusberigte wat inkom, kan sommer baie varieer — nie slegs wat inhoud aanbetref nie, maar ook in voorkoms.

Maandae is altyd baie druk in die kantore van die Basuin. Dan word daar teen ’n tempo gewerk om al die nuusberigte gereed te kry vir Dinsdae wanneer die koerant op straat verskyn. En vandag is geen uitsondering nie. Terwyl die artikels voor saamgestel word, staan Marshall en sy handlanger, Tom, in die agterste gedeelte onder helder ligte, besig om elke berig uit te sny en op die korrekte plek in te plak. Soms moet ’n berig hier gepas en daar gepas word, voordat die korrekte plek gevind word. En dan is daar altyd klein
spasies wat gevul moet word. Hoe en waarmee? Ja, elke Maandag en Dinsdag is die arme Marshall in ’n redelik slegte bui.

“Edie!” gil hy vir sy sekretaresse. “Waar is jy mens? Hierdie proewe is op die verkeerde plek. Jy kan dit tog nie op die vloer neersit nie . . .”

“Maar ek het nie,” maak Edie beswaar. Dan haas sy na agter met nog meer proewe in die hand. Sy is ’n vroutjie van ongeveer veertig en sy het net die regte persoonlikheid om Marshall se aanvalle te verwerk. Sy ken die kantoor beter as haar nuwe baas en dus is hy in baie opsigte nog afhanklik van haar.

En dan kom Tom weer by: “Wat gaan ons hier op bladsy drie,vier, ses en sewe plaas? Wat gaan ons omtrent al hierdie leë kolle doen?”

“Bernie se verslag oor die karnaval moet hierdie spasies vul,” sê Marshall ongeduldig. “Ek hoop sy het heelwat nuuswaardige stories en foto’s. Waar op aarde bly die vroumens vandag? Edie! Skakel Bernie en vind uit waar sy vertoef. Sy moes al ’n halfuur gelede hier gewees het.”

“Reg, Meneer. Maar ek het pas geskakel en daar is geen antwoord nie.”

“Onsin!”

George, die klein lettersetter swaai om in sy stoel en sê: “Dalk het sy die Vroue Hulporganisasie se braaivleis gaan bywoon. Ek is juis daarmee besig en die foto van mevrou Marmaselle is ’n regte juweel — net reg om ’n hofsaak uit te lok.”

“Ag tog, en dit op bladsy een,” kla Marshall. “Net wat ek nodig het.”

“Wat doen ons nou?” vra Edie.

“Was iemand by die karnaval?”

“Nee,” se George. “Ek het gaan visvang. Die karnaval is te wild vir my.”

“My vrou wou my ook nie toelaat nie,” erken Tom.

“Ek het so ietsie gesien,” se Edie.

“Nou ja, begin dan dadelik skryf. Enigiets oor die karnaval,” beveel Marshall. “Ons moet iets daaroor hê.”

Die telefoon lui en Edie beantwoord dit. Haar stem verhelder:
“Haai, Bernice, waar is jy ou suster? Ons wag vir jou.”

Almal staan nader. Edie se gesig verstrak en haar oë rek. “Wat! Haai, kalmeer . . . ons sal jou uitkry. Bly net kalm!”

“Waar is sy?” vra Marshall dringend.

Edie kyk horn verslae aan. “In die tronk,” sê sy.

Marshall drafstap die kelderafdeling van die Ashton-polisiestasie binne. Hy wens onwillekeurig dat hy sy neus kon toeplak. Die geure wat vanuit die selblok kom, is alles behalwe aangenaam. Te oordeel na die geraas in die selle, klink dit asof die karnaval nog steeds aan die gang is. G’n wonder dat die strate so stil is nie, want
al die lawaaimakers is in die tronk opgesluit. Die polisie het eindelik, na afloop van die feestelikheid, skoonskip gemaak en al die dronkes en bakleiers van die strate af verwyder. Die tronk lyk in der waarheid soos ’n oorvol dieretuin.

