NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Geen lewe is sinloos indien jy diens lewer nie.  God het ons nie hande gegee om net te ontvang nie, maar ook om te dien.  Wie net wil ontvang, is uiters selfsugtig!

DIE DUISTERNIS VAN HIERDIE EEU (7)

Frank Peretti

Lees reeks by Die duisternis van hierdie eeu

“Wees sterk, wees vasberade, want jy moet hierdie volk die land in besit laat neem.”

Dis Dinsdagoggend en Mary is in die kombuis besig om brood te knie. Die son skyn heerlik. Hank blaai deur die lidmate-register.  Dan vind hy waarna hy soek — die naam en nommer van die vorige pastoor van sy gemeente: James Farrel. Hy het Farrel nooit ontmoet nie. Al wat hy van hom weet, is die skinderstories wat die rondte gedoen het nadat die man die omgewing van Ashton verlaat het.

Op die ingewing van die oomblik skakel hy die man se nommer.

“Hallo,” klink ’n moeë stem.

“Hallo,” groet Hank en probeer vriendelik klink. “Is dit James Farrel?”

“Ja. Met wie praat ek nou?”

“Dis Hank Busche, predikant van die Ashton Gemeenskapskerk ...” Hy hoor hoedat Farrel sy asem skerp intrek. “U weet wie ek is?”

“Ja, pastoor Busche. En hoe gaan dit met u?”

“E . . . wel, hoe sal ek sê . . . redelik,” antwoord hy onseker.

“Dus is daar probleme?” opper die ander man.

“Lyk my u is op hoogte van wat hier aangaan,” waag Hank.

“Nee, nie juis nie. So nou en dan glip ’n bietjie inligting deur, maar dis ook al. Maar wat kan ek vir jou doen?”

“E . . . sommer net gesels.”

“Hmm . . . ek verstaan daar word Vrydagaand ’n gemeentevergadering gehou?”

“Ja, dis reg.”

“En die gemeente gaan besluit of jy daar moet aanbly of nie.”

“Ja.”

“Wel, ek is dieselfde ding deur. Brummel, Stanley, Turner en Mayer was die aanvoerders.”

“Ek glo dit nie.”

“Dis die reine waarheid. Die geskiedenis herhaal homself, Hank. Glo my.”

“Het hulle jou uitgestem?”

“Wel, hulle het nie van my manier van preek gehou nie. My boodskap het hulle omgekrap en toe organiseer hulle die gemeente teen my. En daar was ’n stemming. Ek het verloor. Nie ver nie, maar tog.”

“En dit was dieselfde vier persone?”

“Ja. En ek hoor jy het Lou Stanley aangevat oor sy buitegtelike verhouding. Jy het hom onder sensuur geplaas? Is dit so?”

“Ja.”

“Wel, ek kan dit amper nie glo nie. Lou Stanley is nie iemand wat so iets sonder ’n geveg sal aanvaar nie.”

“Die ander drie het dit die kern van die aanval teen my gemaak. Hulle sê ek veroorsaak skeuring in die gemeente. Ek tree nie volgens die liefde op nie.”

“Hoe voel die gemeente oor die saak?”

“Ek is nie seker nie. Min of meer vyftig-vyftig.”

“En hoe voel jy persoonlik oor die hele besigheid?”

Hank antwoord nie dadelik nie. Hy weet nie mooi hoe om sy stelling te bewoord nie. Eindelik sê  hy: “Ek dink ek is in ’n geestelike stryd gewikkel . .  "

Dis  stil aan die ander kant. “Hallo.”

“Ja, ek is nog hier,” se Farrell. “Wat bedoel jy met ’n geestelike stryd?”

“E . . . wel, ek . . . ek dink Satan is persoonlik hier betrokke.” Hy sluk swaar. “Ek weet dit klink seker vreemd. Maar ek het gisteraand ‘n baie snaakse ondervinding gehad . . .”

