Nuutste bydraes

GEDAGTES VIR ELKE DAG

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Jy kan die Here kwalik genoeg dank vir wat Hy gedoen het deur jou van die oordeel van God te verlos deur God se toorn op die sonde te dra en dood en hel te oorwin. Daarom behoort jy elke Christelike feesdag daaraan herinner te word wanneer jy sy opdrag nakom: "Ses dae lank kan werk gedoen word maar op die sewende dag is dit 'n dag van volkome rus, 'n heilige vierdag; géén werk mag julle doen nie – dit is die sabbat van die HERE in julle woonplekke."  Lev 23:2

BRIEWE UIT DIE HEMEL (4)

      Ds Andrè vd Berg

Aan Thiatire

“Hou maar net vas wat julle het, totdat Ek kom” (Openb.2:25)                              

Vyf eeue voor die geboorte van Christus het die Perse die Babiloniese ryk verslaan en die nuwe wêreldheersers geword.   Daarna het die Babiloniese priesters het na Pergamus gevlug om hul afgodery daar voort te sit. Soos wat Jerusalem God se setel op die aarde was, het Pergamus die Satan s’n geword soos wat die priesters beherende mag oor lidmate verkry het.

Dit was ʼn Satanshool. Jesus sê self: “Ek ken jou werke en die plek waar jy woon, waar die troon van die Satan is. En jy hou vas aan my Naam en het die geloof in My nie verloën nie; selfs in die dae waarin Antipas my getroue getuie was, wat gedood is by julle waar die Satan woon” (Openb.2:13).

Toe die Romeinse ryk begin kwyn en die burgers onregeerbaar begin word, het die keiser Pergamus besoek om by die priesters te leer hoe om mense te beheer.   Dit wat in godsdiens gewerk het, kon net so wel ook in die politiek werk. Die resep was duidelik: Beheer politiek met godsdiens. En dis hoe die Roomse Kerk ontstaan het - ’n bose organisasie wat vir meer as 12 eeue ongeëwenaarde mag oor die mensdom gehad en miljoene mense laat vermoor het. Die RK is soos ’n duif met roofvoël instinkte.   Jesus sê nie verniet dat die Satan ’n mense moordenaar van die begin af is nie (Joh.8:44).  

Thiatire was naby Pergamus en het ook in die spervuur van die Satan beland.   Alhoewel dit ’n sterk gemeente gehad het, was dit meer op getalle as op gehalte ingestel.   Desondanks begin Jesus in sy brief aan hulle God met ’n aanprysing: “Ek ken jou werke en liefde en diens en geloof….” (:19). Jesus het egter ’n klag teen hulle gehad – dat hulle nie oor die prediking gewaak en dwaalleer beveg het nie. “Maar Ek het enkele dinge teen jou, dat jy die vrou Isebel, wat haarself ’n profetes noem, toelaat om te leer en my diensknegte te verlei…” (:20).

Hierdie Isebel was nie werklike ʼn aanduibare vrou nie, maar eerder die simbool van die bose invloed wat dwaalleer op die gemeente gehad het.   Dit herinner aan Isebel wat haar man, Agab, die Baal-godsdiens in Israel laat wettig en ook ’n tempel vir Baal in Jerusalem laat oprig en die heidenpriesters uit die staatskas besoldig het.   Dis oulaai van die Satan - oral waar die tempel van God verrys, rig hy sy kapel van misleiding op!

Agab se huwelik met ’n heiden-vrou was fataal vir Israel. Die Hollanders sê: “Twee geloven op een kussing, daar slaap de duiwel tussen!”   En hoe tuis was die Satan nies op die koning se bed nie!   Gelowige Israeliete was gegrief maar was te bang om te praat uit vrees vir vervolging.

Isebel het geweet dat Israel se godsdiens vas gestaan en nie sonder meer met afgode bestorm kon word nie.   Sy moes ’n ander taktiek gebruik; Israel se geestes-waardes moes afgebreek word; vandag nog ʼn wenresep - besoedel die kerk met dinge van die wêreld!    

Dit wat in Israel gebeur het, het ook in Thiatire gebeur – die kerk is bewustelik besoedel en dwaalleer laat ontstaan.  Mense het met die “dieptes van die Satan” (:24) in aanraking gekom.   Dwaalleer is Satan se spot met God en Sy waarheid.   “Moenie dwaal nie; God laat Hom nie bespot nie…” (Gal.6:7).

