NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Jakobus som die hart van al die probleme in die wêreld sowel as in die kerk op:   “Waarvandaan kom oorloë en vegterye onder julle?  Kom hulle nie hiervandaan, van julle welluste wat in julle lede stryd voer nie?  Onderwerp julle dan aan God: weerstaan die duiwel en hy sal van julle wegvlug... Reinig die hande.... en suiwer die harte...” (Jak.4:1, 7,8).

DIE DUISTERNIS VAN HIERDIE EEU (36)

Frank Peretti

In kamer 326 is Juleen Langstrat en al die leidende spiritiste byeen. Sandy en Shawn is ook teenwoordig. ’n Afwagtende atmosfeer omvou almal.

“Dis ’n belangrike dag,” begin Langstrat gewigtig.

“Ja, beslis,” beaam pastoor Young.

Al die ander stem saam en Sandy glimlag. Sy voel baie bevoorreg om tussen so ’n uitgelese groep te wees en dit tref haar diep om te sien met hoeveel agting Juleen Langstrat deur almal bejeën word.

Nadat Langstrat in haar kenmerkende posisie gaan sit het, begin sy eindelik praat: “Ons is vandag hier byeen om al ons psigiese energie te kombineer sodat ons die sukses van die vergadering hier langsaan kan verseker. Ons doel is byna verwesenlik. Binnekort sal Whitmore Kollege en die hele Ashton deel word van die Nuwe Wêreldorde.”

Almal in die vertrek begin hande klap en Sandy ook. Sy verstaan egter nie presies wat Langstrat bedoel nie. Vaagweg onthou sy dat haar pa ook eenmaal gepraat het van mense wat die dorp wil oorneem. Maar dit moet beslis iets anders wees.

“Vandag wil ek ’n nuwe Verhoogde Heerser aan julle voorstel,” gaan Langstrat voort en almal kyk haar afwagtend aan. “Hy het ver gereis om hier by ons aan te sluit en hy sal in beheer van Ashton wees. Sy naam is Rafar en hy is ’n prins uit vorige eeue.” Sy sluit haar oë en haal diep asem. “Ons sal hom nou saam aanroep en hy sal ons antwoord.”

Sandy voel effens naar op haar maag en haar arms voel koud. Sy kry behoorlik hoendervleis, maar sy maak haar oë toe en probeer op die gebeure konsentreer. Sy luister aandagtig na Langstrat se stem. Almal om haar raak in ’n beswyming. Die kamer is doodstil behalwe vir die diep asemhaling van al die teenwoordiges.

“Ra..a..f..a..r..” begin Langstrat praat.

“Ra..a..f..a..r..” sê almal agterna.

Langstrat hou aan om die naam uit te roep en almal konsentreer op die prins wat moet kom . . .

* * *

Rafar staan by sy dooie boom en toe die roepstem kom, vertrek sy aaklige gesig in ’n breë grynslag.

“Die oomblik breek nou aan,” sê hy. “Is daar enige nuus van Lucius?”

“Prins Lucius sê hy het alle oorde nagegaan en alles is gereed,” antwoord die kneg.

Die volgende oomblik vlieg Rafar die lug in, gevolg deur tien van sy uitgesoekte demone. Die donker demoniese wolk huiwer steeds bo-oor die dorp en terwyl Rafar voortvlieg, merk hy met tevredenheid op hoe duisende geel oë hom van alle kante af dophou. Sommiges swaai met hulle swaarde en hy trek ook sy swaard uit en waai terug. ’n Swaweldamp omvou die hele omgewing en die demoniese swaarde glinster.

Hy nader Whitmore Kollege en met ’n geklap van sy vlerke sak hy langs die Administratiewe Gebou neer. Op daardie oomblik kom die luukse motor met Kaseph en die Sterkman net daar aan.

’n Ekstatiese vreugde oorweldig Rafar en hy en sy volgelinge vlieg deur die dak van die gebou na binne. Kaseph, met die Sterkman in hom, kom voor ingestap. Die oomblik het aangebreek. Buite hou die een voertuig na die ander voor die gebou stil.

Alf Brummel is die eerste uit sy motor. Hy staan ’n oomblik om sy moed bymekaar te skraap en dan haas hy na die hoofdeur.

Marshall parkeer sy Buick en die vyf insittendes klim uit. Hulle hoor en sien hoe die ander voertuie om hulle stilhou.

“Brummel lyk nie gelukkig nie,” merk Marshall op.

“Miskien gaan hy nou om Kaseph en die ander te waarsku,” raai Bernice.

“Hmm . . . maar waar is al ons invloedryke vriende wat hier sou wees?” vra Marshall en kyk om hom heen.

“Hulle het belowe om te kom,” sê Susan. “Moenie bekommerd wees nie.” Sy kyk na die gebou. “Die vergadering sal in die konferensiesaal op die derde vloer gehou word.”

“En waar sal Sandy wees?” vra Marshall fronsend.

“Dit weet ek nie,” sê Susan en skud haar kop.

Hulle nader die gebou en van alle kante af kom Christene aangestap.

* * *

Lucius sit op die dak van die Ames Saal reg oorkant die Administratiewe Gebou. Die spanning is tasbaar en hy sien hoe die donker wolk al laer en laer sak. Die atmosfeer is drukkend en ’n vreemde benoudheid hang oor Whitmore Kollege.

Skielik hoor Lucius die dringende geklap van vlerke net agter hom en ’n klein demoon kyk hom vreesbevange aan.

“Prins Lucius, baie mense kom hier onder byeen. En dis nie ons mense nie. Dis heiliges van God!”

“Ek het self oë,” sis Lucius geïrriteerd.

“Maar sê nou maar hulle begin bid.”

