NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

HERE, dankie dat ek weet U wil juis hierdie siekte gebruik sodat mense wat na my kyk, sal kan sien dat ek anders is en optree omdat ek aan U behoort; sodat ek in hierdie donker tyd 'n blinker, kragtiger getuie van u liefde kan wees.

DIE DUISTERNIS VAN HIERDIE EEU (31)

Frank Peretti
Lees reeks by Die duisternis van hierdie eeu

Vir ongeveer ’n uur sit Bernice in Rose Allen se kafee. Sy het ’n bord sop bestel en dis regtig besonder lekker, nes Betsy gesê het. Sy hou haar oog op Rose Allen, in geval die vrou dalk die telefoon sou gebruik. Maar niks gebeur nie. Rose dink skynbaar nie dis eienaardig dat ’n vrou met ’n gekneusde gesig haar kafee besoek nie.
Halfagt besluit Bernice om tot aksie oor te gaan. Sy betaal Rose vir die sop en gaan toe uit. Angstig loer sy in die straat op. Dit lyk asof die polisiemotor nie meer daar geparkeer staan nie, maar die lig is swak en sy kan nie seker wees nie. Dus sal sy maar net baie versigtig te werk moet gaan.
Terwyl sy voortstap, loer sy in alle rigtings vir enige suspisieuse karakter of iemand wat haar dalk agtervolg, maar alles lyk rustig. In die parkeerterrein voor lmmergroen staan talle motors, ’n tipiese Saterdagaand. Bernice het haar donkerbril op, maar sy besef dat sy in alle ander opsigte nes Bernice Kreuger lyk en die polisie sal haar maklik kan uitken. Nogtans kan sy niks anders doen nie.

Sy ondersoek elke moontlike ontsnappingsroete, maar dis duidelik dat daar nie juis veel kans sal wees om weg te kom nie. Sy moet dus net vertrou dat alles binnekant goed verloop. Tog lyk dit asof die agterkant van die gebou redelik stil is. Daar staan drie ou motorvoertuie, ’n paar ou yskaste wat nie meer gebruik word nie, hope en hope leë bierblikke en nog ander vullis. Maar daar is ’n paadjie wat tussen die puin deur na die agterdeur loop. Bernice besluit om die gebou van dié kant af binne te gaan.
Die deur skuur skrapend oop en toe sy binnekant is, is dit baie donker, ’n vertrek vol skadufigure, sigaretrook en drankwalms. Die musiek is oorverdowend en Bernice loer desperaat om haar heen om te sien of sy iemand kan herken.
Sy merk ’n leë stoel in die een hoek en neem daar plaas. Noukeurig bestudeer sy die mense wat daar sit en drink. Van waar sy sit, kan sy ook die voordeur sien en wanneer mense binnekom, sal sy hulle sien alhoewel sy nie die gesigte sal kan eien nie. Dis te donker.
Danny is agter die toonbank besig. Sy herken hom. Hy het sy hande vol om sy kliënte in toom te hou. Verskeie videospeletjies is aan die gang en die klomp is maar taamlik luidrugtig.
Dis tien voor agt en Bernice weet dat sy iets moet doen. Sy staan op en beweeg tussen die mense in. Tog probeer sy om so na as moontlik aan die muur te bly. Sy kyk in Danny se rigting. Dit lyk nie of hy haar herken het nie. Dan beweeg sy na ’n groep mense wat om ’n videospeletjie saamdrom. Nêrens sien sy iemand wat na Susan Jacobson lyk nie.
Dan sien sy dat Danny die een gordynskerm halfpad aftrek. ’n Paar van die mense naby hom maak beswaar, maar hy verduidelik iets aan hulle wat hulle skynbaar tevrede stel. Fronsend beweeg sy terug na die leë stoel. Miskien moet sy maar weer daar gaan sit.
’n Angswekkende gedagte skiet haar meteens te binne! Daardie gordynskerm wat Danny laat sak het! Sy het in een of ander film so ’n episode gesien. Die gordynskerm word afgetrek as ’n teken. Haar oë flits na die voordeur en op daardie oomblik gaan dit oop. Twee polisiemanne kom die vertrek binnegestap. Sy weet daar is net een kans. Die agterdeur! Sy beweeg blitsig tussen die mense deur. Maar dis so donker. As sy net die deur kan kry.
Die mense begin skreeu en sy hoor uitroepe van: “Polisie! Keer daardie vrou!” Maar dis duidelik dat niemand eintlik weet na wie verwys word nie. Die vertrek is te vol, dis te donker en te deurmekaar.
