NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Weet jy dat Jesus jou sondes aan die kruis gestraf het sodat jy vergewe kon word? Gaan lei dan met dankbaarheid 'n vrugbare lewe tot eer van sy heilige Naam.

DIE UURGLAS LOOP UIT (7)

Ds A.E. van den Berg

Bruilofsmaal of aasvoël-restourant?

En die leërs in die hemel het Hom gevolg op wit perde, bekleed met wit en rein fyn linne. En ek het een engel sien staan in die son; en hy het met ’n groot stem uitgeroep en vir al die voëls ... gesê: Kom hierheen en versamel julle tot die maaltyd van die grote God,”(Openb.19:14,17).

Daar is min dinge so gesellig as om saam met vriende of familie te gaan uiteet. Openb.19 vertel van twee eetplekke. Die eerste is ʼn feestelike huweliksonthaal en die tweede ʼn aasvoël-restourant wat op die rampspoedige verhouding tussen die valse kerk en die Antichris volg. Hy slaan eers die vyand en daarna die saamloper dood. Hierdie aasvoël-restourant is ʼn walglike gesig van roofvoëls wat hul aan die vleis van die lidmate dik eet.

Die ander eetplek (huweliksonthaal van die Lam)staan in skerpe teenstelling metdie aasvoëlbedryf. By hierdie eetplek is gelowiges aan die tafel wat deur God vir die Lam voorberei is. Almal wat met God gewandel het, gaan daar wees; Adam, Abraham, Moses, Dawid, Petrus, Johannes – elke bekeerling!

Vanaf vers 11 verander die toneel en word die wederkoms van Jesus vanuit ʼn baie interessante oogpunt belig. Ons bely tereg dat Jesus kom om die lewendes en dooies te oordeel. Dit begin by ʼn oorlog wat uitbreek met Jesus op ʼn wit perd. Die goddeloses word uitgewis en die deure van die aasvoël-restourant geopen.

Die klem val hoofsaaklik op die oorlog; dié van die aarde teen die hemel wat met die vernietiging van die goddeloses eindig. Met die uitgieting van die sesde skaal (Openb.16) lees ons van Armageddon; die plek waar die goddeloses vir die oorlog saamtrek. Openb.17 praat weereens van goddeloses wat hul vir die oorlog teen die Lam gereed maak. Daarna word slegs gesê dat Jesus hulle oorwin, maar nie hoe nie. Niemand is uiteraard teen Hom bestand nie!

Die ganse Openbaring praat van hierdie verskriklike oorlog. Hoofstuk 6 praat van die goddeloses wat die berge en rotse gaan smeek:

“Val op ons en verberg ons vir die aangesig van Hom wat op die troon sit, en vir die toorn van die Lam; want die groot dag van die toorn het gekom, en wie kan bestaan?” (:15-17).

In Openb.20:9staan: “Vuur het van God uit die hemel neergedaal en hulle verslind”Paulus sê dat Jesusdie goddeloses “met die asem van sy mond sal verdelg en deur die verskyning van sy wederkoms tot niet sal maak.(2 Thess.2:8).

Dit strook met Jesaja se voorspelling: “Ek het die pers alleen getrap...daar was geen helper nie” (Jes.63:3,5).

Toe Jesus in Getsemanein hegtenis geneem is, kon Hy hemelse leërs ontbied het om Hom te ontset, maar Hy het nie. Hy sê vir Petrus om sy swaard terug te sit:

Of dink jy dat Ek nie nou my Vader kan bid en Hy vir My meer as twaalf legioene van engele beskikbaar sal stel nie?” (Mt.26:53).

Jesus het Hom vrywillig laat kruisig om sondaars te verlos. Soos wat Hy die enigste Verlosser is, kom Hy ook as die enigste Regter vir hierdie laaste en beslissende oorlog teen die Satan.

Op die Sondag voor sy kruisiging het Jesus Jerusalem op ʼn esel binnegery; ʼn toonbeeld van sy nederigheid. Daarmee het ʼn profesie ook in vervulling gegaan:

“Kyk, jou Koning kom na jou... nederig en Hy ry op ʼn esel....”

Met sy wederkoms ry Hy seëvierend op ʼn wit perd; alles en almal sidder voor Hom!

Uit Jesus se mond kom ʼn skerp swaard wat die goddeloses tref. Dis nie letterlik ʼn swaard nie, maar eerder ʼn magtige simbool van die verpletterende oordeelswoorde wat Jesus oor die goddeloses gaan uitspreek. Hy praat en dit gebeur. Die goddeloses betaal die prys vir hul bose leefwyse wanneer chaos en wanorde onder hulle uitbreek en hul mekaar takel.