Lucius gryp die demoon aan sy vlerkies en swaai hom in die lug rond: “Bly stil!” beveel hy.

“Rafar moet in kennis gestel word.”

Lucius neem die klein demoon tot op die rand van die dak en sê dan op ’n vaderlike toon: “Moet jou nie bekommer nie. Selfs al bid hulle, kan hulle niks teen Rafar vermag nie.” Sy stem drup van sarkasme. “Jy het mos self gesien hoe magtig Rafar is. Hy het ons hulp nie nodig nie. Laat hom maar self sy stryd stry ...”

* * *

Tal en Guilo hou steeds wag. Die wolk sak laer en laer. Guilo begin effens onrustig raak. Maar Tal is kalm. Alles is onder beheer. Die oomblik is byna daar.

* * *

Die demone in die konferensiekamer kan hom voel naderkom. Hulle hare rys orent en harte begin vinniger klop. ’n Eienaardige duisternis dring die vertrek binne. Dan gaan die deur oop. Elke demoon buig in aanbidding neer.

Daar staan die Sterkman, ’n afgryslike nagmerrie.

“Goeiemiddag,” groet hy.

“Goeiemiddag, meneer Kaseph,” groet die bestuurslede en almal begin hande skud.

* * *

Alf Brummel wil Kaseph nie sien nie en daarom neem hy ’n ander hysbak. Toe hy op die derde vloer uittree, loer hy eers om seker te maak dat die gange leeg is. Toe stap hy na kamer 326 en bly ’n oomblik voor die deur staan. Hy luister aandagtig. Alles is doodstil. Die byeenkoms het seker ’n aanvang geneem. Versigtig draai hy die deurknop en maak die deur op ’n skrefie oop. Hy sien Langstrat. Sy is besig om te mediteer en haar oë is toe. Brummel tree haastig na binne en neem ’n leë stoel so ’n ent van Langstrat af. Hy gaan sit en loer gespanne om hom heen. Almal is besig om te mediteer en ’n naam uit te roep. Hy het nog nooit tevore die naam gehoor nie. Dit moet ’n nuwe persoonlikheid wees.

Dan sien hy Sandy Hogan op die rusbank langs Shawn. Haar oë is ook toe. Sy mediteer saam met die ander. Sy moed sak in sy skoene.

* * *

Buitekant is die Christene besig om hulle finale planne te beraam. Hank besluit dat Andy, Mary en ouma Duster buite op die trappe moet bly om die gebedsaksie en lofprysing te lei. Bernice moet iewers stelling inneem om die invloedryke besoekers in te wag en die res van hulle, Marshall, Hank, Susan en Kevin gaan die gebou binne om te kyk of hulle Sandy kan opspoor en kan uitvind waar die vergadering aan die gang is.

* * *

Rafar en sy tien volgelinge is al ’n geruime tyd in kamer 326. Maar nou tree Rafar nader na Langstrat toe en slaan sy slagtande in haar kopbeen in. Sy begin ruk en krul, maar dan geleidelik begin haar gesig Rafar se uitdrukking aanneem. Binne ’n paar sekondes het die prins van Babilon van Juleen Langstrat besit geneem. Hy is nou aan bewind van sake.

“Jaaaa . . sê Rafar deur Juleen se mond. Dis ’n aaklige geluid en almal in die vertrek skrik. Baie oë gaan vinnig oop en hulle deins terug voor dit wat hulle aanskou. Langstrat se oë peul uit haar kop uit, haar tande is opmekaar gekners en haar rug is geboë. Sy lyk soos ’n leeu wat regmaak om sy prooi te bespring. Brummel trek in sy stoel terug en wens hy kon uit die kamer verdwyn. Maar arme Sandy is die voorwerp van Rafar se belangstelling.

“Jaa . . sê die stem weer. “Julle is almal hier byeen om die visioen na te jaag.” Toe beduie die kreatuur in die groot stoel met ’n gekromde vinger in Sandy se rigting. “En wie is die nuweling? Soek sy ook na die dieper wysheid?”

“Ja . . . e . . . ek is Sandy Hogan,” stotter sy verskrik, haar oë steeds styf toe.

“Ek hoor jy en jou instrukteur Madeline, het reeds baie waarhede aangeleer?”

“Ja, Rafar, ons het.”

“Goed Sandy, keer weer terug tot in jou diepste wese en dan sal Madeline jou daar ontmoet. Ons sal vir julle wag.”

Sandy wonder intuïtief hoe sy haarself in ’n ander toestand oorgeplaas gaan kry, maar dan verskyn ’n slymerige, kopbeenagtige wese agter haar en slaan sy benerige hand op haar kop neer. Onmiddellik raak sy in ’n beswyming. Haar oë keer in haar kop om en sy sak agteroor. Alle ander gevoelens en sensasies smelt weg en sy word een met die groot NIKS om haar. Dan klink ’n bekende stem tot haar deur.

“Sandy”, roep die stem.

“Ja, Madeline, ek kom,” antwoord die meisie.

Sy sien Madeline ver voor haar aan die einde van ’n lang tonnel. Die pragtige vrou strek haar arms na Sandy toe uit. Sy roep haar, sy lok haar, sy trek haar. Haar glimlag is soos warm sonskyn. Sy reik uit na Sandy en neem die meisie se hande in hare.

“Welkom by ons,” se Madeline.

Alf Brummel aanskou die hele affere. Hy sien die verdwaasde, ekstatiese uitdrukking op Sandy se gesig. Hulle gaan haar wegneem, hy weet dit. En hy kan niks doen om dit te verhinder nie!

