NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

HERE, u Woord gee hoop aan nasies, ook aan die Afrikanervolk wat tans onder soveel verdrukking staan dat ons sal val as U ons nie te hulp snel nie. Ons smeek dat U ons sal bevry van hierdie juk sodat ons weer as 'n volk U kan aanbid en gehoorsaam.

DIE DUISTERNIS VAN HIERDIE EEU (8)

Frank Peretti

Lees reeks by Die duisternis van hierdie eeu

By ’n klein tafeltjie in een van die buitelug kafeteria’s van die kampus, sit Sandy Hogan.  ’n Opgewarmde hamburger en ’n glas lou melk staan onaangeraak voor haar. Sy voel hartseer en ongelukkig. Sy het die nag in een van die bushaltes deurgebring en die tyd verwyl deur haar sielkunde-aantekeninge te bestudeer. Die oggend het sy al haar klasse bygewoon en toe probeer om ’n rukkie in die tuine van die kampus in te sluimer. Toe sy wakker geword het, was sy honger en eensaam. En nou, hier die kafeteria met die hamburger en die melk voor haar, is sy nie eers meer honger nie. Al waarvan sy nou bewus is, is die knaende eensaamheid.

“Waarom, Pappa, waarom?” fluister sy sag, en speel met die strooitjie in haar glas melk. “Waarom kan Pappa my nie net aanvaar soos ek is nie?”

Hoe kan hy haar so hard oordeel, terwyl hy haar amper glad nie ken nie?

Hoe kan hy haar idees en haar oortuigings so afkraak, terwyl hy nie eers verstaan waaroor dit gaan nie? Hulle lewe in twee verskillende wêrelde en elkeen verwerp die ander s’n.

Die vorige aand het sy en haar pa nie ’n woord met mekaar gepraat nie en toe sy gaan slaap het, was sy teneergedruk en ongelukkig. Sy het gelê en luister hoe haar ouers vir die bed gereedmaak, en dit het vir haar gevoel asof hulle in ’n ander wêreld lewe. Ag, sy het so verlang om hulle na haar kamer te roep en haar hart voor hulle uit te stort, maar sy het sommer geweet dit sou nie werk nie. Pappa sou weer voorwaardes stel en reëls neerlê in plaas van om haar net te aanvaar en lief te hê.

En toe, in die middel van die nag, het sy wakker geword, vreesbevange! Nog nooit tevore was sy so bang nie. Sy het gedink sy gaan sterwe; sy was bang dat sy sou misluk in haar studies en bo alles was sy bewus van ’n ontsettende eensaamheid. Dit was so erg dat sy net uit die huis moes wegkom. Dit was asof iets haar aangedryf het. Sy het opgestaan, aangetrek, haar goedjies gegryp en die hasepad gekies. Sy het besef dat dit verspot was om so op te tree, maar sy kon haarself net nie help nie! Nou voel sy totaal ontredder, swewende in die wye hemelruim, alleen en sonder iemand om haar te onderskraag.

“Ag Pappa,” fluister sy weer en toe begin sy snik. Haar rooi hare val oor haar gesig en haar trane drup op die tafel neer. Sy hoor hoedat mense langs haar verbybeweeg, maar hulle lewe in ’n wêreld van hulle eie en sy is alleen — so verskriklik alleen. Sy probeer haar snikke bedwing, maar haar emosies is soos ’n stroom wat oor sy walle wil spoel.

“Verskoon my,” klink ’n stem skielik tot haar deur.

Sandy kyk op in die groot bruin oë van ’n jongman wat haar met simpatie en deernis aankyk.

“Is daar miskien iets wat ek kan doen?” vra hy beleefd. “Kan ek dalk help?”

 

Dis donker en doodstil in die woonkamer van professor Juleen Langstrat. Twee mense sit teenoor mekaar met ’n flikkerende kers tussen hulle. Die kers wat op ’n koffietafel staan, is die enigste lig in die vertrek en werp ’n geel gloed op die oosterse maskers en ornamente wat die mure versier.

