NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Daar is nie klein en groot sondes in die sin dat sommige minder sondig as die ander is nie.  Alle sondes is ewe sondig.   Sekere sondes het wel ernstiger gevolge en verdien daarom groter veroordeling.   In die gelykenis van die waaksame dienskneg in Luk.12 sê Jesus:   “En daardie dienskneg wat die wil van sy heer geken het en nie klaargemaak of volgens sy wil gedoen het nie, sal met baie slae geslaan word; maar hy wat nie geweet het nie en gedoen het wat slae verdien, sal met min slae geslaan word…” (:47,48).

SIEN DIE VOLLE PRENTJIE

Ds Andrè van den Berg

“... dit is vir my goed om naby God te wees; in die Here HERE het ek my toevlug gestel....” (:28).

Ses blinde mans kom eendag by ʼn dieretuin aan en huur vir hulle ʼn gids om hulle rond te neem en van die diere te vertel wat hulle nie kon sien nie.   Die gids neem hulle toe na ʼn mak olifant en gee aan elkeen die geleentheid om aan een deel van dier te vat en vir hom te sê hoe ʼn olifant vir hom voel.

Die eerste blinde het aan die stert gevoel en gesê dat ʼn olifant soos ʼn dik tou voel.   Die tweede een het aan die poot gevoel en gesê dat ʼn olifant soos ʼn boomstomp voel.   Die derde een het aan die sy vel gevoel en gesê dat ʼn olifant soos ʼn skurwe muur voel.   Die vierde blinde het aan die olifant se oor gevat en gesê dat dit soos ʼn groot waaier voel.   Die vyfde een het aan die slurp gevoel en gesê dat ʼn olifant soos ʼn groot slang voel.   Die sesde een het aan die tand gevoel en gesê dat ʼn olifant soos ʼn sabel voel.

Omdat hulle almal blind was, kon nie een van hulle die werklikheid sien nie.   Dis ook in ʼn geestelike sin waar.   Dit was trouens Asaf se probleem toe hy sy ongunstige omstandighede vanuit ʼn verkeerde hoek bekyk het; ʼn fout wat gelowiges dikwels maak as dinge vir hulle skeef loop.  Dan sien hulle net soos daardie blindes nie die groter prentjie nie.

Ps.73 leer gelowiges hoe om hul oë van ongunstige omstandighede af te wend en 100% op God te fokus.   Want waar jy staan, bepaal wat jy sien!    In vers 1 staan Asaf op harde grond. Hy het van jongs af geleer dat God niks anders as goedheid is nie.  Jesus herhaal ook hierdie waarheid: “... Niemand is goed nie, behalwe een, naamlik God...” (Mt.19:17).

Toe Asaf groot word, het hy gevind dat dit wat hy van God geleer het nie met sy lewenservaring geklop het nie.   Dit het hom op die gladde grond van verwarring en  twyfel laat beland: “.... my voetstappe het byna uitgegly” (:2).

Dit gebeur as gelowiges die goedheid van God uitsluitlik as aardse seëninge verstaan.   Vra maar vir Job!  Was Job se beproewinge vir hom vir een sekonde genotvol?   Allermins!   Nogtans het dit hom nader aan God gebring wat hom op die ou einde ryklik vir sy getrouheid geseën het.

Baie gelowiges reken dat as hul reg leef en goeie dade verrig, God genoodsaak is om hulle te seën.   Dis ʼn skadelike misgissing!    God laat soms dinge in ons lewe toe wat so swaar raak, dat ons onder die gewig daarvan struikel.  Dis nie aangenaam nie, maar noodsaaklik.  Moenie vergeet dat ons klei in God se hande is nie en dat Hy besig is om van uitskotprodukte meesterstukke te maak nie!

Vyf dinge het Asaf gehinder.  Eerstens kan hy nie verstaan waarom goddelose mense dikwels so voorspoedig is terwyl talle gelowiges bitter swaar kry nie.   Hy bely openlik dat dit hom met afguns vervul het: “Want ek was afgunstig op die onsinniges toe ek die voorspoed van die goddelose mense sien” (:3).

ʼn Tweede ding wat hom gehinder het, was dat die goddeloses kommerloos hulle gang gegaan en net so gesterf het: “Want daar is geen kwelling by hulle nie, gesond en vet is hulle liggaam” (:4).   Alles verloop seepglad.  “In die moeite van sterwelinge is hulle nie...” (:5)   Hoe kan ʼn regverdige God dit toelaat?

Nog ʼn ding wat Asaf gehinder het, was dat die goddeloses gemaak en gebreek het asof daar geen God in die hemel is nie: “En hulle sê: Hoe sou God dit weet....” (:11).   Hulle voorspoed het Asaf verbitter: “Kyk, so is die goddelose mense; en altyd onbesorg vermeerder hulle die rykdom!  Waarlik, tevergeefs het ek my hart rein gehou... Toe het ek nagedink om dit te verstaan, maar dit was moeite....” (:12,13,16).   Dit het vir Asaf gevoel asof sy godsdiens tydmors was!

Hoeveel gelowiges het nie al so gevoel nie!   In tye van beproewing is die versoeking daar om verkeerd te dink en te wonder of dit nie beter sou wees om soos die res van die wêreld te leef, siende dat daar geen oënskynlike voordeel daarin is om God te dien nie?