* * *

Lucius daal neer deur die dak van die Administratiewe Gebou tot op die derde verdieping. Hy vou sy vlerke agter hom toe. Hy hoor hoedat Rafar in kamer 326 te kere gaan en in die konferensiesaal is die Sterkman besig met sy onderhandelinge. Ja, alles verloop volgens plan. Hulle vermoed nog geen onraad nie.

Dan hoor hy hoedat die hysbak tot stilstand kom en mense klim uit. Voetstappe klink tot hom deur. Ja, dis Hogan en daardie biddende Busche. En natuurlik die persoon wat die Sterkman liewer nooit weer wil sien nie — die Diensmaagd.

Lucius glimlag behaaglik. Hy voel baie goed. Maar dan is daar ’n gefladder van vlerke en ’n demoon kom na hom aangevlieg. Sy gesig is vertrek van skok en angs.

“Prins Lucius,” gil hy. “Verraad! Verraad! Hogan en Busche is vry en die Diensmaagd lewe nog. U moet Ba-al Rafar waarsku . . .”

“Stilte!” gebied Lucius.

Maar die demoon hou aan skreeu. Dan gryp Lucius hom om die keel en die volgende oomblik steek hy sy swaard in die demoon se maag. Die bose gees spartel en spook, maar dan meteens disintegreer hy en ’n rooi stofwolk is al wat van hom oorbly.

*   * *

Op die voorstoep van die gebou is ’n biduur aan die gang. Verbygangers kyk die Christene verslae aan.

* * *

Sandy sien die mooiste wesens wat agter Madeline verskyn. Verstom staar sy hulle aan.

“Wie is hulle?” vra sy.

“Nuwe vriende,” antwoord Madeline. “Nuwe leidende geeste wat ons hoër en dieper sal inlei.”

* * *

Alexander Kaseph en die bestuurslede begin die belangrike dokumente bestudeer. Hulle bespreek al die fyner besonderhede. Dit sal nie meer lank neem nie.

* * *

Die demoniese wolk het heeltemal om Ashton toegevou. Tal en sy krygers word nou deur die donker wolk omsluit. ’n Diepe geestelike duisternis sak oor hulle neer. Dit word moeilik om asem te haal.

“Hulle sak neer,” fluister Guilo en van waar hulle staan, kan hulle sien hoe die rooi en geel getinte kombers steeds laer en laer sak.

Verskeie motors draai by die kollegeterrein in. Vooraan ry die staatsaanklaer Justin Parker en kort agter hom Eldon Strachan en die prokureur-generaal Norm Mattily. In die derde voertuig ry Al Lemley en verskeie federale agente. Dan draai ’n vierde motor agter hulle in. Dis Harvey Cole, die rekenmeester, met ’n hele pak dokumente langs hom op die sitplek.

* * *

Tal hou sy goue trompet voor sy mond. Elke spier is styfgespan. Hy kyk vreesloos voor hom uit.

“Wees gereed,” beveel hy.

***

Marshall, Hank, Susan en Kevin stap stilletjies in die gang af.

Hulle kyk na die nommers op die deure. Dan beduie Susan na die konferensiesaal en hulle luister almal. Hulle hoor Kaseph se stem. Sy knik bevestigend.

Marshall tree nader en plaas sy hand op die deurknop. Hy beduie dat die ander buite moet wag. Dan maak hy oop en tree vreesloos na binne.

Kaseph sit aan die kop van die groot konferensietafel en aan weerskante sit die bestuurslede en advokate. Die demone in die saal, trek onmiddellik hulle swaarde en tree teen die mure terug. Hulle staar na die koerantman, maar hulle sien ook die twee hemelse krygers wat langs hom staan, ’n groot Arabier en ’n aggressiewe man uit Afrika.

Die Sterkman kyk die indringers met ’n effense glimlag aan. Dit beteken seker probleme, maar dit kan darem nie te erg wees nie. “En wie is julle?” vra hy by monde van Kaseph.

“Ek is Marshall Hogan, die redakteur van die Basuin. Ek besef daar is mense wat beweer die koerant behoort nie meer aan my nie, maar ons sal die saak weldra opklaar. Ek dink ons het baie om met mekaar te bespreek.”

Eugene Baylor het bleek geword. Hy hou net niks van dié gebeure nie en die ander bestuurslede is ook stomgeslaan. Dis duidelik dat hulle verskrik en ontsteld is. Hogan was dan veronderstel om in die tronk te wees! Wat maak hy nou hier?

Die Sterkman se ysige oë staar na Marshall en sy kollegas. Die demone wat teen die mure staan, skep nuwe moed. Die Sterkman is immers onoorwinlik. Hy triomfeer altyd. Hy sal weet hoe om hierdie situasie te hanteer.

“Hoe het julle hier gekom?” vra Kaseph.

“Met die hysbak,” snou Marshall hom toe. “Maar nou het ek ’n vraag om te stel. Waar is my dogter, Sandy? Ek wil haar hê en julle beter sorg dat sy ongedeerd is. Ek sal ’n ooreenkoms met julle aangaan.”

Kaseph en die Sterkman lag spottend: “Jy ’n ooreenkoms met ons aangaan? Jy ’n nietige mens.” Kaseph kyk sydelings na die advokate wat langs hom sit. Dan vervolg hy: “Hogan, besef jy met wie jy hier te doene het?”

Die demone lag ook, maar Nathan en Armoth glimlag nie eers nie.

“Ek weet baie goed met wie ek te doene het,” sê Marshall ernstig. “Dis julle wat in ’n waan verkeer. Dit het my vriend hier buite my geleer.” Hy pluk die deur oop en Hank tree na binne, met Krioni en Triskal langs hom.

