NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

‘n Gebrek aan volharding veroorsaak meer mislukkings as ‘n gebrek aan intelligensie of bekwaamheid.   Volharding en vertroue gaan hand aan hand.  Vertrou op Jesus en jy is verlos. Vertrou op jouself en jy is verlore.

GOD BEDOEL WAT HY SÊ

Die oordeelsprofesie teen die stad Tirus in Esegiël 26.

Anita Joubert

Een van die interessantste en ongelooflikste profesieë in die Bybel, is dié een wat die profeet Esegiël teen die stad Tirus uitgespreek het in ongeveer 597 v.C., toe die Suidryk van Israel in ballingskap weggevoer is na Babel. Die profeet Esegiël is saam met die ballinge na Babel weggevoer, en het daar as profeet opgetree.

God het Israel gestraf vanweë hulle eeuelange volgehoue sonde. Ons lees in die Bybel van vyf profete wat die volk Israel gewaarsku het dat hulle volgehoue sonde gaan veroorsaakdat hulle in die hande van hulle vyande oorgelewer gaan word. Moses het hulle gewaarsku, reg aan die begin. Lees gerus Deuteronomium 28: 47 tot 68. Miga was ’n tydgenoot van Jesaja en ons lees van sy waarskuwingsprofesie in Miga 4:10 tot 14. Hy het selfs ook hulle redding uit die ballingskap geprofeteer. Habakuk het hulle gewaarsku en Jeremia het vir 23 jaar lank probeer om die volk tot inkeer te laat kom. Sy eie mense het hom met stokke geslaan, hom in ’n modderput gegooi, later in die tronk. Hulle het alles probeer om van hom ontslae te raak behalwe om te luister na wat die Here vir hulle sê. Hulle is baie swaar gestraf.

En die regeerder van Tirus en sy mense waag dit om hulself te verlustig in die Verbondsvolk se ellende (Eseg 26:2). In hierdie tydperk het die mense van Tirus onskuldige mense gevang en as slawe verkoop en hulle optrede het vrees ingeboesem by die omliggende volke. Hulle was wreed en hebsugtig.

Die Fenisiese hoofstad, Tirus, was ‘n baie belangrike handelsentrum van die antieke wêreld. Dit was geleë aan die Middelandse See, suid van Beiroet en was een van Israel se noordelike grensstede (Jos 19:29; 2 Sam 24:7). Die stad is volgens oorlewering in ongeveer 2750 v.C. gestig, maar historici verskil baie wat die presiese tyd betref. Nadat die Fenisiërs geleer het om groot skepe te bou, het hulle spoedig die handel van dié gebied oorgeneem.

Die regeerder van Tirus het hom verbeel hy is ‘n god met baie wysheid (Eseg 28:2-4). Die rykdom wat hy so sorgvuldig bymekaar gemaak het, het hom nog meer hooghartig gemaak en sy selfverheffing veroorsaak dan ook sy val. Behalwe die profesie van Esegiël teen Tirus en sy regeerder, het die profete Jesaja en Jeremia, albei ook oordeelsprofesieë teen Tirus uitgespreek (Jes 23:1-18 en Jer 25:15-38). Jesaja gee die rede vir die Here se besluit: ‘Hy breek die trots en Hy maak die hoogmoed tot niks.’ Jeremia kry opdrag van die Here om simbolies God se oordeelsbeker na ‘n hele lys nasies uit te hou, waarvan Tirus één is.

In 587 vC, dieselfde jaar waarin Jerusalem geval het, gee God aan Esegiël die oordeelsprofesieë teen Tirus en sy regeerder. Hy spreek sewe voorspellings uit wat die stad se lot bepaal:

  1. Baie nasies sal teen hom optrek (Eseg 26:3)
  2. Nebukadnesar sal die stad verwoes (Eseg 26:7)
  3. Sy mure en huise sal verwoes word en sy klippe, hout en selfs sy grond sal in die see gegooi word (Eseg 26:12)
  4. Sy grondlaag sal verwyder word sodat die stad net ‘n kaal klipplaat is (Eseg 26:4)
  5. Hy sal net nog ‘n plek in die see wees waar visnette droog gemaak word (Eseg 26:5).
  6. Hy sal nooit weer herbou word nie (Eseg 26:14).
  7. Hy sal nooit weer gevind word nie (Eseg 26:21).

Om die vervulling van hierdie oordeelsprofesieë te bestudeer, is dit nodig om buite-Bybelse, historiese bronne te raadpleeg, omdat dit oor baie eeue plaasgevind het en nie in die Bybel opgeteken is nie

Hierdie sewe oordele het soos volg, letterlik, in vervulling gegaan:

