NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

As 'goeie' kinders van die HERE het ons geleer om verdraagsaam te wees teenoor baie dinge. Ons moet egter vra of dit reg is om teenoor goddeloses verdraagsaam te wees. Vol passie roep Dawid in Ps 139 uit: "O God, as U tog maar die goddelose wou ombring! En julle manne van bloed, gaan van my af weg! Hulle wat arglistig teen U spreek, u Naam ydellik verhef – u teëstanders! HERE, sou ek dié nie haat wat vir U haat, en 'n afsku hê van dié wat teen U opstaan nie? Ek haat hulle met 'n volkome haat; vyande is hulle vir my!"

JESUS GAAN VERBY

Ds AE van den Berg

"Polities gesproke gaan ons ’n onseker toekoms tegemoet – 2014 gaan myns insiens ’n waterskeiding, ’n maak-of-breek jaar wees.  Doemprofete voorspel aaklige dinge vir die Boerevolk.   Moenie ontsteld word nie; laat Christus toe om die drogbeelde van moontlike onheil te verwilder...     In ’n krisis sien ons net donkerte en jaag ons graag selfvervaardigde gedrogte op.  Jou keel trek toe en jou hart is onstuimig, ja, jy raak so bang vir die toekoms, dat jy nie geleef kry nie!   Daarvoor is daar net een medisyne – om in jou nood Jesus opnuut te ontdek.  Hy is ook daar waar jy Hom nie verwag nie!"

“…..Toe spreek Hy dadelik met hulle: Hou goeie moed, dit is Ek; moenie vrees nie” - Mark.6:50                           

Baie mense presteer slegs as hulle toegejuig word.  Jesus was weer op sy beste as Hy alleen was.  Hy was nie kollig behep nie, maar wel van die onderskraging van sy Hemelse Vader afhanklik.  Daarom het Hy hom telkens afgesonder om alleen in gebed met sy Vader te verkeer en van ’n diepe afhanklikheid van God getuig.  En dis die agtergrond van ons gelese gedeelte.

Jesus is gereeld deur skares omring en het by twee geleenthede op wonderbaarlike wyse hulle van voedsel voorsien.  Die skare wat Jesus in Jerigo ingewag het, was so groot dat die arme Saggeüs in ’n boom moes klim om Hom te kon sien.  Dink ook aan die vrou wat aan bloedvloeiing gely het wat net aan Jesus se mantel se soom kon raak.   In Mt.21 lees ons van ’n groot skare wat Hom met sy intog in Jerusalem met hosannas toegejuig het.  Mense het Jesus bewonder!

In die gelese gedeelte sien ons dat Jesus 'n behoefte gehad het om alleen te wees.  Hy het die dissipels na Betsaida, ’n dorp oos van die inloop van die Jordaan in die See van Galilea gestuur.  Betsaida beteken vishuis en het ’n vissersgemeenskap gehuisves.  Dit was die tuisdorp van Petrus, Andreas en Filippus.  In Mt.4 lees ons van Jesus wat dissipels soek en hulle in Betsaida vind; vissermanne van beroep.   Hy roep hulle om ander vis te vang – mense wat verlore is en maak hulle kragtige getuies vir Hom – baanbrekers vir die Christendom.

Om Betsaida te bereik, moes die dissipels oor die See van Galilea vaar, ’n lang vaart met net seile vir aandrywing.  Hulle sou met donker nog op die water wees.  Die See van Galilea lê in ’n skeurdal meer as 300 meter onder seevlak en was bekend vir sy storms wat skielik opgesteek het wanneer woestynwinde in hierdie skeurdal afgewaai en geweldige momentum verkry het. Wanneer dit gebeur het, moes die vissermanne op die water die seile laat sak en roei.  Daar was geen noodradio of ’n noodfakkel om op te stuur nie, want daar was geen reddingsinstansie wat jou te hulp kon snel nie.  Vissermanne het maar net gehoop dat ’n storm hulle nie in die nag oorval nie.  Donkerte op die see is die donkerste donker wat ’n mens kan kry!

So oorval ’n storm die dissipels een nag tydens die vierde nagwaak op die water.  Markus maak hier van die Grieks-Romeinse nag-indeling gewag.  Die eerste nagwaak was 18:00-21:00, die tweede 21:00 tot middernag, die derde van middernag tot 3:00 en die vierde van 3:00-6:00.

Dus was die dissipels in die vroeë oggendure in die stikdonkerte op die see en het die dood soos ’n werklikheid voor hulle opgedoem.  Die seile is laat sak en daar is vir die vale geroei sonder om vordering te maak.  Hulle was alleen, altans so het hulle gedink.  In vers 48 skryf Markus dat Jesus hulle gesien het.  Hoe was dit moontlik as dit donker en Hy op land was?  Jesus is God alsiende! Al was hulle myle van die land af, het Hy hulle in hul nood gesien.   Hy sien daar waar ons baie keer dink dat Hy nie kan nie!

Jesus is met die lot van sy kinders vertroud.  Hy weet wat in elkeen se gedagtes omgaan:  “Here, U deurgrond en ken my…U verstaan van ver my gedagte…en U is met al my weë bekend. Want daar is nog geen woord op my tong nie – of U, Here, U ken dit geheel en al” (Ps.139).   Dis een van die grootste troosboodskappe van die geloofslewe – ons is nooit alleen nie, soos die lied sê: “God is watching us from a distance”. En as ons sê dat Jesus van ons weet, is dit nie bloot kennis neem nie, maar dat Hy handelend in ons belang optree.  Hy neem waar en help; Hy sien en bring uitkoms.