Die Sterkman spring orent, sy oë wydgesper, sy mond oop. Die demone begin ook verskrik rondtrap. Almal kan aanvoel dat ’n magtige Teenwoordigheid saam met Hank Busche die kamer binnegekom het, die Gees van die Here God.

“Dis Busche, die biddende man,” roep die Sterkman by monde van Kaseph uit. En Hank staar hom aan en sê ernstig: “En jy is die Sterkman, nie waar nie?”

* * *

“Madeline, waarheen gaan jy? Waarom trek jy so aan my?” vra Sandy dringend. Madeline antwoord nie, maar trek net. Sandy voel hoedat sy dieper en dieper in die donker tonnel ingesleep word. En Madeline se vriende stoot en krap haar. Hulle is glad nie so vriendelik as wat sy aanvanklik gedink het nie.

* * *

Die mense om die konferensietafel deins verskrik terug. Die man voor hulle het ineens in ’n afskuwelik gedrog verander. Hulle het nog nooit tevore so ’n uitdrukking op Kaseph se gesig gesien nie. En sy stem klink heel anders. Hy staan uit sy stoel op, sy asem hygend, sy oë peulend uit hul kaste, sy rug geboë en sy vuiste gebal.

“Biddende man, jy kan my nooit vernietig nie!” gil hy en die demone om hom, klou aan hom vas. “Ek het jou reeds oorwin.” Marshall en Hank bly roerloos staan. Hulle tree nie ’n meter terug nie. Hank het al voorheen met demone te doene gekry. Kaseph se advokate weet nie wat om te sê nie.

Dan tree Marshall deur toe en maak dit oop. Met haar kop omhoog en ’n uitdrukking van vasberadenheid op haar gelaat, tree Susan Jacobson, die Diensmaagd, na binne gevolg deur ’n omgekrapte Kevin Weed. Tesame met hulle tree nog vier reuse hemelse krygers na vore. Die saal word al voller, die atmosfeer plofbaar.

“Hallo, Alex,” groet Susan.

Kaseph se gesig vertrek van woede en angs. Die woorde skeur oor sy lippe: “Wie is jy? Ek het jou nog nooit tevore gesien nie.”

“Jy hoef niks te sê nie, Alex,” waarsku een van sy advokate.

Hank besef dat die oomblik aangebreek het. Vasberade tree hy na vore en lig sy hand omhoog: “Sterkman, in die Naam van Jesus Christus beveel ek jou om uit die man te gaan. Ek bind jou in Jesus se Naam.”

* * *

Madeline wil Sandy nie loslaat nie. Haar hande voel soos yskoue staal en die tonnel word al donkerder.

“Madeline, laat my los, asseblief!” soebat Sandy.

Maar Madeline kyk nie om nie. Sy beur net vorentoe met die spartelende Sandy agterna. Al wat Sandy kan sien is die lang, wapperende blonde hare.

“Asseblief, laat my gaan Madeline!” pleit Sandy desperaat. “Jy maak my seer.” En toe meteens kom al die ander geeste ook by. Hulle klou aan haar vas. “Madeline, se hulle moet my loslaat, asseblief.”

En toe, uiteindelik draai Madeline om. Sandy steier terug van skok. Sy sien ’n swart leeragtige gesig, geel uitpeuloë en yslike slagtande. ’n Lae gegrom kom oor die growwe lippe.

Sandy skreeu, lank en luid en wanhopig.

* * *

En buitekant skiet Tal in ’n vlammende gloed die hemelruim bokant Ashton binne. Voor sy lippe is die goue trompet. En hy blaas daarop, lank en hard en dringend. Die trompetklanke dawer deur die hemelruim! Luider en luider weerklink die oproep! Die oomblik het aangebreek!

Skielik word die Sterkman doodstil. Sy groot oë kyk verward heen en weer.

“Wat was dit?” sis hy.

Die demone by hom, is almal verskrik en verward. Hulle kyk na hom vir antwoorde, maar hy het geen antwoorde nie.

Die agt hemelse wesens trek hulle swaarde. Hulle het die trompet gehoor en hulle is gereed.

* * *

Die Sterkman se ysige oë staar na Marshall en sy kollegas. Die demone wat teen die mure staan, skep nuwe moed. Die Sterkman is immers onoorwinlik. Hy triomfeer altyd. Hy sal weet hoe om hierdie situasie te hanteer.

“Hoe het julle hier gekom?” vra Kaseph.

* * *

Rafar skreeu by monde van Langstrat: “Ek praat hier! Luister na my.”

Maar die demone in die vertrek is verward en onrustig. Vir ’n enkele oomblik is dit asof Madeline se greep op Sandy verslap. Hulle het iets gehoor. Almal het iets gehoor. Maar wat?

* * *

Die demoniese magte wat op Ashton neersak, word skielik verblind deur ’n gloeiende lig — een enkele engel wat die hemelruim deurklief en heen en weer vlieg. Boonop weerklink ’n dramatiese trompetgeskal deur die lug. Skok gryp die demone aan. Wat het dan gebeur? Is die stryd dan nie reeds gewonne nie? Van waar hierdie liggloed en trompetgeklank?

Meteens verskyn ligpunte dwarsdeur Ashton. Oral gloei en skitter dit en dit neem steeds toe. Dit lyk asof die dorp aan die brand is. En dan klink ’n aaklige, onaardse geroep vanuit die senter van die demoniese wolk: “Dis die Hemelse Leërskare! Die Hemelse Leërskare!”

Tal sak op die heuwel neer en lig sy vlammende swaard omhoog. Sy stem vibreer dramaties oor die hele dorp: “Vir die Heiliges van God en vir die Lam!”

Sy wekroep word deur duisende engele opgeneem en seëvierend herhaal: “Vir die Heiliges van God en vir die Lam!”