Hierdie beeld sinspeel op ʼn gebeure in die OT toe ʼn oormag van goddeloses teen koning Josafat opgeruk en God ʼn gees van verwarring onder hulle ingestuur en hulle mekaar uitgeroei het. Openb.17 vertel in dieselfde trant van die minnaars van Babilon wat haar ontklee, opeet en die oorskiet verbrand.

In Openb.19:14 lees ons van die Ruiter op die wit perd wat deur leërs wat in rein, fyn linne vergesel word. Dis die bekende kleredrag van die bruidsgewaad van die bruid van die Lam. Gelowiges sluit na die oorwinning by Jesus aan om in sy segetog te deel. Hy word dus nie net deur die hemelse leërskare vergesel nie, maar ook deur gelowiges van alle eeue.

In sy brief aan Thiatire skryf Jesus iets hiervan:

En aan hom wat oorwin en my werke tot die einde toe bewaar, sal Ek mag oor die nasies gee, en hy sal hulle regeer met ’n ysterstaf; soos erdegoed word hulle verbrysel, net soos Ek ook van my Vader ontvang het” (Openb.2:26.27).

Op die dag van die wederkoms gaan sake ʼn bepaalde orde volg. Gelowiges wat voor die wederkoms oorlede is, staan eerste op (1 Thess.4:16). Dié wat dan nog leef, word in ʼn oogwenk verander (1 Kor.15:52)om saam met die ander

“...in die wolke weggevoer .... die Here tegemoet in die lug” tegemoet te gaan en vir ewig by Hom te wees (1Thess.4:17).

Openb.19 begin by die bruilofsmaal van die Lam en eindig met ʼn grusame maaltyd as alle goddeloses uitgewis word en hul lyke aasvoëlkos word. Dit gaan ‘n bloedige slag wees met die bloed van die goddeloses wat tot aan die tooms van die perde gaan reik en selfs die kleed van die Ruiter op die wit perdbevlek.

Na afloop van hierdie laaste oorlog word Satan se twee trawante, die Antichris en valse profeet in die poel van vuur gewerp.

En die duiwel wat hulle verlei het, is in die poel van vuur en swawel gewerp waar die dier en die valse profeet is; en hulle sal dag en nag gepynig word tot in alle ewigheid” (Openb.20:10).

Nadat die lewe op aarde beëindig is, word dit deur ʼnnuwe hemel en aarde vervang:

“ En ek het ’n groot wit troon gesien en Hom wat daarop sit, voor wie se aangesig die aarde en die hemel weggevlug het; en daar is geen plek vir hulle gevind nie” (Openb.20:11).

Intussen gaan die siele van die goddeloses tot die ewige verdoemenis opgewek word:

En ek het die dode, klein en groot, voor God sien staan, en die boeke is geopen; en ’n ander boek, die boek van die lewe, is geopen. En die dode is geoordeel na wat in die boeke geskryf is, volgens hulle werke” (Openb.20:12).

Daarna word hulle ook in die poel van vuur gewerp waar hul meester woon (:15).

Gevolglik is daar een wederkoms, maar wel twee opstandings. Eers die salige opstanding van die gelowige ontslapenes en die oombliklike verheerliking van gelowiges wat nog leef. Die ander opstanding is dié van die ongelowiges tot ʼn ewige verdoemenis wat in Openb.20:14 die tweede doodgenoem word.

Jesus sê in Joh.5:”

Moenie julle hieroor verwonder nie. Want daar kom ʼn uur wanneer almal wat in die grafte is, sy stem sal hoor en sal uitgaan, die wat goed gedoen het tot die opstanding van die lewe, en die wat kwaad gedoen het, tot die opstanding van die veroordeling” (:28,29).

Gelowiges se vreugde is eindeloos.

Salig en heilig is hy wat deel het aan die eerste opstanding; oor hulle het die tweede dood geen mag nie.. (Openb.20:6).

Pasop vir kerkmisleiding! Hou aan die waarheid van God se Woord vas. Bly aan Jesus getrou al kos dit ook jou lewe. Die dood kan alleenlik jou liggaam vernietig maar nie jou siel nie. Leef reg. Wandel in wit klere want die lewe is die grootmaakkamer van die siel. Pas jou siel op! Jesus kom!

Opsoek na inligting?

  •  Indien u Gelofteland se daaglikse hoofartikel per epos wil ontvang, stuur u versoek na Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    _____________________

    BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 954 gaste aanlyn