“Vertel my alles,” dring Farrel aan en Hank begin die gebeure van die vorige aand noukeurig uiteensit. Hy vertel van die antagonisme wat Brummel openbaar, die skinderveldtog teen hom en al die ander dinge. Elke nou en dan vra Farrel iets.

“Ek weet die hele besigheid klink absurd,” eindig hy eindelik verleë.

Farrel sug diep. “Deksels,” is al wat hy sê.

“Het u ’n soortgelyke ondervinding gehad? Of is dit net ek wat in hierdie gemors beland het?”

Farrel antwoord nie dadelik nie. Wanneer hy praat, klink sy stem hees en sy woorde kom stadig en afgemete: “Ek . . . ek het lank gewonder of ek jou moes bel. Hank, is jy seker dat jy daar tuishoort? Is jy oortuig dis waar die Here jou wil he?”

Dadelik voel Hank dat hy op die verdediging is: “Ja,” sê hy beslis. “Ek is absoluut seker dat die Here my hierheen geroep het.”

“Maar jy is seker bewus daarvan dat jy per ongeluk as pastooraangewys is.”

“Ek weet sommige mense sê so, maar . . .”

“Dis die waarheid Hank. Jy sien, toe die gemeente my uitgestem het, het hulle klaar op iemand anders besluit om my op te volg. Een van hulle liberale teoloë. Maar toe gebeur daar iets baie vreemds en teen almal se verwagting in, is jy as opvolger gekies. Dis die laaste wat Brummel en sy trawante wou gehad het.”

“Maar die meerderheid het my ingestem.”

“Nogtans was dit blykbaar ’n ongeluk.”

“Dit lyk so, ja. Dit moet ek erken. Maar, aan die ander kant. . .”

“Hoor hier, Hank, as ek jou raad kan gee, pak jou goed en maak dat jy daar wegkom, al stem hulle ook Vrydag om jou te behou.”

Hank voel teleurstelling in hom opwel. Dis nie wat hy verwag het nie. Hy sug.

“Asseblief, Hank,” gaan Farrel voort, “ek was daar en ek weet hoe dit is. Dis nie die moeite werd nie, regtig nie. Maak dat jy daar wegkom. Gee hulle die kerk en die hele dorp as hulle dit wil hê . . .”

“Nee . . . ek kan dit nie doen nie . . .”

“Ek weet, Hank. Jy voel jy is deur God geroep. Ek het ook so gedink. Ek was vasbeslote om tot die bitter einde te veg.” Sy stem breek. “Maar die stryd was te kwaai. Ek . . . ek het alles verloor . . . my gesin, my reputasie, my gesondheid . . . en amper ook my huwelik. Toe ek uit Ashton weg is, het ek oorweeg om selfs my naam te verander. Daar is magte aan die werk, wat ’n mens nie kan bestry nie . .

“Watse magte?”

“Politieke, sosiale en geestelike magte.”

“Hmm. Maar wat dink jy van die gebeure van gisteraand? Jy het nog nie iets daaroor gesê nie.”

“Ek . . . ek wil nie daaroor praat nie. Asseblief, Hank, luister na my. Maak dat jy daar wegkom, terwyl jy nog kan. Dit wat jy gisteraand deurgemaak het, is maar net die begin, dit verseker ek jou.”

“Maar pastoor Farrel . . .”

“Ek is nie meer ’n pastoor nie. Noem my sommer Jim.”

“Wel Jim, dis immers waaroor die evangelie gaan — om die duisternis te beveg.”

“My vriend, al die mooi woorde en voornemens sal niks help nie. Ek waarsku jou. Hulle sal vir niks stuit nie. Jy kan nie eers van jou lewe seker wees nie.”

