NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Die beste skokbreker op 'n pad vol stampe en stote is 'n uitstekende sin vir humor.

HOE KOM ʼn MENS IN DIE HEMEL? (1)

Ds Andrè van den Berg

Lees reeks by Hoe kom mens in die hemel?

“... Wees liewer bly dat julle name in die hemele opgeskryf is” (Luk.10:20)

Mense vra gedurig vrae; sommige belangriker as ander. Die belangrikste vraag is een wat elke mens homself moet afvra: IS MY SIEL GERED?  Geen vraag en antwoord is belangriker as dit nie want as my siel nie gered is nie, mis ek die hemel en beland ek na my dood in die hel, ongeag hoe ʼn goeie mens ek is of watter wonderlike dinge ek doen. My siel moet gered wees om in de hemel te kan kom.

In Luk.10 lees ons van die dissipels wat op pad na hul eerste sendingtog is. Jesus sê vir hulle dat hulle groot dinge sal doen soos om bose geeste uit besete mense te dryf. Dit het hulle baie opgewonde gemaak. Dan demp Jesus hul geesdrif so ʼn bietjie as Hy vir hulle sê om eerder oor die redding van hul siele bly te wees: “ ... Wees liewer bly dat julle name in die hemele opgeskryf is” (Luk.10:20).

Om in die hemel te kom, moet jou siel gered wees. Daar is geen ander manier nie. In die hemel word elkeen wat tot bekering kom se naam in ʼn boek opgeteken – die boek van die lewe: “En as dit bevind is dat iemand nie opgeskryf was in die boek van die lewe nie, is hy in die poel van vuur gewerp” (Openb.20:15).

Redding het oral ʼn gunstige betekenis. Dit getuig van dankbaarheid oor die ontkoming aan ʼn noodsituasie. Dink jou vir ʼn oomblik in die lewe van ’n passasier op ʼn skip in wat besig is om te sink. Die dood staar hom in die gesig en as die nood op sy hoogste is, daag ʼn reddingsvaartuig op wat hom van ʼn gewisse dood red.

So ook iemand wat in ʼn brandende gebou vasgekeer is en ter nouer nood deur ʼn brandweerman gered word. Oneindige dankbaarheid! In beide gevalle was die dood bykans ʼn uitgemaakte saak. Deur God se genade het die betrokke persoon die lewe behou. As daar een redding is wat bo die ander uitstaan en derhalwe die grootste dankbaarheid verdien, is dit die redding van die siel. Om van die ewige, brandende hel gered te word, is die wonderlikste redding denkbaar!

Wanneer ʼn mens in die buiteland reis, is dit goed om vooraf inligting oor die betrokke lande wat besoek gaan word te verkry.   Daarvoor is daar baie boeke asook die Internet beskikbaar. Ongelukkig doen baie min mense moeite om inligting vir hul ewigheidsreis te verkry.   Hulle raak so verstrengel in die tydelike dinge van die lewe, dat hulle nie daaraan dink dat daar ʼn dag gaan aanbreek dat hulle ʼn ewigheid sal moet betree nie.

Daar is ook mense wat nie aan die hiernamaals glo nie. Hulle glo in effek dat hulle, net soos ʼn dier, nie ʼn siel het wat na die dood iewers heen gaan nie. Nee, gelowiges glo aan ʼn hiernamaals en weet ook dat die hemel nie vir almal toeganklik is nie; slegs vir diegene wie se siele gered is.

Die grootste sekerheid in die lewe is en bly die redding van ʼn siel. Maar wat is redding? Hoe lyk dit? Redding is die verlossing van die liefde vir sonde.   En dis net moontlik indien ons van die behoefte om te sondig bevry word want behoeftes kweek gewoontes - goeie behoeftes, goeie gewoontes en slegte behoeftes, slegte gewoontes!

Hoe raak ons van die behoefte om te sondig ontslae? Kan ons dit uit ons eie regkry? Nee, iemand wat nie kan swem nie, kan homself nie uit diep water red nie. Daarvoor het hy ʼn lewensredder nodig. So ook met sonde; ons het ʼn redder nodig om ons uit die diepsee van sonde te red.  

