NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Deesdae grens dit aan 'n wonderwerk as 'n mens bereid is om iets van homself aan iemand anders te gee. Romeine 13 leer ons dat ons niemands iets verskuldig mag wees behalwe om mekaar lief te hê nie – dit is juis hierdie liefde wat ons mekaar verskuldig is. Maar al wat ons hoef te doen sonder om onsself in te doen, is om na mekaar te luister, tyd saam deur te bring en mekaar te respekteer.

BRIEWE UIT DIE HEMEL (2)

Ds Andrè van den Berg

2. Aan Smirna

“Vrees vir niks wat jy sal ly nie..... Wees getrou tot die dood toe, en Ek sal jou die kroon van die lewe gee” (Openb.2:10).

Die geskiedenis van die kerk begin met geloofsvervolging. Gelowiges het dit verwag want Jesus het gewaarsku “ ... As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën en sy kruis opneem en My volg. Want elkeen wat sy lewe wil red, sal dit verloor; maar elkeen wat sy lewe om My ontwil verloor, sal dit vind” (Mt.16:24,25).

Net soos wat die kerkgeskiedenis met geloofsvervolging begin het, sal dit ook daarmee afsluit; net erger! Want dan sal daar groot verdrukking wees soos daar van die begin van die wêreld af tot nou toe nie gewees het en ook nooit sal wees nie. En as daardie dae nie verkort was nie, sou geen vlees gered word nie; maar ter wille van die uitverkorenes sal daardie dae verkort word” (Mt.24:21,22).

Miljoene gelowiges het alreeds onder Kommunistiese regerings vir hul geloof gesterf.   Baie verhale word vertel van mense wat hul lewens gewaag het om in die geheim saam te aanbid.   Dis egter niks nuuts nie. Gelowiges het al in die eerste eeu in die geheim saam in Smirna aanbid. Dit was destyds een van die mees vervolgde gemeentes en om van Jesus te getuig, om die dood in die gesig te staar!

Niemand weet wanneer die gemeente ontstaan het nie. Hand.19 sê dat al die inwoners van Klein-Asië die Evangelie gehoor het. Gelowiges van Efese het waarskynlik die blye boodskap daarheen gebring wat tot die ontstaan van ʼn gemeente gelei het.

Met Efese was dit baie anders. Gelowiges kon daar hul geloof openlik bely. Dit het die kerk soos ʼn kopkool laat groei. In Smirna moes die kerk noodgedwonge soos ʼn aartappel ondergronds groei.

Op ʼn Sondagoggend kom die gemeente via ompaaie in ʼn eenvoudige gebou in Smirna byeen. Daar is nuus uit Patmos!Polikarpus lees die brief voor. Hy is die leraar van Smirna en het later ʼn marteldood gesterf.

Jesus se openingswoorde klink baie soos dié aan Efese: “Ek ken...” Hy het van hulle beproewingsomstandighede geweet.   Wie in beproewing verkeer, dink so maklik dat die Here hom vergeet het. En dis wat Satan wil hê! In die tyd van Esegiël moes God aan hom ʼn hemelse gesig gee om die Joodse ballinge te verseker dat Hy ook daar in die vreemde van hul beproewing weet en nie in Jerusalem agtergebly het nie.

Die gelowiges in Smirna het deur die diep water van geloofsbeproewing gegaan. Die brief wat daardie Sondag in die gemeente voorgelees is, het egter van Iemand gekom wat deur die uiterste beproewing gegaan het. En dit het hulle laat moed skep.

Jesus skryf: Vrees vir niks wat jy sal ly nie...” (:10). Hy wat deur die beproewing is, sal ook sy kinders daardeur dra.“... so sê die HERE... Wees nie bevrees nie, want Ek het jou verlos; Ek het jou by jou naam geroep; jy is myne! As jy deur die water gaan, is Ek by jou; en deur die riviere — hulle sal jou nie oorstroom nie; as jy deur vuur gaan, sal jy jou nie skroei nie, en die vlam sal jou nie brand nie...” (Jes.43:1-3).

Wat die vervolging van Christene destyds so tragies gemaak het, is dat dit deur die Joodse kerk aangehits is. Volksgenote het met die vyand saamgespan en geen vinger verroer om God se wet in die proses gehoorsaam te wees nie. So is Polikarpus bv. op ʼn Sabbat op ʼn brandstapel tereggestel.

Dis erg as volksgenote hul in die linie van die volksvyand tuismaak, veral kerklui. Kyk wat in ons eie land gebeur het toe hoofstroomkerke met die stootskrapers van hul teologiese onverskilligheid die keerwalle wat ons volk jare lank teen barbarisme beskerm het,weggestoot het!

Een van die metodes van die Smirna-owerheid om Christene te skaad, was om hul te verarm.   Gelowiges is onteien en, in stryd met die agste gebod net soos die hedendaagse ANC-beleid, sonder vergoeding op hulle eiendom beslag gelê.

Enersyds het gelowiges in Smirna wel verarm, maar andersyds geestelik sterker geword. Hul verlies aan stoflike bates was ʼn geringe opoffering vir hul liefde vir Jesus en die sekerheid van ʼn ewige lewe. In die vuur van vervolging was Smirna vir Jesus ʼn welriekende offer. Dit was ʼn arm rykgemeente. Arm aan stoflike dinge maar ryk in hemelse skatte.

