Nuutste bydraes

GEDAGTES VIR ELKE DAG

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

In die gelykenis van die Talente keer die baas na ‘n lang tyd terug om rekenskap van sy gawes te eis.  So sal ook God van elkeen se lewe doen. Mag ons maar met ons lewe doen wat ons wil?  Nee, dit sal net so dwaas wees soos die dienskneg wat sy talent begrawe het. Die groot vraag voor die wit troon sal wees: “Wat het jy met jou lewe gedoen?”    Ons sal eerlik moet antwoord want ons staan voor Een wat dwarsdeur ons sien.

DIE GEMEENSKAP VAN DIE GELOWIGES

‘n Bybelse program vir die heropbou van gemeentes

Ds Andrè van den Berg

1. Wag op die Here!    Skriflesing: Hand.1:1-14 .            

2. Geen geloofsgemeenskap sonder die Heilige Gees nie    Skriflesing: Hand.2:1-18;37-44

3. Geloofsgemeenskap deur toewyding    Skriflesing: Hand.2:37-47

4. Begin deur ware aanbidding    Skriflesing:   Hand.2:38-44

 5. Deelname aan geloofsgemeenskap   Skriflesing: Hand.2:41-47

 6. Geloofsgemeenskap verheerlik God   Skriflesing: Hand.2:37-47

 

  1. WAG OP DIE HERE!

          Skriflesing: Hand.1: 1-14

“En Hy antwoord hulle: Dit kom julle nie toe om die tye of geleenthede te weet wat die Vader deur sy eie mag bepaal het nie; maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal My getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en Samaria en tot aan die uiterste van die aarde” (7,8).

1. Selfondersoek

Wees eerlik: Hoe lyk jou geestelike lewe? Maar betreklik saai? Sou jy graag ‘n nuwe begin met God wou maak? Miskien het jy al ‘n paar keer probeer, maar telkens misluk en moed opgegee. Dit maak jou gees sat want jy besef dat jou tyd op aarde uitloop en dat daar ‘n ewigheid op jou wag wat deur jou lewe op aarde bepaal word. Die lewe beweeg mos vorentoe en nie agtertoe nie. As jy dus vandag die regte ding doen, kan dit ‘n baie groot verskil aan môre maak.

Hoe begin ‘n mens van voor af met God? Die Bybel leer ons hoe. In Hand.1 lees ons van ‘n nuwe geestelike begin in wording wanneer Christus die dissipels help om hul misverstande, mislukkings en drostery te verwerk. Om ‘n nuwe begin te maak, is dit baie belangrik om eers met jou verlede vrede te maak. Jy kan geen nuwe begin met God maak as nie met jou verlede vrede gemaak het nie!

Een van die grootste probleme waarom mense se geestelike lewe dikwels nie verder as die aanloopbaan kom nie, is die enorme klomp emosionele bagasie wat hulle met hul saamsleep. Indien jy dit nie in die vertreksaal van die verlede agterlaat nie, sal jy nooit in die lug kom nie en is ontnugtering jou voorland.

Waarom het Christus nie direk na Sy opstanding ten hemel gevaar nie, maar vir 40 dae gewag? Om ontnugterdes te help om van hul emosionele bagasie ontslae te raak en ‘n nuwe begin te maak (Joh.21:15-17). Daarom het Hy in hierdie tyd die Woord van God indringend aan hulle verduidelik. “Toe open Hy hul verstand om die Skrifte te verstaan” (Luk.24:45). Hulle moes immers die wêreld met Sy verlossingsboodskap omkeer!

Moenie uit die oog verloor wat in Hand.1 gebeur het nie.   Miskien kyk ons te veel na die gevolge in hoofstuk twee en bemerk nie waarom die dissipels so ‘n kragtige nuwe begin kon maak nie. Hand.1 gee vir ons drie sleutels waarmee die eertydse dissipels die deur na ‘n nuwe begin oopgemaak het. Ons moet dieselfde sleutels gebruik. Dit werk nog steeds!  

2.   God het ‘n duidelike plan  

Die eerste sleutel is om God se plan vir jou lewe te vertrou. Die dissipels kon dit wat op Pinksterdag en die res van Handelinge gebeur het alleenlik doen omdat hulle God se plan vertrou het. Dis nie altyd maklik om Sy plan te vertrou nie. Ons maak dinge vir onsself moeilik deur nie altyd op God te wag nie, maar ons eie kop volg. Dis dan dat ‘n gebrek aan vertroue ons geestelike lewe laat stilstaan en ‘n vrees vir die onbekende ons van geestelike hoogtes weerhou. Ons word bang om ‘n nuwe begin te maak.

Hand.1:7,8 sê dat God ‘n plan gehad het, maar nie hoe Hy dit sou uitvoer nie. Die dissipels is slegs aangesê om na Jerusalem terug te keer, iets waaroor hulle allermins opgewonde was. Dit was immers die plek waar Christus gekruisig is en hulle agter slot en grendel vir moontlike vervolgers gaan skuil het.

Hulle getuienis moes egter nie net in Jerusalem opklink nie, maar ook in die hele Judea, Samaria en verder. Die Evangelie was uiteraard nie net vir Jode bedoel nie, maar ook vir ander volke. Hierdie opdrag was egter nie maklik nie omdat daar eeue lange rassespanning tussen die Jode en die Samaritane was; nie eens van die res van die heidendom te praat nie!

Die dissipels moes in Jerusalem wag om aan die koninkryk van God te bou en Sy plan uit te voer. Hulle was op die regte koers. God sou hulle aan die gang sit om daarna self te beweeg. Will Rogers het gesê: “Al is jy op die regte pad, sal jy omgery word as jy net daar bly staan!”

Die dissipels het nie bly staan nie, maar dadelik aan die werk gespring, God se plan gevolg en ‘n ongelooflike nuwe begin gemaak. Dwarsdeur Handelinge sien ons hoe gelowiges wat God se plan vir hulle lewe gesoek het ‘n nuwe begin gemaak het. Jy kan nie verkeerd gaan as jy God se bouplan uitvoer nie (Mt.7:25).

Christus het die dissipels aangesê om op God te wag. Hoe wag ‘n mens op Hom? Jy volg God se plan en doen wat gedoen moet word. Jy laat nie jou geestelike spoed breek nie. God het ‘n groot plan vir die dissipels gehad. Hulle moes nie vrae vra nie; slegs vertrou en volg. Dis mos geloof!

Wag is maar ‘n nare ding, veral vir ‘n haastige mens. Christus se opdrag het die dissipels egter nie ledig gemaak nie. Hulle het diè wagtyd gebruik om reg te maak vir die groot oomblik as hulle moes beweeg. Niks gebeur toevallig nie. God het altyd ‘n plan. Die dissipels moes net in pas daarmee kom deur hul eie planne te los en by God s’n in te skakel.

Dis belangrik dat ons planne, hoe edel dit ookal mag wees, nie met God s’n inmeng nie. Paulus wou bv.die Evangelie aan ‘n verlore wêreld bring, maar het van plan verander na die droom van die Macedoniër (Hand.16:9). By geleentheid wou hy na Misië gaan, maar is deur die Gees verhoed en na Troas gegaan. Toe hy in Philippi kom, was God alreeds besig om heidene se harte vir die Evangelie oop te maak.

Wat leer ons hieruit? Dat indien ons planne nie uitwerk soos ons hoop, ons God moet vra of Hy nie dalk ander planne met ons het nie. Soms spits ons ons aandag te veel op ons eie planne en vergeet van God se plan met ons.

Daar is ook diegene wat vir die kerk wag om iets te doen alvorens hulle self beweeg. Dis fataal! Geen mens het al ooit ‘n nuwe begin gemaak deur passief te wag nie!  Mense wat van die kerk verwag om God se plan vir hul lewe te verwerklik, is altyd terleurgestel. Dis die mense wat nie wil geen nie, maar slegs ontvang. Hulle sal hoogstens eredienste bywoon en die sakramente gebruik, maar niks meer nie. Die kerk moet maar plan maak om hulle in hemel te kry. Dis allermins ‘n Protestantse siening, maar Rooms!