Hank voel die magteloosheid wat oor hom toesak. Dan sê hy stadig en met nadruk: “Dankie Jim, maar ek kan nie anders nie. Ek moet veg. Miskien sal ek wen en miskien verloor. Wie weet, dalk ook my lewe. Maar die Here het nie gesê dat my lewe belangrik is nie. Hy het my beveel om te staan en te veg. En dis wat ek moet doen. Een ding weet ek nou. Satan wil hierdie dorp oorneem en ek mag dit nie toelaat nie.”

Stadig plaas Hank die gehoorbuis neer. Hy voel asof hy kan huil.

“Here, my God, wat moet ek doen?” bid hy.

Hy bly op die rusbank sit en probeer om sy kragte en vertroue te herwin. Mary is nog besig in die kombuis. Hy is dankbaar daaroor, want hy sien nie kans om nou met haar te praat nie. Daar is te veel dinge wat nog uitgesorteer moet word. Skielik dring ’n teks hom te binne: “Wees sterk, wees vasberade, want jy moet hierdie volk die land in besit laat neem.”

Onmiddellik kom hy op die been en stap na buite. Krioni en Triskal sluit by hom aan en stap langs hom na die sentrale dorpsgebied. Tussen hulle lyk Hank sommer klein, maar ook baie veilig.

“Wat gaan hy nou doen?” vra Triskal.

“Ek dink nie hy weet self nie,” antwoord Krioni. “Die Gees dryf hom aan. Daar’s ’n besondere las op hom.”

“Dan sal ons seker nou aksie sien.”

Toe Hank die sentrale besigheidsgebied nader, merk hy hoe druk die verkeer is. Motors, bakkies, vragmotors, voetgangers en fietsryers beweeg heen en weer gereguleer deur die verkeerslig. Terwyl hy die bewegings dophou, wonder hy ineens waar die verskriklike boosheid van die vorige nag nou is. Alles voel so normaal,so doodgewoon. Die mense om hom is doodgewone mense,elkeen besig met sy eie ding.

Ja, vir hierdie dorp het hy gebid, met sy hele hart, gebede wat hy selfs nie eers in woorde kon uitdruk nie. Dis of ’n verskriklike las hom neerdruk. Tog lyk dit asof die dorp self nie van die gevaar bewus is nie.

“Bid, Hank,” klink die stem van die Gees tot hom deur. “Bid vir hierdie mense. Moet nie ophou bid nie. Die gevaar is hier en die vrees is hier. Bid, Hank.”

“Here, ek bid dan al so lank. En dit lyk asof my gebede niks bereik nie. Ek wil so graag sien dat iets gebeur.”

Hank kyk om hom heen. Hy weet die bose geeste is oral om hom in die lug. Tog kan hy niks sien nie. Maar hy weet hulle is daar.

“Ek weet julle is hier,” se hy hardop en staar na die geboue, die stene en die glas vensters. Hy kan voel dat die geeste hom uitkoggel. Hulle kan hom enige oomblik toetakel en dan weer na hulle skuilplekke toe retireer. Hy gaan sit op die sypaadjie en laat sy kop sak.

“Hier is ek Satan,” sê hy. “Ek kan jou nie sien nie, en ek weet jy is vinniger as wat ek is, maar ek is hier en hier gaan ek bly, deur die genade en krag van die Here. Ek sal vir jou ’n doring in die vlees wees solank as wat ek kan.” Hy kyk op. ’n Entjie weg sien hy die groot kerkgebou van die Ashton Verenigde Christelike Kerk. Hy skud sy kop. Alhoewel hy al baie lidmate van die denominasie ontmoet het, wat toegewyde kinders van God is, is die klomp hier in Ashton beslis ’n vreemde groep. Daar is iets eienaardigs in hulle.

Hy het pastoor Young al ’n paar keer ontmoet, maar tog het hulle nie veel in gemeen nie. Daar is iets wat haper en Hank kan nie vasstel wat dit is nie.

