Nuutste bydraes

GEDAGTES VIR ELKE DAG

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

God verwyt ons nooit oor ons verlede nie. Wanneer Hy vergewe is dit volkome. Gee jou sonde vir Hom, laat staan dit en leef 'n vreugdevolle lewe.

WONDERWERKE VANDAG

MOENIE NA WONDERS EN WONDERTEKENS SOEK NIE

Ds AE van den Berg

Lees reeks by Artikels: Ds Andrè vd Berg

Daar is min onderwerpe waaroor gelowiges en ongelowiges so sterk bots as wonders en wonderwerke.   Ongelowiges sê dat dit kunsmatig opgeblaas word en dat mense se aansprake daarop vals is.  Daarom wek redenasies hieroor dikwels meer hitte as lig op!

Let gerus op wie die mense is wat na wonders en wonderwerke in hul lewe verlang - gewoonlik mense wat baie onseker oor hulself en hul godsdiens is.   Hierdie onsekerheid gee groot skaduwees aan klein dingetjies in hul lewe en maak hulle bekommerd oor die lewe.   Kommer is ’n nare ding – dit dreineer nie môre se sorge nie, maar dreineer ons van ons krag vir vandag.

Onseker mense soek daagliks na wonders in hul lewe.  Selfs kerke soos die charismatiese kerke.   Hul soeke na wonders is ’n onontbeerlike deel van hul godsdiens.   As dit hulle ontneem moet word, stort hul hele teologie in duie!

Maar wat verstaan ons onder wonders? 

 Die Webster woordeboek omskryf wonder as volg: ’n gebeure van bonatuurlike oorsprong sonder ’n wetenskaplike verklaring - soos ’n daad van God.

In Grieks is daar twee woorde wat vir wonder gebruik word -  semeion en dunamis.   Eersgenoemde word met teken vertaal en kom in die NT vir die eerste keer in Joh.2:11 voor:  “Hierdie eerste een van sy tekens het Jesus te Kana in Galilea gedoen; en Hy het sy heerlikheid geopenbaar en sy dissipels het in Hom geglo” Die water wat Jesus op die bruilof in wyn verander het, was ’n semeion – ’n wonderteken.

Waarom het dié tekens plaasgevind?   Om aan te dui dat ’n betrokke persoon deur God gestuur is.   Dit was ’n waarmerk dat die persoon nie ’n bedrieër was nie, maar ’n gesant van God.   Daar was baie bedrieërs in die boesem van die vroeë kerk wat mense wou laat glo dat God hulle gestuur het.  “Hulle het van ons uitgegaan, maar hulle was nie van ons nie…” (1 Joh.2:19).   Niks het intussen verander nie.   Die bedrieërs word net al hoe meer!

Die tweede Griekse woord dunamis dui ’n kragtige optrede aan; iets wat buite menslike vermoë is.  Johannes gebruik nooit hierdie woord nie.  Markus gebruik dit ook net een maal van ’n persoon wat in Jesus se Naam duiwels uitgedryf het (Mark.9:39).   Hierdie woord kom egter dikwels in Handelinge voor as Lukas oor die kragtige optrede van die apostels in die eerste kerk skryf.  Onthou egter dat ’n kragtige optrede nie noodwendig ’n wonderteken is nie.   In Hand. 2:22 noem Petrus drie dinge wat Jesus gedoen het om sy goddelike gesag en optrede te bevestig - kragte, wonders en tekens.

Geen mens durf Jesus naboots nie.  Die doel wat Hy met hierdie tekens en wonders gehad het, is nie op vandag van toepassing nie.   As daar vandag wonders moet gebeur, sal dit direk van God kom en nie deur ’n mens nie!

Daar is sekere dinge wat God sal doen en ander dinge nie.   Kom ons let eers op die dinge wat God nie sal doen nie.