Hoe het dwaalleer in Thiatire beland? Die kerkleiers wou die Christen-kerk vir heidene meer aanvaarbaar maak.   Daarvoor moes die heilige muur wat die kerk van die wêreld geskei het, afgebreek word.   Die kerk moes die wêreld op sy eie terrein ontmoet ten einde mekaar beter te verstaan.   Die gevolg was dat die gemeente uit haar nate gebars en die kerk modern geword het.  

Hierdie blink muntstuk het egter ʼn dowwe keersy gehad.  Toe die heining opgelig is, het klein jakkalse die wingerd begin verniel en is God se heilige akker onteer.   Thiatire was baie anders as haar beginselvaste buurgemeente Smirna wat nie van haar beproefde geestelike waardes afgewyk het nie.    

Wie het die grootste invloed op Thiatire gehad – die kerk op die wêreld of die wêreld op die kerk?     Ongelukkig die wêreld op die kerk.   Christus veroordeel sulke knoeiery tussen kerk en wêreld as hoerery: “En Ek het haar tyd gegee om haar van haar hoerery te bekeer en sy het haar nie bekeer nie” (:21).   Die kerk is die bruid van Christus en moet haar van alle onheilige gemeenskap onthou!

Thiatire was ’n fatale proefneming – die kerk het nie die wêreld geheilig nie; die wêreld het die kerk besoedel.   Die kerk is geroep om heilig (afgesonder) vir Christus te wees.   Sodra sy haar beginsels t.w.v. verdraagsaamheid en ’n samewerking met die wêreld laat vaar, beland sy in die spoelsloot van die lewe. Dan voer die godvyandige wêreld haar net waarheen dit wil. Dit wat in Thiatire gebeur het, heteeue later ook aan die suidpunt van Afrika gebeur!

Christus laat vaar nie die werk van sy hande nie. Hy sorg vir sy kerk. As dit lyk asof die kerk gaan sterf, voorsien Hy gelowiges wat sy Woord liefhet om vas te staan. Dit het in Thiatire gebeur.   Daar was gelowiges wat ten spyte van die verval vasgestaan het: “Hou maar net vas wat julle het, totdat Ek kom”.  

Hulle moes aan die waarheid vashou. Baie mense weet goed wat die waarheid is, maar het geen liefde daarvoor nie. Die leuen lyk, net soos die verbode vrug in Eden, tog te lekker. Sulke mense het God nie lief nie. Om Hom lief te hê, moet jy die waarheid liefhê.   Daarom is die kerk van Christus oral waar die waarheid van die Woord van God suiwer verkondig word.  

ʼn Liefde vir die waarheid maak gelowiges nooit baie gewild nie. Hulle ervaar dikwels sterk teenstand want in tye van misleiding is die verkondiging van die waarheid as’t ware ʼn rewolusionêre daad:

“Eindelik, my broeders, word kragtig in die Here en in die krag van sy sterkte. Trek die volle wapenrusting van God aan, sodat julle staande kan bly teen die liste van die duiwel.   Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug. Daarom, neem die volle wapenrusting van God op, sodat julle weerstand kan bied in die dag van onheil en, nadat julle alles volbring het, staande kan bly” (Efes.6:10-13).

Om die waarheid te praat, kan lewensgevaarlik wees. Dit mag egter nie nagelaat word nie. Die stryd om die waarheid mag nooit te vermoeiend wees en die prys daaroor nooit te hoog wees nie. Niks onderskei gelowiges van ongelowiges soos ’n liefde vir die waarheid nie.  

Jesus gee gelowiges opdrag om sout van die aarde en lig van die wêreld te wees.   Geen kerk mag haar in ’n tipe van kloosterlewe van die wêreld onttrek nie, maar juis in die wêreld inbeweeg om dit te heilig.   Dis egter ook baie gevaarlik want die kerk moet versigtig wees om nie in die wêreld te verdwyn nie!  

Die kerk van Christus beteken die meeste vir die wêreld as dit die minste daarna lyk. Ongelukkig het kerke die wêreld omhels i.p.v. die dwaasheid daarvan aan die lig te bring.   Gevolglik woed afvalligheid orkaansterkte in baie kerke.

