Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
As jy jou bekeer, Israel (SA?), spreek die HERE, bekeer jou tot My; en as jy jou verfoeisels van my aangesig af verwyder, hoef jy nie rond te swerwe nie – Jeremia 4:1
BYBEL EN VOLKSTRYD (3)
Ds C R Kotze
Lees reeks by Die Bybel en ons volkstryd
GOD MAAK NASIES EN DIE DUIWEL MAAK DIE
EMPIRE
Jer. 51:6: “Vlug uit Babel uit, en red elkeen sy lewe; kom nie om in sy ongeregtigheid nie; want dit is die tyd van wraak vir die Here: Hy gee hom sy verdiende loon.”
ONS het so dikwels verklaar en ons wil dit hier nou herhaal: Dat God die nasies maak en die duiwel die empire maak.
So is ook die empire van Babel deur die duiwel gemaak.
Nou deel die Bybel ons mee hoe die oordele van God kom oor die empire.
Jes. 14:22 : God sal van Babel uitroei, sy naam en sy oorblyfsel.
Jer. 51 :41 : Hoe het Babel ’n voorwerp van verbasing geword onder die nasies !
Jer. 51:64 : So sal Babel sink en nie weer opkom nie.
In die Nuwe Testament het die woord Babilon geword ’n spreekwoord vir al wat laag is, al wat duiwels is, al wat Gods oordele verdien.
Wat is dan die sonde van die empire ? God roep die nasies in aansien. God bepaal hul regte en grense. God gee op Pinksterdag vir elke nasie die verlossingsboodskap in sy eie taal. So wil God die aparte nasies sien en gelukkig sien.
Maar nou kom die empire met sy helse ambisie. Hy verower, verdeel, verdruk, buit uit, suig uit, besoedel, en ontheilig al wat vir die nasie dierbaar en heilig is.
Wat hier in die Bybel van die empire beskryf word, vind ons ook in die wêreldgeskiedenis vandag en ook in ons eie geskiedenis in Suid-Afrika.
Die empire se metodes is : Wis uit die grense wat God tussen die nasies gestel het, laat die nasies vermeng, verbaster, ontaard. Vermeng die nasies, vermeng die kleure en die kerke.
Die empire skep vraagstukke.
Ons kleurlingvraagstuk is ’n skepping van die empire.
En die Indiërvraagstuk is ’n skepping van die empire.
Die Jodevraagstuk is ’n skepping van die empire.
Die naturellevraagstuk is ’n skepping van die empire.
En die armblankevraagstuk is ’n skepping van die empire.
En die skeuring en verdeeldhede is vraagstukke van die empire.
Godsdiens en nasionalisme maak ’n empire dood; maar vermenging, ontaarding, verwarring maak 'n empire sterk !
Die Empire se middels
Sy eerste middels is geweld, bloed, trane ! Om grense uit te wis, om nasionalisme en selfrespek af te breek.
Sy ander middels is vlei, knoei, diplomatiek, omkoop— om leiers om te haal tot die ergste verraad !
Sy derde middel is uitbuit, uitsuig, roof, om die nasie te verarm, om agterbuurtes te skep. As die nasie ekonomies verkneg is, dan kan die empire miskien by verkiesings genoeg stemrne koop (en ook genoeg rekrute kry vir sy leer).
Wie is die empire se leiers? Dit is die wrede Nebukadnezar, die dronk Alexander die Grote, die karakterlose Nelsons, Victorias, Chamberlains, Milners, Rhodese.
En dit is die empire se leiers !
Hulle kan klein nasies oorweldig en vertrap en verdruk. Maar hul eie luste en drifte kan hulle nie beteuel nie. Hulle het baie gewere en kanonne, maar min karakter. Jy mag hul boekies nie oopmaak nie. In die argief moet hul stukke maar toe gehou word.
Wie is die empire se agente? Die mense wat omgevlei is, en omgekoop is om hul eie volk te verraai. Om hul eie vaders en moeders te verraai. Om hul godsdiens, hul eie godsdiens, te verraai. Dis die agente wat Babel gebruik het, dis die agente wat die empire gebruik het in Indië, Ierland en Suid-Afrika.
Wie is hul handlangers? Gaan kyk by die empire se verkiesingskantore. Loop kyk by hul stembusse. Probeer ’n rolprent maak van die empire se aanhangers wat u daar by hul verkiesingskantore so dag na dag vind. Hulle sal weier. Hulle sal so ’n rolprent self nie wil sien nie.
U sal daar sien Jode en Jodegenote. U sal daar sien ’n vermenging van kleure en geure. U sal daar sien baie geld, baie wind, baie kleure, baie planne. Maar min beginsels, min karakter, min selfrespek (en uiters min christelikheid). Dis die empire se aanhangers dwarsdeur die geskiedenis, tot vandag toe hier in Suid-Afrika.
Wie is in die empire se tronke? Ons het gesien wie hul geroemde leiers is. Maar wie is in die empire se tronke? Daar is Daniël, Petrus, Paulus, Jopie Fourie, Christiaan de Wet.
Dis die duiwel wat 'n empire maak en hy kan dit nie doen met karakter nie. Daarom vind ons byna al die gewetenloosheid in die empire se voorgestoelte: byna al die karaktervolle mense in die empire se tronke.
Oordele van God tref die Empiremense
Die empiremense gaan onder in veragting.
Elke jaar gedurende Oktober vergader duisende by konsentrasiekampkerkhowe. Maar nie tien by die empire-graftes nie ! Daar is duisende en honderdduisende byeen op die Krugerfeeste, maar nie tien by ’n Chamberlainfees, Milnerfees, Rhodesfees nie. Kyk na die monumente vir Kruger, Steyn. De Wet. Daar is geen monumente vir die empiremense nie,
Rhodes het met sy eie geld vir hom ’n monument laat bou, maar Retief, Cilliers, Kruger, Steyn, De Wet se nageslag en volgelinge bou vir hulle monumente.
Belsaser is dood ; Daniël leef. Nero is dood ; Paulus leef. Milner is dood ; Paul Kruger leef. Die empiremense is dood voor hulle dood is. Die christelike nasionale Afrikanerdom leef en leef. Dit is die begin van Gods oordele op die hele empire, totdat die hele empire verdelg word.
God regeer. God se : Vlug van die empire-vleitaal en -stembusse ! Vlug van empire-invloede. Vlug van die verraaiers.
Bly by die volk wat God vir u gekies het. Bly by die gebooie van God. Eer jou vader en moeder.
“Vlug uit Babel uit en red elkeen sy lewe; kom nie om in sy ongeregtigheid nie; want dit is die tyd van wraak vir die Here: Hy gee hom sy verdiende loon. “