“Luister, my geliefde broeders — het God nie die armes van hierdie wêreld uitverkies as rykes in die geloof en erfgename van die koninkryk wat Hy beloof het aan die wat Hom liefhet nie? (Jak.2:5).

Waar Efese haar eerste liefde verlaat het, het Smirna s’n groter geword. En dit was die barometerlesing van hul geloof. Nie indrukwekkende geboue, batige handelsrekeninge of ywer nie; maar hul liefde vir Jesus!

Efese het sewe lofprysinge van Jesus ontvang. Dit kon egter nie opmaak vir die een enkele aanklag teen haar dat sy haar eerste liefde verlaat het nie.   Smirna het weer net een lofprysing ontvang, maar geen aanklag nie. Haar geestelike rykdom was geestelike goud!

Jesus gee aan haar ʼn wonderlike belofte - die tweede dood sal geen greep op hulle hê nie. Hierdie tweede dood is die ewige dood – die hel.   Wie eenmaal gebore word, sterf twee maal – ʼn fisiese dood sowel as die ewige dood.   Wie twee maal gebore word – fisies en die wedergeboorte, sterf slegs eenmaal en gaan nooit hel toe nie. Jesus belowe: “Al wat die Vader My gee, sal na My toe kom; en Ek sal hom wat na My toe kom, nooit uitwerp nie” (Joh.6:37).

Jesus het die gelowiges in Smirna vir ʼn martelaarsdood voorberei. “.... Wees getrou tot die dood toe, en Ek sal jou die kroon van die lewe gee”. ʼn Kroon simboliseer oorwinning. Die een in die teksvers dui op ʼn oorwinning saam met Hom en genadevergoeding. Gelowiges moet nooit van hul ewige loon vergeet nie: “Verbly en verheug julle omdat julle loon groot is in die hemele....” (Mt.5:12).

Wees gewaarsku – aan die einde van die tyd sal gelowiges weer vanuit ʼn kerk vervolg word nl. dié van die Antichris: “...sodat hy in die tempel van God as God sal sit en voorgee dat hy God is” (2 Thess.2:4). “Want die tyd is daar dat die oordeel moet begin by die huis van God” (1 Pet.4:17).

Die Joodse kerk was ʼn werktuig in Satan se hand. So ook die laaste kerk.

Die Jode het gedink dat hulle goed doen deur die Christene te vervolg. Eva het ook gedink dat sy goed doen deur van die verbode vrugte te eet. Kerke gaan aan die einde ook dink dat hulle goed doen deur gelowiges te vervolg. Jesus bewaar egter sy kerk. Dit sal nooit uitgewis word nie. Gelowiges moet net vasstaan:

“Eindelik my broeders, word kragtig in die Here en in die krag van sy sterkte.Trek die volle wapenrusting van God aan, sodat julle staande kan bly teen die liste van die duiwel.Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug. Daarom, neem die volle wapenrusting van God op, sodat julle weerstand kan bied in die dag van onheil en, nadat julle alles volbring het, staande kan bly” (Efes.6:10-13).

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

    __________________

     

    ONS IS OPSOEK NA ‘N UITGEWER

    VIR DIE BOEK “VOLKSREGERING” (teen normale tarief)

    Die inhoud is ‘n beskrywing van die enigste regverdige politieke bedeling vir enige  volk, hetsy klein in getalle of groot.

    Apartheid behels regverdige behandeling. Uiteraard is apartheid ingeweef in elke volk se onafhanklikheid. Dit bevat geen rassemeerder-waardigheid soos kwaad- williges voorgee nie. Ook nie onderdrukking van enigeen nie. Dit is juis erkenning van elke volk se regte en die skepping van ruimte om daardie regte te beoefen en ongehinderd uit te leef. Daar is geen rassehaat aan apartheid te koppel nie. Diegene wat rassisme aanhaal, bedoel rassehaat en probeer oproer bewerkstellig en moet ophou om vrede te probeer voorhou. Wie is verantwoordelik vir die geweld en opstand wat tans landwyd voorkom?  Geen ondersteuner van apartheid nie.

    Bostaande is 'n kort opsomming waarin die omvang en volle betekenis van apartheid beskryf is. Indien daar 'n uitgewer is wat in die uitgee van die boek belangstel, kan Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. genader word.

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

     

    VAKATURE: HOOFBESTUURDER - RADIO ROSESTAD

    Stuur u aansoek saam met ’n CV waarin u ‘n persoonlike bekendstelling, werkservaring en tersaaklike kwalifikasies insluit, voor 15 September 2018 aan ds. CM Erasmus by die e-pos adres: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Vir meer inligting:

    VAKATURE: HOOFBESTUURDER - RADIO ROSESTAD

    ___________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 
 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________ 

 

APARTHEID:

 

Rassisme is die teenoorgestelde van rassehaat en is 'n aanprysing omdat rassisme dui op kennis van rasse en die uitstekende voordele van onderskeiding uitbeeld. Dit sluit in die voordele van apartheid se onderskeiding.

 

                                              ___________________                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2120 gaste aanlyn