Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Mense wat geen beproewings gesmaak het nie, beteken nie veel nie. Lyding leer ons ‘n fyn waarnemingsgees aan. Dis ‘n nuwe soeke na God, ‘n ander uitkyk op die lewe wat van ‘n totale lewensverandering getuig.
ENGELE IS WERKLIK (3)
Judith Macnutt
Lees reeks by Engele is werklik
Wat is ‘n Engel?
Hierdie goddelike ontmoeting het my begrip van die onsigbare geesteryk waarin engele bestaan, verbeter en verder gevorm. Wanneer ons die bediening van die engele begin aanvaar, begin ons om die liefdevolle sorg van ons hemelse Vader te verstaan. Hy het hierdie majestueuse, kragtige wesens geskep om tydens ons aardse reis ons metgeselle te wees. In die volgende hoofstuk sal ons saam ontdek wat 'n engel is deur Skrif te bestudeer. Ek sal ook inspirerende ware verhale vertel van mense nes jy wat engele ontmoet het.
Terwyl ek ‘n klompie jaar gelede tydens ‘n konferensie lesings oor genesing aangebied het in Ogunquit, Maine, het ek gevoel die Heilige Gees lei my om ‘n lesing oor engele te gee.
Op daardie tydstip het ek beslis aan die bestaan van engele geglo, maar ek het dit nog nooit oorweeg om mense van hulle te leer of oor hulle te skryf nie.
Ek het myself nie as ‘n kundige oor die onderwerp beskou nie, en ek is dit steeds nie; dus het ek probeer om oor ‘n ander onderwerp te praat – een waarmee ek gemakliker was en waaroor ek beter ingelig was. Hoe langer ek egter gebid het, hoe dowwer het my gedagtes geword. Uiteindelik het ek besef dat ek moes terugkeer na die oorspronklike onderwerp van engele.
Na ek ure daaraan bestee het om die Skrif te ondersoek, het die buitelyne begin vorm aanneem. Ek het die lesing oor engele aangebied, maar weens my beperkte kennis het ek die klankman gevra om dit nie op te neem nie. Ek wou nie hê dit moes vir die publiek beskikbaar wees nie; ek was te bekommerd oor my eie ontoereikendheid. Die konferensiegangers was egter baie ontvanklik en diep teleurgosteld omdat die lesing nie opgeneem is nie. 'n Paar jaar later het ek ontdek dat die klankman dit wel opgeneem het en gratis versprei het. Daardie lesing oor engele het 'n bron van vertroosting en aanmoediging vir baie mense geword. Sedertdien het ek aangehou om engele te bestudeer, en ek besef nou dat hul bediening lewensbelangrik is vir individue, die kerk en vir die bevordering van God se koninkryk.
Die meeste van dit wat ek in dié boek sê, kom uit die Skrif. 'n Paar kom van my eie ervarings met engele, of van ander se ervarings. Tog stem ons almal saam dat engele werklik is en 'n belangrike rol speel in die bevordering van God se koninkryk.
God het engele geskape voor Hy die aarde of die mens gemaak het. Elke groot geloof ter wêreld aanvaar hul bestaan. Hulle word as goddelike agente beskou - bonatuurlik, kragtig, liefdevol, wys en toegewy in diens aan God. In sy Institutes sê Johannes Calvyn: "Engele is die uitdelers en administrateurs van die goddelike goedheid teenoor ons - hulle hou ons veilig, verdedig ons en lei ons."1 Die groot kerkhervormer Martin Luther het beweer dat "engele geestelike wesens is wat deur God geskape is sonder 'n liggaam, vir diens aan die Christendom en die kerk".2
Om engele te ervaar
Baie keer tydens aanbidding of bediening voel ek - met my oë gesluit - groot, sterk hande op my skouers, kop, voete, bors of rug. Ek dink dan iemand het by my kom staan om vir my te bid.
Ek kan voel hoe vrede en genade deur my vloei, maar wanneer ek my oë oopmaak, is daar niemand nie.
Anoniem
Klassieke skrywers soos Shakespeare, Dantè en Milton maak òf melding van engele òf hulle gee ons hul diepere insig in die onsigbare wêreld. Engele word al eeue lank in die kunste besing. Welbekende kunstenaars soos Frank Angelico, Leonardo da Vinci, El Greco en Thomas Cole het verskeie uitbeeldings van engele gemaak wat wissel van pilare van lig tot mens-agtige figure in helder togas, met of sonder vlerke.
Engele word in musiek, poësie en boeke besing. Kunstenaars het hulle uitgebeeld as magtige krygers wat verdedig en beskerm, of as barmhartige, tere wesens wat vertroosting en bemoediging bied.