Bernice sien die agterdeur voor haar en met stemme wat in haar ore weerklink, pluk sy die deur oop en storm na buite. Dis effens ligter en sy sien die paadjie tussen die vullishope deur. Sy hardloop so al wat sy kan en hoor dan hoe die deur weer oopgemaak word. Voetstappe kom agter haar aan. Daar is ’n heining wat die pad na die bosse versper. Soos wie weet wat se atleet druk sy haar hande op die boonste paal en spring dwarsoor. Wat ’n mens ook nie kan vermag as jy regtig bang is nie! Sonder om eers te dink of sy seergekry het, storm sy na die bosse toe. As sy net daar kan kom, het sy ’n kans.
Eindelik is sy die bosse in. Die voetpaadjie het digte gras en dit verhoed dat haar voetstappe ver gehoor kan word. In betreklike stilte snel sy voort en die geskreeu agter haar word steeds dowwer. Hulle het waarskynlik nie gesien dat sy die bospaadjie geneem het nie.
’n Lig word sigbaar voor haar in die pad. Sy sien ’n gruispad en een vinnige kyk verseker haar dat die pad leeg is. Daar is geen teken van polisie of agtervolgers nie. Desperaat hardloop sy verder, nog onseker watter koers sy moet kies. Maar dan kom ’n motor skielik van ’n kruispad af in die gruisstraat ingedraai. Dis seker die polisie! Hulle moes haar gesien het. Sy kies weer koers die veld in.
Sy hardloop en hardloop. Dit voel of haar longe wil bars. Haar bene is gekrap, haar voete is stukkend en die pyn in haar rib is ondraaglik. Voetstappe word hoorbaar agter haar. Iemand jaag haar. O Here, help! Voor haar verskyn ’n groot donker gebou. Dit lyk soos ’n buitegebou van ’n plaas. Uitasem strompel sy voort. Sy kan nie meer nie. Die groot deur is naby. Sal dit oopgaan? Diepe dankbaarheid wel in haar op toe sy sien dat die deur effens oop is. Sy glip na binne.
Dis pikdonker. Sy is heeltemal blind. Sy struikel en val. Daar is strooi op die grond. Sy stamp haar teen houte en planke wat teen die muur staan. Sy hoor voetstappe agter haar en swaar asemhaling. Sy spring in ’n hokkie in en voel-voel om haar. Haar agtervolger huiwer ook. Maar dan kom hy weer nader.
Sy tree dieper agtertoe. Dan voel sy iets onder haar hand. Dis een of ander tuinimplement — ’n tuinvurk. ’n Wapen! lets waarmee sy haarself kan verdedig. Sy gryp die tuinvurk en hou dit gereed. Sal sy ooit die moed hê om dit regtig te gebruik?
Die voetstappe kom nader. Sy sien ’n dun straaltjie lig. Seker ’n flitslig. Dan hou sy die tuinvurk bokant haar kop. Die pyn in haar rib is ondraaglik.
“Jy sal jammer wees dat jy my agtervolg het,” dink sy.
Die voetstappe is baie naby en die lig sommer hier voor haar. Bernice se arms pyn. Sy is gereed. Dan skyn die lig skielik in haar oë. Sy hoor iemand hyg. Sy wil die vurk gebruik, maar haar arms is lam.
“Bernice Kreuger!” Dis ’n vrouestem.
Bernice beweeg nie. Steeds hou sy die vurk bo haar kop vas. Die lig van die flits verlig haar angsbevange gesig en oopgesperde oë.
“Moenie gooi nie, Bernice,” sê die vrouestem weer en die lig word uit haar gesig weggeneem.
Bernice staan bewegingloos. Sy kan nie gooi nie, al wil sy.
“Dis ek, Bernice!” sê die stem. “Susan Jacobson. Ek is alleen.”
Bernice is stomgeslaan. Sy beweeg nie.
“Kan jy my hoor, Bernice? Sit asseblief die vurk neer. Ek sal jou nie seermaak nie. Ek is nie van die polisie nie. Regtig.”
“Wie . . . wie is jy?” fluister Bernice gebroke.
“Susan Jacobson. Ek is Susan Jacobson, jou suster Patricia se kamermaat.”
Meteens is dit of Bernice uit haar geskokte toestand wakkerword. Die naam dring tot haar deur en sy hyg na haar asem.
“Kan dit wees? Susan?”
“Ja, dis ek.”
Susan lig met haar flits in haar eie gesig sodat Bernice haar kan sien. Sy herken die donker hare en bleek gelaatskleur. Susan dra ’n denim langbroek en ’n blou baadjie.