Dis hartseer om te sien hoe oppervlakkig die kerklike lewe geword het.   Ja, die kerklike wêreld het hol geword van al die oppervlakkige vermaak. Kerke wat ʼn denkwyse in pas met die wêreldmening huldig, bars vandag uit hul nate. En dit gaan alles oor leuens wat verkondig en deur mense geglo word!    

Gelowiges sal vanjaar vir die waarheid moet stry soos nog nooit te vore nie.   As ons dit nie gaan doen nie, misluk ons getuienis en word die sout laf.   Ons het geen groter verantwoordelikheid teenoor Jesus as om die waarheid te laat seëvier nie. Dis die edelste ding om te doen!

Gelukkig is ons nie alleen in hierdie stryd nie.   Jesus stry saam met ons en onderskraag diegene wat ter wille van die waarheid ly.   Mag ons eerder in die stryd vir die waarheid sterf as om te swyg as leuens verkondig word.   Laat ons liefde vir die waarheid God se beeld in ons lewens belig.  Jesus se raad aan die handjievol getroues in Thiatire is ook die raad aan die kerk: “Hou maar net vas wat julle het, totdat Ek kom”.

U soek na?

  •  BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland het so dikwels navrae ontvang van lesers wat 'n behoefte aan die Bybel het, spesifiek die 1933/53-uitgawe. Soms het van ons ander lesers in hul behoefte kon voorsien wanneer ons navraag gedoen het.

    Nou is Gelofteland dankbaar om aan al ons lesers daardie Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

    ___________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    _________

    HOU VAKANSIE IN MOSSELBAAI !

    Baie netjiese vakansie-akkommodasie in Fraai Uitsig, Kleinbrakrivier, Mosselbaai Munisipaliteit. Twee kilometer vanaf Kleinbrak en Tergniet se swemstrande en ongeveer 10 kilometer vanaf Hartenbosch. Pick n Pay binne loopafstand.
    Kliek hier vir volledige inligting en foto's: OPSOEK NA BEHUISING VIR VAKANSIE?
     
    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________
     
    SKAARS BOEKE TE KOOP
    C J LANGENHOVEN 16 VOLUMES
    FAK-SANGBUNDEL 1 VOLUME
    Hierdie 16 volume Langenhoven-stel is 'n goedopgepaste kosbare versamelstuk. Dit beslaan die volledige inhoud van Langenhoven se bundels soos Sonde met die Bure; Loeloeraai; Herrie op die ou Tremspoor; Doppers en Filistyne; en al die kosbare stories uit die pen van Langenhoven.
    Die FAK-sangbundel is ook in goeie toestand en kan saam of apart van die Langenhovenstel gekoop word.
    Eienaar moet na 'n kleiner woonplek verhuis en vra 'n redelike aanbod vir sy boeke.
    Die aanbevole waardasieprys vir die Langenhovenstel is R1600.00; en vir die FAK R100.00
    Koerierkoste sal bykomend wees.
    Kontak

    Chris Carstens

    Sel no 082 954 3383

    Epos adres

    chris.carstens

    @vodamail.co.za

    ___________
    DIGBUNDELS:
      'n Versameling van 4 elektroniese bundels - 226 gedigte @R350.00:  
    Vir alle navrae  skryf aan 
    Amanda
    @waterstrome.co.za
    Uittreksel uit:
    'n Nasie in Pyn:
    ...Saam sal die hele wêreld vir hulle bid.
    Saam sal ons met pyn in ons harte sit.
    Mag hulle berus in u wil
    Mag hulle voor U verstil.
    _________
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    'n Boek getiteld DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK - Christen Teokratiese Separatisme, uit die pen van ds AE van den Berg, het  in gedrukte vorm verskyn. 
    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.  
    DIE
    VOLMAAKTE REPUBLIEK - Christen Teokratiese Separatisme, bring helder perspektief oor rasseverskille en die natuurlike skeiding van rasse wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte aan geestelike transformasie wat landsburgers van denkrigting sal laat verander en van al die sogenaamde polities-korrekte onregte en gewaande vryheid waarmee hulle belas word, sal bevry.
    Lesers word aangemoedig om hulle daadwerklik vir 'n Christen-teokrasie in 'n volmaakte republiek te beywer deur sinvolle besluite te neem in die lig van God se Woord, en onophoudelik te bid dat dit spoedig hier aan die suidpunt van Afrika verwesenlik word. Politiek is 'n saak van erns en harde werk waardeur wet en orde gehandhaaf word en durf nie in eerlose hande gelaat word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel, iets wat op staatkundige gebied slegs in 'n Christen-teokratiese bestel tot sy reg sal kom.

