NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Here, ek bid nie vir ‘n algehele kalmte van gees of dat my swaarkry dadelik einde sal kry nie.  In hierdie wêreld sal daar altyd pyn en probleme wees.  Ek bid slegs dat u Gees, u liefde en u genade my met soveel uithouvermoë sal vul, dat ek enigiets wat oor my pad mag kom, sal kan geniet of verdra”.

KERSFEES 2013

Ds AE van den Berg

“In die begin was die Woord en die Woord was by God en die Woord was God.  Hy was in die begin by God.  Hy het na sy eiendom gekom…” - Joh.1:1,2.11                                 

’n Mens praat dikwels met iemand oor die foon wat jy nooit ontmoet het nie en beeld jou ’n prentjie in van hoe die persoon moet lyk.  En wanneer jy hom ontmoet is jy dikwels teleurgesteld omdat hy nie met jou voorstelling van hom kom ooreenstem nie.   Met God is dit presies dieselfde - mense het ’n sekere idee/verwagting van Hom wat dikwels nie met die werklikheid ooreenstem nie.   Die probleem lê egter nie by God nie, maar die voorstelling van Hom.

Het u al gewonder hoe God lyk?   By geleentheid wou Moses ook sien hoe God lyk waarna God op skrikwekkende wyse by Moses verby gegaan het terwyl hy sy gesig bedek het.   Filippus het ook gewonder hoe God lyk en vir Jesus gevra:”…Here, toon ons die Vader en dit is vir ons genoeg” (Joh.14:8).   Jesus antwoord hom: “Hy wat My gesien het, het die Vader gesien”.

Mense het geen probleem om Jesus as ’n goeie mens te sien nie, veral in die Kerstyd - ’n kindjie in ’n krip, leermeester of profeet nie, maar nie Immanuel (God onder ons) nie.   Jesus het vir mense kom wys hoe God lyk.   Daarom is die verhaal van Jesus van sy geboorte in ’n stal tot sy hemelvaart opwindend.  Die Jode het eeue lank gewonder hoe God lyk.   In Jesus het hulle Hom gesien.

Met sy optrede Jesus die beeld van God vir mense helder kom maak want Hy is God.   Daarom begin Johannes sy Evangelie baie anders as die ander drie Evangelie-skrywers wat by Bybelfigure soos Adam en Abraham begin; almal in die tyd; bekende geskiedkundige figure.   Johannes begin nog vroeër, voor die geskiedenis; voordat daar tyd was: “In die begin was die Woord en die Woord was by God en die Woord was God.  Hy was in die begin by God”.

Mense heg baie waarde aan hul openbare beeld; hulle trek smaakvol aan om die regte beeld uit te dra, ry ’n sekere soort motor om die regte beeld uit te dra, bly in goeie woonbuurte om die regte beeld uit te dra dat mense goed van hulle moet dink.   So ’n beeld is soms baie misleidend soos die Fariseërs in die tyd van Jesus wat soos gepleisterde grafte mooi van buite maar lelik van binne was.

’n Misleidende beeld is sleg, maar nie so rampspoedig as wanneer ’n skewe beeld op iemand afgedwing word soos die Jode met Jesus gedoen het nie.  Hulle het Hom as Messias verwerp omdat Hy nie met die beeld wat hulle van die Messias geskep het ooreengestem het nie.   Dieselfde ding het eeue tevore in die woestyn gebeur toe Israel ’n goue kalf gemaak het; hulle eie beeld van God, maar wat nie met die werklikheid ooreengestem het nie.

Jesus se openbare beeld was onaanvaarbaar.  Vir baie Jode het Johannes die Doper eerder by die beeld wat hulle van die Messias gehad het gepas.   Daarom het geroot skares na hom kom luister en het hy moeite gehad om hulle te oortuig dat hy nie die Messias was nie.  Die Messias was aan God gelyk en hy nie!

Om te sê dat Jesus aan God gelyk was, doen geen afbreuk aan God se grootheid nie, maar bevorder dit eerder.   Jesus het nie krampagtig aan sy posisie in die hemel vasgehou of onwillig daarvan afstand gedoen nie.   Hy het dit vrywillig verlaat - God het in Jesus mens onder ons kom word!