Sommige van die gevangenes speel kaart om die tyd te verwyl. Hulle hou mekaar besig deur van al hulle kordaatstukke te vertel.
In een van die agterste selle is ’n klompie jeugdiges besig om ’n aantal prostitute in die aangrensende sel met hulle vuil grappe te vermaak. Nog ander lê dronk en snorkend op die vloere. En die res gluur Marshall aan terwyl hy van sel tot sel beweeg, op soek na Bernice.

Jimmy Dunlop, ’n polisieoffisier en een van die bewaarders, sit by ’n lessenaar. Hy vul vorms in en drink sterk koffie.

“Haai, meneer Hogan,” groet hy toe hy Marshall sien. “U het gekom?”

“Ja, en ek is haastig,” antwoord Marshall kortaf. Hy voel nie lekker nie. Dit was sy eerste karnaval hier in Ashton en hy het net mooi genoeg gehad. Hy druk met sy hande op die lessenaar en gluur op Jimmy neer. “Ek het my verslaggewer kom haal.”

“Het u die vorms wat nodig is vir haar ontslag?”

“Kyk, ek het met die mense hierbo gereël. Hulle sou jou geskakel het.”

“Wel, ek het niks gehoor nie en ek mag haar nie vrylaat sonder die nodige magtiging nie.”

“Skakel hulle dadelik!” beveel Marshall ongeduldig en wys na die telefoon.

Maar Jimmy is verbouereerd, skakel eers die verkeerde nommer en intussen voel Marshall hoe sy bloeddruk styg. Hy krap met sy vingers deur sy gryswordende rooi hare. Opnuut voel hy geïrriteerd met die onbeholpenheid van ’n klein dorpie soos Ashton.

“Meneer Hogan, met wie het u hierbo gepraat?” vra Jimmy eindelik.

“Met Kinney.”

“Sersant Kinney asseblief.”

Marshall voel die ongeduld in sy binneste oplaai. “Gee my die sleutel van die middeldeur. Ek wil solank met haar gaan gesels.”

Jimmy oorhandig die sleutel. Hy weet dit sal nie help om met Marshall Hogan te redeneer nie.

Toe Marshall in die gang digby die selle afstap, word allerhande growwe opmerkings in sy rigting geslinger. Luide fluite weerklink en ’n spottende gelag bars los. Iemand gooi horn met ’n sigaretstompie.

Eindelik bereik hy die regte sel en sien ’n klomp meisies en vroue wat horn uitdagend aanstaar. “Kreuger,” roep hy. “Bernice, waar is jy? Ek het jou kom haal.”

“Dis hoog tyd, Hogan,” se ’n geïrriteerde vrouestem.

“Lig net jou arm of iets, dat ek jou kan sien.” Dadelik word ’n hand na hom toe uitgesteek en in sy rigting gewaai. Hy stap nog nader, steek sy hand deur die tralies en gryp Bernice se hand vas. Die volgende oomblik staan sy voor hom, maar nog agter die tralies.

Die jong en aantreklike verslaggewer kyk hom moedeloos aan. Sy is vuil en onnet na ’n nag saam met twintig vroue van twyfelagtige reputasie. Selfs haar bril is vuil. Marshall besef dadelik dat die meerderheid van die vroue in die sel prostitute is — jonges sowel as middeljariges. Hy voel skoon naar op sy maag.

“Bernie, wat op aarde het jy aangevang?” vra hy ontsteld en hou steeds haar hand vas. “Wat se soort vrae het jy gevra dat hulle jou hier opgesluit het?”

“Jy vra nog? Ek is vies en ongelukkig. Die hele besigheid van gisteraand was ’n absolute gemors. Ek dink dit was verregaande om my so ’n opdrag te gee.”

“Wei, iemand moes immers ’n berig oor die karnaval skrywe,” sê Marshall verontskuldigend.

Gelag en gespot weerklink vanuit die sel. Bernice is omgekrap en wil nie eers verder verduidelik nie.

“Kry my net uit hierdie plek, asseblief! Doen ten minste iets.”

“Ek is besig. Kinney sal nou toestemming gee. Ek het klaar die borgtog betaal.”

