NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Toe Jesus een stormnag by sy dissipels in die boot geklim het, het die storm onmiddellik bedaar. Dit gebeur nie altyd met die storms van die lewe nie.  Soms klim Jesus in ons lewensboot, nie om die storms te bedaar nie, maar om te sorg dat dieselfde storm ons boot vinniger by sy verlangde bestemming uitbring.

ONS TYD VAN SIEK LERINGE

Ds AE van den Berg

Lees reeks by Artikels: Ds Andrè vd Berg

“...want daar sal ’n tyd wees wanneer hulle die gesonde leer nie sal verdra nie….en die oor sal afkeer van die waarheid….”- 2 Tim.4:3,4

Is godsdiens vir jou belangrik?   Vir mense wat weet dat hulle eendag gaan sterf is godsdiens baie belangrik.   Dis nie net een van ons diepste versugtinge nie, maar ook die steenwerk wat ’n gemeenskap aan mekaar hou.  As die steenwerk van ’n gebou nie reg is nie, kan dit mense se dood veroorsaak.  Ook godsdiens as dit nie reg (eg) is nie.  ’n Siek godsdiens is skadelik.

In die tyd van Jeremia was Juda se godsdiens ook siek.  Die priesters het koning Jerobeam gebuikspreek deur dit wat die koning behaag het te preek.  Hulle het ’n nuwe soort godsdiens verkondig wat baie vreemd aan die oue was.   Die gevolg was dat die waarheid gesneuwel en die godsdiens baie siek geword het.   Geen godsdiens oorleef sonder die waarheid nie.

God het Juda teen hierdie nuwe soort godsdiens gewaarsku:  “So spreek die HERE: Staan op die weë en kyk en vra na die ou paaie, waar tog die goeie weg is en wandel daarin; en julle sal rus vind vir julle siele…” (Jer.6:16).    Die nuwe weg wat die Joodse kerk ingeslaan het, het baie mense onrustig gemaak; iets wat ’n mens beslis nie in ’n kerk wil hê nie!

Die priesters was vals voor God.  En wie vals voor God is, kan nie opreg met mense wees nie.   Juda het nie na die profeet van God geluister en na die ou paaie teruggekeer nie, maar met hul siek godsdiens volhard.   Dit het hulle hul vryheid gekos en in ballingskap laat beland.   God straf misleiding!

Wanneer word godsdiens siek?   Wanneer dit aan die waarheid ontbreek; dit  waaroor Paulus in sy tweede brief aan Timotheus, ’n jong leraar, skryf.   Satan het die kerk met dwaalleraars aangeval en Timotheus se werk bemoeilik.  Op daardie tydstip was Paulus ’n terdoodveroordeelde in Rome.  Gevolglik was 2 Tim.4 sy laaste woorde aan Timotheus.

Mense se laaste woorde is gewoonlik belangrik.   Paulus gee Timotheus ’n opdrag: “verkondig die woord”.  Verkondig het ’n interessante betekenis.   In die ou dae het konings/goewerneurs aankondigers (heroute) gehad wat mense oor belangrike sake ingelig het.   So ’n persoon het ’n welluidende stem gehad.  Hy was nie ’n onderhandelaar nie, maar ’n boodskapper van sake wat die koning wou hê mense moes weet.  Daarom het hy met koningsgesag gepraat en het mense het na hom geluister asof die koning self met hulle gepraat het.   So moes Timotheus in opdrag en met die gesag van God preek.

Woordverkondiging is vir die mensdom baie belangrik.  Niks kan die plek van suiwere Woordverkondiging inneem nie; allermins nie godsdienstige vermaak nie.   Waar die Woord nie suiwer verkondig word nie, is Jesus afwesig.

Paulus vermaan Timotheus om te volhard met Woordverkondiging - tydig en ontydig.   Gelowiges moet elke geleentheid gebruik om dit te verkondig.  Kyk waar het Paulus oral die Woord verkondig – in sinagoges, op straat, in howe, op die stormsee, op ’n granietrots (Areopagus) en selfs in die tronk!

Benewens te preek, doen ’n Woordverkondiger drie dinge. (i) hy weerlê dwaalleringe met die waarheid, (ii) bestraf dwaalleraars met die Woord en (iii) bemoedig gelowiges; waarsku, vermaan en vertroos in die Here.  Prediking is nie die vertel van Bybelverhale nie, maar die verklaring en toepassing van die Bybelse leerstellings soos God dit in sy Woord openbaar.  Mense moet dit weet: “Hoe kan julle Hom dan aanroep in wie hulle nie geglo het nie?   En hoe kan hulle in Hom glo van wie hulle nie gehoor het nie?    En hoe kan hulle hoor sonder een wat preek?” (Rom.10:14)

As die waarheid nie verkondig word nie, word godsdiens siek: want daar sal ’n tyd wees wanneer hulle die gesonde leer nie sal verdra nie….en die oor sal afkeer van die waarheid”. Dis altyd ’n versoeking om te preek wat mense graag wil hoor.   Daarom moet ouderlinge toesig oor die prediking hou.

