NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Die wat hulle hoop op die Here stel, sal hulle krag terugkry. Hulle vlieg hoog, soos arende. Hulle sal hardloop en nie moeg word nie,. Hulle sal loop en nooit vermoeid word nie – Jes 40:31

BEPROEF DINGE

Andrè van den Berg

“Beproef alle dinge; behou die goeie” - 1 Thess.5:21

" Elke oortreding van die waarheid is’n dolksteek in die siel van ons volk. Stel alles op die proef, onderskei tussen waarheid en leuen en hou aan die waarheid vas al is dit ook hoe ongewild. "

Die OuTestament leer ons dat God reguit houe met krom stokke slaan.   Die Nuwe Testament leer ons dat God gelowiges help om reguit tree op krom paaie te gee.  Sodra ’n mens tot bekering kom, wil jy geestelik groei, die Bybel leer ken en diensbaar in God se koninkryk wees – en daarvoor moet jou geestelike vuur hoog brand.

Geloof is nie soos ’n voorafvervaardigde huis wat in ’n kits staangemaak word nie, maar ’n lang groeiproses - soos ’n baba wat gebore word, groei en groot word.   Ongelukkig kwyn baie se geestelike vuur na ’n tyd en begin ander dinge hul belangstelling prikkel.   En dis hier waar dwaalleraars hul voet in die deur kry en geestelike weerlose mense mislei!

Hoe kan ons misleiding voorkom?    Paulus gee ons twee riglyne:  Stel jou eerstens oop vir die werking van die Heilige Gees. “Blus die Gees nie uit nie” (:19).   Ken jou Bybel tweedens goed.  “...verag die profesieë nie.” Leer en waak!

“Blus die Gees nie uit nie.” Hierdie blus beteken letterlik om ’n vuur uit te sit.   Dit gebeur deur ’n vuur nat te gooi, te bedek sodat dit nie suurstof kry nie of te laat uitbrand.   Dit kan ongelukkig ook in die geloofslewe gebeur!

Die Heilige Gees brand in elke gelowige totdat hy dit self blus.   Dit gebeur wanneer ons God se opdragte veronagsaam, weier om oop te maak as Jesus aan ons harte klop, deur griewe te koester, weier om te vergewe, om deur slegte begeertes beset te word en om in God se diens lui te wees.

Een van die grootste geestelike brandblussers is om aan sonde gewoond te raak.   In my eerste gemeente was die pastorie naby ’n boulevard met baie verkeer.   Dit het my aanvanklik gepla, maar later het ek dit nie meer gehoor nie.   Dit staan in sielkunde as adaptasie bekend; iets waaraan jy gewoond raak.   Geen adaptasie is gevaarliker as sonde-adaptasie nie; dis ’n geestelike brandblusser!

Is jy dalk aan sonde gewoond?   Miskien praat God al lank met jou om vir Hom iets in belang van sy Koninkryk te doen, maar jy minag sy Stem.   Hoe verder jy uitstel, hoe swakker word sy Stem.  Gevolglik brand jou geestelike vuur baie laag brand en is dit winter in jou gees.

Paulus sê verder: “...verag die profesieë nie”. Wat word met profesie bedoel?   Nie toekomsvoorspelling soos die meeste mense dink nie.  Dit gaan hier oor die leer van die Bybel.  Dinamies vertaal, sê Paulus: “Moenie die Bybelse leer verdraai nie!” Die gelowiges in Thessalonika het onder dwaalleer deurgeloop.

As jy jou geestelike vuur hoog wil laat brand, moet jy dit met die brandhout van die waarheid voer.   Daarvoor moet elke gelowige dit wat hy hoor, deeglik nagaan, dit aan die Bybel toets en selfs nog ’n keer toets.   Dis ’n beginsel op baie gebiede van die lewe.    Skrynwerkers sê:  “Meet twee keer en saag net een maal”.   Dis ook vir gelowiges waar:  Toets dit wat geleer word; toets dit weer en tree dan op.

Die teksvers lui:“Beproef alle dinge; behou die goeie.” Selfs op godsdienstige gebied is daar baie dinge wat nie betroubaar is nie.   Alles moet getoets word soos die gelowiges in Berea gedoen het:  “En hierdie mense was edelmoediger as dié in Thessalonika; hulle het die woord met alle welwillendheid ontvang en elke dag die Skrifte ondersoek of hierdie dinge so was” (Hand.17:11).

Ons is in die laaste dae; ’n wêreld vol bedrieërs, valse profete, wolwe in skaapsklere en ketters.    Gelowiges wat die waarheid verkondig is in die minderheid en die getalle krimp drasties.   “Maar die Gees sê uitdruklik dat in die laaste tye sommige van die geloof afvallig sal word en verleidende geeste en leringe van duiwels sal aanhang” (1 Tim.4:1).

Kyk hoe gebeur dit nie vandag nie - dwaalleër oorheers feitlik elke denkbare vorm van die media en plaas miljoene mense op ’n dwaalweg omdat hulle dit wat hulle geleer word nie nagaan en toets nie.    Mense glo alles wat aan hulle opgedis word!    “Baie sal in daardie dag vir My sê Here, Here, het ons nie in u Naam geprofeteer en in u Naam duiwels uitgedrywe en in u Naam baie kragte gedoen nie?  En dan sal Ek aan hulle sê: Ek het het julle nooit geken nie.   Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk!” (Mt.7:23,23).