Professor Langstrat leun met haar kop teen die rugleuning van haar stoel en haar oë is toe. Haar arms is voor haar uitgestrek en maak ritmiese, vloeiende bewegings, byna asof sy swem. Alf Brummel sit oorkant haar; sy oë is ook toe, maar hy lyk beslis nie baie op sy gemak nie. Inteendeel, hy is onrustig en elke nou en dan maak hy sy oë op ’n skrefie oop om te sien wat Langstrat doen.

Sy begin nou meteens te kerm, asof sy in pyn verkeer en ’n trek van ontevredenheid verskyn op haar gelaat. Sy maak skielik haar oë oop en sit regop. “Dit lyk my jy voel nie goed nie,” sê sy. Hy trek sy skouers op. “Net moeg.”

“Nee, dis nie waar nie. Jy stel geen energie vry nie. lets het jou baie ontstel.”

Brummel antwoord nie.

“Het jy vandag met Oliver gesels?” hou sy vol.

“Ja,” sê hy.

“En jy het met hom oor ons verhouding gaan praat.”

“Nee!” reageer hy vinnig, maar sy knip hom kort.

“Moenie vir my lieg nie.”

Hy sug diep en vervolg dan stadig: “Ja, ons het. Maar ons het ook oor ander dinge gepraat.”

Langstrat se oë deurboor hom. Haar hande gaan stadig oop en sy begin hulle swaai — langsaam, heen en weer. Brummel sak dieper in sy stoel terug.

“Wag ’n bietjie,” keer hy. “Wat doen jy nou?”

“Jy’s bang . . . jy voel vasgekeer . . . jy het vir Oliver gaan vertel dat jy soos ’n geprogrammeerde voel . . ." Sy kyk hom reguit aan.

“Jy voel dat iemand jou lewe beheer. Wie? Toe sê my.”

“Ek voel nie dat iemand my beheer nie,” protesteer hy.

Sy lag gerusstellend. “Jy kan nie vir my jok nie. Ek kan dit aanvoel.”

Brummel loer vinnig in die rigting van die telefoon wat eenkant op die tafel staan. “Het Young jou geskakel?”

Sy glimlag geamuseerd. “Dit was nie nodig nie. Oliver lewe baie naby aan die Universele Intellek. Ek begin nou al sy gedagtes lees.”

Haar gesig word streng en sy vervolg ongeduldig: “Ek wens jy wou sulke goeie vordering maak.”

Brummel sug weer en verberg sy gesig agter sy hande. Dan sê hy verskonend: “Haai, wag ’n bietjie, ek kan nie alles gelyktydig leer nie. Daar is so baie nuwe dinge.”

Ineens versag sy en plaas haar hand simpatiek op sy arm. “Nou ja, laat ons dan die probleme een vir een hanteer. Jy is bang, Alf. Vir wie is jy bang?”

“Waarom vertel jy my nie,” sê hy uitdagend.

“Ek gee jou die geleentheid om eerste te praat.”

“Nou goed. Ek sê mos ek is nie bang nie.”

Langstrat se oë vernou en sy kyk hom stip en deurborend aan.

Hy kriewel in sy stoel. “Jy is bang omdat ons nou die aand by die karnaval afgeneem is. Daardie verslaggewer van die Basuin het foto’s van ons geneem.”

Nou is Brummel ontsteld. Hy steek sy vinger na haar toe uit en sê beskuldigend: “Young het jou gebel. Dis presies waaroor ons gepraat het. Hy het jou gebel en jou alles vertel.”

Skaamteloos knik sy bevestigend: “Natuurlik het hy my gebel. Hy weerhou geen inligting van my nie. Nie een van ons het enige geheime vir die ander nie. Jy behoort dit teen die tyd te weet.”