Verdwaas laat Bernice die tuinvurk sak en dan kreun sy en krimp ineen. Verskriklike pyne skiet deur haar liggaam. Sy sak op haar knieë neer en hou haar ribbes vas.
“Wat gaan aan?” vra Susan dringend en sit haar hand op Bernice se skouer. “Het jy seergekry?”
“E . . . ja, maar daar is soveel om voor dankbaar te wees. Ek lewe nog, ek het Susan Jacobson opgespoor en ek het nog nie nodig gehad om iemand te vermoor nie . . . dus behoort dit nie te sleg te gaan nie . . . maar . . . maar ek het ’n gekraakte rib en dis baie seer. Eina ...”
Susan probeer haar onderskraag, maar Bernice vra dringend: “Waar kom jy vandaan en hoe op aarde het jy my gekry?”
“Ek het die Immergroen Padkafee van oorkant die straat af dopgehou om te sien of Kevin sou opdaag. Toe sien ek die polisie en ook hoe iemand by die agterdeur uithardloop. Ek het dadelik geweet dat dit jy moet wees. Aangesien ek die omgewing ken, het ek geweet jy sou hier in die straat uitkom en ek het met my motor soontoe gery. Jy was egter reeds verby en toe moes ek jou deur die bosse agtervolg.”
Bernice skud haar kop en sug diep: “Ek . . . ek het nog nooit aan wonderwerke geglo nie. Maar nou weet ek nie meer nie.”
* * *
Eindelik het Hank die hele verhaal vertel en tussenin ook sy aandete geëet. Toe begin Marshall vrae stel, belangrike vrae wat die pastoor vanuit die Bybel beantwoord.
“Dus wanneer die Bybel melding maak van Jesus en sy dissipels wat bose geeste uit mense uitgedryf het, dan was dit werklik so,” peins Marshall. “Ek bedoel daar was werklik bose magte wat die mense beheer het?”
“Beslis. Dis die reine waarheid en nie net beeldspraak of so iets nie."
“Sjoe, dit verklaar dan baie dinge. Maar . . . e . . . wat van Sandy? Dink jy . . . ek bedoel . . . is sy . . .?”
“Ek kan nie met sekerheid sê nie, maar dis moontlik.”
“Toe ek gister met haar gepraat het, was dit beslis nie sy . . . e . . . wat met my gepraat het nie.”
“Wel, Marshall, ek dink ons het nou albei antwoorde op ons vrae gekry.” Hank is baie opgewonde. “Jy het al die tyd gewonder hoe hierdie dinge moontlik is en hoe so baie mense so dramaties beïnvloed kon word. Ek het weer op my beurt gewonder waarom so baie mense deur demoniese magte beheer word. Nou kan ons dit verstaan. En dis die Here wat dit so beskik het. Hy het ons hier bymekaar gebring sodat ons antwoorde op ons vrae kon kry.”
“Ja, dis alles goed en wel,” glimlag Marshall effens sinies, “maar wat nou? Ons is in die tronk, ons kan nie met ons gesinne kommunikeer nie. Ek glo nie ons regte voor die wet sal veel beteken nie, nie met Brummel en regter Baker aan bewind nie.”
Hank leun teen die koue konkreetmuur terug en frons. Dan sê hy met oortuiging: “Wel, daardie deel is in God se hande. Hy het ons hierheen gebring en ek is oortuig Hy sal ons weer hier uitkry.”
“Dis jou oortuiging, maar ek voel seker dat hulle ons hier sal hou totdat hulle hulle doel bereik het. Wat van Ashton oor sal wees na dese, weet nugter alleen. En ons gesinne en besittings?” Hy skud sy kop., “Ek wonder of ons ooit hier sal uitkom.”
“Hou moed, Marshall. God is in beheer.”
“Ek hoop so.”
* * *
Die twee vroue sit op die strooi in die pikdonker en gesels oor wat gebeur het. Bernice verduidelik hoe sy in so ’n toestand beland het, wat sy en Marshall alles deurgemaak het en ook van die tragiese dood van Kevin Weed.
Susan luister in stilte. Eindelik sê sy met ’n sug: “Dis Kaseph en die Organisasie se metode. Hulle vernietig alles en almal wat in hulle pad staan. Ek moes nooit die arme Kevin by die saak betrek het nie.”
“Moenie jouself verwyt nie. Dis regtig nie jou skuld nie.”
“Ja . . . ek moet dit seker probeer verwerk.” Haar stem klink verwese. “Daar is te veel om te doen, maar eendag sal ek gaan sit en nadink en dan sal ek huil oor arme Kevin. Hoe lyk dit? Sal jy kan opstaan?”