  1. God verbreek eerstens nooit sy beloftes nie.  Hy sê dat ons almal gaan sterf en in die oordeel voor sy regterstoel verskyn.   Baie mense poog om God oor te haal om ’n ander besluit oor hul lewe te maak.  Hulle is miskien besig om te sterf en bid vir ’n wonderwerk.  As dit nie gebeur nie, is hulle teleurgesteld, maar God het die mens bestem om te sterf!
    ’n  Ander een beland in ’n moeilikheid wat hy oor homself gebring het en bid tot God vir ’n wonderwerk; ’n goddelike ontsnaproete.   Rokers wat longkanker opdoen en om genesing bid, is ’n voorbeeld.  “Moenie dwaal nie; God laat Hom nie bespot nie; want net wat die mens saai, dit sal hy ook maai” (Gal.6:7).
  2. Dit bring ons by die tweede ding wat God nie doen nie – vrywaring van leed.  Gelowiges mag ook nooit die geloof in Christus as ’n ongelukvrywaringspolis beskou nie.   Geloof mag nooit ’n poging wees om aardse probleme te ontduik nie.   Die Bybel leer nêrens dat gelowiges van probleme, siekte, geweld of die dood gevrywaar word nie.   Baie van die apostels het vir hul geloof gesterf!   
    Nie vrywaring nie, maar ondersteuning soos wat Jesus in Getsemane ervaar het.  “Geen versoeking het julle aangegryp behalwe ’n menslike een nie.; maar God is getrou, wat nie sal toelaat dat julle bo jul kragte versoek word nie; maar Hy sal saam met die versoeking ook die uitkoms gee, sodat julle dit sal kan verdra” (1 Kor.10:13).   Hierdie uitkoms is soms die dood.  
    Ons mag nooit van God verwag om vir ons iets te doen wat Hy nie vir ander gelowiges sal doen nie.  God het nie witbroodjies nie!  Gelowiges is almal kosbaar in sy oë.  Wonders en tekens is nie voertuie wat van ons beter gelowiges as ander maak nie!
  3. ’n Derde ding wat God nie doen nie, is om die doel waarvoor Hy ons geskape het, tersyde te stel nie.   Gelowiges is met ’n doel op aarde.  Ons het ’n taak om te vervul.  En hierdie taak is baie belangriker as die beuselagtige probleme van die alledaagse lewe.   Job is ’n goeie voorbeeld hiervan.   Na al die gebeure in sy lewe, wys God hom op die doel van alles waarna Job uitroep: “Volgens hoorsê het ek van U gehoor; maar nou het my oog U gesien” (Job.42:5).

As God vroeër in Job se lewe ingegryp en hom van sy lyding verlos het, was die boek van Job nooit in die Bybel nie.  Daarbenewens sou die doel en boodskap van die boek verlore gewees het.    God gee gelowiges egter een troos – as ons sterf, is ons van alle pyn, probleme en ellende verlos:  “En God sal al die trane van hulle oë afvee en daar sal geen dood meer wees nie; ook droefheid en geween en moeite sal daar nie meer wees nie, want die eerste dinge het verby gegaan” (Openb.21:4).

Gelowiges moenie vir tekens en wonders bid nie, maar eerder tot God dat Hy ons, soos ’n Job van ouds, in tye van nood sal sterk maak.   Gebed bring ons met ’n hoër Krag in aanraking waarmee ons die probleme en worsteling van die lewe te bowe kan kom.   Ons het nie nodig om God te vertel wat aangaan nie, Hy weet dit maar al te goed: “Here, U deurgrond en ken my.  U ken my sit en my opstaan; U verstaan van vêr my gedagte.  U deurvors my gaan en my lê en U is met al my wee goed bekend” (Ps.139:1-3).   Uit die mond van Jesus hoor ons: “...want jul Vader weet wat julle nodig het voordat julle Hom vra” (Mt.6:8).

Gebed is ’n manier om ’n verhouding met God op te bou, bemoedig te word en mede gelowiges se ondersteuning te ervaar: “Dra mekaar se laste en vervul so die wet van God” (Gal.6:2).   Wanneer ons miskien ’n uitsonderlike reaksie op gebede kry, moet ons dit nie as ’n wonderwerk of teken beskou nie, maar as ’n genadige bestiering van God.  “En as iemand van julle wysheid kortkom, laat hom dit van God bid, wat aan almal eenvoudig gee sonder om te verwyt en dit sal hom gegee word” (Jak.1:5).  “Bid en vir julle sal gegee word; soek en julle sal vind, klop en vir julle sal oopgemaak word, want elkeen wat bid, ontvang; en hy wat soek, vind; en vir hom wat klop, sal oopgemaak word” (Mt.7:7,8).

As ons na God gaan en van Hom leer, sal ons nooit teleurgesteld word nie.  As ons ooreenkomstig God se wil vra, sal ons dit verkry.  “As julle iets in my Naam vra, sal Ek dit doen” (Joh.14:14).   As ons gebede egter nie beantwoord word nie, moet ons aanvaar dat dit nie sy wil is nie en vrede daarmee maak.

