NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Ons kan elk dag saam met Dawid bid in Psalm 69: "o God, U weet van my dwaasheid, en my skuldige dade is vir U nie verborge nie... Red my uit die modder en laat my nie sink nie..."

DIE DUISTERNIS VAN HIERDIE EEU (35)

Frank Peretti

Lees reeks by Die duisternis van hierdie eeu

By die tronk heers daar groot opwinding. Hank en Marshall is pas vrygelaat en toe hulle die area voor die hofsaal betree, bars ’n luide toejuiging en lofprysing los. Al die Christene sing en juig en Mary kom dadelik nader. Sy kan haar oë nie glo nie. Sy en Hank omhels mekaar en sy vra net oor en oor of hy niks makeer nie. “Ek is een honderd persent,” verseker hy laggend.

Marshall is self ekstaties. Hy besef opnuut dat daar werklik ’n God is en hy weet dat die God ook nou sy God is.

“Dis ’n wonderwerk,” roep iemand uit. “Die Here het die twee gevangenes uit die tronk vrygelaat net soos wat Petrus vrygelaat is!” Almal drom om Hank saam, maar dit hinder Marshall nie. Sy vinnige oë vang Alf Brummel wat ’n ent weg in sy motor spring en haastig wegry.

“Jou skurk,” dink Marshall. “Vlug gerus. As ek jy was, sou ek dit seker ook gedoen het.” Maar dan rek sy oë wyd. Kan dit wees? Hy sien Bernice wat nadergestap kom en wat meer is, sy waai vir hom. Langs haar stap Kevin Weed. En wie is die ander meisie by hulle? Kan dit wees? Hy voel dat sy bene lam word. Susan Jacobson. Is dit moontlik? Almal het dan gedink sy is dood!

Marshall kom in beweging en stap tussen die omstanders deur na Bernice toe. Hy voel klein en onwaardig. Wanneer hierdie mense bid, dan gebeur dinge. God hoor waarlik die gebede van sy kinders!

Bernice kom hom tegemoet gehardloop en slaan haar arms om hom.

“Marshall, o Marshall, is alles reg?” vra sy na aan trane.

“Doodreg. En jy?”

Skielik sê ’n stem agter hulle: “O, mevrou Hogan, ek is so bly om jou te ontmoet.”

Marshall kyk om en sien Hank en Mary wat glimlaggend naderstaan. ’n Bios kleur sy wange en hy laat Bernice los. Verleentheid oorweldig hom.

“Hank,” Marshall se stem klink gebroke, “dis nie my vrou nie. Dit is Bernice Kreuger, my verslaggewer.” Dan kyk Marshall die jong meisie langs hom opreg aan. “En ’n baie goeie een daarby.”

Dadelik weet Bernice dat Marshall verander het. Daar het iets met hom gebeur. Hy is nie meer die selfversekerde, ongenaakbare man nie — nee, daar is ’n innerlike gebrokenheid wat haar diep raak. En sy weet sommer die jong man wat langs hom staan, het iets met die verandering te doen.

“Bernice, ontmoet Hank Busche,” stel Marshall voor. “Hy is die pastoor van Ashton Gemeenskapskerk en vandag een van my beste vriende.”

Hulle groet en dan sê Bernice dringend: “Marshall, jammer om te steur. Maar die tyd is min en ons moet jou inlig. Is jy gereed?”

“Ja, gesels maar.” Hank en Mary stap weg na die opgewonde gemeentelede en Bernice stel Marshall formeel aan Kevin en Susan Jacobson voor.

“Ek kan dit amper nie glo nie,” sê hy verslae. “Ek het gehoor julle is albei dood.”

“Ons sal later alles verduidelik,” sê Susan glimlaggend, “maar nou moet ons eers ons planne gereed kry.” Sy maak die kattebak van die motor oop en hulle haal die tas te voorskyn. Marshall kan sy oë nie glo toe hy al die inligting en bewyse sien nie. Diepe dankbaarheid en vreugde wel in sy binneste op.