3.   Op God se eie tyd

Die tweede sleutel waarmee die dissipels ‘n nuwe begin gemaak het, was om God se tydsberekening te vertrou. Sy plan kan nie verwerklik as mense Sy tydsberekening nie vertrou nie! In Hand.1 wou die dissipels weet wanneer God se koninkryk kom en gereken dat dit ‘n nuwe politieke bedeling was. Hulle is egter net aangesê om te wag en op Hom te vertrou. Sy koninkryk sou op die regte tyd kom.    

God het ‘n baie groot plan vir die kerk gehad. Wat op Pinksterdag gebeur het, was al voor die grondlegging van die wêreld haarfyn beplan. Alles gebeur op Sy tyd. Ook die wederkoms. Ons moet Hom nie probeer aanjaag soos die sektes met hul ydele wederkomsvoorspellings nie. Alles gebeur op Sy tyd en volgens Sy plan. “Wag op die Here! Wees sterk en laat jou hart sterk wees! Ja, wag op die Here!” (Ps.27:14). Geduld is ‘n bitter plant met soete vrugte.

4. God waarborg resultate

Die derde sleutel wat die dissipels gebruik het, was om God vir die resultate te vertrou. Die tyd wat ons spandeer om op God te wag, moet altyd aktiewe tyd wees en nie met dagdrome verkwis word nie. Ons moet slaggereed wees om te beweeg.

Jare gelede was daar ‘n TV-nuusberig oor die eertydse oorlog in Afghanistan. Terwyl ‘n Amerikaanse soldaat die loop van sy geweer skoongemaak het, het hy die horison vir ontsnapte Taliban-rebelle gefynkam. Hy het geweet dat woestynsand ‘n geweer kon laat stoor en die wagtyd gebruik om seker te maak dat hy vir die dood-en-lewe stryd gereed is. Dis hoe gelowiges ook moet wees – altyd gereed om vir God te beweeg (Efes.6:10-20).

Die dissipels het na Jerusalem teruggekeer waar die gemeenskap van die gelowiges vorm begin aanneem het. Hulle het God se plan gevolg, Sy tydsberekening in ag geneem en Hom vir die resultate vertrou. “Hulle het almal eendragtig volhard in gebed en smeking…” (Hand.1:14).

Dis ‘n kragtige boodskap vir almal wat ‘n nuwe begin met God begeer. (i) Volg God se plan vir jou lewe. (ii) Moenie Hom aanjaag nie (iii) Vertrou Hom vir die resultate.

                                                    GOD SE PLAN

                       Ek het God vir verstand gevra om goed te kon presteer

                      Hy het my eenvoudig gemaak om nederig van Hom te leer

                       Ek het Hom vir krag gevra om voluit te kon leef

                       Hy het my swak gemaak om na ewigheidswaardes te streef

                       Ek het Hom vir rykdom gevra sodat ek niks sou kort

                       Hy het my arm gemaak sodat ek wys kon word

                       Ek het vir aansien gevra en om die regte dinge te sê

                       Hy het my nederig gemaak om meer behoefte aan Hom te hê

                       Ek het vir geleerdheid gevra om die lewe om te keer

                       Hy het my swak gemaak om Hom te waardeer

                       Ek het nooit dinge ontvang wat met rykdom vergelyk  

                       Maar wel hemelse skatte om my siel te verryk

                       God het my, kortom, van ydele waardes gestroop

                       Om my lewenspad volgens Sy plan te loop!

2. GEEN GELOOFSGEMEENSKAP SONDER DIE                    

                     HEILIGE GEES NIE  

                                 Skriflesing: Hand. 2:1-18; 37-41

“ En Petrus sê vir hulle: Bekeer julle en laat julle doop en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang” (vers 38).

1.   Gebruik die Bybel reg

Ons koop soms ‘n artikel wat ons nie ten volle gebruik nie. Dit kan eintlik baie meer doen, maar ons weet nie hoe nie. My rekenaar is bv.niks anders as ‘n (verskoon die Engels!) glorified tikmasjien nie! Dit kan baie meer doen as waarvoor ek dit gebruik, maar ek weet nie hoe nie. Dis hoe baie mense die Bybel hanteer - ‘n glorified boek, terwyl dit soveel meer kan doen!

Sonder die werking van die Heilige Gees is die Bybel niks anders as ‘n geskrewe kode nie. Daarom verg dit meer as blote Bybellees om tot verheerliking van God te kan leef. Dit was die probleem met die Ou Testamentiese wet. Dit het mense vertel wat hulle mag en nie mag doen nie, maar nie die krag gegee om uitvoering daaraan te gee nie. Gevolglik het die Wet feitlik ‘n doodvonnis aangekondig sonder om bystand te verleen (Rom.3:9-20).

In hierdie opsig verskil die Nuwe Testament nie veel van die Ou Testament nie. Let bv. op die Bergpredikasie en ‘n mens besef dat dit wat Christus daar sê eintlik slegte nuus is. Want watter mens kan uitvoering daaraan gee? Dit plaas die mens eintlik terug op die Ou Testamentiese weg.

Die dissipels het gesien hoe Christus mense gesond maak, twee uit die dood opgewek, blindes laat sien, lammes laat loop en besetenes genees. Toe sê Hy vir hulle om selfs groter dinge as dit te doen. Was dit goeie nuus? Nee, Hy kon (met alle eerbied gesê) net sowel vir hulle gesê het: “Vlieg maan toe!”. Om iemand ‘n onmoontlike opdrag te gee, is nooit goed!

Net so ook Sy opdrag aan die dissipels om mense lief te hê soos Hy hulle (dissipels) het. Hoe kon Christus so ‘n iets van hulle verwag? Hulle het gesien wat mense Hom aangedoen het - pyn, leed, lyding en later selfs die dood laat smaak! Om van hulle sulke liefde te eis, het hulle moedeloos gemaak. Sulke opdragte was ver buite hulle geestelike bereik. Geen mens kon daarby kom nie!

2. Onontbeerlike krag  

Christus het geweet dat Sy dissipels meer as blote Bybelse voorskrifte vir vernuwing nodig gehad het. Hulle het ook krag kortgekom. Daarom moes hulle in Jerusalem op Sy belofte wag:“want julle sal krag ontvang” (Hand.1:8). Dit het baie beter geklink; voorskrifte plus krag. Dit was nou goeie nuus! En dis presies wat op Pinksterdag gebeur het. Die dissipels het krag van God ontvang.  

Christus se kruis en opstanding was merkwaardige vertonings van God se liefde en krag. Maar was dit nie vir die wondergebeure van Hand.2 nie, sou hierdie verhaal verlore gegaan het. Die kragvolle teenwoordigheid van die Heilige Gees het die geskiedenis omgekeer en as die geboorte-uur van die Christelike kerk laat aanteken.

Ons sal die vreugde van dissipels oor die opstanding van Christus en Sy 40 dae saam met hulle nooit kan bedink nie. Dit was groots! Hulle het egter meer as dit nodig gehad vir die teenstand wat op hulle gewag het. Die Heilige Gees moes hulle met geestelike krag toerus ten einde weerstand te kon bied.

Sonder die werking van die Heilige Gees is ons kragteloos. Opgewondenheid en geesdrif is nie plaasvervangers vir die werking van die Gees nie. Sektes verwar dikwels die vurige betoog van ‘n ekstrovert met Geesvervulde prediking. Nee, net die Heilige Gees kan ons krag gee: “En net so kom ook die Gees ons swakhede te hulp, want ons weet nie reg wat ons moet bid nie…” (Rom.8:26).

‘n Klompie jare gelede moes ek my litte roer om ‘n vliegtuig na Windhoek te haal. ‘n Man het van agter by my verbygekom sonder om juis vinnig te loop. Hy het op ‘n voetgangersvervoerbaan gestaan. Dis hoe gelowiges in die Heilige Gees loop. Hy kom onder ons in en laat ons in Sy krag beweeg. Ons moet net opklim. Ons besef nie wat ‘n verskil daar is tussen wat ons vir onsself en wat die Heilige Gees vir ons kan doen nie. Kyk maar net wat Hy vir Petrus gedoen het!