“Ek sal probeer. Tot dusver het ek die onmoontlike reggekry.”
“Ek het die motor gehuur en daar is baie belangrike dokumente en lêers in die kattebak. Ek kan dit nie so laat nie. Komaan, ek sal jou help.”
Hulle stap stadig na die groot deur en dan na buite. Dis baie stil. Toe pak hulle die oop veld aan in die rigting waar Susan haar motor gelaat het. Hulle vorder vinnig en Bernice kan nie glo dat die pad so kort voel nie. Toe hulle die motor bereik, gaan hulle staan en Susan vroetel in haar sak om die sleutel te kry.
“Susan", roep ’n dringende stem vanuit die bosse. Albei van hulle verstyf. “Susan Jacobson!” praat die stem weer.
“Ek glo dit nie,” fluister Susan opgewonde.
“Ek ook nie,” beaam Bernice.
“Kevin? Is dit jy?”
Daar is ’n geritsel in die bosse en ’n man kom skielik te voorskyn. Albei meisies herken dadelik die lang, lenige figuur.
“Kevin Weed!” roep Bernice nogeens verslae uit.
“Bernice Kreuger. Jy het dit gemaak. Sowaar! Dis wonderlik.”
Nadat al drie mekaar gegroet het, stel Susan voor dat hulle die omgewing moet verlaat.
“Ek het ’n kamer in ’n motel in Orting, noord van Windsor,” sê sy toe hulle in die motor sit. “Ons kan daar gaan gesels.”
“Dit klink goed,” sê Bernice. Dan wend sy haar tot Kevin: “Ek het gedink jy’s dood. Jou vragmotor het dan in die rivier beland.”
“Ja. Maar iemand het dit gesteel terwyl ek in die toilet was. Arme ou, hy’t in my plek gesterf.” Hy vryf sy hande inmekaar. “Iemand het iets in my bier gegooi, by die Immergroen. Ek het begin sleg voel en stilgehou langs die pad om die e . . . toilet te besoek. Toe het die ander vent met die vragmotor weggejaag.” Hy sug en sê weer: “Arme ou. Ek het ’n uur of wat in die ruskamer vertoef . . . aan die slaap geraak. Toe ek wakker word en uitstap, was die vragmotor weg. Ek het later in die koerant van die ongeluk gelees.”
“Dis baie duidelik dat Kaseph ons almal gemerk het, maar dit voel tog asof iets of. . . of Iemand na ons omsien.” Susan praat met diepe erns. “lets soortgelyks het met my gebeur. Ek het te voet van Kaseph se hoofkwartier weggehardloop, maar die enigste rede waarom ek ontsnap het, is omdat al sy wagte agter ’n ander bakkie aangejaag het. Hulle het gedink ek was in daardie vervoerwa. Nou vra ek myself af: Wie is daardie ander persoon wat hulle gesien het? Waar kom sy vandaan? Net op die regte oomblik.” Sy skud haar kop.
“En ek sou baie graag wou weet wie Betsy is?” mymer Bernice.
“Mense, ek dink ons moet aan God begin dink. Het Hy nie iets met al hierdie eienaardige gebeure te doen nie?”
“God?”
“Ja, en ook engele,” voeg Susan by. Sy vertel hulle die hele verhaal van haar ontsnapping uit Kaseph se huis. “Ek is oortuig dat iemand die kamer binnegekom het. Iemand het die boeie losgemaak.”
“Miskien het ’n engel my vragmotor gesteel,” sê Kevin fronsend.
“Ja, en noudat ek aan Betsy dink, daar was beslis iets in verband met haar wat my diep getref het. Ek wou sommer net huil,” beduie Bernice. “Ek het nog nooit tevore iemand soos sy ontmoet nie.”
“Dit lyk beslis asof ons al drie van buitengewone gebeurtenisse kan getuig.” Susan bestuur behendig voort. “Wie weet, miskien moet ons begin ag gee.”
* * *
Hank en Marshall is al soos ou vriende. Alle formaliteite het weggeval en hulle gesels heerlik.
“Jou geloof fassineer my,” se Marshall opreg. “G’n wonder hulle wou jou so graag daar weggewerk het nie. Jy voel seker dikwels taamlik eensaam, want dit lyk my dis net jy wat tussen die duiwel en Ashton staan.”
“O nee,” sê Hank beslis en glimlag. “Ek is maar net ’n druppel in die emmer. Daar is baie ander wat ook bid. En ek weet die Here sal nie toelaat dat Satan hierdie dorp oorneem nie.”
