NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Moet u nie laat wysmaak dat almal voor die HERE gelyk is nie. Die HERE sonder vandag nog volke vir Hom af net soos Hy individue vir Hom uitsonder met wie Hy 'n besondere verhouding het; en sommige ander laat Hy geheel en al verlore gaan. Reeds in Núm 8 leer ons dat Hy opdrag gee dat die Leviete onder die kinders van Israel uit afgesonder word sodat hulle net die HERE s'n sal wees. Die Afrikanervolk is ook die HERE se spesiale volk; laat ons dan ons volkshart in geheel na Hom terugdraai sodat Hy ons weer sal begenadig in ons eie land.

DIE VUUROOND VAN JOU LEWE

Ds AE van den Berg

“…laat dit u dan bekend wees, o koning, dat ons u gode nie sal dien nie en die goue beeld wat u opgerig het, nie sal aanbid nie”  - Dan 3:18                         

Die Bybel is vol verhale van gelowiges wat in moeilike omstandighede beland en deur die ingrype van God behoue daaruit gekom het.  Dis alles lesse vir die lewe.  Die verhaal van Daniel se drie vriende is een van die aangrypendste; drie jongelinge wie se beproewing en onwrikbare geloof in God van hulle geestelike oorwinnaars gemaak het.

God waarborg gelowiges geen maklike lewe en ’n vrywaring van die vuuroonde van die lewe nie.   “….In die wêreld sal julle verdrukking hê; maar hou goeie moed, Ek het die wêreld oorwin” (Joh.16:33).   In tye van beproewing vra ons dikwels:  Ek is dan God se kind, waarom gebeur sulke dinge met my? Geloof in Christus is nie ’n ongeluk-vrywaringspolis nie.   Paulus het sy lewe lank ’n doring in die vlees gehad wat God nie verwyder het nie!

God beloon ’n skoon en rein lewe nie met ’n sorgelose bestaan nie.

   As dit so was, was die Christelike geloof ’n gelukbringer – asof  as ek goed lewe, sal niks sleg met my gebeur nie, nee.   Die geloofslewe is ’n stryd.   Let op Job; ’n man vroom en opreg, desondanks ervaar hy ’n bo-menslike beproewing wanneer hy alles wat hy besit op een dag verloor.

God plaas dikwels die heiligste, reinste en beste wat Hy het in die vuur van beproewing, nie om hulle te skaad nie, maar om hulle tot sy verheerliking te gebruik en aan ongelowiges soos Nebukadnesar, te wys dat Hy die ware God is!

Nebukadnesar was baie kwaad vir die drie jongelinge wat nie voor sy beeld wou buig nie en fel ’n doodsvonnis oor hulle.   Hy het niks van hulle standaarde gehou nie.  Hulle geloof het hulle nie toegelaat om tot dieselfde vlak as die heidene te daal en die beeld te aanbid nie.  Hulle geloof in God het hul anders  as die ongelowiges gemaak want gelowiges het ander standaarde! “Daarom, gaan onder hulle uit en sonder julle af, spreek die Here en raak nie aan wat onrein is nie en Ek sal julle aanneem” (2 Kor.6:17).

Nebukadnesar wou hulle geloofstandaarde verander en gee hulle ’n tweede kans in die hoop dat hulle, in die aangesig van die dood, hul eerder voor hom as voor die wil van God sou buig.   Dit het nie geslaag nie omdat dié jongmense ’n volle oorgawe aan God gemaak  het (In Engels: totally sold out).  “En wie sy kruis nie neem en nie agter My volg nie, is My nie waardig nie” (Mt.10:38).

Iets wat Nebukadnesar ook baie kwaad gemaak het was hulle standvastigheid.  Selfs in die aangesig van ’n wrede dood het hulle nie gebuig nie. “Daarom, my geliefde broeders, wees standvastig, onbeweeglik, altyd oorvloedig in die werk van die Here…” (1 Kor.15:58).

Om vir Jesus te leef, bring gelowiges dikwels voor vuuroonde in die lewe te staan; dié van kritiek, intimidasie, haat, versoeking, valse beskuldigings, hofsake en selfs die dood!   Gelowiges weet en ervaar dat die wêreld Christene nie verstaan nie.   Ons is vir hulle ’n raaisel; die manier hoe ons leef, dinge doen en mense liefhet.   Hulle vind ons lewenswandel hinderlik soos Nebukadnesar die jongmense se lewens hinderlik gevind het.  Hulle natuurlike reaksie is om gelowiges te vervolg in ’n poging om hul te dwing om soos ongelowiges op te tree.   Die wêreld hou nie van mense wat anders optree nie.    Kyk maar wat die wêreld met ons Here Jesus gedoen het!   Adapt or die, soos die Engelse sê.

Toe die drie jongmanne voor die vuuroond staan, het hulle geweet dat hulle nie op hul eie daaraan sou kon ontsnap nie.   Daarom het hulle hul lewe in die hand van God geplaas en geweet dat Hy hulle deur die beproewing sou lê.   In Ps.23 skryf Dawid van ’n dal van dood-skaduwees wat hy nie vrees nie: “…want U is met my” (:4).