“Kaseph kom vandag na Ashton om Whitmore Kollege aan te koop,” sê Susan. “Om twee-uur stiptelik sal die dokumente onderteken word. Dan word Whitmore Kollege die eiendom van Omni Korporasie.”

“Met ander woorde van die Universele Bewussyn Verenigingl” sê-vra Marshall.

“Ja. Dis die sleutel van die hele aksie. Wanneer die Kollege oorgeneem word, word die dorp as geheel die besit van die Nuwe Wêreldorde.”

“Maar dit sal nie gebeur nie,” se Bernice opgewonde en vertel van Mattily, Parker, Lemley en Harvey Cole wat almal onderweg na Ashtalt is.

“Wanneer verwag julle hulle hier?” vra Marshall nog effens oorbluf.

“Betyds vir die vergadering.”

“Wel, ek gaan dit ook bywoon. Glo nie hulle sal te bly wees om my te sien nie,” grynslag Marshall.

Susan raak aan Marshall se arm en sê sag: “Ek moet jou waarsku dat hulle jou dogter Sandy onder hande geneem het. En as jy iets teen hulle doen, sal hulle dit op haar uithaal.”

Bernice val in en verduidelik van Pat se dagboekie, die geheime vriend Thomas wat haar so geteister het en ook Shawn Ormsby se aandeel in Sandy se val. Marshall luister in stilte. Vir ’n oomblik sluit hy sy oë en dan sê hy met oortuiging: “Ek dink dis net hier waar ons Hank Busche en sy gemeente se hulp moet inroep. Hulle gebede kan wonders vermag.”

* * *

’n Sondag gedurende die somermaande is gewoonlik ’n rustige en ontspanne dag in Ashton wanneer families die tyd in mekaar se teenwoordigheid deurbring. Maar hierdie spesifieke Sondag is heel anders en almal kan dit aanvoel. Die een boer het ’n siek bees, die ander een se trekker breek, oral heers onenigheid en dwarstrekkery. Ouers en kinders kan mekaar nie vind nie, almal stry en oral breek rusies uit. Selfs die honde is onrustig en blaf klaend en aanhoudend. En ’n vreemde gees kom vanaf die Ooste aangespoel. . .

Baie mense in Ashton is die gees te wagte en hulle kyk almal ooswaarts. Dis ’n posklerk, ’n assuransie agent, ’n boer . . . ja noem maar op. Mense uit alle groepe en van alle beroepe kyk afwagtend na die Ooste van waar hulle die naderende geestelike krag verwag.

Om die dooie boom bokant Ashton is daar heelwat beweging en aksie. Rafar loer met sy aaklige geel oë oor die dorp en sien met tevredenheid hoe sy hordes demone naderkom. Dan kyk hy oos- waarts, afwagtend en grynsend. Die spiere op sy arms bult uit. Sy asem kom hortend.

Dan sien hy dit en ’n gevoel van onbeskryflike vreugde wel in sy binneste op. Hy suig sy asem skurend in en sy hele liggaam vibreer. Sy swart, harige hand gryp sy swaard en hy pluk dit uit. Hy swaai dit deur die lug en dit skitter met ’n rooi gloed. Al die demone om hom juig en gil toe hulle Rafar se swaard sien. Hy werk hom op tot ’n demoniese hoogtepunt en skiet dan soos ’n pyl uit ’n boog in die lug op. Sy vlerke dreun en die demone juig.

“Kaptein van die Hemelse Leërskare!” kreet Rafar dit uit en sy stem weerklink deur die hemelruim. “Tal, hoor jy my!”

Tal hoor baie goed en hy weet presies wat Rafar beplan en wat hy gaan sê. Hy kyk ook ooswaarts met sy krygers langs hom opgestel.

“Waarom kruip jy weg, Tal?” roep Rafar tartend en soek oral rond. “Wys jouself as jy die moed het, want vandag is die dag dat ek jou gaan vernietig.”

Tal en sy makkers staan doodstil. Hulle wag en luister.

