Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Al kan jy nie alles doen nie, doen dan ten minste net iets. Laat mense maar eendag by jou begrafnis sê dat jy baie foute gemaak het. Laat hulle egter nie sê dat jy niks gedoen het nie!
ROOMSE MISLEIDING ONTMASKER (7)
Ds A E vd Berg
Lees reeks by Roomse misleiding ontmasker
Die misoffer
Die Roomse misoffer is nie bloot ʼn ander manier van Nagmaalsviering nie. Dis geen Nagmaal nie! Nagmaal is ʼn gedagtenis maaltyd (Luk.22:19) waartydens gelowiges hul die lyde en sterwe van Christus voor die gees roep. Die RK beskou dit verkeerdelik as ʼn offer soos wat die eertydse OT priesters gebring het en staan so sentraal, dat selfs die prediking daaraan ondergeskik is.
Hierdie misoffer is Babilonies van oorsprong. Die afgodspriesters se hooffunksie was om tot eer van Semiramis te offer waartoe ʼn hoëpriester hulle georden het. Alle ander funksies was daaraan ondergeskik. Dis presies dieselfde in die RK. Priesters word georden om tot eer van Maria te offer. Tydens dié ordening sê die biskop:
“Ontvang die gesag om vir die lewendes en die dooies te offer”.
Die vroeë kerk het geen misoffer geken nie. Dis eers in 394nC in Rome ingestel. Met hierdie offer ruk Rome as’t ware vir Jesus uit die hemel om Hom weer te kruisig. Dit walg gelowiges!
Desondanks leer die RK dat Christus die misoffer aan die kerk nagelaat het om voort te sit totdat Hy weer kom. Dis kwansuis dieselfde offer as wat Christus aan die kruis gebring het en mag slegs deur ʼn geordende ampsdraer bedien word omdat hy alleen die mag (toorkrag?) het om die tekens van brood en wyn in die liggaam en bloed van Christus te laat verander. Die Romeine het ook in sulke absurde vormverwisselings geglo!
Tydens die misoffer is gemeentelede slegs toeskouers van ʼn godsdienstige drama sonder om ʼn aktiewe rol daarin te neem. Terwyl priesters vir die sondes van lewendes en dooies offer, is lidmate passief. Die liturgie is van so aard dat dit meganies uitgevoer word sonder om daaroor na te dink. Dit kom basies op ʼn herhaaldelike simboliese kruisiging van Christus neer. Geen wonder dat Calvyn dit verdomde afgodery genoem het nie!
Wanneer Christus gelowiges versoek om die Nagmaal te vier, is dit nie by wyse van ʼn offer nie, maar wel ʼn gedagtenis maaltyd. Die Levitiese wet het die eet van sondoffers streng verbied. Wanneer Christus aan sy dissipels sê:
“Neem, eet, dit is my liggaam” en “dit is my bloed” (Matt. 26:26,28),
kan dit nie letterlik opgeneem word nie. Hy het trouens op daardie tydstip saam met hulle aan tafel gesit en beide tekens vóór sy kruisiging saam met hulle genuttig. Geen offer was hoegenaamd hier ter sprake nie.
Die misoffer is ʼn walglike ritueel en spot met iets wat heilig is. Dit kan nooit ʼn offer wees nie omdat Christus se bloed ontbreek. Bloedlose offers deug nie.
“En byna alles word met bloed gereinig … en sonder bloedvergieting vind daar geen vergifnis plaas nie” (Hebr. 9:22).
Daarbenewens is daar geen aanduiding in die NT van ʼn voortsetting van enige van die baie OT offers nie.
Die misoffer is so absurd, dat ʼn mens nie kan glo dat nugter denkende mense dit sonder meer aanvaar nie. Geen wonder dat Voltaire dit die opera van die armes genoem het nie! Tydens hierdie drama voer die priester meer as 200 rituele bewegings uit; ʼn patetiese plaasvervanger vir die eenvoud van die Evangelie wat slegs vyf eenvoudige handelinge met die brood en twee met die wyn beskryf. Beslis nie 200 nie!
Wat sit werklik agter die misoffer?
Geld!
Alles in die RK is van prysetikette voorsien. ʼn Misoffer kan vir ʼn magdom van spesiale geleenthede soos bv. ʼn huwelik, doop, lidmaatvoorstelling, begrafnis, verligting vir siele in die vagevuur en vele meer aangevra word. En alles kos geld.
Die offergesag wat die Roomse priesterorde ontvang, stem met dié van die ou Babiloniese priesters ooreen. Toe Semiramis teen 400n.C. met die naam die Maagd Maria in die RK begin vereer is, het die kerk dieselfde onbloedige broodjie-offer begin gebruik as wat vir die eertydse Semiramis gebruik is. Die geskiedskrywer Epiphanius beskryf dit as ʼn klein, ronde wafeltjie wat tydens ʼn verborge seremonie geëet is.
Vervolg...