     

    U kan hierdie boek bestel by
    ds AE van den Berg
    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com
    Prys: R50-00

     
  • BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    ('n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 'n Nuwe Trek (Exclusive Books) Prys: ZAR180

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is by http://tinyurl.com/lx9vrs8

    ... en loot.co.za dit verkoop teen R169 http://tinyurl.com/l26h6jl

    ... kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD


    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    JULIE 2013

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. 

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2 NOU BESKIKBAAR

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
    of skakel hom by
    074 967 5187


    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  • Kliek op DIE CHARISMATIESE GEVAAR om meer oor hierdie boek te wete te kom Lees verder...  
  • FILM OOR DR HF VERWOERD

    Kyk by hierdie skakel http://youtu.be/TcO3zPF8998

      na die kort film oor dr HF Verwoerd.   
    Dit kan ook direk bestel word by Riaan: +27823712682 of by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
     

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

 

'N BIETJIE LANGENHOVEN:

Ek sê nie al die suur mense is Fariseërs nie, maar naastenby al die Fariseërs is suur. In alle geval, solank hulle onthou om Fariseërs te wees. Want dis ook 'n inspanning.
Verbeel jou 'n wêreld sonder 'n skaterlag, sonder eens 'n glimlag. 'n Hemel op aarde, sal die Fariseër sê. Uit so 'n hemel sou ek wou wegloop hel toe.

Die man wat ek na soek, is nie dié wat die minste foute maak nie, maar dié wat die meeste foute régmaak.

Slaap laat solank as jy jou eie baas is en daar sal 'n tyd kom wanneer 'n 'n baas jou sal laat vroeg opstaan.

Ontydige vlyt is die merk van die luiaard. Dis sy verskoning vir ontydige rus.

Ons reken ons geluk vir ons loon en ons straf vir ons ongeluk.

Welvaart is die  dogter van matigheid en die moeder van weelde.

My swaarste pad trap ek self vir my plat, en die swaarste is die wat my voete nooit vat.

Daar is geen kuns by sukkel en geen sukkel by kuns.

Die boer wat nie saai nie sal nie misoeste kry nie, maar hy sal geen goeie ook kry nie.

Het die daeraad lief en die dag sal jóu liefhê.

'n Man wat werklik oor homself baas is, is nooit die kneg van 'n ander nie.

Dis die flukse perd wat flou word. Meer moeite as wat die vlytige het vir sy loon, het die luiaard verniet.

Op die ou end werk die vlytige man vir homself, die luiaard vir 'n ander.

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Kla net oor jou kooi as dit 'n ander is wat dit vir jou opgemaak het.

Hoe korter jy jou kuier maak, hoe gouer sal jy weer genooi word.

Om my naaste lief te hê is vir my 'n sware gebod. Met die mense daargunter kry ek dit nog op 'n manier reg.

Jy sê "ja" waar jy moes "nee" gesêhet omdat jy die ander nie wil aanstoot gee nie. Maar eken hoe het hy jou aanstoot gegee met sy versoek!

Aan 'n nuwe wa kan jy sien of dit 'n goeie skilder was; aan 'n oue of dit goeie wamaker was.

Trek liewer vir jou vriend jou broek uit as om vir hom vir 'n baadjie borg te staan. Anders loop julle naderhand albei nakend.

Die vriendskap wat jy moet koop is 'n duur artikel. Jy sal nie weer jou prys kry as jy dit van die hand wil sit nie.

Moenie vriendskap en besigheid meng nie – jy bederf albei.

'n Man wat nie vyande het nie deug nie vir 'n vriend nie.

Maak jou vriendelikheid goedkoop en hou jou vriendskap duur.

Moenie jou vriend vergeet nie; dit sal hom seermaak. Maak jou vyand daarmee seer.

