Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
As ons beproef word, moet ons God nie gedurig met verwytende vrae bestook nie. Soek eerder ‘n nuwe ontmoeting met Hom, ja, ‘n nuwe ervaring van sy teenwoordigheid en grootheid. Om God te midde van ons nood opnuut te vind, is een van die heerlikste winste wat beproewing kan oplewer.
ROOMSE MISLEIDING ONTMASKER (1)
Ds A E vd Berg
Lees reeks by Roomse misleiding ontmasker
Bose samesmelting
Van al die gawes waarmee God die mensdom geseën het, is Evangeliebediening een van die grootstes. Die kerk het dit as ’n opdrag van Christus ontvang om sy koninkryk mee uit te brei:
“Toe hulle dan klaar was met die môre-ete, vra Jesus vir Simon Petrus: Simon, seun van Jona, het jy My waarlik lief, meer as hulle hier? Hy antwoord Hom: Ja, Here, U weet dat ek U liefhet. Hy sê vir hom: Laat my lammers wei” (Joh.21:15).
Satan het die kerk egter van meet af aan teengestaan en gemeentes probeer vernietig. Daarom waarsku Paulus:
“Trek die volle wapenrusting van God aan, sodat julle staande kan bly teen die liste van die duiwel. Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug” (Efes.6:1,12).
In sy poging om die kerk te vernietig, het Satan verskeie strategieë gevolg. Aan die begin van die Christen-era het hy die kerk eers van buite en daarna van binne af aangeval. Dit is met die steniging van Stefanus (Hand. 6) ingelei waarna die Romeins-Joodse vervolging baie gelowiges se lewens geëis het.
Toe dit nie aan sy verwagting voldoen het nie, het die Satan van strategie verander en met dwaalleer in die boesem van die kerk opgeduik en die kerk met vyande in eie geledere geteister:
“Hulle het van ons uitgegaan, maar hulle was nie van ons nie; want as hulle van ons was, sou hulle by ons gebly het; maar dit moes aan die lig kom dat hulle nie almal van ons is nie” (1 Joh.2:19). Lukas maak in Handelinge 15 melding van ʼn raadsbyeenkoms wat in Jerusalem gehou is om ketterye te ondersoek.
Satan se onophoudelike aanslae op die kerk het spoedig ʼn bres in die muur veroorsaak waardeur heiden-elemente die kerk binnegekom het. Die verval in die suiwere Bybelse leer was aanvanklik slegs ʼn ligte bries in die kerk, maar spoedig orkaansterkte bereik. In plaas daarvan dat die kerk die heidendom binnegedring en lig in die duisternis gebring het, het die heidendom die kerk binnegedring en die lig van die Evangelie geleidelik stelselmatig begin verdof.
Naas die sondeval (Gen.3) is die ideologiese samesmelting van Rome en Babel die grootste ramp wat die mensdom ooit getref het. Dit het tot die ontstaan van die Roomse Kerk (hierna RK genoem) gelei wat die Christendom mislei het om heidense simbole en gebruike in die kerk te gebruik. Dit het spoedig so ingebed geraak, dat mense nie meer tussen waarheid en leuen onderskei het nie. Christus het sy kerk egter bewaar en op sy tyd gelowiges soos Luther, Calvyn en Zwingli gebruik om Satan in sy kerkgewaad te ontmasker en ʼn hervorming te loods.
Om van die RK as die Roomse Katolieke Kerk te praat, is nie korrek nie. Dis weersprekende begrippe. Katoliek beteken algemeen of universeel. Sodra die woord Rooms bygevoeg word, is dit nie meer algemeen nie, maar besonder.
Almal wat Jesus Christus as hul Verlosser en Saligmaker ken, behoort aan die onsigbare Katolieke Kerk wat volstrek niks met die RK te doen het nie! Protestante is eerder katoliek omdat hulle algemeen is en hul geloof soos die eerste gelowiges alleenlik op die Bybel grond.
Die RK is ʼn vermenging van Babiloniese en Roomse afgodery en so met die heidendom besmet, dat dit inspanning kos om iets eg Bybels daarin te vind. Hierdie kerk is soos ʼn lugspieëling in die woestyn sonder enige lewenswater. Dis allermins ʼn kerk van Christus, maar eerder ʼn herlewing van die ou Babiloniese godsdienswat in Openbaring voorspel is en uit wie se geledere die Antichris aan die einde van die tyd as wêreldheerser na vore sal tree:
“En een van die sewe engele met die sewe skale het gekom en met my gespreek en vir my gesê: Kom hierheen, ek sal jou toon die oordeel van die groot hoer wat op die baie waters sit,met wie die konings van die aarde gehoereer het, en die bewoners van die aarde het dronk geword van die wyn van haar hoerery. En hy het my in die gees weggevoer na ’n woestyn, en ek het ’n vrou sien sit op ’n skarlakenrooi dier, vol godslasterlike name, met sewe koppe en tien horings.En die vrou was bekleed met purper en skarlaken en versierd met goud en kosbare stene en pêrels, en sy het in haar hand ’n goue beker gehad, vol gruwels en die onreinheid van haar hoerery;en op haar voorhoof was ’n naam geskrywe: Verborgenheid, die groot Babilon, die moeder van die hoere en van die gruwels van die aarde .En ek het die vrou gesien, dronk van die bloed van die heiliges en van die bloed van die getuies van Jesus, en ek het my uitermate verwonder toe ek haar sien” (Openb.17:1-6)
Vervolg...