  1. Die stad is, nadat dit deur Nebukadnesar oorwin is, eers deur die Perse en daarna deur Alexander die Grote in 333 v.C aangeval en oorwin. In 313 v.C. het die Romeine dit finaal onderwerp. In 1123 n.C. is Tirus deur die kruisvaarders van die Saraseens afgeneem. Sy voorspoed is egter finaal deur die Turke in 1516 n.C. verwoes. Dit was voorwaar baie nasies wat met eeue lange tussenposes soos die golwe van die see teen hom opgetrek het.
  2. Die jaar nadat die profesie uitgespreek is (586 v.C.), het Nebukadnesar in beleg teen die stad opgetrek. Nadat hy die stad vir dertien jaar lank beleër het, was Tirus so verswak dat hy aan Babiloniese opperheerskappy moes oorgee. Toe Nebukadnesar se troepe uiteindelik die stad binnestroom, vind hulle dit feitlik leeg. Die meerderheid van die mense het stilletjies, per skip, na ‘n eiland, twee en ‘n half km vanaf die kus, gevlug en daar ‘n nuwe stad gevestig. Die oorspronklike stad is in 573 v.C. deur Nebukadnesar verwoes (Eseg. 26:7). Die nuwe stad Tirus op die eiland, het egter vir etlike honderde jare bly voortbestaan.
  3. Toe Alexander die Grote in 333 v.C. teen Tirus optrek, was sy aanval gemik op die eilandstad. Die eiland was omring met hoë mure tot teen die see; dus feitlik onbereikbaar en onmoontlik om aan te val. By gebrek aan ‘n vloot het hy net eenvoudig begin om al die puin en afval van die ou stad in die see te gooi, om ‘n pad tot by die eiland te bou. Hy het alles wat daar was, selfs die hout, klippe en die grond gebruik (Eseg. 26:12).
  4. Op hierdie wyse het hy daarin geslaag om ‘n sestig meter breë hawehoof of keerwal na die eiland te bou. Die inwoners van Tirus het die werk bemoeilik met teenaanvalle en Alexander die Grote moes ander volke wat hy reeds oorwin het, se vlote opkommandeer om hom te help. Na ‘n beleg van sewe maande, val hy die stad binne en agt duisend mense sterf. Dertig duisend mense word weggevoer as slawe. As gevolg van die bou van hierdie wye hawehoof, lyk die grootste deel van die eens glorieryke stad, nou soos ‘n kaal rotsplaat (Eseg. 26:4).
  5. Die hawe van Tirus word vandag nog gebruik. Klein vissersbootjies lê daar geanker. ‘n Klein vissersdorpie, Soar, het daar ontstaan.Waar eens die handelsmekka van die antieke beskawing was, gooi vissermanne nou hulle nette oop op die kaal klipplaat om droog te word (Eseg. 26:5).
  6. Ander stede wat deur oorloë verwoes is, is altyd weer herbou. Jerusalem het telkemale weer uit sy ruïnes verrys. Die plek waar Tirus was, beskik steeds oor sterk fonteine met vars water en is ‘n baie geskikte plek vir ‘n groot stad. Dit is egter nooit weer herbou nie (Eseg. 26:14).

Die presiese plek van hierdie antieke stad kan nie meer vandag bepaal word nie, as gevolg van die algehele vernietiging wat plaasgevind het. So is ook dié voorspelling in vers 21 vervul.

  1. Hierdie profesie en sy vervulling, laat ʼn mens net weer besef dat God bedoel wat Hy sê.
  2. Profesieë van ware profete, moet ernstig opgeneem moet word.
  3. Dit sal in vervulling gaan, al neem dit soms eeue lank.
  4. ’n Ander waarheid wat hier duidelik na vore kom, is die feit dat dit ’n gruwel vir God is wanneer ’n mens homself in ʼn ander se swaarkry en ellende verlustig, al het so ʼn persoon dit oor homself gebring.

Ons dien ʼn genadige, lankmoedige God, maar Hy is ook heilig en regverdig en Hy haat sonde. Al wat Hy vra is verootmoediging, ware berou en dat ons sal terugkeer na Hom toe. Hy gee ons soveel kanse, soveel geleenthede, maar op ʼn dag, dan tree Hy op, met tragiese gevolge vir diegene wat aan Hom ongehoorsaam gebly het.

Opsoek na inligting?

  • ‘n Nuwe boek deur doktor Mike du Toit het op die rak verskyn getiteld:

    ‘N ORGANIESE, EKONOMIESE EN POLITIEKE BESTEL

    VIR ‘N TOEKOMSTIGE AFRIKANERVOLKSTAAT

    Na Du Toit se oordeel het die kapitalisme en demokrasie ernstige tekortkominge en funksioneer dit tot nadeel van alle volkere wat wens om as organiese eenhede met ʼn eie identiteit te bestaan. Hierdie tekortkominge word in die boek uitgewys. Die kapitalisme en demokrasie berus op die liberale lewensbeskouing. As alternatief tot die liberalisme stel Du Toit die organiese lewensbeskouing. Lees alles wat u daaroor wil weet by hierdie skakel NUWE BOEK DEUR DR MIKE DU TOIT

    ______________

    UBUNTU; Herbedink

    Die gonswoord van 'n dekade of wat gelede, nl 'Ubuntu', het 'n mens nuuskierig gemaak. Wat sou die mooiklinkende woord: 'u-bun-tu' wat blykbaar oornag groot handelswaarde ontwikkel het, werklik beteken? Nadat Desmond Tutu in 'n videosnit die betekenis verduidelik het as:'I am because we are' en Bill Clinton daarop probeer verbeter het met: 'I am because you are', kon dit nie anders nie. Dié saak moes ondersoek word.

    Na 'n ompad deur Afrika en selfs die antieke geskiedenis, is weer in die eie tyd, by uitsprake van Mbeki, Tutu, Steve Biko en andere uitgekom. Daarna is na Ubuntu en die wêreldpolitiek gekyk, maar ook na 'n ubuntuplan en ekonomiese seifbeskikking met die oog op oorlewing.

    Die skrywer, Tobie Hart, slaag met hierdie werk om die leser te boei met aktuele inligting wat elkeen raak. Ook die voorblad, met reënboog en standbeeld praat met die leser.

    Die boek, teen R260-00 per harde kopie kan bestel word by: Groep 7 Drukkers Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..         Die boek is ook in Engels beskikbaar as Ubuntu: Re-invented

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2162 gaste aanlyn