Vanuit elke hoekie van Ashton kom hemelse wesens te voorskyn, die een na die ander, swaarde gereed. Die oomblik is daar! Die Leërskare van God!

***

Sandy worstel met alles tot haar beskikking. Die ding wat sy as Madeline geken het, klou aan haar arms vas en die ander bose geeste haar bene en haar hele lyf. Sy voel hoedat hulle haar byt en sy hoor Rafar se spottende stem: “Neem haar, Madeline. Sy is ons s’n.” Sandy probeer so al wat sy kan om uit die beswyming wakker te word, maar sy weet nie hoe nie. Dan hoor sy die angswekkende klank van ysterkettings.

“Neeeee . . . nee!”

***

“Jy kan my nie verslaan nie,” gil die Sterkman desperaat en sy demone hoop vuriglik dat hy reg het.

“Bly stil en gaan uit hom uit!” gebied Hank. Sy woorde slinger die demone teen die muur aan en die Sterkman steier terug. Kaseph vloek en skel en die bestuurslede om die tafel hou die skouspel stomgeslaan dop. ’n Paar van hulle probeer onder die tafel skuiling soek en ander wil Kaseph kalmeer.

“Ek soek my dogter,” sê Marshall. “Waar is sy?”

“Dis alles verby,” sê Susan skerp. “Ek het hulle al die dokumente en bewyse gegee. Die federale agente is onderweg hierheen om jou te kom arresteer. Jy sal beslis gehang word.”

En Kevin het ook sy appeltjie met Kaseph te skil: “Toe, kom buitentoe, dan sal ons hierdie saak man tot man opklaar.”

* * *

Die dalende demoniese wolk en die stygende Hemelse magte, ontmoet mekaar in die hemelruim bokant Ashton. ’n Geweldige donderstorm is die gevolg van die geestelike stryd. Swaarde glinster en gille weerklink. Links en regs word demone uitgeroei, onthoof en deurboor. ’n Rookwolk hang laag oor Ashton.

* * *

Tal, Guilo en die Generaal is onderweg na die Kollege waar die Hemelse magte reeds ’n deurbraak behaal het. Hulle begin ’n kordon rondom die kampus trek. Die verbreking van die vyand se magte sal daar begin word.

“Die Sterkman is op die punt om in te gee,” sê Guilo en sy luide stem weerklink bokant die geruis van hulle vlerke uit.

“Soek Sandy,” beveel Tal. “Die tyd is min.”

“Ek sal die Sterkman aanvat,” sê die Generaal.

Hulle skiet uitmekaar en Guilo lag oorwinnend terwyl hy demoon na demoon met sy glimmende swaar deurboor. Tal het self ’n taai stryd, want al die demone weet dat hy die groot prys is. Die een wat hom kan vernietig, sal groot roem ontvang. Daarom soek al die wreedste en afskuwelikste demone Tal uit. Maar Tal veg onverskrokke en sy swaard maai hulle af.

* * *

In die konferensiesaal neem die spanning dramaties toe. Dolores Pinckston is in trane: “O, ek het geweet ons raak te diep betrokke.”

Eugene Baylor daarenteen is woedend: “Jy lieg, Hogan! Julle het geen bewyse teen ons nie.”

“Ek het alles en jy weet dit.”

Kaseph lyk siek en sê hees: “Gaan weg of ek maak julle almal dood!”

Marshall kyk Kaseph fronsend aan. Is dit nou die regte Kaseph wat praat, of is dit nog die okkultiese monster wat die man voor hom beheer?

“Jy het verloor, Kaseph,” sê Marshall.

“Jy is verslaan, Sterkman,” sê Hank.

Die Sterkman begin ruk en bewe. Die demone in die kamer tree verslae terug.

“Kom ons gaan ’n ooreenkoms aan,” herhaal Marshall. “Waar is my dogter?”

* * *

Brummel voel asof hy ’n hartaanval gaan kry. Hy kan dit nie langer verduur nie. Al die ander luister aandagtig na wat die ondier by monde van Langstrat sê en op die rusbank kerm en worstel arme Sandy teen een of ander onsigbare opponent.

“Los my!” gil sy pleitend. “Los my!” Haar oë is oop en sy staar voor haar uit soos iemand wat die verskriklikste dinge uit ’n ander wêreld aanskou. Sy hyg na asem, bleek en vreesbevange.

Sy gaan sterf. Hulle gaan haar doodmaak.

Die ondier wat van Langstrat besit geneem het, kreet dit uit: “Jy het verloor, Sandy Hogan. Jy behoort nou aan ons!”

“O God, help my,” pleit Sandy. “Verlos my, asseblief!”

“Sluit by ons aan Sandy. Jou ma het gevlug en jou pa is dood. Jy behoort nou aan ons.”

Sandy word skielik slap, so asof sy meteens aan alles wanhoop. Die stryd is te hewig. Maar dan kan Brummel dit nie langer hou nie. Hy kom op die been en gryp haar aan die skouer: “Nee, Sandy, luister na my! Dis ’n leuen. Glo my, dis ’n leuen!”

Sandy hoor hom egter nie, maar Rafar wel. Langstrat spring op en skreeu in ’n dramatiese stem: “Bly stil, klein muggie, sy behoort aan my!”

“Moenie na hierdie monster luister nie, Sandy. Dis Alf Brummel wat met jou praat. Jou pa makeer niks nie. Hy is gesond.” Rafar word so woedend dat dit lyk asof Langstrat se liggaam uitmekaar geruk gaan word. Sy oë peul uit en hy skreeu: “Hogan is verslaaf. Hy is in die tronk!”

Brummel kyk vas in Langstrat — en Rafar — se oë en se oortuigend: “Hy is vry. Hank Busche is vry! Ek het hulle vrygelaat. Hulle kom om jou te vernietig.”