Bernice kalmeer effens en na ’n paar oomblikke probeer sy verduidelik! “Ek was besig om goeie stories te soek. Ek het ’n paar foto’s geneem en toe het Nancy en Rosie by my aangesluit.” Sy beduie na twee jong meisies in die sel. “Ek dink hulle het die verkeerde idee oor my gekry, seker omdat ek skynbaar so doelloos rondgeslenter het. Wei, om ’n lang storie kort te maak, een van hulle het ongelukkig ’n polisieman aangevat en hy het ons al drie gearresteer.”

“Ek dink Bernice sal ’n baie goeie prostituut uitmaak,” lag Nancy gemoedelik.

Marshall lyk verslae. “Maar waarom het jy nie vir hulle gesê wie jy is nie? Jy kon tog jou identiteitsdokument getoon het. En jou perskaart. Jy kon tog gesê het jy werk vir my!”

“Hy wou my nie ’n kans gee om te verduidelik nie. Ek het gesê wie ek is.”

“Hy’t jou seker nie gehoor nie.”

“Ek het baie hard gepraat. Soos nou.” Sy verhef haar stem sodat almal in die sel kan hoor. “Maar dit het niks gehelp nie. Hy het my geboei.”

“Ja, dis nou eenmaal Ashton.”

“Dis nie genoeg vir my nie. Ek wil sy bloed hê.”

“Ag nee wat,” probeer Marshall paai. “Dit sal niks help nie. Dis nie die moeite werd om so te kere te gaan nie.”

“Dis wat jy dink. Maar ek dink anders.”

“Bernie . . . wag ...”

“Nee, ek het lus om ’n paar dinge te publiseer, oor die polisie en hulle danige hoof. Waar is hy in elk geval? Waarom het ons hom nog nie met ’n oog gesien nie?”

“Wie bedoel jy? Brummel?”

“Natuurlik. Hy is iemand wat goed weet wanneer om hom uit die voete te maak. Hy weet wie ek is. Waar is hy?”

“Ek weet nie. Ek kon hom nie vanoggend in die hande kry nie.”

“En gisteraand het hy sy rug op my gekeer.”

“Wat bedoel jy? Wat praat jy?” Maar meteens druk Bernie haar lippe styf opmekaar. Marshall besef sy sal niks meer sê nie, altans nie nou nie. Hy moet later weer vra.

Meteens gaan die groot hek oop en Jimmy Dunlop kom ingestap. Arme Jimmy is skoon verbouereerd deur al die stemme wat hom tergend uitjou. Hy het die sleutel van die sel in sy hand en staan huiwerig nader.

“Staan weg van die deur asseblief,” beveel hy.

“Haai, Boetie, wanneer gaan jou stem dan breek?” klink die spottende stemme uit die sel. Dit fluit en gil, maar hulle beweeg darem tog terug en Jimmy sluit die deur oop. Bernice glip haastig uit en hy slaan die deur agter haar toe en draai die sleutel in die slot.

“Reg, jy is op borgtog vrygelaat,” se hy. “Ons sal jou later in kennis stel wanneer jou saak sal voorkom.”

“Gee net asseblief my handsak, my perskaart, my notaboekie\ en my kamera,” se Bernice woedend.

Kate Hogan, ’n skraal, aantreklike rooikop, het bo op die trappe van die hofsaal gewag terwyl Marshall Bernice gaan bevry het.
Daar is baie om te sien, want talle beskuldiges is voor haar verby onderweg hof toe. Sommige stap self, ander word teen hulle sin aangesleep, party vloek en skel en nog ander word nou vrygelaat na ’n nag in die tronk. Die vrou hou die toneel gespanne dop. So iets het sy lank laas aanskou. Daar is baie vreemdelinge en ook polisie van die omliggende gebiede wat die polisiemag van Ashton kom versterkhet. Die dame by die toonbank het twee sigarette langs haar in die asbakkie, maar sy kry nie kans om te rook nie. Sy moet die een vorm na die ander voltooi en almal is haastig en ongeduldig. Vir
Kate lyk die hele besigheid maar redelik ongeorganiseerd.