Die Duitse baron wat so berug was vir sy spekskietstories vertel dat hy by geleentheid met sy perd op ʼn damwal gery het. Dit het gestruikel en hy in die water beland. Omdat hy nie kon swem nie, moes hy vinnig ʼn plan maak.   Hy sê toe: “Was dit nie vir my kragtige arm wat my aan my eie hare beetgekry en uitgesleep het nie, het ek daardie dag verdrink!” Ons lag oor sy spekskietery maar weet ook dat ons onsself nie kan red nie; net Jesus kan drenkelinge uit die diep water van sonde red.

Redding word egter altyd deur sondevergifnis vooraf gegaan. As God nie sonde vergewe het nie, sou niemand gered kon word nie en was die hemel leeg. Maar wat is sondevergifnis? Wanneer sonde jou so pla, dat jy jou hart berouvol voor God uitstort en Hy jou daarna vergewe. Hy belowe vergifnis: “As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig” (1 Joh.1:9).

Wanneer Jesus sonde vergewe, dink Hy nooit weer daaraan nie asof dit nooit begaan is nie. Dit word vertel van ‘n sewejarige Duitse dogtertjie wat eeue gelede vir haar priester vertel dat sy met Jesus kon praat, waarna hy haar gevra het om Jesus te vra of Hy sy (priester) sonde waarvoor hy belydenis gedoen het, wel vergewe het. Toe die priester weer by haar kom en vra wat Jesus van sy sonde sê, het sy geantwoord: “Jesus vra, watter sonde?” Jesus vergewe en vergeet!

Jesus hou nie boek van sonde nie. Met vergifnis vee dit geheel uit: So ver as die ooste verwyderd is van die weste, so ver verwyder Hy ons oortredinge van ons” (Ps.103:12). Koning Dawid skryf: “Welgeluksalig is hy wie se oortreding vergewe, wie se sonde bedek is. Welgeluksalig is die mens aan wie die HERE die ongeregtigheid nie toereken nie en in wie se gees geen bedrog is nie” (Ps.32:1,2).  Dit laat ʼn mens aan die woorde van Ges.75:1 dink: “Ek wat vergifnis, Heer, ontvang het, sing dankbaar my verlossings lied...”

Het jy al jou lewe vir Jesus gegee?   Is jy baie seker van die redding van jou siel?   Moenie net so dink nie. Wees daarvan baie seker. Sonder die sekerheid van ʼn hemel, bevind elke mens hom op straat; en hierdie straat is altyd ʼn doodloopstraat. Wees daarom baie seker van jou eie redding.

En onthou: Jesus het die eerste skuif gemaak deur heel eerste sy lewe vir jou te gee. Ons word nie gered deur eerste iets vir Jesus te gee nie. Hy gee eerste; Homself.  

Met die kruisiging van ons Here Jesus het God redding tot op sondaars se vlak gebring. Gevolglik is daar geen rede waarom iemand nie gered kan word nie, al is hy hoe sleg.   Kyk maar na die misdadiger op Golgota wat ter elfder ure sy lewe vir Jesus gee. Wat sê dit?   Dat niemand te sleg is om gered te word nie. ʼn Goeie lewe hou ʼn mens wel uit die tronk, maar net die bloed van Jesus hou ʼn mens uit die hel uit!

Opsoek na inligting?

  •  

    BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

    __________________

     

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

     

    VAKATURE: HOOFBESTUURDER - RADIO ROSESTAD

    Stuur u aansoek saam met ’n CV waarin u ‘n persoonlike bekendstelling, werkservaring en tersaaklike kwalifikasies insluit, voor 15 September 2018 aan ds. CM Erasmus by die e-pos adres: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Vir meer inligting:

    VAKATURE: HOOFBESTUURDER - RADIO ROSESTAD

    ___________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

 
 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________ 

 

APARTHEID:

Is die boom wat die beste vrugte lewer.

Diskriminasie is onderskeiding tot beswil van alle volke.

Rassisme beteken rassekennis en kennis is wysheid.

Bewerk groei van 'n volk uit eie wortels, uit eie instellings, uit eie krag.

Strewe na 'n vreedsame verhouding met wedersydse respek vir mekaar se kultuurgoedere, tradisies, ideale.

                                              ___________________                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1468 gaste aanlyn