Baie mense bid met verskuilde agendas asof God nie dwars deur hulle kan sien nie.  “Julle bid en ontvang nie, omdat julle verkeerd bid, om dit in welluste deur te bring” (Jak.4:3).   As ons beweegredes nie suiwer is nie, moet ons God nie probeer dwing om aan ons eise toe te gee nie.  Dit maak Hom kwaad. “Laat niemand julle met ydel woorde mislei nie, want daardeur kom die toorn van God…” (Efes.5:6).  “Vreeslik is dit om te val in die hande van die lewende God” (Heb.10:31).

Die meeste wonderwerke waarop mens vandag aanspraak maak, is geensins wonderwerke nie.   Aansprake daarop maak die saak van die Here baie seer omdat dit vertwyfeling bring waarna vrae na God se regverdigheid ontstaan.   Waarom doen God ’n wonderwerk vir sekere persone en nie ook vir gelowiges wat met soortgelyke probleme te kampe het nie?

Om onbedagsame aansprake op genesing en wonderwerke te maak, skaad die koninkryk van God op aarde.   Wie God net t.w.v. wonders en tekens wil dien, bedrieg hulself.   Sulke mense maak van eredienste sirkusse!

Om ’n lewende gebedsverhouding met God te hê, is wonderlik.  Ons moet egter net onthou dat ons sondaars is, kortsigtig en selfsugtig en soms ook dinge in die gebed kan vra wat God nie sal gee nie.  Gelowiges moet dan nie teleurgestel raak en God verkwalik nie.  ’n Ongeneeslike siekte of selfs die dood van ’n geliefde is nie aan God wat weier om gebede te verhoor, te wyte nie.

Laat ons eerder in krisisse die Here na sy doel daarmee vir ons lewe vra.  Mag die Here ons leer om vir geestelike antwoorde op ons probleme te bid en minder op die fisiese oplossings daarvan fokus.  Laat ons met sy genade ons voorkeure herrangskik: “Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word.  Kwel julle dus nie oor môre nie, want môre sal hom oor sy eie dinge kwel.  Elke dag het genoeg aan sy eie kwaad” (Mt.6:33,34).    Kyk net een rigting in die lewe – na God.

U soek na?

  • HOU VAKANSIE IN MOSSELBAAI !

    Baie netjiese vakansie-akkommodasie in Fraai Uitsig, Kleinbrakrivier, Mosselbaai Munisipaliteit. Twee kilometer vanaf Kleinbrak en Tergniet se swemstrande en ongeveer 10 kilometer vanaf Hartenbosch. Pick n Pay binne loopafstand.
    Kliek hier vir volledige inligting en foto's: OPSOEK NA BEHUISING VIR VAKANSIE?
     
    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________
     
    SKAARS BOEKE TE KOOP
    C J LANGENHOVEN 16 VOLUMES
    FAK-SANGBUNDEL 1 VOLUME
    Hierdie 16 volume Langenhoven-stel is 'n goedopgepaste kosbare versamelstuk. Dit beslaan die volledige inhoud van Langenhoven se bundels soos Sonde met die Bure; Loeloeraai; Herrie op die ou Tremspoor; Doppers en Filistyne; en al die kosbare stories uit die pen van Langenhoven.
    Die FAK-sangbundel is ook in goeie toestand en kan saam of apart van die Langenhovenstel gekoop word.
    Eienaar moet na 'n kleiner woonplek verhuis en vra 'n redelike aanbod vir sy boeke.
    Die aanbevole waardasieprys vir die Langenhovenstel is R1600.00; en vir die FAK R100.00
    Koerierkoste sal bykomend wees.
    Kontak