God was inderdaad met die jongmense in Babel.   In plaas van onmiddellik te sterf, het God hulle in die vuur losgemaak van dit wat hulle gebind het sodat hulle los in die oond rondgeloop het.   Hulle was nie alleen nie, die Here was met hulle.   Nebukadnesar sien vier persone in die oond.   God hou sy beloftes selfs tydens ’n Babiloniese teregstelling: “….as jy deur vuur gaan, sal jy jou nie skroei nie en die vlam sal jou nie brand nie” (Jes.43:2).

Wanneer jou wêreld brand, is Jesus met jou.   God ontmoet die jongelinge binne-in die oond.  Hulle is vry.   Die vuur het al die dinge wat hulle gebind het, weggebrand.   Ja, in die vlamme van vervolging bevry God sy kinders van dinge wat ons vashou.    God het die jongmense toegelaat om deur die vuur te gaan, maar die vuur nie toegelaat om deur hulle te gaan nie.

Wat was die jongmense se geheim?  Hulle het in ’n persoonlike verhouding met God gestaan!   Luister hoe antwoord hulle Nebukadnesar in vers 17: “As onse God wat ons dien…” Hoe spreek dit nie van ’n persoonlike verhouding met God nie!   Dis wat jou deur beproewing dra!   Ons is die kinders van ’n almagtige Koning wat alles beheer, selfs elemente!   Hy laat sy kinders nooit in die steek nie.  “…Wees tevrede met wat julle het….Ek sal jou nooit begewe en jou nooit verlaat nie” (Heb.13:5).

Die jongelinge sê vir Nebukadnesar dat hulle God in staat is om hulle te verlos.   Hulle het dit geglo soos wat die son daar buite skyn!   Hulle het geweet dat daar menslik geen ontsnapping aan die oond moontlik was nie, maar desondanks  oortuig dat God hulle sou red.

Aanbid ons miskien ’n ander God as Daniel se drie vriende?   Nee, God het nog nooit verander nie.   “En aan Hom wat mag het om te doen vêr boweal wat ons bid of dink… (Efes.3:20).   As jy in die vuur van die lewe beland, moet jy weet dat God die termostaat van die natuur in sy Hande het.    Elke vuur in ’n kind van Hom se lewe gaan deur die filter van sy genade.  “En ons weet dat vir hulle wat God liefhet, alles ten goede meewerk, vir hulle wat na sy voorneme geroep is” (Rom.8:28).

In Dan.1 neem Daniel en sy drie vriende duidelik standpunt vir God in – hulle weier om afgodsoffers te eet, leef net van groente en water en lyk beter as die ander.   Hierdie ernstige toewyding aan God het hulle lewe in die oond gespaar!

God laat nie toe dat sy kinders bo hul vermoë beproef word nie: “Geen versoe-king het julle aangegryp behalwe ’n menslike een nie; maar God is getrou, wat nie sal toelaat dat julle bo julle kragte versoek word nie; maar Hy sal saam met die versoeking ook die uitkoms gee, sodat julle dit kan verdra” (1 Kor.10:13) .

God sal nooit jou siel red om jou daarna in ’n vuuroond te laat omkom nie!  Daarbenewens brand die vuuroonde in ons lewe nooit vir altyd nie. “Want ons ligte verdrukking wat vir ’n oomblik is, bewerk vir ons ’n alles oortreffende ewige gewig van heerlikheid” (2 Kor.4:17).

God het dikwels ook ’n doel met die vuuroond in jou lewe.   Josef het in die tronk beland net om later onderkoning van Egipte te word.   Dawid het teen Goliat te staan gekom en die tweede koning van Israel geword.   God het ’n groter plan met hulle gehad en ’n paar heidene anders oor God laat dink!    In beproewing wys Hy aan ’n verlore wêreld dat Hy die enigste God is.

God beskik vuuroonde in ons lewe om ons rein en bruikbaar vir Hom te maak.  Vuur het die merkwaardige eienskap dat dit onsuiwerhede wegbrand.   Eers smelt God ons, daarna gebruik Hy ons.  (First He melts, then He molds).  In die OT lees ons van Jakob wat maar ’n rowwe kêrel was totdat God hom een nag by die Jabbokrivier gesmelt het om daarna bruikbaar vir God te wees.    In die NT is Simon Petrus ’n goeie voorbeeld van ’n gelowige wat vir die koninkryk van God nie veel werd was nie totdat die Here sy trots weggebrand het en ’n kragtige werktuig van hom gemaak het.

Die jongelinge in Babel het nie geweet wat God se plan met hulle was nie, maar, omdat hulle in ’n persoonlike verhouding met God was, Hom onwrikbaar vertrou het.   Hulle geloof het selfs die hart van ’n heiden geraak toe hy sien wat God vir sy kinders doen.    Moenie kla oor die vuuroond in jou lewe nie.  Miskien wil die Here jou vir iets groots gebruik.  Vertrou Hom tot die dood toe!

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld Onskuldige bloed: Britse oorlogsmisdade 1899-1902, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1261 gaste aanlyn