“Deksels, ek sê weer, ek hou van jou geloof. Dis reguit en sonder tierlantyntjies.” Marshall sug. “Dis baie lank laas dat ek iemand so hoor praat het.”
Hank besef dat die tyd nou ryp is. Een of ander tyd moet hy die gesprek na Marshall se eie lewe toe bring en hy voel dat die geleentheid nou daar is: “Marshall, aangesien ons twee nou so reguit met mekaar praat, wil ek graag oor jou praat. Miskien is dit nog ’n rede waarom die Here ons hier bymekaargebring het.”
“E . . . ek moes dit seker verwag het. Jy is ’n pastoor. Wil jy nou oor my onsterflike siel gesels?”
“Ja, my vriend.” Hank glimlag en begin spontaan oor sonde gesels. Hy verduidelik hoe die sonde die mens van ’n heilige God skei en hoe die mens altyd sy eie weg kies. “Soos in julle familie, Marshall. So baie van wat gebeur het, is veroorsaak deur jou eie toedoen. Jy wou jou weg volg en nie God se leiding aanvaar nie.”
“Maar my familie het nog nooit werklik geglo nie,” se Marshall kopskuddend. “Ek besef dit nou. Ons het volgens ’n uiterlike stel reëls gelewe. En dis waarom Sandy dit nie kon vat nie. Sy het besef dis sommer ’n leë dop.”
Toe begin Hank oor Jesus gesels. Hy verduidelik aan Marshall dat die Man wie se Naam dikwels so ligtelik genoem word, nie ’n gewone man is nie. Hy is ook nie slegs ’n simbool nie. Hy is die lewende, ewige Seun van God. Hy leef en Hy regeer en Hy is beskikbaar vir enigeen wat in opregtheid en met berou na Horn toe kom.
“Ek . . . ek het nooit gedink dat ek na so iets sou luister nie,” merk Marshall eindelik op. “Hank, jou woorde raak my diep binnekant waar dit seermaak.”
“Waarom maak dit seer, Marshall? Waar kom die pyn vandaan?”
“Ek . . . ek dink dis omdat ek weet jy’s reg. Alles wat jy sê is waar.” Hy klink aangedaan. “Ek . . . ek het in ’n waan gelewe, al die jare.”
“Onthou my vriend, Jesus het jou lief. Hy het ook vir jou gesterf. Hy ken elke probleem.”
“Ja . . . e . . .”
* * *
Die Motel in Orting is aan die Juddrivier geleë, ’n rustige plekkie op die grens van die nasionale woude. Sportmanne gaan graag daar tuis, veral vissermanne en jagters wat van die buitelewe hou.
Susan betaal vir nog twee persone om te verhoed dat daar dalk later probleme mag kom. Toe hulle eindelik in die kamer is, laat hulle al die blinders voor die vensters sak. Nadat almal hulleself in die badkamer verfris het en Bernice haar ribbes verbind het, haal Susan ’n groot tas uit en plaas dit op die bed neer. Sy haal ’n klein boekie uit die tas en oorhandig dit aan Bernice.
“Alles het hier begin,” verduidelik sy. “Dis jou suster se dagboekie.”
Bernice het nie woorde nie. Sy staar na die klein, blou boekie en trane wel in haar oë op. Dis die enigste skakel wat sy met haar suster het. En daarom is dit kosbaar.
“Waar ... waar het jy dit gekry?” vra sy eindelik aangedaan.
“Juleen Langstrat het dit iewers in die hande gekry en dit aan Kaseph gegee. Soos jy weet het ek en Kaseph bevriend geraak. Later het hy en ek baie intiem geraak. Hulle het my die Diensmaagd ge- noem en hy het my vertrou. Eendag toe ek sy kantoor opgeruim het, het ek die dagboekie raakgesien en dit dadelik herken, want ek het dikwels gesien hoe Patricia daarin skrywe. Ek het dit geneem en gelees . . . en my oë het oopgegaan. Waar ek voorheen gedink het dat Kaseph ’n soort Messias is, die antwoord op die probleme van die mensheid, het ek meteens besef dat. . . dat ek met iets boos deurmekaar geraak het ...”
Sy trek haar gesig op ’n plooi en skud haar kop. “O, hy het my die wonderlikste stories vertel en ek het dit geglo! En die blou boekie het my gehelp om die waarheid te ontdek.”
Ingedagte blaai Bernice deur die dagboekie. Dit gaan ’n hele paar jaar terug en blyk baie volledig te wees.