Gedurende bedieningsreise na verskeie wêrelddele ontmoet ek aanhoudend gewone mense wat buitengewone, bonatuurlike ontmoetings met God se engele gehad het. Hierdie ervarings is nie skaars nie, maar vir die meeste mense is dit onverwags. Verskyn engele meer gereeld, of maak ons geestelike honger na betekenis ons oë oop vir hierdie diensknegte van God wat ons nie sien nie?
'n Gallup-opname van 2007 het getoon dat 75% van Amerikaners in engele glo. Baie teoloë onderbeklemtoon egter vandag die bonatuurlike ryk, wat engele insluit. Aan die ander kant is mense opsoek na die versekering dat 'n liefdevolle God en sy engeleskaar aktief betrokke is in hul elkedagse lewens. Hulle wil glo dat engele nie net betrokke is by ons nie, maar in staat is om in te gryp en ons te help.
Met ons hedendaagse ekonomiese uitdagings, ons gebroke maatskaplike netwerk en die verbrokkeling van die tradisionele gesin (met sy 50%-egskeidingsyfer) bring die lewe baie moeilikhede. Angsversteurings, depressie en verslawings vermeerder teen 'n ontstellende tempo en die uiteinde is dikwels werkverlies, egskeiding, selfmoord en gereelde hospitalisering. Die wortel van baie van hierdie psigologiese ongesteldhede is 'n diep geestelike siekte, 'n basiese eensaamheid wat die gevolg is van 'n kultuur wat los van 'n liefdevolle God bestaan. lets wat ek dikwels tydens berading hoor, is: "Ek voel so alleen en magteloos." Ons diepste behoefte is om lief te hê en liefgehê te word. Dit gebeur in 'n intieme verhouding met God, die bron van alle liefde.
Die gehoor was baie ontvanklik vir hierdie lesing en diep teleurgesteld omdat die lesing nie opgeneem is nie. 'n Paar jaar later het ek ontdek dat die klankman dit wel opgeneem het en gratis versprei het. Daardie lesing oor engele het 'n bron van vertroosting en aanmoediging vir baie mense geword. Sedertdien het ek aangehou om engele te bestudeer, en ek besef nou dat hul bediening lewensbelangrik is vir individue, die kerk en vir die bevordering van God se koninkryk.
Sint Johannes van die Kruis, 'n 16de-eeuse mistikus en teoloog het gesê hoe meer ellende mense moet verduur, hoe meer genade gee God hulle. Namate ons ellende vermeerder het, het God in sy onverdiende goedheid sy engele voorsien om sy volgehoue liefde gedurende ons lewens vir ons te bring. Engele is nie daar om 'n intieme verhouding met God te vervang nie; hulle is boodskappers wat God se liefde op egte en tasbare maniere oordra. Hul teenwoordigheid bring vertroosting en krag. 'n Engel is 'n oorgangsmiddel na die groter werklikheid, God se koninkryk, en wys uiteindelik heen na God self.
Hoekom moet ons van engele leer? Een doel is om ons gesinne, veral ons kinders, te leer. 'n Ander is om mense wat sukkel te bemoedig, om hulle te laat weet dat hulle 'n geestelike metgesel het tydens hul aardse reis, dat hulle nie alleen is nie en dat engele God se grootse liefde vir hulle weerspieël.
Tydens die vakansie-Bybelskool is die graadtwee’s opdrag gegee om 'n brief aan 'n maatjie te skryf. Een seuntjie het geskryf:
Liewe God
Ek hou van Bybelskool. Dis pret.
Liefde
Donny
NS: Sê asseblief vir die engele ek sê hallo.
In sy Christianity Today-artikel "Rumors of Angels", sê Timothy Jones:
Selfs onder intellektuele, vind die idee van hemelse besoekers byval. Mortimer Adler, filosoof en redakteur van die Great Books-reeks, vertel hoe hy 'n lesing gegee het onder beskerming van die Aspen Institute for Humanistic Studies. Sy onderwerp? Engele en engeleleer. "Die aankondiging," het hy geskryf, "het 'n gehoor gelok wat groter was as enige gehoor wat ek in die afgelope 30 jaar gehad het." Die ondervinding het hom so geroer dat hy 'n boek geskryf het oor die filosofiese belangrikheid van engele.4
Ons wil graag meer weet, maar ons moet versigtig wees wanneer ons van engele leer. Baie van die beskikbare inligting is nie gebaseer op die Bybel of op kerklike lering nie. Baie New Age-boeke en -kursusse spoor ons aan om geeste van die onsigbare wêreld te kontak. Dit kan tot gevaarlike verbintenisse met bose, gevalle engele lei. Paulus waarsku die kerk in Kolosse:
Moenie dat iemand wat behae skep in danige nederigheid en in die aanbidding van engele en wat voorgee dat hy allerhande visioene gesien het, julle daarmee mislei nie. So iemand verhef hom oor wat hy in eiewaan van homself dink, en hy hou nie aan die hoof, aan Christus, vas nie.