Maak gerus ‘n lys van alles wat jy in die lewe nodig het. Laat die Heilige Gees daarna toe om Sy lys vir jou te gee d.w.s wat Hy dink jy nodig het. Dit sal iets soos Efes.3:14-21 wees.   Wees eerlik: Gee God jou nie baie meer nie? Eintlik lyk ons behoeftelys maar eenvoudig!  

Ons het almal ‘n groot behoefte aan geestesgemeenskap. En dis net moontlik indien gelowiges met die Heilige Gees vervul is en Sy inwonende krag ervaar. Let gerus op Simon Petrus. Waar het sy vreesloosheid om voor duisende mense te praat vandaan gekom? Beslis nie uit homself nie. Daarvoor was hy te bang! Die Heilige Gees het hom krag gegee. En dis ‘n gawe wat ons van God kan afbid. “As julle wat sleg is, dan weet om goeie gawes aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal julle Vader wat in die hemele is, goeie dinge gee aan die wat Hom bid!” (Mt.7:11).         

Die gawe van die Heilige Gees (Hand.2:38) ontbreek in baie mense en gemeentes. Diegene wat dit ontvang, is anders en doen God se werk met toewyding en oorgawe.  Daarbenewens het hulle ‘n lewensvreugde wat geen geld kan koop nie. Hand.2:46 maak van twee eienskappe wat uit die vervulling met die Heilige Gees voorvloei melding nl. eendrag en blydskap. Dis onontbeerlik. Daarsonder kom die gemeenskap van die gelowiges nie van die grond af nie.

3.   Satan haat die kerk  

Die geloof in Christus was vir die eerste Christengelowiges geen pad van maneskyn en rose nie. Toe onweerswolke teen die kerk opsteek, het hulle heftige teenstand gekry (Hand.6). Nadat ‘n dissipel gestenig is, het die gemeente deels uitmekaar gespat. God het egter ‘n doel hiermee gehad – die kerk moes uitbrei sodat die verlossingsboodskap wyd en syd gehoor kon word (Hand.1:8).  

Satan het die kerk eers van buite aangeval en met wrede vervolgings probeer dooddruk. Toe dit nie werk nie, het hy haar in haar fondamente geskud deur met daallering in haar midde op te duik. Indien Christus haar nie bewaar het nie, sou dit haar einde gewees het! Hy het egter tere gelowiges gebruik om die Bybel te bewaar en die verlossingsboodskap suiwer te verkondig.

Geloofsgemeenskap sorg vir eendrag, blydskap en die bewaring van hemelse skatte. Oral waar dit nie beleef word nie, trek die Evangelie skeef en bly die waarheid in die slag.  Satan haat Evangelieverkondiging en geloofsgemeenskap en verwek altyd teenstanders. Paulus waarsku alreeds baie vroeg daarteen: “Want ek weet dit, dat na my vertrek wrede wolwe onder julle sal inkom en die kudde nie sal spaar nie” (Hand.20:29). Satan weet dat as hy geloofsgemeenskap vernietig, kwyn die kerk.

Daarom moet ons ons geloofsgemeenskap soos goud oppas. Waar dit ontbreek, is die einde in sig. Geloofsgemeenskap is kosbaar en verwerklik net indien ons die gawe van die Heilige Gees het en Hy in ons woon. indien Christus haar nie bewaar het nie.

3. GELOOFSGEMEENSKAP DEUR TOEWEIDING                                                                                        

                                         Skriflesing: Hand.2:37-47

“En hulle het volhard in die leer van die apostels en in die gemeenskap en in die breking van die brood en in die gebede”(:42).

1. Wat verander?                            

Die wêreld het die afgelope eeu baie verander. Nie die mens nie. Sy wesensaard het basies dieselfde gebly. Die mens het nog steeds dieselfde behoeftes as toe Christus op aarde was. Wat het wel verander? Slegs sy omstandighede. Die Bybel spreek dit wat nie verander het nie (sy wese) aan. Daarom is en bly die Bybel altyd nuut.

Die mens was nog altyd bereid om sy omstandighede te verander en te verbeter, maar nie sy aard (persoonlikheid) nie. Het jy al ooit probeer om ‘n uiters negatiewe persoon in ‘n positiewe een te verander, of een wat altyd laat is, in iemand wat altyd betyds is? Jy kry dit nie reg nie. Dis sy aard!

Daarom misluk kerke wat net daarop ingestel is om mense se omstandighede te verander, deur die bank. Hulle peuter bv. gereeld met die inkleding van die erediens. te gepeuter nie!   In plaas van ‘n vaste, stemmige liturgiese orde, gebruik hulle los ordes wat mense verwar. In plaas van stemmige geestelike liedere, word melodieë gebruik wat selfs op ‘n dansbaan gewild sal wees. Nie eens van onstigtelike orkeste, oneerbiedigheid vir God en die Amerikaanse jeans-en-tekkie kultuur te praat nie!

Omdat geen werklike verandering plaasvind nie, werk dinge op die ou einde nie uit soos verwag is nie. Kerke probeer die verkeerde dinge verander! As mense se aard nie verander nie, mors kerke hul tyd met ander dinge!

2. Begin reg!

As jy ‘n verandering in jou lewe wil maak, moet jy reg begin - daar waar jy nou is. Hou op droom oor daardie eendag wanneer alle dinge gaan regkom, want dit sal nie!  Niks sal gebeur alvorens jy ophou droom en iets daadwerklik aan jou geestelike lewe doen nie. Herstel is die eerste treë na vernuwing en uiteindelike geloofsgemeenskap.

As jy ‘n verandering in jou geestelike lewe wil maak, moet jy hulp kry. Die pad van vernuwing begin as ons vir God sê: “Here, ek het hulp nodig!” Dis hoe terapie werk. Ek het ‘n probleem en het hulp nodig. Nou is dit so dat mense God nie maklik om hulp vra nie en hulself uit die diepwater van ellende probeer sleep (Ps.32:3-5). Help is genesende woord wat God se hand in ons lewe in beweging bring. In Ps.40 roep Dawid beangs na God om hulp, waarna Hy sy voete op ‘n rots plaas.  

Geestelike vernuwing is ‘n persoonlike saak. Pasop vir ‘n groepsgevoel! Baie mense wag vir dinge om in hulle gemeente verander alvorens hulle verander. Moenie vir die groep wag alvorens jy beweeg nie. Dit gebeur gewoonlik nooit nie! Moenie dat die onwilligheid van ‘n groep jou laat terugdeins nie.

3. ‘n Toegewyde lewe

Geestelike herstel loop altyd op ‘n nuwe toeweiding aan die Here uit.   Daar is vir Hom niks so mooi soos ‘n toegewyde lewe nie (Ps.1). Gen.5 vertel ons van Henog wat ten spyte van die goddelose tydsgees waarin hy gewoon het, nogtans met God gewandel het.

Toewyding maak die lewe nie saai nie, maar eerder baie interressant. Dit laat mense dinge met oorgawe doen. Jare gelede het ‘n sakeman begin gholf speel. Hy het vir hom ou stokke en ‘n gehawende gholfsak gekoop net om te sien of hy met die spel regkom. Toe hy geen sukses behaal nie, het hy belangstelling verloor en dit gelos.

Toe hy later oor sy mislukking nadink, moes hy erken dat sy hart nie in die spel was nie. Hy het bv.selde nuwe balle gekoop omdat hy bang was dat hy dit in die water kon verloor. Die gehawende sak, ou stokke en gebruikte balle het sy gebrek aan toewyding gekenmerk.

Dieselfde gebeur met die kerk. Mense raak nie toegewyd nie. Gevolglik vind hulle nie in die kerk waarna hul soek nie Dit gebeur ook dat diegene wat die meeste van die kerk verwag, die mins toegewyd is. Hulle verloor gou belangstelling en vertrek dan na die volgende kerk sonder om êrens tuis te kom.  