“Wel, as ek dan eerlik moet wees, ek is bekommerd oor die Plan. Ons word nou te groot. Ek dink dit was dwaas van ons om so op ’n publieke plek te ontmoet.”

“Maar dis alles reggestel. Jy hoef jou nie verder te bekommer nie.”

“O nee, dis nie so eenvoudig nie. Hogan is op ons spoor. Hy het Oliver ’n paar baie direkte vrae gevra.”

“Oliver weet hoe om sake te hanteer.”

“Goed dan. Maar hoe hanteer ons vir Hogan?”

“Net soos ons enige ander persoon hanteer. Hy het met Hogan oor sy dogter gesels. Skynbaar is daar probleme. Dit behoort jou te interesseer.”

“Wat se soort probleme?”

“Sy het gister van die huis af weggeloop. Nogtans het sy my klassekom bywoon. Dit laat my goed voel.”

“Wat stel jy voor?”

“Alles het sy tyd,” sê sy en glimlag skelm. “Moenie oorhaastig wees nie.”

“Ek is nie so seker nie,” se Brummel en staan op. Hy stap gespanne heen en weer. “Hy is nie Harmel nie. Ek dink ons kan probleme van hom te wagte wees. Miskien moes ons nie vir Kreuger gearresteerhet nie.”

“Maar jy het die film laat vernietig. Wat hoef ons dan te vrees?”

Hy kyk haar dringend aan. “Ek dink dit was op sigself ’n fout. Nou is hulle juis besig om vrae te stel. Die feit dat die foto’s geruïneer is, het beslis hulle agterdog gaande gemaak.”

Langstrat nader hom en plaas haar arms om hom. “Aha, maar hulle is kwesbaar. Baie kwesbaar.”

“Almal is,” mompel hy.

Sy word skielik weer koud en aggressief. Haar oë deurboor hom

“Dis nog iets wat jy vandag met Oliver bespreek het.”

“Hy vertel jou ook alles.”

“Die Meesters sou as hy dit nie gedoen het nie.”

Brummel probeer sy oë van haar afkeer, maar hy is vasgevang.

Hy wonder ineens watter mag dit kan wees wat iemand so pragtig soos sy, so afskuwelik kan maak.

“Kyk na my,” dring sy aan en Brummel gehoorsaam. “As jy nie gelukkig is met ons verhouding nie, kan ek dit laat beëindig.”

Hy laat sy oë sak en stotter verbouereerd. “Nee . . . ek is tevrede.”

“Is jy gelukkig?”

“E . . . ek wil net nie dat sake buite beheer raak nie . . .” sê hy in ’n poging om haar tevrede te stel.

Sy soen hom, ’n suigende, klouende soen. “Jy is die een wat kontrole nodig het,” fluister sy. “Ek het jou mos so geleer?” Sy terg, sy speel en hy weet hy kan niks daaraan doen nie. Hy behoort aan haar.

Maar daar is nog iets wat hom hinder. “Wat van al ons opponente? As ons een uit die weg geruim het, kom daar ’n ander. Hoe lank sal ons so kan voortgaan? Harmel word weggewerk en toe kom Hogan.”

“Ja, en jy het Farrel geneutraliseer, maar nou sit ons met Busche.”

“Presies. En dit kan tog nie so aangaan nie.”

“Busche is al op pad uit. Daar vind mos Vrydag ’n gemeentevergadering plaas. Die stemming sal teen hom gaan.”

“Ek is nie so seker nie. Hy het Lou Stanley onder sensuur laat plaas vir owerspel en baie van die gemeentelede stem daarmee saam.”

Sy staan ’n entjie terug en kyk hom stip in die oë. “Is jy bang vir Henry Busche?”

“Ek sê jou hy het baie ondersteuning in die gemeente.”

“Dan is jy bang vir hom.”

“Hy het iemand aan sy kant, ek weet nie wie nie. En wat gebeur as hy uitvind van die Plan?”