Kolossense 2:18-19
Die klem val op die "hoof", met ander woorde God. Dit daag ons uit om op God gefokus te bly en nie op sy diensknegte, die engele nie.
Die apostel Johannes het twee maal op die eiland Patmos voor die voete van 'n engel neergeval om hom te aanbid. Die engel het onmiddellik gesê: "Pas op, moenie! Ek is 'n mededienaar van jou en van jou medegelowiges wat aan die getuienis vashou wat Jesus gelewer het. Aanbid God" (Op. 19:10; sien ook 22:9).
Van die engele sê God: "Hy maak sy engele stormwinde en sy dienaars vuurvlamme." Is hulle dan nie almal geeste in diens van God, wat Hy uitstuur om dié te dien wat die saligheid gaan beërf nie?
Hebreers 1:7,14
Ek glo dat engele kies om, indien moontlik, onsigbaar te bly tydens hul take, juis om hierdie menslike reaksie van aanbidding te vermy. Hul begeerte is om as die lewende God se boodskappers te dien, nie om aanbid te word nie. Ek is lief daarvoor om blomme te ontvang, maar wanneer dit afgelewer word, weet ek dat die bode maar net die boodskapper is - die geskenkdraer. Iemand wat my liefhet, het die blomme gestuur, net soos die Vader vir ons sy heilige engele stuur - boodskappers van sy volgehoue liefde.
Die skepping van engele
Toe Paulus aan die kerk in Kolosse geskryf het, het hy die opperheerskappy van Jesus Christus oor die hele skepping benadruk, beide die sigbare en die onsigbare skepping. Paulus bevestig ook dat die hele wêreld, insluitende die engele, deur God geskep is.
Die Seun is die beeld van God, van God wat self nie gesien kan word nie. Die Seun is die Eerste, verhewe bo die hele skepping. God het deur Hom alles geskep wat in die hemel en op die aarde is: alles wat gesien kan word en alles wat nie gesien kan word nie, konings, heersers, maghebbers, gesagvoerders. Alles is deur Hom en vir Hom geskep.
-Kolossense 1:15-16
Ons lees in Psalms ook van die skepping van die engele: "Prys Hom, alle engele, prys Hom, alle hemelwesens! Laat hulle die Naam van die Here prys, want Hy het beveel en hulle is geskep" (Ps. 148:2, 5). In die verhaal van die skepping word onthul dat God gespreek het en die hele skepping ontstaan het: "Toe het God gesê: 'Laat daar lig wees!' En daar was lig" (Gen. 1:3). Die presiese tyd van die skepping van die engele is nie seker nie, maar verskeie Skrifgedeeltes gee ons leidrade. Die grootste hiervan is in Job 38, toe die Here Job geantwoord het deur te vra: "Waar was jy toe Ek die aarde se fondamente gelê het? Daardie oggend toe die sterre saamgesing het en al die hemelinge gejubel het?" (v. 4, 7). Dit sinspeel daarop dat die engele teenwoordig was toe God die wêreld geskape het - en dat hulle gejubel het.
Die ander leidraad is in die verhaal van Adam en Eva, wat voor die slang se versoeking geswig het in die Tuin van Eden. Die tydlyn suggereer dat die gevalle Lucifer (Satan), Adam en Eva se vyand, teenwoordig was voor die mens geskep is. Dit lyk of die skepping van ontelbare engele saamval met die skepping van die hemel, voor die fisiese aarde gevorm is.
Die aard van engele
God het die engele as 'n ander klas wese as die mensdom geskep. Hulle beskik oor meer wysheid, outoriteit en heiligheid as die mens. Hul talle meerderwaardige eienskappe was van die begin af inherent. Engele is rasionele, intelligente wesens met unieke persoonlikhede. Hulle beskik oor 'n voile reeks emosies. Deur die hele Bybel heen word verwys na engele wat vreugde, hartseer, woede en barmhartige liefde uitdruk. Jesus het gese: "Ek se vir julle: Net so is daar blydskap onder die engele van God oor een sondaar wat hom bekeer" (Luk. 15:10).
Engele is ook ontsettend vreugdevol. Ons sien dit die nag toe Jesus in Betlehem gebore is. Die herders het tallose engele vrolik hoor sing toe die hemele oopgegaan het om hul teenwoordigheid te onthul. Engele het ook die vermoë om dit wat in hul geaardheid is, soos vrede, vreugde en geduld, aan ons oor te dra.