Terwyl Hank nog daar sit, hou ’n groot bruin Buick in een van die parkeerruimtes stil. Marshall Hogan klim uit. Bo-op die motor en onsigbaar vir hom en Hank sit twee spesiale boodskappers, Nathan en Armoth. Hulle is ongewapen, want hulle is nie daar om aan te val nie, maar net om waar te neem, soos Tal beveel het.

Marshall het Bernice se film gesien en dis vir hom duidelik dat iemand doelbewus met die film gelol het. Dis met opset aan die lig blootgestel.

Toe hy in die parkeerruimte stilhou, is dit kwart voor een en sy afspraak is vir eenuur. Hy is nog besig om ’n groot kaasburger en koffie te geniet. Terwyl hy eet dwaal sy oë oor die imposante kerkgebou van die Ashton Verenigde Christelike Kerk. Dis ’n tradisionele gebou met ’n hoë toring en gekleurde vensters. Die voordeur is swaar en byna intimiderend. Dis ’n baie gerespekteerde gemeente met ’n gerespekteerde predikant en ordentlike lidmate.

Marshall het al dikwels gevoel dat ordentlikheid die een vereiste vir lidmaatskap van die gemeente is.

Dis byna eenuur en hy klim uit. Hy sukkel ’n rukkie om die groot deur oop te kry. Binnekant getuig alles van weelde. Dit lyk byna soos ’n operasaal met ’n groot verhoog. Natuurlik het die gemeente ’n reuse koor en dus moet die verhoog ruim wees om almal te akkommodeer. Die vloere is van muur tot muur tapyte voorsien en die houtwerk is alles eike en okkerneut. Alle handvatsels is van koper en swaar kandelare hang van die plafon af.

Skuins langs die verhoog is die deur wat na Young se kantoor toegang verleen. Van hier af maak hy elke Sondag ’n redelike dramatiese intog om sy boodskap te gaan lewer.

Toe Marshall die deur oopstoot, tree hy die ontvangsarea binne. Die jong sekretaresse groet hom vriendelik, maar weet nie wie hy is nie. Hy stel homself voor en nadat sy in die bestellingsboek gekyk het, beduie sy dat hy kan binnegaan, maar nie voordat hy opgemerk het dat die twee-uur tydvak aan A. Brummel toegeken is!

“Wel, Marshall,” groet Young vriendelik en steek sy hand uit, “...kom gerus binne.” Hy is ’n grootgeboude man van ongeveer sestig, met ’n ronde gesig en ’n bril en gladde, olierige hare. Dis duidelik dat hy sy status in die kerk en in die gemeenskap baie geniet. Aan die mure hang verskeie toekennings van liefdadigheidsorganisasies en ander verdienstelike aksies. Verskeie foto’s toon Young saam met bekende evangeliste, predikers en outeurs as ook ’n senator. Sy lessenaar is groot en indrukwekkend met ’n glasoppervlakte en wanneer hy op sy hoë stoel sit, weerkaats sy beeld op die lessenaar en verleen ’n besondere status aan die predikant.

Hy beduie dat Marshall moet plaasneem en toe die redakteur in die aangebode stoel neersak, tref dit hom dat hy heelwat laer as Young sit. Dit bring ’n eienaardige gevoel van intimidasie mee, asof die ander man vanuit die hoogte op hom neersien. Marshall besef onwillekeurig dat die hele kantoor so beplan is — om die besoeker te intimideer.

“Aangename kantoor,” merk hy op.

“Baie dankie,” antwoord Young en toe hy glimlag, bol sy wange uit en druk teen sy ore op. Hy leun terug en druk sy vingerpunte teenmekaar. “Ek glo dis so belangrik vir ’n predikant om ’n goeie atmosfeer in sy kantoor te hê. Hy moet sy besoekers op hulle gemak stel.” Hy kyk Marshall vraend aan: “En hoe gaan dit deesdae met die Basuin”

“O dit gaan darem. Het u vandag se eksemplaar gesien?”

“Ek dink dis baie goed. Stylvol. Jy het beslis van die groot stad se afwerking hier na die platteland gebring.”