4.   Moue op!

Die kerk/gemeente is wat jy daarvan maak. Moenie van ander verwag om dit wat jy moet doen vir jou te doen nie! Moet ook nie ‘n vinger na die kerk wys nie. Dis nie haar skuld nie. Vier vingers wys terug! Op Pinksterdag het die 3000 bekeerlinge nie vir die hele groep gewag alvorens hulle hul lewe vir Christus gegee het nie. As hulle vir mekaar moes wag, sou geen Christelike ontstaan het nie! Elkeen het sy eie besluit geneem.

Wat het hulle daarna bymekaar gehou? ‘n Toewyding aan die leer van die apostels wat op die Bybel geskoei was. Opregte toewyding val altyd die openbare oog op.  Die apostels se toewyding het ander na Christus gelok en deel van die gemeente laat word. God bring altyd mense bymekaar wat bymekaar hoort.  

Ek het in Houtbaai grootgeword en dikwels gesien hoe kleinvis in die vlakwater inbeweeg met duisende seevoëls wat rasend op hulle afduik en vreet. Dit het my altyd aan God se vaderlike versorging laat dink. Dis presies wat in ‘n geestelike sin op Pinksterdag gebeur het. Jode het uit die uithoeke van die wêreld in Jerusalem byeengekom om deur God gevoed te word. Die afstande wat hulle moes reis om by die tempel te kom, het van hul volkstoewyding getuig. Daar was maklik ‘n miljoen mense by so ‘n saamtrek!  

5. Opgewonde in God

God het die Joodse volk eeue lank op die koms van Christus voorberei. Ongelukkig het sommige verveeld geraak. Desondanks was minstens 3 uit elke 1000 aanwesiges opgewonde oor wat die apostels na die uitstorting van die Heilige Gees verkondig het. Dis maklik om met iemand oor Christus te praat as hy oor God se Woord opgewonde is. Hoe langer ons die Bybel bestudeer, hoe meer opgewonde behoort dit ons oor Christus te maak. Is jy nog opgewonde oor Hom?

In Hand.17:11,12 lees ons van opgewonde gelowiges in Berea (Griekeland): “En hierdie mense was edelmoediger as diè in Thessalonika; hulle het die woord met welwillendheid ontvang en elke dag die Skrifte ondersoek of hierdie dinge so was. Baie van hulle het dan ook gelowige geword, en van die aansienlike Grieke ‘n groot aantal, vroue en manne”.

Slegs toegewydes raak opgewonde oor God se Woord en doen wat Hy vra.  Daarom moet ons die Bybel nie net lees nie, maar werklik bestudeer. Daardeur leer ons wat God in menselewens doen en wat Hy van ons verwag. Wanneer die Woord van God in ons leef, leef ons anders as die wêreld (Rom.12:2).

Baie mense verwag van God om hul omstandighede maar nie hul persoonlikhede te verander nie. Daarna raak hulle baie terleurgesteld in God as Hy dit nie iets aan hulle situasie doen nie. Die dissipels het dieselfde fout gemaak. Oppad na die hemelvaart het hulle Christus gevra of Hy hulle politieke situasie gaan verander? Hulle het geen benul van die aard van die koninkryk van God gehad nie. Christus moes hulle politieke omstandighede verander; nie hul sieleheil nie.

Met ongeveer ‘n miljoen Jode byeen, was Pinksterdag voorwaar ‘n skouspel van toewyding aan nasionale broederskap! Daar was geen vliegtuie, treine of motors wat pelgrims Jerusalem toe kon vervoer nie, slegs sandale, donkies en ou skepe. Hierdie toewyding was egter ‘n vulletjie in vergelyking met die toewyding van Christene na die uitstorting van die Heilige Gees!

Die gelowiges het alles in hulle vermoë gedoen om mekaar by te staan. En dis belangrik. Ons diepte van toewyding aan God word nie net aan ons kerkbywoning gemeet nie, maar ook aan die fisiese bystand wat ons mekaar verleen. Daarom het van die gelowiges hulle besittings verkoop om ander in stoflike nood te help.

Daar was egter nog iets wat hierdie mense heg saamgebind het – aanbidding. Die Engelse sê: “Those who pray together stay together”. Dis was waar van die eerste Christene. Hulle het gereeld saamgebid. Dis waarom hulle in die eerste instansie op Pinksterdag in die tempel was. God is altyd in aanbidding te vind want daardeur leer gelowiges wat Sy wil vir hulle is (Hand.4:31-32; 13:1-3; 16:23-33). Sal ons dit nie ook doen nie?

       4. BEGIN DEUR WARE AANBIDDING

 

                                     Skriflesing: Hand.2:38-44

 

“En almal wat gelowig geword het, was bymekaar, en het alles gemeenskaplik  

besit” (vers 44).

1. Moenie die doel mis nie!

Henry Beecher was ‘n gewilde predikant in Plymouth (Engeland). Mense het van heinde en verre gekom om na hom te luister. Sy broer was ook ‘n leraar, maar nie so gewild nie. Een Sondagoggend was daar weer baie mense in die kerk, maar toe hulle hoor dat Henry nie op kansel sal wees nie, maar sy broer, wou baie opstaan en loop. Toe sy broer op die kansel kom, het hy gesê: “Almal wat na Henry Beecher kom luister het, kan maar opstaan en gaan. Almal wat God kom aanbid het, moet asseblief bly!”. Niemand het geloop nie!

Dis jammer as godsdienstiges die doel van godsdiens mis. Dit gebeur wanneer mense kerkgang met aanbidding verwar. Dis nie eenders nie. Wat is aanbidding dan? Is dit om dinge wat God beveel, uit te voer? Is godsdienstigheid gehoorsaamheid aan God? Baie van die ou Jode het so geglo en die klem swaar op plig laat val.

Mense maak nog steeds dieselfde fout. Kerkbywoning is vir baie die enigste maatstaf vir gehoorsaamheid en gehoorsaamheid vir godsdienstigheid. As jy kerk toe gaan, is jy godsdienstig andersins nie.  Die klem val so swaar op die dinge van die kerk, dat mense van God se teenwoordigheid vergeet en nooit by aanbidding uitkom nie.  

2. Kerklike dilemmas

Kerke wat die verkeerde maatstawwe gebruik, spits hul al hoe minder op God en meer op die mens toe. Wat maak ‘n gemeente lewendig? ‘n Goeie leraar, uitmuntende orrelis, goeie koor of puik kategese? Dis alles wonderlike dinge, maar geen plaasvervanger vir ware aanbidding nie.

Baie kerke is nie met ware aanbidding besig nie, maar met toneelspel. Mense stroom na sulke kerke net om getrakteer te word en goed oor hulself te voel – entertainment in Engels. Leraars probeer elke diens so opwindend, interressant en anders as die vorige een te maak. ‘n NG leraar het ‘n paar jaar gelede selfs tydens ‘n Kersdiens op ‘n kameel die kerk ingery! In plaas van aanbidding en geloofsgemeenskap, word mense, soos in die Roomse Kerk, passiewe toeskouers van ‘n godsdienstige skouspel.

Soos wat mense teë raak van te veel roomys eet, raak baie mense ook sat vir kerklike vermaak. Gemeentes wat na geestelike vernuwing smag, moet wegkom van die gedagte dat dit slegs kan plaasvind deur dinge waarvan mense hou te doen. Dis ‘n strik van die Satan! Die Bybel hou ‘n geheel ander model voor.

3. Die Bybelse model

Die Bybelse model vir ware aanbidding bestaan nie uit godsdienstige mannewales, raserige orkeste, slenterdrag of watter sirkusagtige lokmiddels ookal nie. Ware aanbidding spruit uit die harte en lewens van bekeerdes.  Die ou Jode het dit met hulle kerklike dwang en wettiese lasopleggings lelik vermink. Dis waarom Petrus die besorgdes op Pinksterdag opgeroep het om uit die Joodse kerk pad te gee: “Laat julle red uit hierdie verkeerde geslag”(Hand.2:40). Hulle moes na die Woord terugkeer soos wat die apostels, gelei deur die Heilige Gees gelei, hulle geleer het.

 

Ware aanbidders ondersoek altyd die Skrif. Die Woord van God het die eerste Christengelowiges geleer om hul lewens op Christus te vestig. Daarvoor was deeglike Bybelstudie nodig. Blote lees sou nie deug nie. Dit het hulle in geloofsgemeenskap saamgebind.