Rafar is vir ’n paar oomblikke sprakeloos. Hy kan dit nie glo dat hierdie onbenullige mannetjie so met hom durf praat nie. Maar dan hoor hy ’n spotlaggie en meteens sien hy Lucius wat agter Brummel staan. En toe weet hy — Lucius!

* * *

Tal en Guilo swiep neer langs die Administratiewe Gebou. Hulle kom tot stilstand. lets vreemds is aan die gang!

* * *

Lucius het sy swaard getrek en kyk Rafar dreigend aan.

“Jy is nie so magtig nie, Rafar. Ek is die prins van Ashton. Jou plan het gefaal.”

Dan pluk Rafar sy swaard ook uit. Hy is woedend en swaai wild. Lucius keer die hou weg. Al die demone in die kamer staar mekaar verbysterd aan. Wat gaan nou aan?

* * *

Kaseph is woedend vir sy advokate.

“Julle sal nie vir my vertel wat om te doen nie. Ek is die heerser. Bly stil. Hierdie mense is leuenaars, elkeen van hulle.”

Susan Jacobson praat meteens direk met Kaseph: “Jy, Alexander Kaseph, is verantwoordelik vir die dood van Patricia Kreuger en jy is ook skuldig aan poging tot moord op my en Kevin Weed. Ek het lang lyste van mense wat jy laat doodmaak het.”

“Moord?” roep een van die bestuurslede geskok uit. “Meneer Kaseph, is dit waar?”

“Moenie antwoord nie,” beveel een van die advokate.

“Nee!” skreeu Kaseph.

Die bestuurslede kyk mekaar onseker aan. Hulle begin Kaseph nou ’n bietjie beter ken. En hulle glo hom nie meer nie.

“Toe, Kaseph, hoe lyk dit?” dring Marshall aan.

Die Sterkman wens hy kon die man voor hom met een hou voor sy oë wegvee. Maar hy kan nie. Want tussen hulle staan die biddende pastoor.

* * *

Langstrat kom soos ’n leeu op Brummel afgepeil. Verskeie van die spiritiste kom nou tot helderheid, nadat die bose geeste van hulle gewyk het. Verbaas kyk hulle om hulle heen.

“Ek sal jou vernietig!” sis sy. “Jy het ons verraai!”

Maar Brummel staan sy man en skud sy vinger voor haar. “Nee, jy sal nie langer oor my heers nie. En jou plan sal nie slaag nie. Daarvoor sal ek sorg.”

“Bly stil, jou swaap!”

“Nee,” gil Brummel aangevuur deur die kranksinnige Lucius. “Die plan het misluk. Alles is verby.”

“En jy is ook vernietig, Rafar,” skreeu Lucius en ontduik die houe wat links en regs na hom toe aankom. “Hoor net hoe baklei hulle daarbuite. Dis die Hemelse Leërskare.”

“Verraad!” hyg Rafar. “Julle sal betaal vir julle ontrou.”

* * *

Sandy staar na die aaklige geel oë en vra fluisterend: “Waarom het jy so verander, Madeline?”

Madeline se lag is koggelend: “Moet nooit glo wat jy sien nie. Wat is boosheid — slegs maar ’n illusie! Wat is vrees? Ook ’n illusie. En wat is pyn? Nog maar net ’n illusie!”

“Maar jy het vir my gelieg. Jy het my bedrieg.”

“Ek is nog altyd net wat ek is. Dis jy wat my verkeerd geïnterpreteer het. Jy het jouself bedrieg.”

“Maar . . . wat . . . gaan jy nou doen?”

“Ek gaan jou vrylaat.” Toe Madeline die woorde uiter, is dit asof sware ysterkettings aan Sandy se arms vasgemaak word. Haar arms val langs haar sye. ’n Verskriklike gewig druk haar neer. Ysterkettings word om haar liggaam gedraai. Die koue yster maak haar seer. Sy kan nie meer stry nie. Sy probeer uitroep, maar haar stem is weg.

“Nou is jy vry,” sê Madeline glimlaggend.

* * *

Brummel praat met desperate erns: “Die outoriteite, die staatsaanklaer, die federale agente, hulle weet alles!”

“Wat?” Sommige van die spiritiste spring uit hulle stoele orent. Paniek oorweldig hulle. Young probeer orde handhaaf, maar dis te laat.

Rafar glip uit Langstrat uit sodat hy met Lucius kan afreken. Toe Langstrat bewus word dat hy van haar af wegbeweeg, besef sy dat die psigiese energie in die kamer besig is om af te neem.

“Gaan terug na julle sitplekke,” beveel sy. “Ons het nog nie ons doel verwesenlik nie.” Sy maak haar oë toe en begin weer roep: “Keer terug o Rafar, keer terug. Kom skep orde!”

* * *

Maar Rafar is baie besig. Hy werp alles in die stryd om van die lastige Lucius ontslae te raak. Die ander demoon is egter ratser en vinniger as hy. Die twee swaarde flits heen en weer. Die klank van metaal op metaal weerklink deur die kamer.

“Verraaier!” gil Rafar. “Ek kap jou aan stukke.”

* * *

En Langstrat stap dreigend na Brummel toe: “Verraaier,” sis sy. “Ek sal jou verskeur.”

“Nee,” mompel Brummel en sy hand gaan na sy sy. “Nie hierdie keer nie . . . nie weer nie.”

“Stop . . . stop ...” gil Young. “Julle weet nie wat julle doen nie . . .”

En die demone in die kamer is ook verdeeld. Sommige steun Rafar en ander voel dat Lucius reg het.