Die engele se emosies is nie deur sonde belemmer nie. Ons menslike emosies en liggame dra die wonde van sonde. Dis een van die redes waarom ons soveel vrees, angs, woede en hartseer ervaar. Engele se emosies funksioneer volmaak, soos God dit bedoel het. Engele is ook nederig, gehoorsaam, geduldig en rein. Hul lojaliteit teenoor God is heftig en hulle begeer om Hom te dien deur gehoorsaam sy koninkryk in te lei. God het die engele vrye wil gegee; dus die vryheid om te kies en hul eie lewensrigting te bepaal. Die heilige engele bly totaal onderworpe aan God se wil, in teenstelling met die onheilige gevalle engele (meer hieroor later).
Die posbeskrywing van engele
Engele is goddelike tussengangers tussen die hemel en die aarde. Hulle gaan tuis in die verskillende lae van die hemel wat in die Bybel beskryf word. Hulle woon in die boaardse wêreld en voer take op aarde en in die hemel uit - volgens hul klassifikasie. Kom ons kyk nou net na 'n opsomming van hul pligte.
In die Bybel lees ons van die engele se pligte en soms van hul geaardheid, maar die meeste gedeeltes oor engele beskryf slegs wat hulle doen. Wanneer ons na hul gedrag kyk, sien ons God se manjifieke voorsiening vir ons wanneer Hy hierdie goddelike vriende en diensknegte stuur om ons op ons aardse reis te vergesel. Engele wag vir hul opdragte om God deur die heelal te dien. Hulle is geskep om Horn alleen te dien. Hulle voer God se opdragte uit, nie ons s'n nie. Engele beskerm en bedien mense soos God hulle beveel en opdrag gee. Of jy al ooit van 'n engel se teenwoordigheid en bystand bewus was of nie, het hierdie magtige agente van God jou waarskynlik al baie keer gehelp.
Engele dien God op talle maniere, afhangende van hul rang. Die engele van die troonkamer aanbid en prys God voortdurend terwyl hulle sy teenwoordigheid, heiligheid en opperheerskappy besing. Hulle is intieme vertrouelinge wat God se opdragte uitvoer. Hierdie rang bestaan uit serafim, zezubim en konings. Hierdie groep is in direkte kontak met God en bly bly getrou aan sy Teenwoordigheid.
Die tweede groep of rang van engele bestaan uit heersers, maghebbers en gesagvoerders. Hulle is betrokke by die fisiese heelal (soos aardbewings. tsunami's, orkane en ander katastrofiese gebeure).
Die derde rangbestaan uit prinsdomme, aartsengele en engele. Hulle is hoolsaaklik betrokke by menslike sake, is in interaksie met mense en tree as beskermers van individue en groepe op. Die engele word toegerus en vertrou met ongelooflike sterkte, gesag, wysheid en liefde sodat hulle hul pligte kan nakom.
Kom ons kyk na die engele se belangrikste verantwoordelikhede:
- Om saam met Jesus terug te keer
"... die Here Jesus sal met sy magtige engele in 'n vuurvlam uit die hemel verskyn" (2 Tess. 1:7).
- Om die kerk te beskerm
"Die verborgenheid van die sewe sterre wat jy in my regterhand gesien het, en die sewe goue kandelaars: die sewe sterre is die engele van die sewe gemeentes, en die sewe kandelaars Wat jy gesien het, is die sewe gemeentes" (Op. 1:20,1953-vertaling).
- Om oordeel uit te voer
Op daardie selfde oomblik het 'n engel van die Here hom getref, omdat hy nie die eer aan God gegee het nie. Herodes is deur wurms verteer, en het gesterwe" (Hand. 12:23).
- Om die wet te gee
Handelinge 7:53 verwys na mense wat die wet van God ontvang het deur bemiddeling van engele (sien ook Deut. 33:2; Gal. 3:19; Heb. 2:2).
- Om God te verhoog, aanbid en vereer
Ongeag hulle rang bestaan die hele engeleryk om God te aanbid.
Toe het ek rondom die troon en die lewende wesens en die ouderlinge 'n groot menigte engele gesien. Daar was duisende der duisende, ja, miljoene der miljoene. Ek het hulle hard hoor uitroep: "Die Lam wat geslag was, is waardig om die mag en rykdom, die wysheid en sterkte, die eer, heerlikheid en lof te ontvang."
- Openbaring 5:11-12
'n Menigte engelekore besing Jesus se grootheid. Hulle raak verlore in lofgesange vir en verering van hul geliefde God. Watter les is verborge in die wysheid van engele se aanbidding? Het jy al ooit so 'n brandende liefde en ekstase ervaar? Oor die jare heen het baie Christene in besonderhede beskryf watter groot vreugde hulle ervaar wanneer hulle hul oorgee in aanbidding, en hoe hulle oorweldigende saligheid ervaar. In die volgende storie hoor 'n gelowige wat besig is om die Here se lof te besing hoe die engele aanbid.
Vervolg...