“Ek dink nie jy moet dit nou lees nie,” sê Susan. “Toe ek dit die eerste keer gelees het, was ek dae lank siek.”
“Wat ek wil weet, is die waarheid oor Patricia se dood. Kan jy my help?”
“Jou suster Patricia is deur die Universele Bewussyn Vereniging en die magte daaragter, om die lewe gebring.” Susan praat driftig en haar gesig is bleek. “Sy het, soos baie ander, te diep by die Organisasie betrokke geraak en sy was vyandiggesind teenoor Alexander Kaseph. Wat Kaseph wil hê, kry hy, maak nie saak wie hy uit die weg moet ruim nie. Ek moes blind gewees het om nie te sien wat besig was om met Pat te gebeur nie.”
“En . . . en die man Thomas? Hoe pas hy in die prentjie?”
“Ja, dit was Thomas wat vir haar dood verantwoordelik was.” Susan swyg ’n oomblik en sê dan met nadruk: “Maar hy was nie ’n man nie.”
“En ook nie ’n vrou nie?” waag Bernice versigtig, haar gesig bleek.
“Pat het sielkunde geneem en in een van die klasse is van haar verwag om met sekere eksperimente betrokke te raak. Dis alles in die dagboekie. Maar om ’n lang storie kort te maak, tydens een van die eksperimente, het sy een of ander ondervinding gehad — ’n psigiese ondervinding — en toe het sy, volgens haar, ’n hoër wêreld betree.” Susan sug diep en dis duidelik dat die herinneringe haar ontstel. “Sy het al meer en meer by hierdie ondervindinge en dinge betrokke geraak en naderhand het sy kontak gemaak met ’n ‘bonatuurlike wese’ uit ’n ander dimensie en die wese se naam was Thomas.”
Bernice staar Susan oorbluf aan. Dit klink tog so onmoontlik. Maar sy staan met Patricia se dagboekie in haar hande. Susan sal nie vir haar onwaarhede vertel nie.
“Nou . . . was die Thomas dan net . . . haar verbeelding? lets in haar gedagtewêreld?”
“Ek weet hierdie dinge is moeilik,” sê Susa  moeg. “Maar ons sal baie dinge moet aanvaar. Ons het oor God gepraat en oor die moontlikheid van engele wat mense help. Maar dan moet ons seker ook toegee dat daar bose engele of bose geeste is wat hulleself op baie wyses aan mense openbaar. Ateïste mag hulle as buiteruimtelike wesens sien, die eensames assosieer hulle met familie of vriende wat lank reeds dood is, mense wat die evolusieteorie aanhang, dink hulle is hoër wesens en so het elke groep sy eie siening.” “Wat? Maar dis . . . dis tog onsinnig.”
“Nee, Bernice. Daardie bose magte weet net wat tot jou hart of jou omstandighede sal spreek en hulle neem daardie vorm aan. Hulle verlei mense sistematies totdat hulle jou volkome beheer. Hulle gebruik allerhande metodes soos Oosterse meditasie, heksery, waarsêery, psigiese genesing, sekere vorme van opvoeding . . . ag, noem maar op, alles daar. En so kry hulle beheer oor die mens se liggaam en siel, en selfs hulle verstand.”
Bernice staar voor haar uit. Hoe meer sy nadink oor haar en Marshall se ondersoeke, hoe sekerder voel sy dat Susan die waarheid praat.
“Bernice, ons het hier te doen met ’n sameswering van bose magte. Ek weet Kaseph word deur hulle beheer. Hy neem sy bevele van hulle. En hulle is tot sy beskikking as vuil werk gedoen moet word.” Ted Harmel, dink Bernice. Die Carlucci’s. Baie ander het van hierdie bose magte melding gemaak.
Skielik praat Kevin: “Ja, ek onthou Patricia het dikwels oor Thomas gesels, en ek het die idee gekry dat sy hom as ’n soort god beskou het. Sy het niks gedoen sonder om hom te raadpleeg nie. Ek het gedink hy is ’n baie dominerende en besitlike kêrel.”
“Wat gebeur het is dat Thomas Patricia heeltemal onder sy beheer gekry het,” vervolg Susan. “Hy het haar geterroriseer en naderhand het hy haar oortuig dat die volgende lewe baie beter sou wees. Dan sou sy ’n hoër vlak betree en ook gouer met hom verenig word. Gevolglik het sy haar eie lewe geneem omdat sy gedink het om so aan die boosheid van hierdie lewe te ontkom en die beter lewe tegemoet te gaan.”
