NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

In hierdie nuwe jaar sal baie van ons een of ander vorm van pyn en lyding ervaar. Maar ons moet nie bang wees nie want God se liefdevolle hande rondom ons in pyn, help ons om die omstandighede met hoop en moed onder die oë te sien. Daar is geen angs, verlies of lyding van ons waarin God nie deel nie. Wanneer ons dan weet dat God altyd by ons is, selfs al val ons wêreld uitmekaar, sal ons die pyn kan verduur, sonder vrees, sonder angs, met moed en hoop.

DIE BYBEL IS KÁNON

Lees reeks by DIE BYBEL

Dr JP Botha

Daar is so baie inligting oor die samestelling van die Bybel en die betekenis daarvan wat toegewyde Christene vandag eintlik niks meer van weet nie, dat ons graag in hierdie rubriek die geleentheid wil skep om daaroor te praat en sodoende ons kennis van die Woord van God te vermeerder, want dan sal ons ook die almagtige God wie se Woord dit is , beter ken en liefhê.

Ons Protestantse Christene se Bybel bestaan uit die Ou Testament (39 boeke) en die Nuwe Testament. (27 boeke).  Hierdie 66 boeke is kánon, dit wil sê hulle is die norm, die maatstaf van die Woord, die egte, die betroubare. Ons noem hierdie 66 boeke die kanonieke boeke van die Bybel. Daar is nog ander boeke wat in die Bybelse tyd geskryf is wat ons Apokriewe boeke noem.  Die Rooms-Katolieke het nog 13 sulke boeke in hulle Bybel opgeneem en noem dit Deuterokanonieke boeke. Ons Protestante sien nie hierdie boeke as deel van die onfeilbare Bybel nie, maar keur ook nie die lees daarvan af nie.

Daar is ook Nuwe Testamentiese Aprokriewe, bevattende min waarhede, baie verdigsel en heelwat mooi stories, byvoorbeeld:  Die Seuntjie Jesus sit langs die spruitjie saam met ander seuntjies en speel. Jesus maak voëltjies van klei en blaas op hulle. Dan word hulle lewendig en vlieg weg. Of: Petrus en Johannes kom in ‘n herberg. In die bed waar hulle moes slaap, krioel dit van weeluise, maar Petrus bestraf hulle en hulle verlaat die bed in optog en gaan wag buite die deur. Toe die apostels die volgende môre die plek verlaat, gee Petrus hulle toestemming om weer binne te kom en daar  marsjeer die goggas weer in gelid na hulle bedtuiste terug!

Die Ou Testament

Hier word getuig van God se teenwoordigheid onder sy volk. Die Bybel vra nie of daar ‘n God is nie. Dit getuig net van sy teenwoordigheid. Hy is en was nog altyd daar. Ons lees daarvan in die Ou Testament. Dit openbaar God soos Hy is, in sy liefde, hulp, oordeel. Maar niemand in die Ou Testament het hierdie God nog ooit van aangesig tot aangesig gesien ne.  Daar is ook nie beelde van Hom gemaak nie. Hy het deur profete en priesters gepraat en gedoen. Sy wet het mense beveel wat om te doen. Soms het Hy in drome of gesigte of selfs deur engele gepraat. Die Ou Testament vertel vir ons van al hierdie openbaringe van die onsigbare, maar tog sigbare God.

Die Nuwe Testament

God het egter uit liefde besluit om Hom  sigbaar aan mense te openbaar.  Hy stuur toe sy Seun om mens te word.  In Jesus, die beeld van God, leer ons God ken.  Hy is God se openbaring, want God het sy Seun gestuur om mens te word. In Jesus kon ‘n mens dus vir God van aangesig tot aangesig sien. In Jesus kan ons sien hoe God is. In die oë van Jesus kan ons God se liefde sien. In sy hande wat ander help, kan ons God se hande sien.  In sy woorde kan ons God se woorde hoor.

Dit is wat Jesus so spesiaal maak. Sy optrede hier op aarde is daardie oomblik in die geskiedens waar ons God kon sien soos Hy is. Nou hoef ons nie meer te raai wat God van ons verwag of wat ons moet doen nie. Ons hoef net na Jesus te kyk, want daar sien ons God se outentieke openbaring.  In die Nuwe Testament lees ons alles van hierdie outentieke openbaring van God in Jesus.  Daarom is die Nuwe Testament so belangrik.

Die Ou en Nuwe Testament word as outentiek en normatief erken omdat dit van God se outentieke openbaring in die wêreld vertel. Dis die venster waardeur ons God kan sien.  In Christus het hierdie openbaring ‘n hoogtepunt bereik omdat ons God daar direk kan sien, hoor en aan Hom kan raak.

 

Die Bybel is dus kánon, nie omdat die Bybel so belangrik is nie, maar omdat die Een waaroor die Bybel praat, die Vader en die Seun, so belangrik is. Hulle stel die norm vas en daarom kan die verhale oor hulle normatief wees.

Daarom het die getuienis oor Jesus se woorde en dade (Nuwe Testament) saam met die Skrifte (Ou Testament) die norm vir die vroegste kerk geword. Die gemeentes het hiervan geleef as die rigsnoer van God vir hulle lewe. Enigiets wat nie gestrook het met wat Jesus of die Skrifte sê nie, is teëgestaan en as verdraaiing van die waarheid gesien.

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1013 gaste aanlyn