’n Paar derderangse prokureurs staan daar rond en probeer kliente verwerf, maar die meeste van die beskuldigdes het geen regshulp nodig nie. ’n Nag in die selle is al wat hulle nodig gehad het. Nou wil hulle net uit die dorp wegkom en vergeet wat gebeur het.

Weer skud Kate haar kop. Arme Bernice. Om te dink dat sy tussen sulke mense beland het. Sy moet woedend wees.

Meteens voel sy ’n sterk arm om haar skouers en sy glimlag en druk teen die groot man aan.

“Haai Marshall, is hierdie karnaval elke jaar so uitspattig en immoreel?” vra sy ontsteld.

“Nee, Kate, dit word glo elke jaar erger. Maar die Basuin gaan iets oor hierdie toestand sê, daarvan kan jy seker wees. Ashton is regtig op die afdraende pad. Die inwoners behoort dit teen hierdie tyd te besef.”

“Hoe . . . hoe gaan dit met Bernice?”

“Ontsteld en aggressief, maar sy sal dit oorleef.”

“Gaan jy met iemand oor hierdie besigheid praat?”

“Alf Brummel is skynbaar nie hier nie, maar ek sal hom nog voor stok kry. Hy weet baie goed wanneer om hom uit die voete te maak. En ek sal graag my vyftig rand borggeld wil terugkry.”

“Die arme man is seker besig. Ek sou nie graag hoof van die polisie op so ’n dag wou wees nie.”

“Ek gaan beslis sorg dat hy wens hy was nooit hoof van die polisie nie.”

Bernice se haastige voetstappe onderbreek die gesprek. Sy is baie ontsteld en vroetel geïrriteerd in ’n papiersak rond om vas te stel of al haar besittings daar is.

Kate steek haar arms uit en omhels Bernice.

“Hoe gaan dit Bernie?”

“Sleg. Brummel sal nog van my hoor en die polisieman sal wens hy het my nooit gesien nie. Ek is moeg en vuil en ek wil net in ’n bad kom.”

“Ek raai jou aan om al jou woede op jou tikmasjien uit te haal. Ek het ’n storie oor die karnaval nodig vir Dinsdag se uitgawe,” sê Marshall.

Bernice krap dadelik in haar sakke en haal ’n klomp verfrommelde toiletpapier tevoorskyn. Sy oorhandig dit aan Marshall.

“Dê, jou getroue joernalis is altyd op haar pos. Ek het alles daar in die tronk op ’n stuk toiletpapier neergeskryf. Daar was buitendien niks anders om te doen nie. Ek het ook ’n paar interessante staaltjies van die ander gevangenes neergeskryf. Dalk is daar iets
wat jy kan gebruik. Ek wonder net wat gaan nog van hierdie dorp word?”

“Enige foto’s?” vra Marshall ingenome.

Bernice oorhandig ’n rol film aan hom: “Ek dink jy sal genoeg vind om jou tevrede te stel. Daar is nog in my kamera, maar ek wil eers self daarna kyk. Dis iets wat my persoonlik raak.”

“Dankie, Bernice,” glimlag Marshall tevrede. “Neem die dag af en rus ’n bietjie. More lyk sake weer beter.”

“Ek hoop dat ek dan my professionele objektiwiteit sal herwin.”
“Kate het jou motor gebring, Bernice. As jy haar huis toe neem, sal ek probeer om Brummel op te spoor en ook sak by die kantoor regsien.”

“Brummel!” Bernice trek hom skielik eenkant toe. “Ek moet met jou praat, voordat jy na hom toe gaan.”

Marshall kyk Kate verskonend aan, maar sy glimlag begrypend. Bernice neem hom om die hoek waar hulle alleen is.

“Daar is iets wat ek jou moet vertel.”

“Dit klink interessant. Is dit iets behalwe wat ons reeds weet.”

“O ja, ek praat nie nou oor sy persoon en die feit dat hy ’n skurk is nie. Ek praat oor wat ek gisteraand gesien het.” Sy laat haar stem sak en fluister. “Ek is amper seker ek het hom en julle predikant by die karnaval gesien.