Dan skryf Markus iets vreemd in vers 48 – Jesus wou by die skipbreukelinge verbygaan.  Wat beteken dit?  Wou Hy soos die priester en die Leviet verby die beroofde Jood in die gelykenis van die Barmhartige Samaritaan gaan en hulle aan hul eie lot oorlaat?  Nee, dit het ’n geheel ander betekenis.  Hy het aangekom.  “En toe Hy verbygaan, sien Hy Levi…” (Mark.2:14).  Die mense sê aan die blinde man van Jerigo: “Jesus, die Nasarener, gaan verby” Hy is hier!

As Jesus verby sy kinders gaan, kom Hy hulle juis te hulp.  Soms voel dit vir jou asof jy alleen met jou sorge is en Jesus, soos die priester en die Leviet   verby dit kyk.  Weet een ding – as Jesus verby jou gaan, bring Hy juis uitkoms.  Hy gaan jou in werklikheid nie verby soos wat dit op die oog af lyk nie, maar toets ook jou geloof in Hom.  Jesus se verbygaan was om die aandag van die dissipels op Hom te vestig.   Hy daag op as die gevaar op sy hoogste is.  Die dissipels wou boedel oorgee.  Hulle het op ’n waterdood gewag.  Verdrinkings was algemeen in daardie dae.   Hulle s’n sou niks ongewoon wees nie.

Wat ’n mens verder opval, is dat hulle in hul nood nie aan Jesus dink nie.  Waar is die geloof dan?  Is hulle nie sy kinders nie?  Het hulle Hom dan nooit iets wonderbaar sien doen nie?  As Hy duisende kon voed, kon hy nie ’n handjievol  red nie?   Hulle was te besig met hul eie krisis en het vergeet dat Jesus kan help. Hy is mos nie net daar as die son in ’n gelowige se lewe skyn nie.   Hulle het Hom nie in hul uur van nood verwag nie!   Die dissipels is nie die enigste wat Jesus in hul uur van nood vergeet het nie; baie gelowiges het dit al gedoen!

Dan verskyn Jesus, maar hulle herken Hom nie.   Hulle skrik hul boeglam vir iets wat in werklikheid nie bestaan nie.   Dan spreek Jesus die magswoord: “Dit is Ek”.  Hulle moes moedhou; Hy is by hulle in hul nood.   Hulle hoef nie langer vir hul lewe te vrees nie, want Jesus is die lewe.   Daarna het Hy by hulle in die skuit geklim en weereens waarheid aan die profesie van Jesaja verleen: “As jy deur die water gaan, is Ek by jou”.

Jesus het nie net in hul nood ingeklim nie, maar ook beheer van die situasie oorgeneem.  Die wind het onmiddellik bedaar en die see rustig geword.  Wat ’n wonderlike bewys dat Jesus werklik God almagtig en alles onder sy beheer is! Jesus gryp wonderlik in vreesbevange gelowiges se lotsbestemming in en gee hulle die lewe i.p.v. die dood.  Hulle verleentheid het sy geleentheid geword.

Die dissipels se optrede is so sprekend van die mens: as die storms van die lewe om hom woed, meen hy dat hy alleen is; Jesus is afwesig.  Hy is net Sondae in die kerk te vind en nie op die oop see van lewensstorms nie. Daar roei  jy alleen!  Luister na die doemprofete – dis alles verby, gooi handdoek in, sluit by die vyand aan, lek sy kastydende hand soos ’n tjankende hond.   Dis wat baie van ons volksgenote doen!

Daarbenewens skrik ons gereeld vir ons selfvervaardigde spoke.  In ’n krisis sien ons net donkerte en jaag ons graag selfvervaardigde gedrogte op.  Jou keel trek toe en jou hart is onstuimig, ja, jy raak so bang vir die toekoms, dat jy nie geleef kry nie!   Daarvoor is daar net een medisyne – om in jou nood Jesus opnuut te ontdek.  Hy is ook daar waar jy Hom nie verwag nie!

Dit het 600 v.C. in Babel gebeur nadat Juda in ballingskap weggevoer is.  Daar op die walle van die Kebarivier waar die ballinge aangehou is, het hulle gedink dat God hulle verlaat het.  Hy was mos net in die tempel in Jerusalem honderde kilometer daarvandaan te vinde.   Hulle het teenoor Hom oortree en is gestraf;   hul verdiende loon!   Die feit was dat Hy nie meer by hulle was nie, altans, so het hulle gedink.  Toe God later op die walle van die Kebarivier aan Esegiël ’n hemelse gesig gee,  het die ballinge besef dat hulle verkeerd was – God was by hulle in hul nood.  God was nie net in die sonskyn van hulle lewe te vind nie, maar ook in die donkerte!  Hy het hulle dan ook jare later vrygemaak.

Polities gesproke gaan ons ’n onseker toekoms tegemoet – 2014 gaan myns insiens ’n waterskeiding, ’n maak-of-breek jaar wees.  Doemprofete voorspel aaklige dinge vir die Boerevolk.   Moenie ontsteld word nie; laat Christus toe om die drogbeelde van moontlike onheil te verwilder.  Baie van die drogbeelde is geen werklikheid nie, maar dinge wat ons self gemaak het – ons skrik vir ons eie gedagtes!   Laat Jesus jou kleingeloof met die hamer en die beitel van geloof in Hom vernietig.  Kap dit stukkend want Jesus is by jou in die boot.  Hy sê ook vanoggend vir jou: “Moenie vrees nie, dis Ek!”

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 3751 gaste aanlyn