'n Skare is 'n versameling van eensames.

Stuur die luiaard na die miere, en as hy nie te lui is om te gaan nie sal hy te lui wees om weer terug te kom.

Dis net so moeilik om maklikheid in die ou wêreld te kry as wat dit maklik is om moeilikheid te kry.

Waardeer die werk van jou vrou. Jy kan nie op die aarde 'n ander kneg kry vir dieselfde diens en dieselfde prys nie.

Met spaarsaamheid sal jy uit die kleinste inkomste iets oorhou; met verkwistery sal die grootste vir jou te min wees.

Besorg jou eie boodskap en reken die moeite teen dit wat die misverstand jou sou gekos het.

Het die ryk man nodig om so suinig te wees? Maar hy is nie 'n ryk man wat suinig geword het nie; hy is 'n suinige man wat ryk geword het.

Help jou swakke mededinger op die bene bly.  As hy tot niet gaan, kom daar dalk 'n sterke in sy plek.

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES (7)

(Lees die reeks by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

  • Die adderbyt van naberou is verskriklik (Naberou is ontstellend.)
  • Hy het hom in 'n addergebroedesel begewe (Hy was tussen 'n groep nydige, aanvallende mense.)
  • Sy het hom adieu toegeroep (Sy het vaarwel gesê.)
  • 'n Adres van adhesie is 'n geskrif waarin instemming betuig word met 'n versoek.
  • Jy is nou by die verkeerde adres (Jy soek die oorsaak van die kwaad by die verkeerde persoon.)
  • Dit was advokatery (Dit was regskundige uitoorlêery.)
  • Hy sal die werk weer afbroddel. (Hy sal knoeiwerk of slordige werk verrig.)
  • Sy wil elke takie afbrom (Sy kla die hele tyd terwyl sy werk.)
  • Jy kan nou maar afdans (Jy kan nou maar skoert.)
  • Moet hom nie op sy verdienste afdwing nie (Moet hom nie verkleineer nie.)
  • Die ou werkie draf ek gou af (Ek sal dit sommer gou afhandel.)
  • Hulle wil die rusie afdrink (Hulle wil vrede maak.)
  • Sy het soms baie affêrinkies (Sy is dikwels vol nukke en nonsens.)
  • Hy sal wel weer geld van haar affutsel (Hy sal dit op 'n oneerlike manier van haar kry.)
  • Daar kan niks van afgaan nie (Dit kan nie ontken word nie.)
  • Hy sal 'n afgehekste loesing kry ('n deeglike pak slae.)
  • Sy is 'n afgelekte meisie (Sy het al baie kêrels gehad.)
  • Jy lyk so afgesak (Jy lyk baie moeg.)
  • Hy het afgetop gelyk (Hy het verleë gelyk.)
  • As jy iets van hom wil hê sal jy dit moet afgoël (Hy is so suinig!)
  • So 'n afhaler is onnodig ('n Onnodige belediging.)
  • As dit afhang moet ons dit maar opbind (Skertsend wanneer iemand gedurig begin met "Dit hang af..."
  • Na elke partytjie is hy babalaas ( dan ly hy aan die gevolge van te veel alkohol).
  • Daar was 'n Babelse gegons van stemme (Almal het gelyktydig gepraat).
  • Dit was 'n Babelse verwarring (Dit was baie deurmekaar).
  • Hy sal weer mooi broodjies kom bak (Hy sal kom vlei en mooipraat om sy doel te bereik),
  • Hulle eet nie uit een bak nie (Hulle is nie vriende nie).
  • Sy het hom 'n bak gewys (Sy het hom onvriendelik tereggewys).
  • Gou by die bak maar lui by die vak (Hy is eerste daar waar iets te ete is maar traag as hy moet werk).
  • Hy maak sy hande bak (Hy kom bedel iets).
  • Ons moes bak staan (Ons moes hard werk).
  • Dit was sommer 'n bakerpraatjie (Dit was 'n skinderstorie).
  • Jerusalem is die bakermat van die Christelike Kerk ( Dis waar dit begin het. 'n Bakermat was 'n mandjie waarin die baker – die vrou wat 'n pasgebore baba versorg het – die kindjie op haar skoot voor die vuur versorg het).

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1806 gaste aanlyn