“Hmm,” grom Marshall. Om een of ander rede voel hy skielik nie baie lus vir gesels nie.

“Ek is baie bly dat ons jou nou in ons midde het,” gaan die predikant voort. “Ek vertrou dat ons ’n baie goeie verhouding sal hê.”

“Ja, dankie.”

“Maar wat het jy eintlik op die hart?”

Marshall kriewel en vroetel met sy hande. Hy voel ongemaklik, so asof hy onder ’n vergrootglas beskou word. Meteens staan hy op en begin op en af stap. Dis baie beter — baie beter as om in daardie stoel te sit. Hy probeer rustig lyk.

“Ons het baie om in ’n uur te bespreek,” begin hy.

“Wel, ons kan altyd weer bymekaarkom.”

“Ja, ons kan seker. Maar in die eerste plek — my dogter Sandy het gisteraand die huis verlaat. My vrou en ek het niks van haar gehoor nie en ons weet nie waar sy is nie ...” Hy skets die agtergrond van die situasie.

Young luister aandagtig sonder om hom in die rede te val,

“O so,” sê Young eindelik nadenkend. “Julle voel sy het die tradisionele waardes oorboord gegooi en dit ontstel julle?”

“Ek is nou nie juis ’n baie godsdienstige persoon nie, maar daar is reg en verkeerd en dit pla my wanneer Sandy skynbaar nie altyd tussen die twee kan onderskei nie.”

Young staan uit sy stoel op en kom nadergestap. Met ’n vaderlike gebaar plaas hy sy hand op Marshall se skouer en vra belangstellend: “Dink jy sy’s gelukkig?”

“Vir my lyk sy nooit gelukkig nie. Maar miskien is dit omdat ons twee altyd aanmekaar is.

“Miskien kan sy aanvoel dat jy nie haar denkrigtings goedkeur nie. En dit ontstel haar.”

“Beslis. En daardie professor wat vir haar sielkunde gee, dis sy wat Sandy met al die vreemde idees op loop sit. Het jy al daardie professor Langstrat ontmoet?”

Young dink ’n paar oomblikke na en dan skud hy sy kop.

“Sandy het nou al verskeie klasse bygewoon en ek is seker sy oefen ’n negatiewe invloed op haar uit,” vervolg Marshall.

“Nee wat,” grinnik Young. “Dit klink asof die jong dame net 'n bietjie eksperimenteer. Sy wil maar net die wêreld en die heelal verken. Het jy vergeet hoe ’n jongmens altyd na waarheid soek? Waarskynlik is dit Sandy se probleem. Sy soek vir haarself antwoorde op sekere lewensvrae.”

“Wel ek hoop net sy laat ons weet waar sy is.”

“Ek dink sy sou baie groter vrymoedigheid gehad het, as julle haar groter vryheid veroorloof. Weet jy, Marshall, nie een van ons kan vir ’n ander voorskryf hoe hy moet lewe nie. Elke mens moet sy eie weg en sy eie waarheid vind en as ons ooit op hierdie aarde in vrede wil saamwoon, sal ons mekaar se opinies moet respekteer.”

lets in Young se houding en sy woorde laat Marshall ineens wonder of hy nie tog vir professor Langstrat ontmoet het nie. Maar weer ontken Young dat hy die vrou ken...

“En wat van Alf Brummel? Ken u hom?”

“Wie?”

“Alf Brummel, die hoof van die polisie.”

Dit lyk asof Young diep dink. Dan sê hy: “Miskien het ek hom al ontmoet.”

“Wel,  hy huldig dieselfde idees as jy. Sê ook ons moet almal in vrede saamwoon. Ek wonder hoe hy dit reggekry het om ’n polisieman te word.”

“Maar ons was besig om oor Sandy te gesels,” sê Young.

“Ja, natuurlik. Gaan maar voort.”