“Wat! Pastoor Young?”

“Ja, predikant van die Ashton Verenigde Christelike Kerk. Hy is mos die een wat Christelike verdraagsaamheid propageer en hy is ook baie gekant teen die mishandeling van diere.” Sy swyg ’n oomblik. “Brummel is mos nie ’n lidmaat van julle kerk nie, is hy?”
“Nee, hy gaan na daardie klein kerkie op die heuwel.”

“Wel, ek sê jou ek het hulle twee agter een van die stalletjies in die skaduwees opgemerk. En daar was nog drie ander persone by hulle — ’n blonde vrou, ’n gesette, ouerige man en ’n vrou met donker hare en ’n sonbril . . . Wil jy meer? ’n Sonbril in die nag!”
Marshall is nog nie juis beïndruk nie en sy vervolg dringend!

“Ek het ’n foto van hulle geneem en dit moes ek seker nie gedoen het nie. Hulle was baie omgekrap. Brummel was heeltemal ontsenu. Young het my beveel om onmiddellik te loop. Hulle byeenkom was glo ‘privaat’. Die gesette man het weggedraai en die donker vrou
het my oopmond aangestaar.”

“Bernie, dink jy nie die hele situasie sal anders lyk nadat jy *n bad gehad het en ’n goeie nagrus geniet het nie?” vra Marshall simpatiek.

"Nee! Luister asseblief en laat my klaar praat. Net nadat ek daardie foto geneem het, het Nancy en Rosie by my aangesluit — hulle het na my toe gekom — en kort daarna is ons al drie gearresteer en my kamera gekonfiskeer. Hoe klink dit?”

Hy lyk nog onseker en sy sê: “Nou goed. Brummel was daar, hy het alles gesien, maar hy het niks gedoen om my arrestasie te verhoed nie. Inteendeel hy het hom uit die voete gemaak. Marshall, ek is doodseker dat hy alles gesien het. Ek het die gebeure die afgelope nag in die tronk oor en oor herleef. Hy het alles gesien, maar
hy het niks gedoen om dit te verhoed nie. Waarom?”

“En die film in jou kamera? Is dit ook weg?” vra Marshall fronsend.

Bernice maak haastig haar kamera oop, maar die film is nog daar.
Hogan sug diep en sê: “Nou ja, dan moet ons die film laat ontwikkel en kyk wat dit oplewer, maar nou moet ons gaan.”

“Ek kan sien jy dink ek loop sommer op hoi met niks,” kla Bernice. “Is jy gewoond daaraan dat ek sulke foute maak?”

“Jy het al, as ek reg onthou.”

“Sies, jy’s gemeen. Maar jou vrou wag. Ons moet gaan.”
Marshall is taamlik verleë toe hy weer by Kate aansluit. Hy weet nie mooi hoe om te verduidelik nie.

“Laat ons maar die drade opneem,” se Kate ewe gemoedelik. “Ons was besig om oor voertuie te praat. Ek moes glo Bernice se motor hierheen gebring het. As jy my nou tuis aflaai, Bernie . . .”

“Reg, Kate.”

“En Marshall, sal jy asseblief vir Sandy by die kollege gaan oplaai na afloop van haar sielkunde-klas? Ek het nog heelwat te doen.”
Marshall sê niks nie, maar sy gesig wys duidelik dat hy nie lus het nie. Die verhouding tussen hom en sy dogter is nie juis goed nie. Toe Bernie ’n paar oomblikke later wegstap om die motor te gaan haal, neem Kate hom aan die arm en sê pleitend: “Asseblief, Marshall. Probeer nog ’n keer.”

“Maar wat sal ek sê? Ons twee is alewig aanmekaar.” “Nou goed.”
Hy sug diep. “Ek wens net ek kon weet wat in hierdie dorp fout is. Dis byna asof almal ’n vreemde soort siekte het.”

Toe Hank Busche die volgende oggend sy voorste gaasdeur oopstoot en op die stoepie uitstap, skyn die son heerlik en dit laat hom sommer beter voel. Die huis waarin hy woon, is eenvoudig — ’n eenslaapkamer geboutjie naby die klein witgeverfde kerkie. Maar hy kla nie. Hy en sy vroutjie, Mary, is heeltemal tevrede in die pastorie.