“Hy sal nooit uitvind nie.” Haar stem is bitsig. “Hy sal vernietig word, daarvan kan jy seker wees. Dis mos jou opdrag.”

“Ek werk daaraan,” sê hy kortaf.

“Nou goed, volgende Dinsdag dan.” Sy glimlag. “By daardie geleentheid sal ons Busche se vertrek uit die omgewing vier. Jy sal daarvoor sorg.”

“Maar wat van Hogan?”

“Hogan is ’n lamsakkige dwaas. Moenie oor hom bekommerd wees nie. Hy is nie jou verantwoordelikheid nie.”

Voordat Brummel mooi besef wat aangaan, staan hy buitekant haar agterdeur. Langstrat hou hom deur die venster dop, totdat hy wegtrek. Dan maak sy die gordyne oop sodat ’n bietjie lig na binne val. Sy neem ’n lêer uit haar skryftafel. ’n Rukkie werk sy in stilte. Voor haar lê die besonderhede van Marshall, Kate en Sandy Hogan. Alles is daar. Elke belangrike feit en ook persoonlikheidsverslae en foto’s. Toe sy na die foto van Sandy kyk, glimlag sy, ’n meedoënlose glimlag.

Agter Langstrat huiwer ’n donker skaduwee en ’n swart hand, vol ringe en armbande, beweeg bokant haar. ’n Onderaardse wese beheer haar gedagtewêreld.

 

Dinsdagmiddae is die kantore van die Basuin so dood soos ’n graf. Almal is uitgeput na die spanning om die koerant uit te gee. George, die lettersetter, neem gewoonlik die dag af. Tom is uit om ’n storie te dek. En Edie, die sekretaresse, het die vorige aand onverwags bedank. Skynbaar het daar huweliksprobleme opgeduik en die huwelik het uitmekaar gespat. Elke huweliksmaat het ’n ander koers ingeslaan. Dus is die Basuin nou sonder Edie en almal kan die gemis aanvoel, veral Marshall.

Hy en Bernice sit alleen in die glasafskorting wat as sy kantoor dien.

“Dis seker te veel om te verwag dat jy weet waar alles is?” vra Marshall en kyk Bernice hoopvol aan.

“Ag, ons sal wel uitvind waar die belangrikste goed gebêre word,” sê sy en roer haar beker warm sjokolade ingedagte om. “Ek weet waar sy haar boeke gehou het en daar moet iewers ’n adreslys met al die telefoonnommers wees.”

“Wat van die koord van die koffiemaker?”

“Nee, ek weet nie. Daarom drink ek warm sjokolade.”

“Ons moet seker ’n advertensie vir ’n nuwe sekretaresse so gou moontlik geplaas kry. Edie het altyd haar kant gebring.”

“Ja, sy het.” Bernice frons. “Terloops, het jy die nuutste in verband met Alf Brummel gehoor?”

Marshall kyk haar nuuskierig aan. Hy kan sien sy brand om hom die brokkie skindernuus mee te deel. “Nee. Wat is dit?”

“Ek en Sara, sy sekretaresse, het saam middagete geëet. Sy vertel my dat hy elke Dinsdagmiddag ’n afspraak het. Hy se nooit waarheen hy gaan nie, maar sy weet glo. Lyk asof daar ’n meisie in die prentjie is.”

“Ja, ek weet. Juleen Langstrat van die Sielkunde fakulteit.”

“Ag nee, waar het jy gehoor?” vra Bernice teleurgesteld.

“Sommer my eie afleidings. Die blonde vrou wat jy nou die aand saam met Brummel en Young gesien het. Jou inhegtenisname oor ’n onskuldige foto en Young wat my vertel hy ken nie vir Langstrat nie. Dit alles gee my hond se gedagtes.”

“Marshall, jy is sowaar skerp. Die twee het beslis iets aan die gang. Hy sê dis terapie, maar ek dink dis iets meer.”

“En Young, hoe pas hy in die prentjie in?”

