NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

As ‘n seiljagvaarder nie weet waarheen hy vaar nie, is geen wind vir hom die regte wind nie.  ‘n Gelowige volksleier weet egter presies waarheen hy gaan.  Daarom maak hy die beste van die lewe deur die meeste daarvan te maak.   Dis nie vir hom ‘n kleedrepetisie nie.  Daarom leef hy elke dag voluit vir God en sy volk.

BRUID VAN DIE ANTICHRIS

Ds AE van den Berg

Lees reeks by Artikels: Ds Andrè vd Berg 

" Die ekumeniese kerk is misleiding in sy ergste vorm!   Dis nie ’n dienskneg van God nie, maar die bruid van die Antichris! "

Daar word al jare lank op plaaslike en internasionale vlak gepoog om kerke in ’n eenheid saam te snoer.   Mense is kwansuis nie so verdeeld as wat gemeen word nie.  Al wat nodig is, is dat kerke hulle teologiese verskille opsy moet skuif en hul vir gemeenskaplike dinge beywer. 

Kerke moenie so onverbiddelik met hul leer wees nie, maar toegee.  Hierdie toegeeflikheid word ekumenisme genoem en as volg omskryf:  Die georganiseerde poging om samewerking en eenheid onder alle Christene te verkry.

In die praktyk kom dit op kerklike Babilon-bouery neer, ’n ding wat jare gelede by die Wêreldraad van Kerke (WRK) begin het. 

  Die WRK bestaan hoofsaaklik uit liberale kerke wat basiese Bybelse leerstellings soos die onfeilbaarheid van die Bybel en die liggaamlike opstanding van Christus bevraagteken.   Die AP Kerk het geen gemene sake met enige ekumeniese organisasie nie!

Die plaaslike kerklike toneel is vandag ’n droewige toneel van ontsporing en verval.  Kerke het weens afvalligheid in die greep van die Satan beland; een van die tekens van die naderende wederkoms van Christus. “Want die tyd is daar dat die oordeel moet begin by die huis van God….” (1 Pet.4:17).

Hierdie ontsporing het aanvanklik as ’n ligte bries begin, vandag waai dit stormsterk in die meeste kerke.   Die gees van toegeeflikheid kom van die duiwel en laat oral ’n spoor van verwoesting na.   Dit wat vandag op kerklike terrein gebeur, het ook in Eden gebeur.  Satan vra aan Eva: “Is dit ook so dat God gesê het….” (Gen.3:1).  Wanneer sy bevestigend antwoord, staan Satan God teen:  “Julle sal gewis nie sterwe nie”( Gen.3:4).

Die Woord van God bevat kardinale leerstellings waarsonder niemand gered kan word nie soos die genoegsaamheid van die Skrif asook die regverdiging deur die geloof alleen. Ontspoorde teoloë gee dit prys ten einde deel van ’n internasionale kerkliggaam te word wat agter die skerms deur die Roomse Kerk georkestreer word.   Rome het 500 jaar gelede gesweer dat elke Protestantse kerk nog na haar sal terugkruip!

Die verkondiging van die onvervalste Woord van God neem oorhand af.  Ek slaan my hande saam as ek hoor wat van sommige kansels af gepreek word!   Nog nooit in ons volksgeskiedenis was die waarheid in so ’n stryd met die leuen gewikkel soos tans nie.  En dit neem toe!

Christenwees beteken vandag iets geheel anders as ’n paar jaar gelede.   Dis as’t ware heromskryf met die klem op verdraagsaamheid.  Daarbenewens word ervaring belangriker as die waarheid geag.   Diegene wat aan die gesonde leer vashou en onverskilliges vermaan en teregwys, word as verdeeldheidsaaiers en liefdelose boelies veroordeel terwyl die teenoorgestelde waar is. “En ek vermaan julle, broeders, hou hulle in oog wat tweedrag en aanstoot veroorsaak teen die leer wat julle geleer het en vermy hulle” (Rom.16:17).

Die ekumeniese wêreld het ’n broertjie dood aan verdeeldheid en probeer dit met ’n valse verdraagsaamheid te besweer.   As hulle maar net hul Bybels lees, sal hulle sien wat verdeeldheid veroorsaak.   Dis die gevolg van dwaalleer; leerstellings wat nie die toets van die Skrif slaag nie!  Wie dwaalleer verkondig,   oortree teen God:  “Elkeen wat ’n oortreder is en nie bly in die leer van Christus nie, hy het God nie…” (2 Joh.1:9).

Sonder die suiwere leer van Christus (die Bybel) is geloofseenheid onmoontlik.   Die Bybel is die basis van ons geloof, die Evangelie, ons kennis van Jesus asook ons kennis van die waarheid.   Sonder die Bybel kan daar geen gemene sake tussen kerke wees nie al het hulle ook miljoene lidmate, groot kerke en geld!

Die ekumeniese terminologie skitter slegs uiterlik, dis in werklikheid net so hol soos ’n seepbel en net so moeilik om vas te vat.   Ekumene is georganiseerde ongeloof.  Die Bybel roep ons op om ongeloof met die swaard van die Woord van God teen te staan sodat ongelowiges tot bekering kan kom (Efes.6:10-20).