“Al die sake waaroor jy so worstel, die kwessie van reg en verkeerd, of wat waarheid is, is relatiewe sake. Elke mens het sy eie interpretasie. Onthou elke indiwidu het ’minherente goedheid en ’n kapasiteit om lief te hê. . .”

“Was u hier vir die karnaval?” val Marshall hom in die rede.

Hy lag effens. “Wel, ek gee toe, ons mense kan soms ons swakker neigings die oorhand laat kry.”

“Maar terwyl ons nou daaroor praat, was u by die karnaval of nie?”

“Nee, ek was nie. Dis ’n mors van tyd en geld. Maar ek weet darem wat daar aangaan.”

“U was dus nie persoonlik daar nie.”

“Nee. Maar wat Sandy aanbetref.”

“Ja, dis reg, ons het oor die waarheid gepraat en oor God. Dit wil my voorkom asof Sandy Hom nie kan vind nie. Ons kan skynbaar nie eensgesindheid oor Hom kry nie. En sover het u ons nie juis gehelp nie.”

“ ’n Mens se God is net waar jy Hom vind. ’n Mens moet net jou oë oopmaak en dan sal jy Hom sien. Hy woon in elkeen van ons. Hy was nog altyd daar. Ons het dit net nie besef nie. Jesus het ons probleem aan die kruis geopenbaar. Hy het gesê: ‘Vader vergeef hulle want hulle weet nie . . .’ Daar is die antwoord Marshall. Kennis. Ons weet nie. Daarom moet ons kennis soek met al ons krag en dis wat Sandy doen. Jou probleem is dat jy te eng is. Jy moet meer toegeeflik wees. Jy moet navorsing doen en soek, net soos Sandy ook soek.”

‘"Wat u dus eintlik wil sê is dat alles afhang van hoe ons ’n saak bekyk,” se Marshall nadenkend.

“Ja, min of meer.”

“En as ek ’n saak op ’n sekere manier sien, beteken dit nie almal sal dit so sien nie, ne?”

“Korrek,” sê Young ingenome met sy student se vlugge begrip.

“Dus ... as my verslaggewer Bernice Kreuger sê dat sy vir u en Brummel en drie ander persone by die karnaval gesien het, dan is dit net haar siening van sake?”

Young glimlag uit die hoogte. “Ja, in die geval wel. Ek was nie naby die karnaval nie.”

“U is seker u was nie saam met Alf Brummel daar nie?”

“Beslis nie. Mejuffrou Kreuger het haar definitief misgis.”

Marshall kyk in stilte na die man voor hom. Dan speel hy sy troefkaart. “Maar sy het selfs ’n foto van julle geneem.”

Young verstyf effens, maar dan sug hy. “Waarom bring jy die foto nie volgende keer saam nie? Dan kan ons ’n bietjie daarna kyk.”

“Reg, ek sal so maak.”

“Marge sal vir jou nog ’n afspraak reël.”

“Dankie.” Marshall kyk na sy horlosie en op die ingewing van die oomblik stap hy na die deur en maak dit oop. “Kom binne, Alf,” nooi hy.

Alf Brummel sit in die ontvangskamer en toe hy Marshall sien, kom hy haastig op die been. Hy lyk beslis ontsenu. Marshall gryp sy hand en sê ernstig: “Aangesien julle twee mekaar blykbaar nie ken nie, laat my toe om julle aan mekaar voor te stel: Alf Brummel, dis pastoor Oliver Young. Pastoor Young, dis Alf Brummel, hoof van die polisie!”

Brummel weet beslis nie wat aangaan nie, maar Young kom dadelik nader en skud Brummel se hand en trek hom in sy kantoor in. Hy roep oor sy skouer na sy sekretaresse toe: “Marge, maak asseblief vir meneer Hogan nog ’n afspraak.”

Maar meneer Hogan het reeds na buite verdwyn.

Vervolg...

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 805 gaste aanlyn