“Vandag sal jy uitvind dat Rafar, die prins van Babilon, die oorwinnaar is. Tal, Kaptein van die Hemelse Leërskare, sal jy dit waag om voor my te verskyn? O nee, jy sal nie. Jy is te bang. Jy en jou handlangers sal dit nie waag om vir my, die magtige Rafar, teen te gaan nie.” Hy lag behaaglik. “Luister Tal, ek bied julle die geleentheid om te vlug. Ek gee aan jou en jou krygers. die kans om die aftog te blaas, want die uitslag van hierdie geveg is reeds beslis.” Hy swaai sy swaard en wys in ’n ooswaartse rigting. “Kyk daar, Kaptein, daar staan die uitslag duidelik aangeteken.”

Tal en sy krygers kyk reeds na die Ooste, aandagtig en gespanne. Dan kom ’n boodskapper aangevlieg: “Hogan en Busche is vrygelaat!” sê hy. “Hulle . . . het ...” Maar dan breek hy af en sy oë dwaal ook ooswaarts om te sien wat die ander so imponeer.

“O nee . . . nee ... dit kan nie wees nie ...” fluister die engel.

Want uit die ooste kom ’n wolk — ’n onweerswolk of ’n stofwolk — wat al groter en groter word. Hoe nader dit kom, hoe donkerder word dit. Dit sprei uit van horison tot horison en doof alle ligte uit. Meteens is die hele hemelruim donker.

“Nog nooit sedert die geveg by Babilon was daar so baie . . .” fluister Guilo aan Tal.

“Talryk en doelgerig,” se Tal.

“Almal maak ’n direkte aanval, net soos ons beplan het,” sê ’n ander stem skielik agter hulle. Dis die Generaal! Almal het hom verwag.

“Ja, en hulle dink hulle sal ons op die vlug laat slaan,” sê Tal.

“Jou teenstander is weer besig om lekker groot te praat,” sê die Generaal.

“Ja, my Generaal, dis sy sterkste punt!”

“Wat van die Sterkman?”

“Hy is beslis aan die kom, ’n ent voor die wolk sou ek sê.”

“Hy het Kaseph in besit geneem, né?”

Tal knik instemmend: “Ek dink so.”

Die wolk kom nader en groei steeds. Die geluid van vlerke word geleidelik hoorbaar.

“Is ons gereed?” vra die Generaal.

“Ja, ons is,” bevestig Tal.

Meteens begin die wolk oor Ashton neerdaal en ’n rooigoue gloed omvou die omgewing.

“Hulle het hulle swaarde uitgetrek,” fluister Guilo. “Die stryd gaan begin.”

* * *

Sandy is bang . . . verskriklik bang en sy kan haar vrees nie begryp nie. Hier stap sy saam met Shawn die Administratiewe Gebou binne, op pad na ’n ontmoeting met belangrike persone wat haar hele lewensloop kan beïnvloed, en nogtans is sy ontsettend bang. Dit voel asof iets nie reg is nie, maar sy weet nie wat nie. Is dit miskien net normale senuagtigheid of is dit dalk die laaste oorblyfsels van haar Christelike opvoeding wat teen al die nuwe idees in opstand kom? Terwyl hulle voortstap, probeer sy haar bes om haarself te kalmeer deur ontspanningsoefeninge in haar gedagtes te doen. Diep asemhaal . . . stadig uitblaas . . . kalmeer . . . kalmeer . . .

Sy voel effens beter. Onder geen omstandighede mag Shawn of professor Langstrat van haar vrees bewus word nie. Daarom gesels sy opgewek en toe sy en Shawn by kamer 326 aanland, voel sy gereed vir die groot oomblik in haar lewe.

Hulle stap in en Sandy sien ’n gemaklik ingerigte vertrek met sagte tapyte, leeroorgetrekte banke en gemaklike stoele en koffietafels. Wat sy egter nie sien nie, is die aaklige demone met hulle geel uitpeuloë, wat haar vanuit elke hoekie van die vertrek grynsend aangluur.

Een van die demone sê hees: “Hallo my kind.”

“O, pastoor Young,” groet Sandy opgewek. “Dis gaaf om u hier te sien.”