“Gekke!” gil Rafar woedend. “Dis die Vyand. Besef julle nie Hy wil ons kragte verdeel nie?” In daardie oomblik neem Rafar sy oë van Lucius se swaard af.

En in daardie oomblik dryf Brummel se vrees hom oor die afgrond. Hy pluk sy rewolwer uit en rig dit op die waansinnige Langstrat.

Lucius se swaard sing deur die lug en deurboor Rafar se sy. Langstrat kom haastig nader en Brummel se koeël dring haar borskas binne!

In die konferensiesaal hoor hulle die skoot! Dadelik is Marshall by die deur uit.

Buite voor die Administratiewe Gebou, sien Bernice eindelik die langverwagte besoekers. Vooraan stap Eldon Strachan met Norm Mattily langs hom, gevolg deur Al Lemley en Justin Parker. Kort op hulle hakke volg nog ’n aantal persone wat sy nie ken nie, waarskynlik lede van die federale mag. En heel agter loop Harvey Cole met ’n hele bondel papiere en dokumente onder sy arm.

Opgewonde hardloop sy nader: “Dankie tog, julle het gekom!” “Wat het gebeur?” vra Norm Mattily bekommerd. “Kyk hoe lyk jy! Is jy beseer?”

“Ek is aangerand, maar dis nie te erg nie. Julle moet dadelik ingaan. Daar is groot probleme.”

Die invloedryke persone haas na binne, gereed vir die stryd.

*   * *

Tal weet wat kom. “Gaan dadelik in!” gil hy vir Guilo. Hy vlieg die lug in en ontbied nog versterkings.

Rook en rooi dampe kom uit Rafar se sy uit en die groot demoon is nou buite homself van woede. Dis duidelik dat Lucius se tyd kort is. In die hewige geveg wat volg, vernietig Rafar die kleiner demoon en dié disintegreer in ’n rooi rookdamp!

Maar terwyl die geveg aan die gang is, kom hordes engele die vertrek binne.

“Maak die meisie dood!” gil Rafar vir Madeline.

Madeline haal ’n skerp gekromde mes tevoorskyn. Met ’n tere glimlag oorhandig sy dit aan Sandy: “Daardie kettings wat jou bind, is die eise van hierdie lewe,” fluister sy oorredend. “Bevry jouself en sluit by my aan.”

Rafar steier deur die muur maar dan dring die lig van ’n miljoen lampe die kamer binne. Oorverdowende donderslae weerklink en die magte van die Hemel tree tot die geveg toe. Sommige demone probeer wegkom, maar hulle word oombliklik vernietig deur die glimmende swaarde. Die geruis van vlerke doof alle ander geluide uit behalwe die geskreeu van disintegrerende demone.

* * *

Kaseph spring uit sy stoel orent en val bo-op die tafel neer. Die bestuurslede en advokate deins almal terug. Sommige verlaat die vertrek. Hank, Kevin en Susan staar gefassineerd na die toneel wat voor hulle afspeel. Die Generaal en die Sterkman is in ’n hewige stryd gewikkel. Swaarde klink. Die Generaal is sterker en die Sterkman val skreeuend terug.

* * *

Marshall is in die gang en hy probeer vasstel waar die skoot vandaan gekom het. Hy hoor ’n rumoer verder in die gang.

* * *

Sandy hou steeds die mes vas. Shawn moedig haar aan. Madeline lyk egter onrustig en kyk gespanne rond. Die ysterkettings hang aan Sandy se liggaam. Dan is Guilo daar. Hy sien die kettings wat die meisie vasgevang hou.

“Dis nou genoeg!” gil hy. Hy lig sy swaard en bring dit met ’n geweldige slag neer. Die punt van die swaard verbreek die kettings en hulle spat los. Guilo se groot vuis gryp Madeline aan die nek. Hy ruk haar terug en kap haar aan stukke.

Sandy voel dronk in haar kop. Die hele kamer draai om haar. Sy word weer bewus van haar liggaam. Sy maak haar oë stadig oop. Die mes val uit haar hand op die vloer.

Totale chaos heers in die vertrek! Oral hardloop mense rond. Sommige stry, ander is in gevegte betrokke. Verskeie mans hou Alf Brummel op die vloer vas. Blou rookdampe hang laag in die kamer en dit ruik asof vuurwerke afgegaan het.

Professor Langstrat lê op die vloer met ’n paar persone langs haar. Daar is bloed.

Dan voel Sandy ’n hand op haar arm. Sy kyk op en sien Shawn. Hy probeer haar in die stoel terugdruk.

“Jou monster,” gil sy. “Jy is ’n leuenaar en ’n bedrieër!” Sy probeer losruk, maar hy wil haar nie laat gaan nie. Sy slaan hom in die gesig en slaag daarin om los te kom. Sv hardloop, met Shawn agterna!

* * *

Skielik sien Shawn die verskriklikste gesig voor hom en hy ruk tot stilstand. Die glimmende figuur hou ’n gloeiende swaard teen sy hart aangedruk. Die engel se vlerke vul die hele kamer.

Marshall Hogan kom die kamer binne en slinger homself op Shawn. Sy groot vuis klap teen die jongman se kakebeen.

“Komaan, Sandy!” se Marshall en gryp haar aan die arm. “Ons moet met die trappe langs wegkom.”

* * *

Iewers in die gebou, kniel Rafar en hou sy bloeiende sy vas. Die woede en haat in hom bou stelselmatig op. Dis alles Tal se skuld. Hy sal met Tal moet afreken. Sy geel oë kry nuwe lewe. Dis asof die haat in hom sy verlore kragte terugbring. Hy probeer sy vlerke gebruik. Eers wil hulle nie, maar dan gaandeweg stroom nuwe krag in sy vermoeide liggaam in. Hy kom in beweging en vlieg deur die dak van die gebou, die hemelruim in. Hoe verder hy vlieg, hoe groter word die krag wat hom deurstroom.

