NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Ek dank U, grote God, vir hierdie ongelooflike dag: die dansende groen geeste van bome en die blou droom van die lug, die helder strale van die son, die gekoer van duiwe in samesang met al die pragtige voëls; vir alles in die natuur wat oneindig is en wat ja sê vir U!

JOU HART SKRYF JOU VOLK SE TOEKOMS

Ds AE van den Berg

“...wil U dan hoor in die hemel en die sonde van u knegte en van u volk vergewe – want U leer hulle die goeie weg waarin hulle moet wandel...” 1 Kon.8:36                             

Baie mense bid, maar niks gebeur nie omdat hulle verkeerd bid.  Egte gebed begin by dit wat in die hart aangaan en soos Dawid eerlik voor God te wees. “Deurgrond my, o God, en ken my hart; toets my en ken my gedagtes; en kyk of daar by my ʼn weg is van smart, en lei my op die ewige weg!” (Ps.139:23,24).

In die gelese gedeelte hoor ons Salomo met die inwyding van die tempel bid. En hy begin reg – by die kwellinge van sy hart.  Hy verwys na onaangename dinge wat Israel hulself op die hals gehaal het omdat hulle van God afgedwaal en Hy hulle getug het.   Salomo het geweet dat Israel se onreine harte ʼn groot rol in God se oordeel oor Israel gespeel het.   Dit leer ons ʼn baie groot waarheid; jy kan nie vir die geestelike genesing van jou volk bid sonder dat jou eie hart genees is nie! Ons besef nie hoe die verdorwenheid van ons eie harte die toekoms van die Boerevolk raak nie!

God se oordeel oor volke en enkelinge is persoonlik van aard – Hy ondersoek harte: “Ek, die Here, deursoek die hart, toets die niere, om aan elkeen te gee na sy weë...” (Jer.17:10). 

 Salomo leer ons dat dit wat in ons hart aangaan, ons volk se toekoms raak!  Hierdie waarheid vind ons al so vroeg as Gen.6 waar ons lees dat God besoeking oor die mensdom gebring het oor “die versinsels wat hy in sy hart bedink.” (:5). Daarna is die mensdom, op agt na, almal deur ʼn sondvloed vernietig.   Die spreekwoord sê dat jou mond maak dat jou boude slae kry.   So maak jou hart dat jou volk slae kry!  Gevolglik moet die mens wat vir sy volk se herstel bid, eers sy eie hart skoonmaak!

God kan een mens wat sy eie hart ondersoek, gebruik om ʼn omwenteling te bring.   Moenie dink dat slegs ʼn regering of kerk omwentelings kan bring nie.  Die Bybel het talle voorbeelde van enkelinge wat die verdorwenheid van hul eie hart voor God uitgestort en omwentelings in hul gemeenskappe teweeg gebring  het.  Abraham, Josef, Josua, Dawid, Ester en Nehemia is kragtige voorbeelde hiervan!  God gebruik mense wat met die verdorwenheid van hul hart worstel om die gang van die geskiedenis te verander.   Hy is so naby aan sy kinders, dat Hy enigeen, selfs vir jou, kan gebruik om die Boerevolk na Hom toe te laat terugkeer.   Daarom bid Salomo tereg dat God diegene sal verhoor wat met die verdorwenheid van hul eie hart worstel.

Egte gebed begin by die behoefte dat God my hart sal regeer.   Daarom gee Jesus die dissipels opdrag om te bid dat God se koninkryk op aarde sal kom soos in die hemel. Soos wat God in die hemel regeer, moet Hy ook in my hart regeer.  En dis net moontlik indien ek dit skoon hou.  God regeer nie op ʼn vuil troon nie, daarvoor is Hy te heilig!   Hy is egter gewillig om die gebede van sondaars wat met die verdorwenheid van hul harte worstel en alles wat vuil is op te ruim, te verhoor en volke te herstel.

Die Bybel het talle voorbeelde hiervan.  Nehemia is een van die treffendste.  Hy het in ʼn tyd geleef toe dit baie sleg met Israel gegaan het omdat hulle aan God ongehoorsaam was en Hy hulle gestraf het.   Wanneer Nehemia bid, is hy ook van sy eie sonde bewus wat daartoe bygedra het dat Israel getug moes word.  Hy doen die regte ding en pleit net so skuldig soos sy volk:  “...laat u oor tog opmerksaam en u oë oop wees, om te luister na die gebed van u kneg wat ek vandag voor u aangesig bid.... terwyl ek die sondes van die kinders van Israel bely wat ons teen U gedoen het; ook ek en my familie het gesondig” (Neh.1:6).

Om die verdorwenheid van jou eie hart te verstaan, is die begin van ʼn groot ommekeer.  Daniël het dit ook geweet: “...ons het gesondig en verkeerd gedoen en goddeloos gehandel en in opstand gekom en van u gebooie en verordeninge  afgewyk” (Dan.9:5).  Hy staan nie eenkant en vinger wys nie, maar sien homself aandadig aan die volksverval!