    Chris Carstens

    Sel no 082 954 3383

    Epos adres

    chris.carstens

    @vodamail.co.za

    ___________
    DIGBUNDELS:
      'n Versameling van 4 elektroniese bundels - 226 gedigte @R350.00:  
    Vir alle navrae  skryf aan 
    Amanda
    @waterstrome.co.za
    Uittreksel uit:
    'n Nasie in Pyn:
    ...Saam sal die hele wêreld vir hulle bid.
    Saam sal ons met pyn in ons harte sit.
    Mag hulle berus in u wil
    Mag hulle voor U verstil.
    _________
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    'n Boek getiteld DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK - Christen Teokratiese Separatisme, uit die pen van ds AE van den Berg, het  in gedrukte vorm verskyn. 
    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.  
    DIE
    VOLMAAKTE REPUBLIEK - Christen Teokratiese Separatisme, bring helder perspektief oor rasseverskille en die natuurlike skeiding van rasse wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte aan geestelike transformasie wat landsburgers van denkrigting sal laat verander en van al die sogenaamde polities-korrekte onregte en gewaande vryheid waarmee hulle belas word, sal bevry.
    Lesers word aangemoedig om hulle daadwerklik vir 'n Christen-teokrasie in 'n volmaakte republiek te beywer deur sinvolle besluite te neem in die lig van God se Woord, en onophoudelik te bid dat dit spoedig hier aan die suidpunt van Afrika verwesenlik word. Politiek is 'n saak van erns en harde werk waardeur wet en orde gehandhaaf word en durf nie in eerlose hande gelaat word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel, iets wat op staatkundige gebied slegs in 'n Christen-teokratiese bestel tot sy reg sal kom.

     

    U kan hierdie boek bestel by
    ds AE van den Berg
    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com
    Prys: R50-00

     
  • BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    ('n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 'n Nuwe Trek (Exclusive Books) Prys: ZAR180

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is by http://tinyurl.com/lx9vrs8

    ... en loot.co.za dit verkoop teen R169 http://tinyurl.com/l26h6jl

    ... kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD


    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    JULIE 2013

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. 

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2 NOU BESKIKBAAR

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
    of skakel hom by
    074 967 5187


    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  • Kliek op DIE CHARISMATIESE GEVAAR om meer oor hierdie boek te wete te kom Lees verder...  
  • FILM OOR DR HF VERWOERD

    Kyk by hierdie skakel http://youtu.be/TcO3zPF8998

      na die kort film oor dr HF Verwoerd.   
    Dit kan ook direk bestel word by Riaan: +27823712682 of by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
     

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

 

'N BIETJIE LANGENHOVEN:

Ek sê nie al die suur mense is Fariseërs nie, maar naastenby al die Fariseërs is suur. In alle geval, solank hulle onthou om Fariseërs te wees. Want dis ook 'n inspanning.
Verbeel jou 'n wêreld sonder 'n skaterlag, sonder eens 'n glimlag. 'n Hemel op aarde, sal die Fariseër sê. Uit so 'n hemel sou ek wou wegloop hel toe.

Die man wat ek na soek, is nie dié wat die minste foute maak nie, maar dié wat die meeste foute régmaak.

Slaap laat solank as jy jou eie baas is en daar sal 'n tyd kom wanneer 'n 'n baas jou sal laat vroeg opstaan.

Ontydige vlyt is die merk van die luiaard. Dis sy verskoning vir ontydige rus.

Ons reken ons geluk vir ons loon en ons straf vir ons ongeluk.

Welvaart is die  dogter van matigheid en die moeder van weelde.

My swaarste pad trap ek self vir my plat, en die swaarste is die wat my voete nooit vat.

Daar is geen kuns by sukkel en geen sukkel by kuns.

Die boer wat nie saai nie sal nie misoeste kry nie, maar hy sal geen goeie ook kry nie.

Het die daeraad lief en die dag sal jóu liefhê.

'n Man wat werklik oor homself baas is, is nooit die kneg van 'n ander nie.

Dis die flukse perd wat flou word. Meer moeite as wat die vlytige het vir sy loon, het die luiaard verniet.

Op die ou end werk die vlytige man vir homself, die luiaard vir 'n ander.

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Kla net oor jou kooi as dit 'n ander is wat dit vir jou opgemaak het.

Hoe korter jy jou kuier maak, hoe gouer sal jy weer genooi word.

Om my naaste lief te hê is vir my 'n sware gebod. Met die mense daargunter kry ek dit nog op 'n manier reg.

Jy sê "ja" waar jy moes "nee" gesêhet omdat jy die ander nie wil aanstoot gee nie. Maar eken hoe het hy jou aanstoot gegee met sy versoek!

Aan 'n nuwe wa kan jy sien of dit 'n goeie skilder was; aan 'n oue of dit goeie wamaker was.

Trek liewer vir jou vriend jou broek uit as om vir hom vir 'n baadjie borg te staan. Anders loop julle naderhand albei nakend.

Die vriendskap wat jy moet koop is 'n duur artikel. Jy sal nie weer jou prys kry as jy dit van die hand wil sit nie.

Moenie vriendskap en besigheid meng nie – jy bederf albei.

'n Man wat nie vyande het nie deug nie vir 'n vriend nie.