Dis hulle afdag en hy sien uit na ’n tydjie van rus. Die twee pinte melk staan reeds langs die trappies. Haastig neem hy dit op en draai om. ’n Heerlike bak graanvlokkies met melk is net waarvoor hy vanoggend lus het. Dit sal hom help om al sy probleme ’n rukkie te
vergeet.

Hank sug onwillekeurig. Hy is gewoond aan probleme en moeilikhede. Sy pa was ook ’n pastoor en as jong seun het hy dikwels in sy pa se stryd en worsteling gedeel. Hy het gesien hoedat sy pa nuwe gemeentes begin het, al die stryd wat daarmee gepaard gaan, die voorspoed maar ook die teenspoed, en van jongs af het Hank besluit dat hy ook die Here wil dien. Sy jare op Bybelskool en in die kweekskool was vir hom interessant en verrykend. En hierdie, sy eerste gemeente, is ’n uitdaging. Hy is maar ses en twintig, ywerig vir die Here en vol nuwe planne wat nie altyd so maklik aanvaar word nie. Die afgelope tydjie is dit of hy agterkom dat die werk nie wil vorder nie. Daar is iets wat groei teëhou. Tog is hy hierheen beroep. Mense wou hom dus hier hê en natuurlik die Here ook. Daarom is dit vir hom ’n uitdaging.

Hy preek graag oor bekering en hy noem sonde op die naam. Vir hom staan die kruis van Jesus Christus sentraal en al hierdie aspekte van sy prediking, lok baie reaksie uit — positief sowel as negatief. Miskien is die teenkanting meer as die bemoediging wat hy ontvang, maar omdat hy glo dat die Here hom hierheen geroep
het, sal hy nie terugstaan nie.

Met die melk in sy hande tree hy terug en toe hy omdraai gaan hy geskok staan. Teen die wit mure van sy huis is die volgende woorde met groot, swart letters uitgeverf: JOU DAE IS GETEL . . . en dan volg ’n skelwoord!

Die jong man staan verslae. Sy oë beweeg oor die woorde. Onwillekeurig wonder hy wie so iets kon doen en waarom. En dan wonder hy of hy die aaklige swart verf ooit sal kan afkry. Hy stap nader en raak daaraan met sy vinger. Dis kurkdroog, dus is dit waarskynlik gedurende die nag aangebring.

“Outjie, waar bly jy?” klink Mary se stem tot hom deur. “Jy het die deur oopgelaat.”

“Hmmm . . .” antwoord hy. Hy wil nie hê sy moet die woorde sien nie. Daarom gaan hy haastig na binne en maak die deur styf agter hom toe. Hy en Mary geniet saam ontbyt — graanvlokkies met melk en heerlike warm roosterbrood.

Vir Hank is sy vroutjie die een ligpunt in sy lewe. Sy is jonk en in baie opsigte nog soos ’n kind, tog kan sy in tye van druk ’n ware steunpilaar wees. Soms voel Hank spyt dat sy al die storm en drang saam met hom moet deurmaak. Sy kon ’n beter huwelik gehad het — ’n besigheidsman of ’n rekenmeester of iemand wat ’n
rustige lewe ly — nie ’n predikant wat altyd in die middel van die stryd is nie. Nogtans is hy dankbaar dat sy wel met hom getrou het, want haar geloof in die Here is ook vir hom tot groot bemoediging.

“Wat’s fout, Hank?” vra sy terwyl hulle eet.

Hank sug. Hy wou dit graag verberg, maar soos altyd het sy dadelik agtergekom dat alles nie pluis is nie.

“Is dit iets in verband met die kerkvergadering?”

“E . . . ja, gedeeltelik,” antwoord hy vinnig, dankbaar vir ’n uitkomkans.

“Ek het nie eers gehoor toe jy huis toe gekom het nie. Het die vergadering baie laat aangehou?”