In die prediking gaan dit oor God se Woord (die waarheid) en nie oor mooipraatjies nie.   ’n Gemeente mag nooit in rustigheid verval en die tyd nie uitgekoop nie.   Gelowiges durf nooit verslap nie, maar waaksaam wees en waarsku omdat die tyd van die ewige oordeel naby is.  Daarbenewens moet hulle hulself soos koning Dawid voor God ondersoek: “Deurgrond my, o God en ken my hart; toets my en ken my gedagtes; en kyk of daar by my ’n weg is van smart en lei my op die ewige weg!” (Ps.139:23,24).

Paulus sien iets ontstellend in die toekoms raak – ’n siek kerk waar mense nie meer die waarheid wil hoor nie, maar leuens sal aanhang.    Dis die wêreld waarin ons tans leef – ’n wêreld van godsdiensverval soos nooit tevore nie.

Soos in die tyd van Jeremia het volksgenote ’n behoefte om na die ou paaie wat God ons meer as drie eeue laat bewandel het terug te keer.   Die nuwe paaie van die reënboognasie is almal doodloopstrate en baar net chaos en verdeeldheid.    Die meeste hoofstroom kerke het die gesonde leer verlaat en noodlottige paaie met mensgemaakte leerstellings soos die Handves van Menseregte aantrekliker gevind.   Ek dank God dat ons in hierdie kerk dieselfde leerstellings volg as wat die apostels die eerste kerk geleer het.

Paulus se opdrag aan Timotheus is ook ons opdrag:  “verkondig die woord”.  Dis ’n opdrag en nie ’n keuse nie! Daarbenewens moet ons “weerlê” d.w.s. die leuen uitwys.  Wie dit doen, gaan nie baie gewild wees nie.  Hy sal egter die regte ding doen.   Ons het geen groter verantwoordelikheid teenoor mense as om die waarheid te verkondig nie.   Wys mense op die leuen.  Die beste manier om te bewys dat ‘n stok krom is, is om ‘n reguit een langs dit neer te sit.

Ons moet ook “bestraf” d.w.s. waarsku.   Mense moet weet wat met hulle gaan gebeur indien hulle hul nie bekeer nie.  Jy gaan weereens nie baie gewild wees nie.  Mense wat die waarheid praat, ervaar altyd teenstand.   Dis egter die regte ding om te doen.

Ons moet “vermaan” d.w.s. op die Bybel se antwoord en oplossings wys.  Ons sal al dié dinge egter geduldig en “in alle lankmoedigheid” moet doen.  Almal sal nie dadelik reageer soos wat ons dit graag sal wil hê nie, ons sal net moet aanhou – tydig en ontydig.   Ons moet ook gerat wees om “lering” te verskaf. Mense weet nie alles van God nie en moet geleer word.

Woordverkondiging staan nie ongeskonde van die aanslag van Satan nie.  Dit word van meet af aan met namaaksels geskaad.  Veral vandag!   Mense soek in kerke na vermaak.   Vermaaklikheidskunstenaars op kansels trek groot skares.   Wees gewaarsku – ’n groot skare is nie altyd ’n teken van God se seën nie.  “Baie sal in daardie dag vir My sê Here, HERE, het ons nie in u Naam geprofeteer en in u Naam duiwels uitgedrywe en in u Naam baie kragte gedoen nie?   En dan sal Ek aan sê: Ek het julle nooit geken nie.  Gaan weg van My. Julle wat die ongeregtigheid werk” (Mt.7:22,23).

Ons leef in ’n wêreld waar alles nagemaak word.  Net die waarheid kan nie  nagemaak word nie.   ’n Leuen word nie ‘n waarheid omdat baie dit glo nie.  Nog minder word die waarheid ʼn leuen omdat die meeste mense dit minag.

Mense hou nie van die waarheid nie.   Selfs nie eens in kerke nie.   Al hoe meer mense soek geestelike spyse sonder die waarheid, al bevat dit min geestelike kilojoules, solank dit net lekker smaak!

Suid-Afrika is so anders as die res van die wêreld, nog betreklik godsdienstig. Maar hoe lyk ons godsdiens?   Is dit siek of gesond?    Ek is bevrees dat dit baie siek is!   Wat kan ons daaraan doen?   Die Woord en Gees van God roep ons op om die Woord baie ernstiger te verkondig.   En dis ’n uitdaging!   In tye van kerklike misleiding is die verkondiging van die Woord en die waarheid ‘n rewolusionêre daad soos in die tyd van die Hervorming.    Ons staan weer daar!

Die prys vir die stryd om die waarheid is alreeds baie hoog.  Dit gaan nog hoër word namate die ryk van die Antichris gestalte begin aanneem.   Desondanks mag vrees ons nie laat terugval nie.  God stry saam met hulle wat terwille van die waarheid ly.   “Wees sterk en vol moed, wees nie bevrees of verskrik nie; want die Here jou God is met jou, oral waar jy heengaan” (Jos.1:9).

Al kos ons liefde vir die waarheid baie, wen ons altyd meer.  Die waarheid maak ons vry en aan die einde baie bly.   Niemand klim die berg van die waarheid tevergeefs nie.   Die liefde vir die waarheid getuig van God se beeld in ons.     Om jou in die Here te verbly, beteken om jou in die waarheid te verbly.   Mag ons ywer vir die waarheid van die Woord altyd met ‘n hemelse vuur swanger wees.

Amen!

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 3675 gaste aanlyn