NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Wees gerus - gelowiges het geen beproewing waarvan die Here nie weet nie.  Niks gebeur met ʼn gelowige waarvoor God hom nie krag gee nie.   Daarom sluit Dawid die Psalm met die volgende woorde af:  “Al is ek ellendig en behoeftig – die Here dink aan my; U is my hulp en my redder…” (Ps.40:18).

VROUE IN DIE BYBEL

Debora

In die donker tyd van Israel se geskiedenis was Debora ‘n ligbaken van vertroue in God se mag om te red en ‘n herinnering aan sy verbondsliefde vir sy volk.

In Israel was daar ‘n nuwe geslag wat nie die God van hulle vaders geken het nie met die gevolg dat die volk geestelik agteruitgegaan het, soos ons dit nou ook hier in Suid-Afrika beleef. Maar God sou nie sy volk laat vaar nie. Hy sou nog ‘n bevryder stuur, hierdie keer ‘n vrou. Debora het Israel nie slegs as ‘n rigter en profetes gedien nie; dit was haar leierskap waarop haar medeleier, Barak gesteun het wat een van die grootste militêre oorwinnings van hulle geslag sou wees.

Deur Debora sien ons dat God ons wil gebruik. Hy kan jou en my gebruik maar dan moet ons dit op sy manier doen. God gebruik diegene wat verstaan dat die stryd nie ons saak is nie, maar Syne.

Debora was getroud met Lappidot en het gewoon tussen Rama en Bet-El in die Efraimsberge. Sy het ‘n tyd lank as rigter gedien – in ‘n sekere sin soos ‘n moderne Bybelse berader. Debora het dikwels onder ‘n palmboom gesit en dan het mense met hulle probleme na haar toe gekom. Sy sou raad gee deur die wysheid wat God aan haar gegee het deur haar studie van die Skrif tesame met die openbaring wat God aan haar as ‘n profetes gegee het. God se plan was om haar as katalisator te gebruik om die hele volk van Israel na Hom toe terug te roep.God wou vir Israel veg maar sy eerste stryd was teen Israel. Daarom het Hy hulle oorgegee in die mag van Jabin, koning van Kanaän.

Maar ons genadige God weet ook wanneer genoeg, genoeg is. Dan tree Hy teen ons vyande op.

Oorlog was die uiteindelike gevolg. Israel het maar net 40 000 getel en nie oor veel spiese of skilde beskik nie – dus weerloos.

Debora kom in die tyd waarin Israel in wanhoop verkeer. Die vyand het 900 ysterstrydwaens en Israel is sonder wapens. Maar die stryd is die Here s’n, onthou?

Waarom gebruik die Here vir Debora? Drie redes:

  1. Sy is as vrou broos, die swakker geslag. Daarmee word Christus se krag beklemtoon.
  2. Sy is getrou. God kies getroue mense om vir Hom te werk.
  3. Sy is beskikbaar. Sy is ‘n gewone mens wat haar beskikbaar stel.

God praat met Debora en sê: “Die Here die God van Israel beveel jou: Trek met tienduisend man uit Naftali en Sebulon op na Taborberg toe.”

Debora sê vir Barak om 10 000 manskappe na Tabor toe te neem.

God het ‘n geheime plan want waarom anders sou hy Debora aansê om vir Barak opdrag te gee om sy manskappe na Tabor te neem terwyl hulle nie eens wapens het nie?

En God sê: “Ek sal vir Sisera, die hoof van Jabin se leër na jou toe laat optrek tot by Kisonspruit en Ek sal hulle in jou mag oorgee.”

Barak respekteer Debora se leierskap. Hy weet dat God deur hierdie vrou praat. Hy weet ook om sonder wapens teen so ‘n formidabele vyand op te trek fataal kan wees. Hy is dus nie van plan om te roer tensy God in hierdie vrou saam met hom gaan in die stryd. Daarom sê hy vir Debora: “As u saamgaan, sal ek optrek...”.

Barak is die militêre leier en Debora die geestelike soldaat.

Debora antwoord Barak: “Goed, ek sal saamgaan, maar jy sal nie die eer vir die veldtog kry nie; die Here sal vir Sisera aan ‘n vrou uitlewer.”

Sisera hoor dat Barak met 10 000 man na Taborberg optrek. Hy besluit toe om met 100 000 soldate en sy 900 strydwaens af te kom na Kisonspruit.

Ons kan sien wat Sisera nie kan nie: God het hom pas voorberei vir ‘n neerlaag. In sy arrogansie is Sisera oortuig dat Israel nie ‘n kans teen hom staan nie en hy verskuif sy leër na n baie kwesbare posisie op die wal van die spruit.

Barak wag dat Debora vir hom moet sê wanneer hy moet beweeg as sy dit van God hoor. Die oomblik toe Debora sê: “Trek op, want vandag gee die Here vir Sisera in jou mag oor”, trek Barak met sy 10 000 man van Taborberg af.

Skielik is daar ‘n watervloed in die Kisonriver waar Sisera gestasioneer was. Die walle oorstroom die strydwaens; die sanderige grond is gou-gou net modder. Die oomblik toe die strydwaens vasval, spring die Kanaänitiese soldate om, gooi hulle swaarde neer en vlug. Die Israeliete word bewapen en hulle sit die leër agterna tot by Garoset-Gojim. Nie ‘n enkele Kanaäniet het oorgebly nie. Die Here het hulle bang laat word. Net Sisera kom weg en skuil by Geber wat familie van die Keniete is. Daar word hy bedien deur Geber se vrou, Jael. Sy gee hom melk gee en hy raak aan die slaap. Toe vat Jael ‘n tentpent en dryf dit met ‘n hamer deur Sisera se slaap, dwarsdeur sy kop, en so sterf hy.

Daarna het God koning Jabin bietjie vir bietjie vernietig tot die hele vyand uitgeroei is.

Toe was daar 40 jaar vrede in die land.

As ons fyn na God luister, en doen wat Hy sê, kan Hy ons net soos vir Debora in sy diens vir groot dinge gebruik. Kom ons wandel met Hom!

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1382 gaste aanlyn