Geen lewe verander sonder ‘n deeglike studie van die Skrif nie. Daardeur word alles nuut - harte, gedagtes en lewenswyses (2 Kor.5:17). Die eerste Christengelowiges het deur Bybelstudie geleer wat God werklik in Christus vir hulle gedoen het. Dit het tot ware aanbidding gelei. Mense word nie deur rituele, formaliteite, tradisies en sirkusagtige vermaak saamgebind nie, maar deur die Woord van God!  

Die Kwakers was baie ernstig met hul godsdiens. By geleentheid het ‘n vreemdeling tydens stilgebed by een van hul huiskerke opgedaag en aan ‘n persoon gevra hoe laat die erediens begin? “Nadat die aanbidding verby is” was die antwoord. Diens, aanbidding en gemeenskap was vir die Kwakers een en dieselfde ding. Dis hoe dit in elke gemeente behoort te wees!

4. Deelgemeenskap

Ware aanbidding vorm hegte gemeenskappe. In Hand.2 lees ons hoe die gelowiges vir mekaar gesorg het. Hulle het van hul besittings verkoop en behoeftiges gehelp. Dit was nie van hulle verwag nie, maar ‘n natuurlike geloofsreaksie. Hulle was soos familie. “Want elkeen wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is, diè is my broer en my suster en moeder” (Mt.12:50).

Die geloofsgemeenskap het lewens so heg met mekaar verweef, dat gelowiges uit die oog verloor het wat myne en wat joune was. Individuele nood het gemeenskaplike nood geword. Dit het gelowiges van ongelowiges onderskei wat eerder aan hul besittings vasgeklou het. Jim Davis sê: “Real worship is where lives are wrapped up in one another”. God het groot behae in deelgemeenskap. Hy het immers Christus met ons gedeel (Joh.10:11; Gal.4:4; Heb.13:12,13).

5.   Lofprysing

Geloofsgemeenskap het in lofprysing oorgegaan (Hand.2:47). Lof en aanbidding is immers kenmerke van ware aanbidding. Wat die hart van vol is, loop die mond van oor! Gelowiges prys God nie omdat hulle moet nie, maar omdat hulle wil (Ps.150).    

 

In 1808, ‘n jaar voor Franz Joseph Haydn se dood, was daar ‘n uitvoering van sy beroemde werk Die Skepping in Wene (Oostenryk). Hy was self teenwoordig; baie oud en in ‘n rystoel. Sy teenwoordigheid is deur ‘n geesdriftige gehoor begroet. Toe die orkes by die gedeelte “En daar was lig” kom, het die gehoor dawerend applous vir hom gegee waarna Haydn aangedaan orent gekom en die toejuiging stopgesit het. “Nee, nee, moenie my vereer nie; alles kom van die hemel daarbo!” het hy uitgeroep en in sy stoel teruggeval. Haydn het ‘n belangrike punt gemaak – God moes eerder die eer ontvang het!

5. DEELNAME AAN GELOOFSGEMEENSKAP

                                           Skriflesing: Hand.2:41-47

“En dag vir dag het hulle eendragtig volhard….” (vers 46)

1. Waak teen verdeeltheid!

Krygsgevangeneskap is baie erg.   Die vyand probeer altyd sy krygsgevangenes se gees te breek. Jare gelede is ‘n studie onder eertydse Amerikaanse krygsgevangenes in Vietnam gedoen om vas te stel watter vyandelike metodes wel hulle gees gebreek het. Die bevinding het almal verras. Dit was nie fisiese faktore soos marteling of die weerhouding van kos en water nie, maar eensame opsluiting en die opbreek van hegte vriendskappe.

Die vyand het krygsgevangenes altyd verdeeld probeer kry – verdeel en heers, soos die Britte meer as ‘n eeu gelede in Suid-Afrika en baie ander lande reggekry het. Verdeeldheid gee altyd aan die vyand oorwinning. Hierdie eertydse Amerikaanse krygsgevangenes het hul diepste geesteskrag nie in patriotisme of die saak waarvoor hulle geveg het geput nie, maar uit die hegte vriendskappe wat hulle tydens die oorlog in klein militêre eenhede gesmee het.

Hierdie bevinding onderstreep vir gelowiges ‘n baie groot waarheid: Ons het mekaar nodig om ons geloof aan die gang te hou! Niks is so goed en opbouend vir ons gees soos ‘n daadwerklike deelname aan geloofsgemeenskap nie.

2. Volharding

Dit was wonderlik om met ‘n geloofsgemeenskap soos in Hand.1 te kon begin. Maar hoe volhard ‘n mens daarmee sodat dit nie verwater en later verdwyn nie?   Hiervoor moet ons vir onsself drie vrae afvra: (i) Wat is die werklike dryfkrag agter so ‘n geloofsgemeenskap? (ii) Wat is die aard daarvan? (iii) Wat is my persoonlike bydrae daartoe?

Ons het alreeds by ‘n paar belangrike bestanddele van geloofsgemeenskap stilgestaan. In Hand.1 het ons gesien hoedat die dissipels God se plan vertrou het. Tweedens dat hulle aanvaar het dat Hy hierdie plan op Sy eie tyd sou ontvou en derdens dat hulle in die gebed volhard het. Hand.2 leer ons weer hoe die gelowiges van die krag van die Heilige Gees afhanklik geraak het deur alle vrees oorboord te gooi en groot dinge vir God se koninkryk gedoen het.

Daarbenewens het die apostels se treffende prediking ‘n baie belangrike bydrae tot die geloofsgemeenskap gelewer. “En elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word” (Hand.2:21). Hulle prediking het mense geroer. Hulle het vir die eerste keer in hul lewe verstaan dat Christus die vervulling van God se beloftes was. God se verlossingsplan het deur Christus geloop!

Drieduisend mense het onmiddellik positief daarop gereageer en hulle in die leer van die apostels verlustig.   Daarbenewens het hulle nuwe vriendskappe aangeknoop, saam Nagmaal gehou en ‘n uitsonderlike gebedsgemeenskap beleef. Namate die heerlike besef dat hulle ‘n nuwe begin kon maak, het tot almal deurgedring het, is hulle met ‘n heilige ontsag vir God vervul.

 

God het mense bymekaar gebring wat by mekaar gehoort het. Hulle het bv. nie vooraf besluit om ‘n kerk te stig nie. Daar was geen voorgeskrewe erediensorde of enige ritueel nie. Lukas beskryf slegs wat gelowiges gedoen het omdat die Heilige Gees hulle harte geopen het, asook dit wat die apostels en nuwe gelowiges daarna spontaan gedoen het. Daarom word die boek HANDELINGE genoem.

3. Die nuwe gemeenskapslewe

Een van die opvallendste kenmerke van hierdie nuwe begin, was die gelowiges se hartlike gemeenskapslewe. Hulle het hul harte vir mekaar oopgemaak en mekaar se geestelike en stoflike belange op die hart gedra. As hulle nie hul harte vir mekaar oopgemaak het nie, was dit geen gemeenskap nie, maar hoogstens ‘n byeenkoms.

Wat het hulle so heg saamgebind? Die bestudering van die Woord van God aan die hand van wat die apostels geleer het. Hierdie besielende boodskappe het gelowiges se aandag so op die Skrif gevestig, dat ‘n heerlike samesyn daaruit voortgevloei het.

Die eerste Christene het geen belydenisskrif gehad nie. Nie eens die Nuwe Testament nie!   Die apostels het uit die Ou Testament gepreek - Moses en die profete. Dis baie jammer as mense die Ou Testament eenkant toe skuif en slegs die Nuwe Testament van saligheidwaarde ag. Ons kan en sal die saligmakende geloof nooit sonder die verlossingsgeskiedenis van die Ou Testament verstaan nie!

Die apostels se prediking het mense op hulle voete gebring. In ‘n geloofsgemeenskap is daar nie plek vir passiewe luisteraars nie, slegs vir aktiewe werkers. Onder die eerste Christene was daar ‘n ontsettende geestelike dors om meer van God se Woord te wete te kom en ‘n gewilligheid om hul eie lewens te ondersoek (Ps.139:23,24).