Nog ’n ander demoon sê met oordrewe vriendelikheid: “Ek is so bly jy kon ons byeenkoms bywoon,” en Sandy omhels professor Juleen Langstrat. Sy kyk in die kamer rond en herken baie van die personeel van die Kollege en ook ander bekende inwoners van Ashton. Almal is gereed en Madeline is ook daar, glimlaggend en vriendelik en langs haar staan nog ’n demoon met yslike ysterkettings wat oor sy arms gedrapeer is.

* * *

Ver bokant Ashton kom die hordes demone al nader. Hulle is dronk van vreugde en afwagting. Onder hulle lê Ashton, die dorpie wat hulle moet verower en dis onbewaak! Ja, Ba-al Rafar het sy werk goed gedoen. Die demone lag en gil. Die aanvoerders gee hulle bevele en afdeling na afdeling van die bose magte sak op die dorpie toe.

* * *

In die konferensiekamer op die derde verdieping, begin die bestuurslede byeenkom. Eugene Baylor is daar, met stapels finansiële verslae. Hy lyk baie ingenome met homself en rook ’n sigaar. Dwight Brandon lyk effens bedeesd, maar Delores Pinckston voel glad nie goed nie. Sy wens die hele transaksie is al afgehandel. Kaseph se vier advokate is ook daar; baie selfversekerd en professioneel. Adam Jarred is baie haastig. Hy wil ná die tyd gaan visvang en hy loer kort-kort na sy oorlosie. So ook van die ander. Dis byna twee-uur.

Bose geeste kom ook die vertrek binne — geruisloos en onsigbaar. Hulle is almal gespanne, want hulle weet dat hulle binnekort in die Sterkman se teenwoordigheid sal wees, vir die heel eerste keer!

* * *

Kaseph se luukse motor kom Ashton binne en kies koers na die Kollege. Kaseph sit op die agterste sitplek, sy handtas op sy skoot en sy oë tuur behaaglik oor die geboue buite. Binnekort sal hierdie dorp syne wees. En binne-in Kaseph grynslag die Sterkman en sy gelag bars oor Kaseph se lippe. Alles verloop volgens plan!

* * *

Tal, Guilo en die ander hou die wolk aandagtig dop. Hulle sien hoedat die demone oor die dorp begin toesak soos ’n groot kombers wat die hele omgewing omvou. Oral glip die demone na hulle aangewese punte. Elkeen se swaard is getrek en die oë gluur afwagtend rond.

“Waar is Hogan en Busche?” vra Tal aan ’n boodskapper.

“By die ander Christene. Hulle is op hulle plekke.”

Kaseph se motor ry die Kollege-terrein binne en die groot rooi geboue word sigbaar. Toe hulle by ’n kruispad verbyry, draai ’n polisiemotor agter hulle in en volg op ’n afstand. Polisiehoof Alf Brummel is die bestuurder van die voertuig. Hy lyk baie gespanne, want hy weet wie hy agtervolg.

By ’n volgende kruispad draai ’n hele aantal motors agter die twee voertuie in. Die heel voorste een is Marshall se bruin Buick.

“Aha,” sê Marshall toe hy die twee motors voor hulle sien. Hy, Bernice, Susan, Hank en Kevin ry saam.

“Het jy Kaseph herken?” vra Susan aan Bernice.

“Ja,” erken sy. “Die dikke by die karnaval.”

“Dit lyk my die vergadering gaan nog voort soos beplan,” sê Marshall.

“Miskien het Brummel my nie geglo nie,” merk Bernice op.

“O nee, hy het,” sê Susan beslis.

“Maar waarom gaan hulle dan voort met die transaksie?”

“Waarskynlik dink Kaseph hy is onoorwinbaar; of anders het Brummel hom nie ingelig nie.”

Hulle ry voort en op hulle hakke volg Andy in sy Volkswagen kombi, gepak met biddende Christene, en agter hulle Cecil Cooper se bakkie, ook vol mense. Daarna kom ’n plaasvragmotor bestuur deur John Coleman en heel agter James Farrel agter die stuur van ’n vervoerwa. Langs hom sit Mary en ouma Duster.

Vervolg...

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 709 gaste aanlyn