Die boek Rut wat tydens die rigtertydperk geskryf is toe dinge in Israel skeef geloop het, leer ons dieselfde waarheid.  In hoofstuk een lees ons van Naomi wat alles verloor het en dan sê: .... Noem my nie Naomi nie; noem my Mara. Want die Almagtige het my baie bitterheid aangedoen” (:20).  Al klink dit of Naomi God verkwalik, worstel sy in werklikheid met onsuiwerhede in haar eie hart.   Sy glo nog steeds dat God by haar is en by magte om haar te red, wat dan ook daarna gebeur het.   Naomi het God se Woord toegelaat om haar in die regte rigting te lei.  Daarom het sy selfs in haar bitterheid aan Rut opdrag gegee om God se wet te gehoorsaam.

Hoe gaan dit met ons volk?   Die slegste ooit!   Sal jy graag ʼn verandering in hierdie land wil sien?  Wat doen jy daaraan?   Bid jy vir ons Boerevolk?  As jy egter om herstel bid, maar jy sluit jouself by hierdie proses uit, bid jy verkeerd.  Dis maklik om te bid en jouself daarna uit die voete te maak.  En as daar niks gebeur nie, is jy teleurgestel in God.  Dit werk beslis nie so nie!

Die eerste Christene is geleer om eers hul eie hart reg te kry voordat hulle die wêreld wil verander.  En jy kan as enkeling groot verandering teweeg bring!  Jesus leer ons dat ʼn klein bietjie suurdeeg die hele brood deurtrek en die kleinste saadjie (mosterdboom) ʼn groot boom word.   Christene word van vroegs af geleer om eers die verkeerde dinge in hul lewe op te ruim voordat hulle die wêreld wil verander.

Jakobus som die hart van al die probleme in die wêreld sowel as in die kerk op:   “Waarvandaan kom oorloë en vegterye onder julle?  Kom hulle nie hiervandaan, van julle welluste wat in julle lede stryd voer nie?  Onderwerp julle dan aan God: weerstaan die duiwel en hy sal van julle wegvlug... Reinig die hande.... en suiwer die harte...” (Jak.4:1, 7,8).   Jakobus se boodskap kom uit die hart van die OT – die bron van die wêreld se probleme setel in die hart van die mens.   Die predikers van die eerste eeu het baie klem daarop gelê dat die enigste ding wat die wêreld kon verander, ʼn suiwering van die hart was.

Ek vra weer: Is jy bekommerd oor ons volk?   Booshede verteer ons soos roes yster verteer.  Kan ons iets doen of is ons magteloos hierdie booshede?  Ja, ons kan iets doen; nee, ons staan nie magteloos nie.   Deur jou hart te ondersoek, gee God jou die potensiaal om die wêreld te verander.  Moenie van politieke party verander nie; verander van hart!   As ons volk se harte nie gaan verander nie, sal niks verbeter nie, eerder versleg!

God gee ons ʼn kragtige Gees om ons te help om ons harte skoon te maak – die Heilige Gees.  Laat jou hart in lyn met God se doel kom.  Daarvoor moet ons wakker wees en nie toelaat dat verkeerde dinge ʼn tuiste in ons hart vind nie.   Dis ʼn daaglikse stryd wat ons slegs met die hulp van die Heilige Gees kan stry.  “...terwyl julle met alle gebed en smeking by elke geleentheid bid in die Gees, en daartoe waak met alle volharding en smeking vir al die heiliges” (Efes.6:18).

God is besorg oor die dinge in my hart want ʼn beter wêreld, land, gemeenskap en gesin begin op geen ander plek as in my hart nie.  As ons met rein harte gaan begin bid, sal ons verbaas staan oor wat God met Suid-Afrika doen!  Ons land is vuil omdat die heidendom alles wat skoon is vuil maak.   Suid-Afrika moet skoongevee word en daardie besem staan in ons eie hart.

By geleentheid moes ʼn predikant sy seuntjie oppas.  Om die outjie besig te hou, het hy ʼn stuk deurskynende plastiek gevat, ʼn landkaart van Suid-Afrika uit ʼn tydskrif geneem en dit in stukkies geknip.  Daarna het hy die seuntjie gom gegee en aangesê om die kaart weer aan mekaar te kry.  Toe hy na ʼn paar minute die volledige kaart bring, vra sy verbaasde pa: “Hoe het jy dit so gou reggekry?” Die seuntjie het trots gesê: “Op die agterkant was daar ʼn foto van ʼn oom.  Dit was makliker om hom aan mekaar te sit.  Toe ek dit omdraai was die land ook aan mekaar!” Ja, as die stukkende mens geheg word, kom die land vanself reg!

Amen!

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 3705 gaste aanlyn