Dit was nie selfkastydend van aard nie. Gelowiges wou slegs in die spieël van God se Woord kyk wat in hulle lewens verkeerd was. Dit het gelowiges na nuwe geestelike horisonne laat uitsien. Daar was ‘n opgewondenheid om God se wil vir hul lewens te soek en vir Hom te leef.

Hierdie saamwees en saambid het nie hul honger na God gestil soos iemand wat lekker eet en versadig word nie. Dit het eerder hul aptyt aangewakker! “Want ons is sy maaksel, geskape in Christus Jesus tot goeie werke, wat God voorberei het, sodat ons daarin kan wandel” (Efes.2:10). “As iemand ore het om te hoor, laat hom hoor. En Hy het vir hulle gesê: Pas op wat julle hoor; met die maat waarmee julle meet, sal vir julle gemeet word, en daar sal bygevoeg word vir julle wat hoor” (Mark.4:23-24).

Die apostels het sulke groot wonders gedoen, dat die aanskouers met heilige ontsag vervul is. Desondanks het die apostels se persoonlikhede hulle nooit so geboei dat hulle hul oog van Christus weggeneem het, soos in talle charismatiese kerke en kultusse gebeur nie.  Die klem het altyd op Christus se verlossingsboodskap geval.  

Die apostels het ook van huis tot huis brood gebreek. Dit verwys na die Nagmaal. Brood en wyn was deel van elke Joodse tafel. Daarom kon die apostels eenvoudige dinge gebruik om die aandag nog verder op Christus toe te spits. Hulle het Hom as die vervulling van die Messiaanse belofte van die Ou Testament voorgehou en die gelowiges opgewonde daaroor gemaak. Die gelowiges was gretig om ‘n nuwe lewe met Christus, die beloofde Messias, te begin.

4. Die openbare oog

Hierdie nuwe begin het die openbare oog opgeval. Baie ander wou by die Christene aansluit, maar was bang vir vergeldingstappe. Hulle het uiteraard geweet wat die Joodse kerk met Christus gedoen het. Gevolglik het hulle bevrees teruggetree om hul saai lewens sonder geloofsekerheid, onderlinge liefde of geestelike opwinding voort te sit.

Moenie kerkbywoning met geloofsgemeenskap verwar nie. Dis nie noodwendig dieselfde ding nie. Baie mense beleef kerkbywoning soos ‘n fles met albasters. Hulle stamp slegs teen mekaar, maar het geen verdere uitwerking op mekaar nie. Ons moet eerder soos ‘n fles vol druiwe wees wat in mekaar versink. Ons geloof moet aan mekaar afgee. Na ‘n erediens groet ek so baie tannies, dat my lippe later rooi is soos hul lipstiffies afgee. Gelukkig kla my vrou nie oor hierdie sakdoeke nie omdat sy weet dat die tannies lief is vir hul dominee! Ons geloof behoort aan mekaar af te gee en mekaar bly te maak.

Kerkbywoning sonder geestesgemeenskap maak van mense ysberg-Christene. Hulle dryf maar bloot in die kerklike see rond en stamp so af en toe teen mekaar. In sommige gemeentes is dit so geestelik koud, dat die diakens maar met ysskaatse aan die kollekte kan opneem!

5. Jy in jou klein hoekie…

Gelowiges het mekaar bitter nodig. Mense leef al hoe losser van mekaar – jy in jou klein hoekie en ek in myne. Dis ‘n toenemende wêreldverskynsel. Amerikaners glo dat elke lid van die gesin ‘n eie kamer, badkamer, telefoon en vervoer moet hê. Geen wonder dat mense al hoe vreemder vir mekaar en eensamer in hulself word nie.

Kinders speel deesade selfs met ‘n tamagotchi, ‘n gerekenariseerde troeteldier wat jou vertel as dit honger is en gevoer moet word. Dit sê jou as moeder natuur roep of wanner dit wil speel of gaan slaap. Dit hou kinders glo vir ure lank in hul kamers besig - al hoe eensamer!  

Kom ons neem die eerste Christelike gemeenskap vir ons as rolmodel wat ‘n intense verantwoordelikheidsgevoel jeens mekaar ervaar het. Niemand het dit verdra dat een te veel en die ander te min het nie. Alle goeie gawes het uit dankbare harte gekom. Dis waar ware gemeenskap setel - dankbare harte. Laat jou dankbaarheid vir dit wat God in Christus vir jou gedoen het by almal bekend word!

6. GELOOFSGEMEENSKAP VERHEERLIK GOD

                                       Skriflesing: Hand.2:37-47

terwyl hulle God geprys het en in guns was by die hele volk. En die Here het daagliks by die gemeente gevoeg die wat gered is” (:47).

1.   Die allerbelangrikste

Die eerste Christene het ‘n wonderlike ervaring gehad toe alles op geestelike gebied nuut geword het.  Maar wat was die hoogtepunt van hul toewyding? Hul spontane verheerliking van God. Hulle het Ps.150:6 spontaan ervaar: “Laat alles wat asem het die Here loof. Halleluja!”

Hulle het besef dat hul geestesgemeenskap nie moontlik sou wees indien God hulle nie baie liefgehad het nie. Was dit nie vir Sy liefde nie, sou niks verander het nie en sou hulle maar hul saai lewe voortgesit het. God se liefde en genade het ‘n nuwe begin en geesvervulde lewe moontlik gemaak.  

Dit kon nie uit hulself gewees het nie omdat hulle minder as twee maande tevore nog toegesien het dat God se Seun gekruisig is (Mark.15:12-14). Wat ‘n paar jaar later met Paulus gebeur het, was dus eintlik niks nuuts nie. Onder die eerste Christene was daar eertydse vervolgers.

God het egter hulle harte deur die Heilige Gees omgekeer en hulle lewe van ‘n kruisig Hom! na ‘n hosanna verander - die effek van die kruis en opstanding van Christus op menselewens. Soos wat Hy gesterf en tot ‘n nuwe lewe opgestaan het, het hierdie sondaars ook die ou lewe afgesterf en met ‘n nuwe een vol lof vir God opgestaan. Daarom is hulle gedoop - die simboliese sterwe en opstaan in ‘n nuwe lewe.

Lukas beskryf die eerste Christenaanbidding in eenvoudige taal - almal is met vrees en eerbied vervul. Almal was seker van hul redding en deeglik daarvan bewus dat Christus by teenwoordig hulle was soos wat Hy beloof het (Mt.28:20). Hulle het die onsigbare teenwoordigheid van die Messias-Verlosser ervaar en hul dankbaarheid aan God bekend gemaak.

2. Die waarde van samesyn

Om dinge saam te doen, tel baie punte in geloofsgemeenskap. Kom ek gebruik ‘n bekende voorbeeld. Jy kyk na ‘n rugbywedstryd in ‘n groot stadion. Die tyd is bykans verstreke en die Springbokke is met een punt agter. Hulle vorder tot ‘n meter van die doellyn af. Daar is ‘n opgewondenheid in die lug! Dan kom die bal uit ‘n losgemaal en ‘n Springbok duik oor! Almal spring op en juig!   Ja, dis wonderlik om ‘n groot oomblik saam met ander te geniet. Maar gestel jy is die enigste persoon by daardie wedstryd en die drie word geduk; sal jy net so opgewonde wees soos in ‘n volgepakte stadion? Beslis nie. Die Engelse sê: “Excitement breeds excitement”.      

Geen opgewondenheid kan egter met diè van die gelowiges op Pinksterdag vergelyk nie. Wat sportsterre op ‘n veld kan vermag, is niks in vergelyking met wat ‘n mens kan wen deur sy lewe aan Christus te gee nie. Dis die grootste wen! “Want wat baat dit ‘n mens as hy die hele wêreld win, maar aan sy siel skade ly? Of wat sal ‘n mens gee as losprys vir sy siel?” (Mt.16:26).  