“Nee, nie eintlik nie. Alf Brummel moes na ’n ander byeenkoms of iets gaan. Hy wou nie veel sê nie. Die ander klomp het hulle se gesê en my toe agtergelaat om die situasie te oorweeg. Ek het ’n tydjie daar vertoef en gebid. Dit was asof ek ’n kwaai las gehad het, maar
nadat ek gebid het, het ek baie beter gevoel.” Hy glimlag effens.
“Om die waarheid te sê, dit het gevoel asof die Here my versterk het.”
“Ek dink nog dit was ’n eienaardige tyd om ’n kerkvergadering byeen te roep. Gedurende die karnaval,” se Mary nadenkend.

“En nogal op ’n Sondagaand,” se hy met sy mond vol graanvlokkies. “Ek het nog gedink dat ek tyd wou gee vir persoonlike gesprekke, toe kondig hulle ’n kerkvergadering aan.”

“En waaroor gaan dit eintlik?”

“Die besigheid met Lou. Ek dink baie van die gemeente gebruik dit net as ’n verskoning om my aan te val.”

“En wat het jy toe gesê?”

“Net wat ek altyd sê. Ons het gedoen wat die Bybel beveel. Ek het na Lou toe gegaan en toe het John en ek saam na Lou toe gegaan en toe hy nog nie na rede wou luister nie, het ons hom onder sensuur geplaas.”

“Wel, dis tog wat die gemeente besluit het. Waarom kan die kerkraad dan nie daarmee saamgaan nie?”

“Niemand hou van tug nie. Maar een ding is seker. Ontug en owerspel is sonde volgens die Bybel en ek mag dit nie net so in die gemeente toelaat nie.”

“Wie was eintlik die persone wat jou geopponeer het?”
“Dieselfde ou klomp van altyd: Alf Brummel, Sam Turner, Gordon Mayer . . . en hulle trawante.”

“Ek kan darem regtig nie verstaan nie. Wat is fout met Alf Brummel? Het hy iets teen die Bybel? Aanvaar hy dan nie die gesag van die Skrif nie?” “Toe maar Vroutjie, moenie opgewonde raak nie,” paai Hank.
“Onthou Jesus het Alf ook lief, jy sien, hy voel skuldig. Sy sondelas druk hom neer en daarom kap hy links en regs om die druk van homself af te kry. Die vorige pastoor het die suiwer Woord van God gepreek en Alf het nie daarvan gehou nie. Toe het hulle hom weggewerk. Maar nou het ek gekom en ek preek ook die Woord van God en dit pla hom. Hy is een van die invloedryke persone in die gemeente en daarom dink hy hy kan sy gewig rondgooi en almal hiet en gebied.”

“Maar hy gaan dit nie met jou regkry nie.”

“Beslis nie!”

“Ek wonder waarom gaan hy nie liewer weg nie. Na ’n ander omgewing of so.”

“Dis ’n goeie vraag, my vrou. Miskien is dit sy doel in die lewe om pastore en predikante weg te werk en te neutraliseer.”

“Ek hou nie daarvan dat hulle jou altyd so aftakel nie.”

Hy sug diep en kyk haar reguit aan. “Nou ja, is jy reg vir nog ’n skok?”

“Wat bedoel jy?”

“Ons het gisteraand besoekers gehad. Hulle het ’n slagspreuk op ons huis geverf.”

“Wat?”

’n Paar oomblikke later staan hulle albei buite en beskou die swart letters.

“Miskien . . . miskien is dit die karnaval. Mense doen snaakse dinge as hulle te veel gedrink het,” opper Mary gespanne.

Maar Hank sê niks nie. Hy het sy eie idee oor die hele aangeleentheid. Die afgelope tydjie is hy kwaai gekritiseer. Hy is van allerhande dinge beskuldig — dat hy sy vrou slaan en seifs dat hy homoseksuele neigings het. Miskien het een van Lou Stanley se vriende die woorde teen die muur geverf. Miskien is hulle vies omdat hy Lou onder sensuur geplaas het. Maar nou ja, hy sal seker nooit weet nie. Die enigste troos is dat God weet!

Vervolg...

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 984 gaste aanlyn