Die Bybel gee ’n paar kosbare riglyne hoe om misleiding te verhoed:

Luister eerstens na die stem van die Gees: “Wanneer Hy kom, die Gees van die waarheid, sal Hy julle in die hele waarheid lei” (Joh.16:13).   “...en jou ore sal ’n woord agter jou hoor en sê: Dit is die weg, wandel daarop!” (Jes.30:21).

Moet egter nie enige stem in jou sonder om dit te ondersoek as dié van die Heilige Gees aanvaar nie.   Dis dalk jou eie stem wat jy op die Heilige Gees oor-projekteer!   God moet in jou lewe spreek en nie buikspreek nie!

As jy egter na die stem van die Gees van God luister, sal jy dadelik ongemaklik voel met iets wat nie reg is nie.  “Want almal wat deur die Gees van God gelei word, dié is kinders van God” (Rom.8:14).   As dit nie die Gees is wat lei nie, sal die kind van God ongemaklik voel!    Sodra jy ongemaklik met ’n boodskap of leerstelling voel, is dit ’n baie goeie teken dat jy moet stop, dit nagaan, toets en weer toets.

Dwaalleer is misleidend – weg van die waarheid na die leuen. “Pas op dat niemand julle as ’n buit wegvoer deur die wysbegeerte en nietige misleiding nie, volgens die oorlewering van mense….en nie volgens Christus nie” (Kol.2:8)   Luister na die Heilige Gees.   Hy waarsku jou as die waarheid in gedrang kom.  “...en as Hy kom, sal Hy die wêreld oortuig van sonde en van geregtigheid en van oordeel” (Joh.16:8).

’n Tweede riglyn is om jouself te vra: “Stem dit wat geleer word ooreen met die algemene lering wat in die hele Skrif vervat is? En hier moet ons baie versigtig wees vir mense wat tekse buite hul verband aanhaal.   Dis geen kuns om ’n teks aan te haal ten einde ’n dwaalleer te staaf nie.   Satan het dit ook tydens Jesus se versoeking gedoen!

Vra in die derde plek wat leer die res van die Bybel ons oor die betrokke saak? Hier is ’n konkordansie ’n wonderlike hulp.   Gaan al die ander tekste oor die  betrokke onderwerp na.

Vra vierdens of die betrokke lering iets verteenwoordig wat die kerk nog deur die eeue geglo het?    By geleentheid het ’n TV-evangelis verkondig dat God uit nege dele bestaan.    In die lig van die eeue oue leer van die Drie-eenheid is dit baie duidelik ’n dwaalleer!

Om die ware en valse leer te onderskei, is ’n basiese kennis van die Christelike geloof noodsaaklik.    Wie dit nie het nie, val dwaalleraars maklik ten prooi!   Baie kerkgangers het geen basiese kennis van Skrif-waarhede nie en stel ook nie belang om dit te wete te kom nie!  “My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis” (Hos.4:6).

’n Vyfde riglyn is logika.    Ware geloof is nie gevoel nie, maar logies en rasioneel.  Sodra ’n persoon ’n onlogiese Bybelse aanspraak maak, flikker die gevaarligte en moet dit van nader ondersoek word.    Weet een ding:  Die ware geloof verbreek nooit die eenvoudige reëls van logika nie.   Neem die sg. voorspoed-teologie wat in talle charismatiese kerke verkondig word as ’n goeie voorbeeld.    Dwaalleraars sê: omdat God vir Abraham, Isak en Jakob ryk aan materiële besittings gemaak het, Hy jou ook ryk sal maak as jy soos hulle glo.  Dis dwaling!   Daar is hoegenaamd geen direkte verband tussen ons en die aartsvaders se stoflike rykdom nie!

Die Bybel moet reg verstaan word.   In Ps.37:4 lees ons: “...en verlustig jou in die HERE; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart”. Sê die Bybel dat God vir gelowiges die begeertes van hul hart gee?   Ja, met ’n voorwaarde: “...en verlustig jou in die HERE”.  Dawid sê nie dat God ons al ons begeertes sal gee nie, maar as ons ons in Hom verlustig, dat sy begeertes ook ons begeertes sal wees.

Die sesde en laaste riglyn is eerlikheid.    Is die leraar eerlik in sy omgang met die Bybel of minag hy met opset die verse wat sy standpunt weerspreek?     Verander hy doelbewus aan woorde en/of hul betekenis?   Daar is niks so verraderlik soos ʼn welsprekende leuenaar nie.

Die goue reël is: Toets alles aan die Skrif. “Beproef alle dinge; behou die goeie.” Die Woord van God is die enigste maatstaf vir die waarheid:   “Lê jou daarop toe om jou beproef voor God te stel as ’n werker wat hom nie hoef te skaam nie, wat die woord van die waarheid reg sny” (2 Tim. 2:15).

Ons is in die laaste dae.   Elke oortreding van die waarheid is ’n dolksteek in die siel van ons volk.    Stel alles op die proef, onderskei tussen waarheid en leuen en hou aan die waarheid vas al is dit ook hoe ongewild.   Moet nooit aan die leuen toegee nie.   ’n Klein bietjie toegewing is soos ’n klein bietjie gif in kos; dit maak ’n mens siek.

Geen siekte is erger as dié van godsdiens nie.   Kyk hoe siek het duisende van ons volksgenote nie geword nie!     Vervloek is elkeen wie se leuens die waarheid van God verdryf!

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 3645 gaste aanlyn