Oral om hom duur verwoede gevegte voort. En dan skielik, amper ongelooflik, staan Tal en Rafar teenoor mekaar! Dis asof die hele geveg ’n oomblik aarsel. Die twee groot krygers het eindelik ontmoet. En nie een kan met absolute sekerheid sê wat die uitslag van die geveg sal wees nie.

Skielik skiet Rafar sywaarts. Tal keer met sy swaard, maar dan sien hy dat die demoon op vlug geslaan het. Hy jaag deur die lug soos ’n gewonde voël, met Tal agterna. Reguit dorp toe! Tal weet dat hy Rafar moeilik tussen al daardie geboue sal kan vind. Hy versnel sy spoed. Hy moet hom voorkeer! Maar Rafar skiet meteens vinnig vorentoe en sak dan met asemrowende spoed na ’n groot gebouekompleks neer.

Tal sit hom agterna. En daar in die gebou vind die vreemde jaagtog plaas — ’n swart, rokende missiel gevolg deur ’n gloeiende komeet. Dis deur mure en deur dakke, in gange en deur kantore, op en af.

Rafar styg en daal, vlieg heen en weer, op en af, maak jakkalsdraaie met Tal agterna. Hoe lank sal die gewonde demoon dit nog kan volhou?

* * *

Die geweldige stryd duur voort tussen die Generaal en die Sterkman. Alexander Kaseph val vloekend en vomerend by die deur van die konferensiesaal uit: “Jy sal my nie oorwin nie,” hyg hy, maar dis ydele woorde. ’n Rooi damp gemeng met teer, kom uit die Sterkman se wonde te voorskyn. Sy oë is vol haat, maar die gebede van die kinders van God . . . daarteen kan hy nie veg nie. ***

Intussen is Bernice en haar helpers nog onder in die voorportaal toe Marshall en Sandy ingestorm kom.

“Gaan dadelik boontoe,” gil Marshall. “Iemand is geskiet!” Die federate agente gaan dadelik tot handeling oor. Lemley roep uit: “Roep die polisie. Ons sal die gebou omsingel.”

Die Ashton-polisie is reeds buite besig om te kyk wat die fanatieke Christene aanvang. Toe Norm Mattily en ’n federate agent na buite hardloop en die polisie beveel om die gebou te omsingel, besef Brummel se manne dat hulle moet gehoorsaam.

* * *

Rafar vlieg steeds van gebou tot gebou met Tal agterna. Eindelik bereik hulle ’n groot pakhuis. Rafar skiet na binne, en Tal volg die grys rookdamp wat agter hom opstyg. Hy bereik ’n muur en Tal slinger homself deur die konkreet. Toe skielik skiet ’n verskriklike pyn deur sy liggaam. Rafar het vir hom ’n lokval gestel. Tal se swaard skiet uit sy hand en hy val op die vloer neer, oorweldig deur die brandende pyn.

Rafar staan teen die muur, geboë, sy swaard in sy hand, sy haatgevulde oë glurend na die engel voor hom. Tal besef hy moet optree. Geen tyd om te dink nie. Hy slinger hom na sy swaard wat eenkant lê en gryp dit. Op daardie oomblik klap Rafar se swaard op die vloer langs hom neer. Die groot swaard word heen en weer geswaai en Tal moet spring om die aanvalle te ontduik.

Rafar se oë word al rooier en ’n aaklige walm kom by sy mond uit. Hy swaai sy groot vlerke en kom verwoed nader. Tal duik onder hom in en stamp hom geweldig hard teen die bors. Hy struikel en val. Binne ’n oogwenk is albei weer op die been en staan teenoor mekaar, swaarde in die hand.

“So ja, Kaptein van die Leërskare, nou is ons alleen! Sal ons weer vir ’n verdere tydperk van drie en twintig dae teen mekaar veg? Ek dink nie so nie!” Die swaarde klap teenmekaar. Duisternis begin in die kamer toesak. Rafar is spottend en tartend.

Tal voel die hitte van die stryd, die boosheid van Rafar. Hy hyg! Waar is die gebede van die Christene! Kinders van God. Bid!

Die twee swaarde tref. Albei is swaar gewond. Maar die houe reën neer. Die duisternis neem toe.

Bid, kinders van God! Bid!

* * *

Kaseph, beheer deur die Sterkman, gaan steeds woes te kere. Toe die polisie bo kom, gil hy hard: “Julle kan my nie verslaan nie!” Die polisie lig hulle pistole. Die man is stapelgek. Maar Hank tree tussenbeide.

“Nee, moenie skiet nie. Dis nie hy nie.” Die polisie kyk hom onbegrypend aan, maar Hank gaan voort: “Sterkman, jy is klaar verslaan. Die vergote bloed van Jesus Christus het jou reeds verslaan. Bly stil en gaan weg.”

Die Sterkman het genoeg van die gebede gehad. Meteens verslap hy, sy swaard val uit sy hand. Die Generaal gee een hou en die volgende oomblik is die Sterkman weg!

* * *

Kaseph val op die vloer neer. Dit lyk asof hy dood is. Die advokate en bestuurslede kom almal uitgestap, hulle hande omhoog gehou: “Moenie skiet nie!” Die polisie kyk verward rond. Hulle weet nog nie wie gearresteer moet word nie.

“Kom hierheen,” roep iemand skielik en die polisie gaan die vertrek binne waar Langstrat se lyk in ’n plas bloed lê. Arme Brummel is ’n volslae wrak.

Vervolg...

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 648 gaste aanlyn