Toe Christus die oorwinning oor die Satan aan die kruis behaal het, was dit ook my en jou oorwinning oor hom. Die Satan kan ons nie terugvat nie. Hy het ons eens en vir altyd verloor en is baie kwaad daaroor. Hy loop, om die waarheid te sê, soos ‘n brullende leeu rond (1 Petr.5:8). Christus het vir ons ‘n nuwe lewe by God gewen!

3. Spontane lofprysing

Hand.2:43 meld dat die gelowiges vol ontsag en bewondering vir die wondertekens van die apostels was. Dit was heelwaarskynlik genesings. Alhoewel die apostels dit gedoen het, was daar by die aanwesiges geen twyfel dat hierdie dinge van God was nie. Daarom het hulle in ‘n spontane verheerliking van God uitgebreek, nie omdat hulle wou nie, maar omdat hulle nie anders kon nie. Hulle het vir Christus dankie gesê vir hul redding.  

Lofprysing is en bly ‘n onmisbare deel van gelowiges se dankbaarheid. In Mark.5 lees ons van die genesing en bekering van die besetene van Gadara waarna hy uit dankbaarheid na Dekapolis en die omstreke gegaan het om vir Christus te getuig en God groot te maak. Wanneer laas het jy God vir jou redding gedank?

Ons behoort Hom elke dag daarvoor te dank. Daar is geen heerliker wete as om te weet dat jy gered is nie! Dis soos iemand wat van ‘n brandende gebou of sinkende skip gered word. Die eerste Christene het die Een wat dit moontlik gemaak het nie uit oog verloor nie. Hulle lofprysing en verheerliking was ‘n natuurlike reaksie uit dankbaarheid vir dit wat Hy in hul lewens gedoen het.

Hierdie eerste geloofsgemeenskap het baie ander gelok om aan te sluit. Jim Davis sê: “It was here that we see the first believers unified, magnified and multiplied”. Dit het met die eerste bekeerlinge soos met die Voortrekkers gegaan. Hulle was slegs die baanbrekers. Daar was baie meer agternatrekkers.

Elke saak het sy baanbrekerswerk gehad. So ook die Christelike kerk. Christene het deur egte gemeenskap mense se oog opgeval. Paulus gebruik die voorbeeld van ‘n denkbeeldige buitestaander as hy die gelowiges in Korinthe tot geloofsgemeenskap aanmoedig: “En so sal hy op sy aangesig val, God aanbid, en verkondig dat God werklik onder julle is” (1 Kor.14:25).  

4. ‘n Geestelike eenheid

Lewendige geloofsgemeenskap is onontbeerlik vir die kerk. Dis God se groeimiddel vir Sy kerk. Sulke gemeenskap bring eensgesindheid. Op Pinksterdag was daar ‘n groot verskeidenheid van volke (14 tale) in die tempel byeen waarvan sommige gelowig geword het. God het nie van die bekeerdes verwag om hulle volksidentiteit en/of kultuur ter wille van hul nuutgevonde geloof prys te gee nie. Die Christelike eenheid is nie ‘n sigbaar, demonstreerbare eenheid nie, maar ‘n geestelike eenheid. Hieroor is Christus baie duidelik: “Ek het nog ander skape wat nie aan hierdie stal behoort nie. Ek moet hulle ook lei, en hulle sal na My stem luister, en dit sal wees een kudde, een herder” (Joh.10:16).

Kerke wat alle volks- en kultuurbande wil verbreek en almal onder een dak wil inbondel, hou hulle nie met God se saak besig nie, maar met diè van die Satan wat Babel wil herbou. Dit kan nooit Godsverheerlikend wees nie. Let maar net op die spanning en skade wat sulke ydele, vrysinnige pogings in ons land veroorsaak het! Nee, die Christelike eenheid is en bly geestelik van aard!

Die eenvoud van hierdie eerste geloofsgemeenskap het die openbare oog gunstig opgeval. Daar was geen argumente oor name, leerstellings, rituele of tradisies soos in die Joodse kerk nie. Alles was reaktief – eenvoudige geloofsreaksies. Eenvoud lok altyd mense na Christus.

Nêrens word geloofsgemeensk so treffend as in Hand 2 beskryf nie. Die gelowiges het in die Heilige Gees gewandel en geesvervulde onderrig ontvang. Hulle het nie eens ‘n amptelike naam gehad nie en net as: die wat Sy woord aangeneem het en hulle wat gered is, bekend gestaan. Geen amptelike naam, geen leerstellings, geen organisasie - doodeenvoudige gelowiges wat die reddende boodskap van genade ontvang en hul voete op ‘n nuwe lewenspad geplaas het.

Dis hoe God vandag nog werk. Hy neem sondaars, herskep hulle deur die Gees en plaas hulle voete op ‘n nuwe lewensweg. Dis wat ons vandag in ons gemeentes nodig het – ‘n nuwe begin in Christus. En waar gaan dit begin? By jou! Kom ons bid: “Doen slegs U wil Heer, U wil met my, U, Pottebakker en ek die klei…”   

U soek na?

  •  BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland het so dikwels navrae ontvang van lesers wat 'n behoefte aan die Bybel het, spesifiek die 1933/53-uitgawe. Soms het van ons ander lesers in hul behoefte kon voorsien wanneer ons navraag gedoen het.

    Nou is Gelofteland dankbaar om aan al ons lesers daardie Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

    ___________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    _________

    HOU VAKANSIE IN MOSSELBAAI !

    Baie netjiese vakansie-akkommodasie in Fraai Uitsig, Kleinbrakrivier, Mosselbaai Munisipaliteit. Twee kilometer vanaf Kleinbrak en Tergniet se swemstrande en ongeveer 10 kilometer vanaf Hartenbosch. Pick n Pay binne loopafstand.
    Kliek hier vir volledige inligting en foto's: OPSOEK NA BEHUISING VIR VAKANSIE?
     
    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________
     
    SKAARS BOEKE TE KOOP
    C J LANGENHOVEN 16 VOLUMES
    FAK-SANGBUNDEL 1 VOLUME
    Hierdie 16 volume Langenhoven-stel is 'n goedopgepaste kosbare versamelstuk. Dit beslaan die volledige inhoud van Langenhoven se bundels soos Sonde met die Bure; Loeloeraai; Herrie op die ou Tremspoor; Doppers en Filistyne; en al die kosbare stories uit die pen van Langenhoven.
    Die FAK-sangbundel is ook in goeie toestand en kan saam of apart van die Langenhovenstel gekoop word.
    Eienaar moet na 'n kleiner woonplek verhuis en vra 'n redelike aanbod vir sy boeke.
    Die aanbevole waardasieprys vir die Langenhovenstel is R1600.00; en vir die FAK R100.00
    Koerierkoste sal bykomend wees.
    Kontak

    Chris Carstens

    Sel no 082 954 3383

    Epos adres

    chris.carstens

    @vodamail.co.za

    ___________
    DIGBUNDELS:
      'n Versameling van 4 elektroniese bundels - 226 gedigte @R350.00:  
    Vir alle navrae  skryf aan 
    Amanda
    @waterstrome.co.za
    Uittreksel uit:
    'n Nasie in Pyn:
    ...Saam sal die hele wêreld vir hulle bid.
    Saam sal ons met pyn in ons harte sit.
    Mag hulle berus in u wil
    Mag hulle voor U verstil.
    _________
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    'n Boek getiteld DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK - Christen Teokratiese Separatisme, uit die pen van ds AE van den Berg, het  in gedrukte vorm verskyn. 
    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.  
    DIE
    VOLMAAKTE REPUBLIEK - Christen Teokratiese Separatisme, bring helder perspektief oor rasseverskille en die natuurlike skeiding van rasse wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte aan geestelike transformasie wat landsburgers van denkrigting sal laat verander en van al die sogenaamde polities-korrekte onregte en gewaande vryheid waarmee hulle belas word, sal bevry.
    Lesers word aangemoedig om hulle daadwerklik vir 'n Christen-teokrasie in 'n volmaakte republiek te beywer deur sinvolle besluite te neem in die lig van God se Woord, en onophoudelik te bid dat dit spoedig hier aan die suidpunt van Afrika verwesenlik word. Politiek is 'n saak van erns en harde werk waardeur wet en orde gehandhaaf word en durf nie in eerlose hande gelaat word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel, iets wat op staatkundige gebied slegs in 'n Christen-teokratiese bestel tot sy reg sal kom.

