NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

God regeer nie op ʼn vuil troon nie, daarvoor is Hy te heilig!   Hy is egter gewillig om die gebede van sondaars wat met die verdorwenheid van hul harte worstel en alles wat vuil is op te ruim, te verhoor en volke te herstel.

VAN GEHEUE TOT GESKRIFTE

DIE  BYBEL (3)

(Lees reeks by DIE BYBEL)

Dr JP Botha

In hierdie deel gaan ons kyk hoe die boeke van die Bybel geskryf is.

Mense in die ou tyd was vertellers

Die Evangelies is eers sowat 30 jaar of meer na die gebeurtenis waarvan dit vertel, naamlik die lewe van Jesus, geskryf.  Net so is die verhale oor Abraham of Moses waarskynlik eers baie jare na die werklike gebeure geskryf.

Min mense in die ou tyd kon skryf.  Daar was spesiale skrywers wat die belangrikste dokumente moes saamstel.   Daarom moes mense maar dinge onthou wat belangrik was.  Hulle het dit weer aan hulle kinders en ander vertel.  So is belangrike inligting nie op die bladsye van boeke nie, maar in die gedagtes van mense verder gedra.  Paulus praat byvoorbeeld van dit wat aan hom oorgelewer is.  In Deuteronómium 4 staan:  “Pas net op en wees baie versigtig om solank julle leef, nie hierdie dinge wat julle gesien het, te vergeet of te verontagsaam nie.  Julle moet dit alles vir julle kinders en kleinkinders inskerp.”

Van mondelinge vertellings na woorde op papier

Jesus praat en doen.  Hy het self niks neergeskryf nie.  Hy het mense geleer en wonderlike dinge gedoen.  Dit het sy dissipels gesien en onthou.  Hulle was in Jesus se skool.  Na  Jesus  opgevaar het, het die dissipels begin preek oor alles wat hulle gesien en gehoor het.  Hulle het Jesus verkondig en gemeentes het ontstaan.  Die gemeentes het onthou wat die dissipels vir hulle vertel het.  Hulle het volgens hierdie woorde oor Jesus, begin leef.  So het daar tradisies ontstaan oor  wat Jesus gesê en gedoen het.  Dit het die basis gevorm  van wat Christene geglo het.  Dit is byvoorbeeld waarna  Paulus verwys in 1 Kor: 1 en 2.  In 1 Kor. 7: 10 sê hy ook dat nie hy nie, maar die Here iets beveel.  Dit beteken dat wat hy daar sê op so ‘n tradisie van Jesus teruggaan.  In 1 Kor. 7 : 12 sê hy weer dat hý iets sê en nie die Here nie.  Oor dié saak het hy waarskynlik nie so’n direkte tradisie van Jesus af nie.

Eers 200 jaar na Christus het hulle dinge begin neerskryf

Die feit dat die mondelinge fase so lank geduur het, moet daaraan gewyt word dat die ou samelewings baie op hulle geheue staat gemaak het.  Griekse kinders moes groot dele van boeke uit hulle koppe leer en dit woordeliks onthou.  Die Fariseërs het ook  niks van hulle wette en tradisies in die tyd van Jesus neergeskryf nie.  Hulle het alles onthou en dit mondelings oorgedra. Dinge is eers 200 jaar na Christus neergeskryf.  Daarmee saam is die stories ook so vertel dat die mense dit kon onthou.  Woorde of sinne is byvoorbeeld herhaal.  Verhale is kort gehou.  Patrone in die verhaal het gehelp om dit beter te onthou.  Die apostels was die “ongeskrewe “ boeke van Jesus.  Hulle het die tradisie waar en gesond gehou.

Die eerste stukkies op skrif

Die Christene het geleidelik sekere dele van hulle tradisies begin neerskryf.  Die wonderverhale van Jesus wat ons in Johannes gekry het, is byvoorbeeld in ‘n bundeltjie neergeskryf.  So was daar waarskynlik verskillende bundeltjies met stukkies materiaal wat later in die Evangelies opgeneem is.

Die Evangelie van Markus

So 30 of 35 jaar na Jesus se hemelvaart skryf Markus die eerste Evangelie.  Hy het dit nie nuut uitgedink nie, maar neergeskryf wat in sy gemeente se geheue en miskien in die klein bundeltjies gestaan het.  Hy het dus die lewende tradisie rondom Jesus van sy gemeente neergeskryf.

Die Evangelies van Matthéüs en Lukas

Hulle is waarskynlik sowat  tien of meer jaar na Markus geskryf.  Hulle het nie van voor af begin nie.  Hulle was soos mense wat ‘n werkstuk in die biblioteek skryf.  Hulle het van “boeke” gebruik gemaak.  Hierdie boeke was Markus (wat toe reeds geskryf was), en ‘n onbekende bron wat geleerdes “Q” noem (afgelei van die Duitse woord  “Quelle” , wat “bron” beteken) en dan ander materiaal wat elkeen in die hande kon kry.  Met hierdie verskillende bronne het elkeen sy eie Evangelie geskryf volgens die behoeftes van elkeen se gemeente.

Johannes

Het ‘n dekade of wat later op dieselfde manier tot stand gekom, maar het nie Markus, Matthéüs of Lukas gebruik nie.  Johannes het onafhanklik van hierdie bronne in ‘n Evangelie ontwikkel.  Die mense vir wie Johannes en die Briewe geskryf is, word gewoonlik die Johannese gemeente genoem.

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1213 gaste aanlyn