Bernice hoor nie sy laaste opmerking nie. Sy dink reeds aan iets anders.

“Jammer hy’s nie getroud nie. Dan het ek ’n goeie storie gehad.”

“Vergeet eers daarvan,” se Marshall afgetrokke. “Ons taak is nou om uit te vind wat die drie gemeen het wat so belangrik is dat hulle jou onskuldig in hegtenis kan laat neem en jou foto’s beskadig. Ek wonder of die vingerafdrukke op die foto’s ons dalk kan help.”

“Nee, hulle is nie op rekord nie.”

“Hoe weet jy dit?”

“My oom het noue kontak met Justin Parker, die publieke aanklaer.”

“Hmm,” sê Marshall nadenkend. “Het Brummel jou toe ooit om verskoning gevra?”

“Natuurlik nie. ’n Mens kan hulle nie glo nie.”

“Ja, Brummel en Young het baie dinge gesê wat nie waar is nie. Hulle ken mekaar glo nie en was nie naby die karnaval nie. Ek wens net ons het daardie foto’s gehad.” Marshall dink diep en knik dan met sy kop. “Hmm . . . Brummel . . . Langstrat . . . terapie . . . ja, ek dink tog dit maak sin. Hulle is by dieselfde besigheid betrokke, wat dit ook al mag wees.”

“Wat is dit?” vra Bernice belangstellend. “Waarmee is hulle besig?”

Marshall frons. Hoe kan hy dit aan haar verduidelik? Hy haal diep asem: “Jong, toe ek met hulle gepraat het, het hulle op dieselfde wyse gereageer. Dis iets in hulle oë. Byna asof hulle my wou hipnotiseer of so iets ...”

Bernice begin lag.

“Toe, lag gerus. Maar ek sê jou hulle is met een of ander abnormale of bonatuurlike besigheid deurmekaar. En ek dink Young is ook daarby betrokke, maar hy maak meer van woorde gebruik.”

“Ek dink jy het iets te drinke nodig,” se Bernice na ’n paar oomblikke stilte. “Sal warm sjokolade die ding doen?”

“Asseblief.”

Bernice voldoen dadelik aan sy versoek en ’n paar oomblikke later sit hy met ’n beker warm sjokolade.

“Goed. Die vraag is nou, waarom maak die drie asof hulle mekaar nie ken nie?” gaan Marshall voort. “En die ander twee in jou foto — ou dikke en die vrou wat soos ’n gees lyk — waar pas hulle in?”

“Ek dink hulle is nie inwoners van Ashton nie. Ek het hulle nog nooit gesien nie.”

“So dan is dit ook ’n doodloopstraat.”

“Nee, daar is nog een ander kans. Brummel is ’n lidmaat van daardie kerkie op die heuwel, die Ashton Gemeenskapskerk en een van hulle lidmate is glo onder sensuur vir owerspel. Dalk kan ons daar iets uitgrawe.”

“Nee, dis sommer skinderstories. Los dit uit.”

“Nou goed. Wat dink jy van die idee dat ek met een van die ander leerkragte in die Sielkunde-departement oor Langstrat gaan gesels?”

“Jong, jy moet versigtig wees.” Marshall lyk onseker. “Ek het genoeg probleme soos dit is.”

“Sandy?”

“Ja, ons het nog niks van haar gehoor nie, maar ek glo sy sal terugkeer. Wat my egter pla is dat sy nogtans Langstrat se klasse bygewoon het. Daar bly sy nie weg nie. Soms voel dit my dat sy moedswillig is en my juis wil tempteer.”

“Ek dink dit kan nie kwaad doen om ’n bietjie meer oor Langstrat uit te vind nie. Dalk is daar ’n nuusbrokkie of twee wat ons kan gebruik.”

“Daardie vrou ontstel my. En die feit dat my kind haar so napraat, maak seer.” Marshall sug. “Doen wat jy kan. Wie weet, dalk help dit.”

Vervolg...

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1080 gaste aanlyn