     

    U kan hierdie boek bestel by
    ds AE van den Berg
    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com
    Prys: R50-00

     
  • BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    ('n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 'n Nuwe Trek (Exclusive Books) Prys: ZAR180

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is by http://tinyurl.com/lx9vrs8

    ... en loot.co.za dit verkoop teen R169 http://tinyurl.com/l26h6jl

    ... kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD


    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    JULIE 2013

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. 

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2 NOU BESKIKBAAR

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
    of skakel hom by
    074 967 5187


    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  • Kliek op DIE CHARISMATIESE GEVAAR om meer oor hierdie boek te wete te kom Lees verder...  
  • FILM OOR DR HF VERWOERD

    Kyk by hierdie skakel http://youtu.be/TcO3zPF8998

      na die kort film oor dr HF Verwoerd.   
    Dit kan ook direk bestel word by Riaan: +27823712682 of by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
     

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

 

'N BIETJIE LANGENHOVEN:

Ek sê nie al die suur mense is Fariseërs nie, maar naastenby al die Fariseërs is suur. In alle geval, solank hulle onthou om Fariseërs te wees. Want dis ook 'n inspanning.
Verbeel jou 'n wêreld sonder 'n skaterlag, sonder eens 'n glimlag. 'n Hemel op aarde, sal die Fariseër sê. Uit so 'n hemel sou ek wou wegloop hel toe.

Die man wat ek na soek, is nie dié wat die minste foute maak nie, maar dié wat die meeste foute régmaak.

Slaap laat solank as jy jou eie baas is en daar sal 'n tyd kom wanneer 'n 'n baas jou sal laat vroeg opstaan.

Ontydige vlyt is die merk van die luiaard. Dis sy verskoning vir ontydige rus.

Ons reken ons geluk vir ons loon en ons straf vir ons ongeluk.

Welvaart is die  dogter van matigheid en die moeder van weelde.

My swaarste pad trap ek self vir my plat, en die swaarste is die wat my voete nooit vat.

Daar is geen kuns by sukkel en geen sukkel by kuns.

Die boer wat nie saai nie sal nie misoeste kry nie, maar hy sal geen goeie ook kry nie.

Het die daeraad lief en die dag sal jóu liefhê.

'n Man wat werklik oor homself baas is, is nooit die kneg van 'n ander nie.

Dis die flukse perd wat flou word. Meer moeite as wat die vlytige het vir sy loon, het die luiaard verniet.

Op die ou end werk die vlytige man vir homself, die luiaard vir 'n ander.

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Kla net oor jou kooi as dit 'n ander is wat dit vir jou opgemaak het.

Hoe korter jy jou kuier maak, hoe gouer sal jy weer genooi word.

Om my naaste lief te hê is vir my 'n sware gebod. Met die mense daargunter kry ek dit nog op 'n manier reg.

Jy sê "ja" waar jy moes "nee" gesêhet omdat jy die ander nie wil aanstoot gee nie. Maar eken hoe het hy jou aanstoot gegee met sy versoek!

Aan 'n nuwe wa kan jy sien of dit 'n goeie skilder was; aan 'n oue of dit goeie wamaker was.

Trek liewer vir jou vriend jou broek uit as om vir hom vir 'n baadjie borg te staan. Anders loop julle naderhand albei nakend.

Die vriendskap wat jy moet koop is 'n duur artikel. Jy sal nie weer jou prys kry as jy dit van die hand wil sit nie.

Moenie vriendskap en besigheid meng nie – jy bederf albei.

'n Man wat nie vyande het nie deug nie vir 'n vriend nie.

Maak jou vriendelikheid goedkoop en hou jou vriendskap duur.

Moenie jou vriend vergeet nie; dit sal hom seermaak. Maak jou vyand daarmee seer.

'n Skare is 'n versameling van eensames.

Stuur die luiaard na die miere, en as hy nie te lui is om te gaan nie sal hy te lui wees om weer terug te kom.

Dis net so moeilik om maklikheid in die ou wêreld te kry as wat dit maklik is om moeilikheid te kry.

Waardeer die werk van jou vrou. Jy kan nie op die aarde 'n ander kneg kry vir dieselfde diens en dieselfde prys nie.

Met spaarsaamheid sal jy uit die kleinste inkomste iets oorhou; met verkwistery sal die grootste vir jou te min wees.

Besorg jou eie boodskap en reken die moeite teen dit wat die misverstand jou sou gekos het.

Het die ryk man nodig om so suinig te wees? Maar hy is nie 'n ryk man wat suinig geword het nie; hy is 'n suinige man wat ryk geword het.

Help jou swakke mededinger op die bene bly.  As hy tot niet gaan, kom daar dalk 'n sterke in sy plek.

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES (7)

(Lees die reeks by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

  • Die adderbyt van naberou is verskriklik (Naberou is ontstellend.)
  • Hy het hom in 'n addergebroedesel begewe (Hy was tussen 'n groep nydige, aanvallende mense.)
  • Sy het hom adieu toegeroep (Sy het vaarwel gesê.)
  • 'n Adres van adhesie is 'n geskrif waarin instemming betuig word met 'n versoek.
  • Jy is nou by die verkeerde adres (Jy soek die oorsaak van die kwaad by die verkeerde persoon.)
  • Dit was advokatery (Dit was regskundige uitoorlêery.)
  • Hy sal die werk weer afbroddel. (Hy sal knoeiwerk of slordige werk verrig.)
  • Sy wil elke takie afbrom (Sy kla die hele tyd terwyl sy werk.)
  • Jy kan nou maar afdans (Jy kan nou maar skoert.)
  • Moet hom nie op sy verdienste afdwing nie (Moet hom nie verkleineer nie.)
  • Die ou werkie draf ek gou af (Ek sal dit sommer gou afhandel.)
  • Hulle wil die rusie afdrink (Hulle wil vrede maak.)
  • Sy het soms baie affêrinkies (Sy is dikwels vol nukke en nonsens.)
  • Hy sal wel weer geld van haar affutsel (Hy sal dit op 'n oneerlike manier van haar kry.)
  • Daar kan niks van afgaan nie (Dit kan nie ontken word nie.)
  • Hy sal 'n afgehekste loesing kry ('n deeglike pak slae.)
  • Sy is 'n afgelekte meisie (Sy het al baie kêrels gehad.)
  • Jy lyk so afgesak (Jy lyk baie moeg.)
  • Hy het afgetop gelyk (Hy het verleë gelyk.)
  • As jy iets van hom wil hê sal jy dit moet afgoël (Hy is so suinig!)
  • So 'n afhaler is onnodig ('n Onnodige belediging.)
  • As dit afhang moet ons dit maar opbind (Skertsend wanneer iemand gedurig begin met "Dit hang af..."
  • Na elke partytjie is hy babalaas ( dan ly hy aan die gevolge van te veel alkohol).
  • Daar was 'n Babelse gegons van stemme (Almal het gelyktydig gepraat).
  • Dit was 'n Babelse verwarring (Dit was baie deurmekaar).
  • Hy sal weer mooi broodjies kom bak (Hy sal kom vlei en mooipraat om sy doel te bereik),
  • Hulle eet nie uit een bak nie (Hulle is nie vriende nie).
  • Sy het hom 'n bak gewys (Sy het hom onvriendelik tereggewys).
  • Gou by die bak maar lui by die vak (Hy is eerste daar waar iets te ete is maar traag as hy moet werk).
  • Hy maak sy hande bak (Hy kom bedel iets).
  • Ons moes bak staan (Ons moes hard werk).
  • Dit was sommer 'n bakerpraatjie (Dit was 'n skinderstorie).
  • Jerusalem is die bakermat van die Christelike Kerk ( Dis waar dit begin het. 'n Bakermat was 'n mandjie waarin die baker – die vrou wat 'n pasgebore baba versorg het – die kindjie op haar skoot voor die vuur versorg het).

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2249 gaste aanlyn