Susan neem die blou dagboekie by Bernice en begin daarin blaai totdat sy die laaste inskrywing bereik. “Kyk, die laaste woorde is ’n liefdesbriefie aan Thomas. Daarin sê sy dat sy spoedig met hom verenig sal wees en sy beduie selfs hoe sy dit gaan doen.”
Met ’n gevoel van weersin begin Bernice haar suster se laaste inskrywings lees. Dis duidelik dat Patricia gedisoriënteerd en ongebalanseerd was en dat sy aan illusies gely het. ’n Vrees vir die lewe en al die verantwoordelikhede spreek ook uit die inskrywings en Bernice besef met diepe hartseer dat die persoon wat die laaste paar bladsye geskrywe het, baie anders is as die sorgvrye Patricia wat sy geken het.
Namate sy lees, is dit asof die pyn diep binnekant al erger word en eindelik kan sy die stortvloed trane nie meer beheer nie. Haar suster se bekende handskrif begin swem voor haar oë en skielik bars sy in trane uit. Haar hele liggaam ruk en sy werp haarself op die bed neer en huil asof haar hart wil breek. Susan en Kevin is totaal vergete.
* * *
Hank slaap rustig op sy tronkbedjie, maar Marshall sit regop, sy rug teen die tralies geleun, sy kop op sy hande gestut. Hy voel soos iemand wat die einde van die pad bereik het. Hy het al sy selfvertroue, sy krag en sy doelgerigtheid verloor. Nog altyd was hy Marshall Hogan, die man wat vir niks teruggedeins het nie, die onverskrokke bakleier, maar nou is hy niks — heeltemal niks nie. Ja, Hank Busche het reg, hy wat Marshall is, is ’n volslae mislukking. Hy het sy hele lewe en die van sy gesin, verwoes.
Herinneringe teister hom. Hoe het hy en Bernice nie grappies gemaak nie, mekaar met papierballetjies toegetakel en sulke dinge — hy ’n middeljarige man wat soos ’n tienderjarige opgetree het! Dis sy eie skuld. Miskien is dit tyd dat hy homself sien soos hy werklik is. Te lank al is hy besig om homself te bedrieg.
“Kate,” fluister hy in die donker en sy oë vul met trane, “wat het ek gedoen?”
Alles druk hom vas. In desperaatheid strek hy sy groot hand uit en gryp Hank aan die skouer. Die jonger man skrik wakker.
“Hank,” sê Marshall gebroke, “help my asseblief. Ek het die Here nodig. Ek . . . ek kan nie langer so aangaan nie. Help my om Jesus te vind.”
’n Paar oomblikke staar die jong pastoor die man voor hom met deernis aan. Dan buig hy sy hoof en fluister: “Kom ons bid saam.”
* * *
Eindelik voel Bernice dat die stortvloed trane geleidelik afneem. Sy snik nog sag, maar die desperate hartseer is effens beter. Daar is so baie om te doen.
“Toe ek gesien het wat Kaseph en sy vriende met Patricia gedoen het, toe het ek geweet hulle is gewetenloos,” sê Susan sag. “Haar boekie het my oë geopen.”
“En toe het jy my by die karnaval gekontak en my nommer gekry,” voeg Kevin by.
“Ja, Kaseph het ’n klomp van die ander leiersfigure soos Young en Brummel in Ashton kom ontmoet en ek het saamgekom. Ek het net gehoop ek loop iemand raak met wie ek kontak kon maak. Dit was ’n wonderwerk dat ek jou by die karnaval raakgesien het. Ek moes net iemand buite die Organisasie kry om my by te staan.”
“En dis daar agter die stalletjie waar ek julle klomp afgeneem het,” voeg Bernice by. “En toe het Brummel my sommer gou-gou op valse aanklagte laat arresteer. En dis die hele storie.”
Susan stap na haar tas en maak dit oop. “Ja, maar die krisisoomblik breek more aan. Die bestuurslede van Whitmore Kollege het moremiddag om twee-uur ’n spesiale vergadering. Omni Korporasie beplan om Whitmore Kollege aan te koop en Kaseph sal die transaksie beklink.”
“Wat?" Bernice se oë rek groot oop. “Dus is hulle agter die Kollege aan!"
“’n Baie goeie strategie, want die hele Ashton sentreer om die Kollege. As Kaseph en die Universele Bewussyn Vereniging eers hier gestabiliseer is, sal hulle die hele dorp kan beheer. Naderhand sal Ashton nog ’n sentrum van die Universele Bewussyn wees soos talle ander dorpe en stede deur die wêreld.”
Bernice is regtig gefrustreerd. Sy slaan met haar vuis op die kussing.