Ware geloof noop die AP Kerk om die waarheid in ’n wêreld van leuens te laat seëvier.   Dit wat die afgelope 25 jaar in ons land plaasgevind het, getuig van ’n droewige kerklike verval weens gruwelike kerklike misleiding; dit waarteen Christus baie duidelik waarsku:

Nie elkeen wat vir my sê Here, Here! Sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is.  Baie sal in daardie dag vir My sê Here, Here, het ons nie in u Naam geprofeteer en duiwels uitgedrywe en in u Naam baie kragte gedoen nie?  En dan sal Ek aan sê: Ek het julle nooit geken nie.  Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk” (Mt.7:21-23).

Gelowiges se grootste vyand is daardie persoon wat daarop aanspraak dat hy ’n Christen is, maar mense met leuens mislei om ’n valse godsdiens aan te hang.   Hoe op aarde kan kerke sê dat hulle in die Bybel glo, maar dinge duld wat nie daarmee ooreenstem nie?    Daar is net een antwoord: Mense lees nie meer die Bybel nie.    Hulle gaan saam met die stroom en glo wat die kerk ook al sê.

In Hand 17 word iets merkwaardig van die gemeente in Berea gesê: “En hierdie mense was edelmoediger as die in Thessalonika; hulle het die woord met alle welwillendheid ontvang en elke dag die Skrifte ondersoek of hierdie dinge so was” (vers 11).   Daar is geen ander waarheid as die Bybel nie:  “As julle in my woord bly, is julle waarlik my dissipels. En julle sal die waarheid ken en die waarheid sal julle vrymaak” (Joh.8:31,32).

Om in die geloof vas te staan en volksgenote leiding te gee, sal die AP Kerk aan die Bybelse leer moet vashou.   Om dit te doen, sal elke lidmaat hom/haar daaraan moet onderwerp en toelaat dat die Woord van God hul siel, gees en verstand oorheers.  Die waarheid maak mense waarlik vry.

Die stryd om die waarheid in kerklike kringe te laat seëvier, bring egter ook verdeeldheid.  Dis egter ’n geseënde verdeeldheid.  “Dink julle dat Ek gekom het om vrede op die aarde te gee?  Nee, sê Ek vir julle, maar eerder verdeeldheid, want van nou af sal daar vyf in een huis wees, drie teen twee en twee teen drie” (Luk.12:51, 52).   ’n Liefde vir die waarheid bring selfs verdeeldheid tussen gesinslede, want wie die waarheid liefhet, skei hulle af van diegene wat leuens liefhet.

Vir die AP Kerk staan die heiligheid van God sentraal.  God verlang nie strukturele eenheid onder gelowiges nie, maar heiligheid, dis sy primêre eienskap.  Hy noem Homself 55 keer in die Bybel die Heilige Een. God word 59 keer as heilig beskryf. Die woord heilig kom in geheel 651 keer in die Bybel voor.  Baie kerke kyk hierdie eienskap van God mis terwyl dit die as is waarom al God se ander eienskappe draai.

Wanneer ons in die Onse Vader om die uitbreiding van God se koninkryk bid, bid ons nie vir uiterlike resultate soos kerkeenheid nie.  Ons bid vir die liefde vir die Woord van God en die waarheid wat mense verander en deel van God se kudde laat word.  Enige uiterlike verandering wat nie met die Bybel ooreenstem nie, is niks anders as mensegeregtigheid nie.   ’n Verandering van verstand beteken nie noodwendig ’n verandering van hart nie!

Daarom waarsku die AP Kerk volksgenote dringend teen die opkomende ekumeniese kerk.    Dis misleiding in sy ergste vorm!   Dis nie ’n dienskneg van God nie, maar die bruid van die Antichris!    Ekumenisme se beloftes van kerkeenheid klink vroom.  Dis egter vals.  Dit plavei die pad vir die Antichris en nuwe wêreldgodsdiens.   Paulus skryf aan die Romeine om hulle van almal wat die weg van Christus nie volg nie af te keer: “En ek vermaan julle, broeders, hou hulle in oog wat tweedrag en aanstoot veroorsaak teen die leer wat julle geleer het en vermy hulle” (Rom.16:17).

Is kerkeenheid dan taboe?  Ja, as dit valse eenheid is.  Ware eenheid is wel moontlik, maar word nie deur toegeeflikheid, ’n afskaling van geloofswaarhede of deur voor te gee dat daar geen verskille is, verkry nie.  Ware eenheid bestaan juis in die erkenning daarvan.

Daarom fokus die AP Kerk sedert haar ontstaan op vasstaande Skrifwaarhede soos die maagdelike geboorte van Christus, sy godheid, versoening, opstanding, die gesag van die Skrif en die wederkoms van Christus.

God het geen behae in mensgemaakte eenhede nie.   Hy wil ’n heilige volk hê. Kerkeenheid laat nie heiligheid herleef soos wat die ekumene glo nie.   Hulle orde is verkeerd.  Eenheid bring nie heiligheid nie. Heiligheid bring eenheid.

Wanneer gelowiges God ernstig begin soek en Hom in Woord en waarheid aanbid, sal Hy hulle antwoord en harte verenig.   Ons kan net in Jesus een word.   Wie die mensdom op ’n ander manier probeer verenig, is met die program van die Antichris en derhalwe met die dinge van die Satan besig!

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 3717 gaste aanlyn