Maak jou vriendelikheid goedkoop en hou jou vriendskap duur.

Moenie jou vriend vergeet nie; dit sal hom seermaak. Maak jou vyand daarmee seer.

'n Skare is 'n versameling van eensames.

Stuur die luiaard na die miere, en as hy nie te lui is om te gaan nie sal hy te lui wees om weer terug te kom.

Dis net so moeilik om maklikheid in die ou wêreld te kry as wat dit maklik is om moeilikheid te kry.

Waardeer die werk van jou vrou. Jy kan nie op die aarde 'n ander kneg kry vir dieselfde diens en dieselfde prys nie.

Met spaarsaamheid sal jy uit die kleinste inkomste iets oorhou; met verkwistery sal die grootste vir jou te min wees.

Besorg jou eie boodskap en reken die moeite teen dit wat die misverstand jou sou gekos het.

Het die ryk man nodig om so suinig te wees? Maar hy is nie 'n ryk man wat suinig geword het nie; hy is 'n suinige man wat ryk geword het.

Help jou swakke mededinger op die bene bly.  As hy tot niet gaan, kom daar dalk 'n sterke in sy plek.

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES (7)

(Lees die reeks by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

  • Die adderbyt van naberou is verskriklik (Naberou is ontstellend.)
  • Hy het hom in 'n addergebroedesel begewe (Hy was tussen 'n groep nydige, aanvallende mense.)
  • Sy het hom adieu toegeroep (Sy het vaarwel gesê.)
  • 'n Adres van adhesie is 'n geskrif waarin instemming betuig word met 'n versoek.
  • Jy is nou by die verkeerde adres (Jy soek die oorsaak van die kwaad by die verkeerde persoon.)
  • Dit was advokatery (Dit was regskundige uitoorlêery.)
  • Hy sal die werk weer afbroddel. (Hy sal knoeiwerk of slordige werk verrig.)
  • Sy wil elke takie afbrom (Sy kla die hele tyd terwyl sy werk.)
  • Jy kan nou maar afdans (Jy kan nou maar skoert.)
  • Moet hom nie op sy verdienste afdwing nie (Moet hom nie verkleineer nie.)
  • Die ou werkie draf ek gou af (Ek sal dit sommer gou afhandel.)
  • Hulle wil die rusie afdrink (Hulle wil vrede maak.)
  • Sy het soms baie affêrinkies (Sy is dikwels vol nukke en nonsens.)
  • Hy sal wel weer geld van haar affutsel (Hy sal dit op 'n oneerlike manier van haar kry.)
  • Daar kan niks van afgaan nie (Dit kan nie ontken word nie.)
  • Hy sal 'n afgehekste loesing kry ('n deeglike pak slae.)
  • Sy is 'n afgelekte meisie (Sy het al baie kêrels gehad.)
  • Jy lyk so afgesak (Jy lyk baie moeg.)
  • Hy het afgetop gelyk (Hy het verleë gelyk.)
  • As jy iets van hom wil hê sal jy dit moet afgoël (Hy is so suinig!)
  • So 'n afhaler is onnodig ('n Onnodige belediging.)
  • As dit afhang moet ons dit maar opbind (Skertsend wanneer iemand gedurig begin met "Dit hang af..."
  • Na elke partytjie is hy babalaas ( dan ly hy aan die gevolge van te veel alkohol).
  • Daar was 'n Babelse gegons van stemme (Almal het gelyktydig gepraat).
  • Dit was 'n Babelse verwarring (Dit was baie deurmekaar).
  • Hy sal weer mooi broodjies kom bak (Hy sal kom vlei en mooipraat om sy doel te bereik),
  • Hulle eet nie uit een bak nie (Hulle is nie vriende nie).
  • Sy het hom 'n bak gewys (Sy het hom onvriendelik tereggewys).
  • Gou by die bak maar lui by die vak (Hy is eerste daar waar iets te ete is maar traag as hy moet werk).
  • Hy maak sy hande bak (Hy kom bedel iets).
  • Ons moes bak staan (Ons moes hard werk).
  • Dit was sommer 'n bakerpraatjie (Dit was 'n skinderstorie).
  • Jerusalem is die bakermat van die Christelike Kerk ( Dis waar dit begin het. 'n Bakermat was 'n mandjie waarin die baker – die vrou wat 'n pasgebore baba versorg het – die kindjie op haar skoot voor die vuur versorg het).

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2152 gaste aanlyn