“Ons het rekords van die Kollege se finansiële transaksies, maar tot dusver kon ons dit nog nie ontsyfer nie.”
“Dis omdat julle net die helfte van die feite het.” Susan haal ’n lêer uit die tas tevoorskyn. “Hier is die ander helfte — Kaseph se persoonlike rekords. Ek kon nie al die dokumente saambring nie, maar ek het foto’s daarvan geneem en as ons net die film kan ontwikkel ...”
“Ons kan. Daar is ’n donkerkamer in die Basuin se kantore,” sê Bernice opgewonde.
“Nou kom ons gaan dan.”
’n Paar minute later is hulle onderweg na Ashton toe.
* * *
Die gelowiges volhard steeds in die gebed, maar oënskynlik lyk dit asof niks help nie, want vreemde polisie is aan diens by die polisiekantore en geen besoeke by die tronk word toegelaat nie. Daar is net nie ’n manier om met die gevangenes kontak te maak nie en borgtog kan ook nie gereël word nie. Dit voel byna asof Ashton ’n polisiestaat geword het.
Almal voel onrustig en bekommerd. Hulle besef iets verskrikliks is aan die gang, maar niemand weet wat om te doen nie. Die enigste hoop is om te bid. Gevolglik word ’n hele gebedsketting georganiseer. Elke gelowige bel nog iemand anders, selfs in ander dorpe en stede en vra voorbidding vir die polisie en owerhede. ’n Stroom van gebede styg na die Vadertroon.
Alf Brummel waag dit nie naby sy kantore nie. Die laaste ding wat hy wil hê is om deur Christene gekonfronteer te word en daarom bly hy in Langstrat se woonstel. Hy is gespanne en onrustig en stap op en af in die vertrek. Koue angssweet slaan op sy liggaam uit. As dit net twee-uur Sondagmiddag word, dan sal dit beter gaan.
Ouma Duster is ’n ware steunpilaar en bemoedig almal met die versekering dat God alles onder beheer het. Sy herinner hulle aan wat die engele haar belowe het en haar positiewe gesindheid is vir baie Christene tot onderskraging en bemoediging.
En in antwoord op die gebede kom nuwe besoekers steeds die dorp binne. Sommige ry in, ander stap in en nog ander vlieg in. En gaandeweg word die dorp vol — vol van stil figure met glimmende swaarde en goue deurdringende oë. Almal van hulle luister en wag vir die trompetgeskal.
Bokant die dorp hou Tal die hele situasie goed dop. Van waar hy sit kan hy ook vir Rafar in die oog hou. Sake verloop goed en Tal se oë bly op sy leërmagte gevestig.
* * *
In die veraf vallei is die demoniese magte besig om vir die groot aanslag voor te berei. Hulle is ontelbaar en ’n donker wolk oordek die hele terrein. Almal swaai hulle swaarde en gluur mekaar aan, die geel oë peulend uit hulle kaste.
Die Sterkman sit in die groot kliphuis, ’n grynslag om sy lippe. Sy generaals is om horn gegroepeer. Sy sluwe gelaat is vertrek in ’n demoniese glimlag. Hy het pas goeie nuus uit Ashton verneem.
“Prins Rafar verseker my alles is gereed,” sê hy en ontbloot sy slagtande in ’n afskuwelike grynslag. “Daardie dorpie sal  myne word en onder my beheer sal dit groei tot ’n groot stad.” Hy grinnik selfvoldaan. “Ek sal nooit weer daarvandaan weggaan nie. Of wat sê julle?”
Al sy afskuwelike generaals mompel instemmend en dan staan die Sterkman op. “Meneer Kaseph roep my. Kry die magte gereed. Ons sal onmiddellik vertrek.”
Die generaals skiet deur die dak van die huis die lugruim binne waar hulle hulle magte mobiliseer. Die Sterkman span sy vlerke en vlieg af na die kelder waar Kaseph met gekruisde bene op ’n kussing sit en mediteer. Kaseph is besig om sy heer en meester op te roep en die Sterkman staan ’n oomblik om die lofprysing van die menslike wese te geniet. Maar dan stap hy vinnig nader en met een beweging verdwyn sy groot liggaam binne in Kaseph in. Die man ruk en trek inmekaar, maar binne enkele oomblikke is alles verby. Die Sterkman het beheer van Kaseph oorgeneem.
“Die tyd het aangebreek,” sê Kaseph met die Sterkman se blik in sy oë.
Vervolg...

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

    _____________________

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

  •                                                                        ______________

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel

    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 786 gaste aanlyn