Vers 11 lui: “Hy het na sy eiendom gekom…” Waarom?   Om te dien.  Dink aan ’n God op sy knieë besig om voete te was (Joh.13); ’n God wat dien eerder as om gedien te word, ’n God wat gewillig die bitterste lyding ervaar het.   Ondenkbaar!   Jesus se openbare beeld het die mensdom vir sy ware identiteit blind gemaak.   Hy het Hom van sy geboorte tot kruisdood met die mens vereenselwig.  Jesus was Immanuel, God in die vlees:   “…. Kyk, die maagd sal swanger word en ’n seun baar en hom Immanuel noem” (Jes.7:14).   God het vlees geword sodat mense na Hom kon uitreik en Hom aanraak.  Hulle kon sien hoe God lyk.

Die Jode was baie onthuts toe Jesus sê dat Hy die Seun van God is.  Wat was daarmee verkeerd?   Het hulle dan vergeet dat hulle deur God geskep en derhalwe ook kinders van God was?   “….Julle is gode en julle is almal seuns van die Allerhoogste – nogtans sal julle sterwe soos mense en soos een van die vorste sal julle val” (Ps.82:6,7).   Jesus het mense daaraan kom herinner wie hulle eintlik was; kinders van die Skepper-God.

Luister hoe verwys Lukas aan die einde van die geslagsregister wat hy in sy Evangelie opteken na Jesus: “… die seun van Adam, die seun van God” (Luk.3:38).    Hy beklemtoon die menslike ketting wat mense met God verbind. Ons eie skepping maak ons elkeen ’n kind van God.  Dis ’n unieke identiteit wat God op ons afgedruk het en wat mense jammerlik uit die oog verloor het.

Waarom is mense nie hiervan bewus nie?  Omdat sonde ons van hierdie goddelike identiteit beroof het.   Daarom was dit nodig dat Jesus hierdie sonde met sy kruisdood moes wegneem en ons deur die wedergeboorte,  nuwe kinders van God te maak:  “Maar aan almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy die mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam glo” (Joh.1:12).  In Jesus is God se beeld in gelowiges herstel.

Wat verlang/verwag Jesus van ons?   Om soos Hy te wees, ’n dienskneg onder  mense.   Wil jy in die koninkryk van God groot wees?   Dan moet jy dien!    Jesus eis van die dissipels om mekaar se voete te was, dorstiges water te gee, siekes en gevangenes te besoek.    Dis wat gelowiges groot maak.

Moses wou nie Egipte toe gaan nie.   Hy het hom te swak en onbekwaam beskou om vir God van nut te wees.   Deur so op sy swakheid te fokus, het hy sig van sy ware identiteit verloor.   Moses het nie die man gesien wat God gesien het nie; hy moes dien.  “En die Here het aan Moses gesê: Kyk, Ek stel jou as ’n god vir Farao en jou broer Aaron sal jou profeet wees” (Ex.7:1).   Die Israelitiese slawe het Moses as ’n god in hul midde beskou.  Die beeld van God het in Moses geskyn!

As ons net ons swakheid bly raaksien, sal ons nooit diensbaar vir God wees nie.  God gee ons die krag en genade om ander mense tot diens te wees.  Gelowige dienslewering getuig van Jesus in ’n ons lewe en bevoordeel ’n gemeenskap.    In Handelinge lees ons van Dorkas wat weens haar diensbaarheid hoog geag is.   Sy het haar liefde vir Christus met diens aan behoeftiges bewys.   So ook die huisgesin van Stefanas waarvan Paulus aan die Korintiërs skryf.

Hoe verskil gelowiges nie van ongelowiges wat eerder gedien wil word nie!   God  maak ’n kragtige inpak op die wêreld met gelowiges wat dien.   Dit maak die Christendom anders as afgodsdiens - dis ‘n godsdiens van opoffering en diens omdat dit op die grootste offer van alle tye gebou is; die offer van die vleesgeworde God aan ’n kruis op Golgotha.

Om Christen te wees, beteken om soos Christus te wees.  En om soos Christus te wees, is om soos Hy te dien.   Christenskap is nie ʼn ontvlugting van die wêreld nie, maar eerder ʼn intense betrokkenheid by die wêreld.  Daarom sê Jesus in die Bergpredikasie dat ons sout en lig vir die wêreld is – ons beïnvloed dit.    En dis net moontlik deur diensbaarheid.

Dis nie altyd maklik nie.   Dit verg soms groot opoffering, maar dit maak gelowiges gelukkig.   Ons dien sonder om iets terug te verwag - diensbaarheid aan Jesus is vreugde.  God het in Jesus gekom om sondaars te dien.   Gaan doen jy dieselfde!

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 3646 gaste aanlyn