Onthou: Waar jy staan, bepaal wat jy sien, veral in beproewing wanneer die versoeking groot is om net op jouself en jou eie beleweniswêreld te fokus.  Jy vra:  Waarom ek?  Hoe gaan ek hier deurkom?  Gaan daar ooit vir my uitkoms wees?   Wie gee om wat van my word?   Alles draai om die EIE EK.  Sulke denke kan rampspoedig wees want dit laat jou die ellende waarin jy verkeer vanuit ʼn verkeerde hoek beoordeel en soos Asaf in die versoeking kom om aan God se bestaan te begin twyfel.  En dis glibberige grond!

Asaf getuig vanaf vers 17 dat God hom omgedraai het om die lewe vanuit God se oogpunt te sien.  En so het Asaf deur die genade van God van glibberige grond na vaste grond beweeg.   Hy het waarskynlik tempel toe gegaan om met God te gaan praat en toegelaat dat God met hom praat.   Dit het gemaak dat sy fokus van die eie ek na die regverdige God en sy vergelding van die goddelose verskuif het.   Daar in die tempel het Asaf se oë oopgegaan: “...totdat ek in die heiligdomme van God ingegaan en op hulle einde gelet het” (:17).

Asaf het ingesien dat die goddelose hoogstens aardse genot ervaar het.  Dit sou met hul laaste asem eindig waarna  ʼn ewige verdoemenis sonder God op hulle gewag het: “Hulle sal as straf ondergaan ʼn ewige verderf, weg van die aangesig van die Here....” (2 Thess.1:9).   Dit is die enigste hiernamaals wat ʼn onbekeerde ooit sal ken!

Goddeloses leef in werklikheid op geleende tyd.  God leen aan hulle tyd om deur die bekering in ʼn persoonlike verhouding met Hom te tree.    As hulle tyd op die parkeermeter van die lewe verstreke is, wag die ewige verderf op hulle.  Is dit iets om na uit te sien?

Toe Asaf dit besef, bely sy dwaasheid aan die Here: “toe was ek dom en het niks geweet nie; ek was soos ʼn dier by U” (:22).   Dit gebeur as ʼn mens die sorge van die lewe deur die bril van die eie ek bekyk.   Moet nooit na jou ellende kyk en die beloftes van God in sy Woord betwyfel nie.

Wanneer ʼn beproefde sê: “God gee nie vir my om nie!” sê die Woord: “Werp al julle bekommernis op Hom, want Hy sorg vir julle” (1 Pet.5:7).   Wanneer ʼn beproefde sê: “God hoor my nie!” sê die Woord: “Roep My aan, en Ek sal jou antwoord en jou bekend maak groot en ondeurgrondelike dinge wat jy nie weet nie” (Jer.33:3).  Wanneer ʼn beproefde sê: “God is afwesig in my leed” sê die Woord: “... Wees tevrede met wat julle het, want Hy het gesê: Ek sal jou nooit begewe en nooit verlaat nie” (Heb.13:5).   Moet God nooit in tye van beproewing vergeet nie want dis juis die tyd dat jy Hom die nodigste het!

Toe Asaf hegter sielegemeenskap met God ervaar het, het hy dinge anders begin insien en besef dat gelowiges seëninge gehad het wat bokant die aardse genot van goddeloses uitgetoring het.   Asaf het God se nabye teenwoordigheid in sy uur van krisis beleef:  “Nogtans is ek altyddeur by U; U het my regterhand gevat” (:23).   Hy was in die branding van sy beproewing nie alleen nie; God het daardie pad saam met hom gestap.  Baie jare later het Daniél se drie vriende dieselfde geloofswonder in die brandende vuuroond in Babel ervaar!

Die wete dat God altyd met sy kinders is, is ʼn seën wat aardse genot oorskry.   ʼn Gelowige is nooit alleen nie.  God is met hom in elke vallei, elke donker nag, die ergste siekte, die slegste omstandigheid.  Ons ervaar sy besondere bystand en troos in Jesus Christus wat gesê het: “... Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld “(Mt.28:20).   Asaf bely dat God voor sy kinders uitloop: “U sal my lei deur U raad...” (:24).   Geen beproewing ruk ons uit sy hand nie.

Asaf kom tot die besef dat hy vir sy aardse bestaan niks meer as God nodig het nie: “Wie het ek buiten U in die hemel?  Buiten U begeer ek niks op aarde nie” (:25).  Hy is nie meer afgunstig op die skynbaar voorspoedige goddelose nie.  Daar is vir hom geen groter genot as om in ʼn persoonlike verhouding met God te staan nie!

Wie niks anders as Jesus in sy lewe begeer nie, kan nooit teleurgestel word nie.   Wie egter sy oë van Jesus af wegneem en na die genot van die wêreld kyk en dit begeer, word altyd ontnugter.    Wie niks anders as Jesus het nie, het alles wat hy nodig het!  “Salig is die wat honger en dors na die geregtigheid, want hulle sal versadig word” (Mt.5:6).

Asaf het met die genade van God uiteindelik by die plek uitgekom waar God alle gelowiges wil hê; om die lewe vanuit God se oogpunt te betrag en te besef dat dit baie lonend is om ʼn kind van God te wees.   Hy som dit in vers 28 as volg op: “...... dit is vir my goed om naby God te wees; in die Here HERE het ek my toevlug gestel....”

Moenie dom wees soos daardie mans by die dieretuin en jou blind staar vir dit wat voor jou is nie.   Bid God om jou altyd die volle prentjie te laat sien want waar jy staan, bepaal wat jy sien!

Amen!

 

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 3845 gaste aanlyn