NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Ons het almal geraamtes in die kas en verwyte oor ons verlede. Gelukkig verwyt God ons nooit oor ons verlede nie. Wanneer Hy ons vergewe, doen Hy dit volkome en dink nie weer daaraan nie – maar dan mag jy ook nie!

GAAN JÝ VANJAAR DIE LEUEN BEVEG?

Ds Andrè van den Berg

“Want die tyd is daar dat die oordeel moet begin by die huis van God” - 1 Pet.4:17 (Eseg.33:1-9)                           

Ons staan aan die begin van 2015; een jaar nader aan die wederkoms van Christus en die einde in sig.  Die Bybel waarsku dat Satan sy aanval op die kerk teen die einde so gaan verskerp, dat bitter min mense getrou gaan bly.   Die kerk sal nog steeds bestaan, maar dit sal nie meer in diens van God wees nie, maar in dié van die Antichris, die verteenwoordiger van Satan aan die einde van die tyd: “... sodat hy in die tempel van God as God sal sit en voorgee dat hy God is” (2 Thess.2:4).  Dit sal die ergste misleiding van alle tye wees.  “... En die hele wêreld het verwonderd agter die dier aangegaan” (Openb.13:3).

Desondanks sal Christus die ware kerk bewaar.  Dit sal wel geskaad maar nie vernietig word nie.   En daarvoor gebruik Hy waarheidswagters – gelowiges wat nie deur leuens mislei is of bang is om mense te waarsku nie.

In Eseg.33 vergeestelik God die taak van die OT wag.  Stadswagte het ʼn baie  verantwoordelike werk gehad, daarom is slegs uitgesoekte, betroubare manne gebruik.  Hulle het bo op die stadsmure onverpoosd rondtes gedoen en die omliggende gebied vir gevaar dopgehou.   As hulle iets verdag bemerk het, is daar alarm gemaak en kon die inwoners hul vir ʼn aanval gereed kry.  Gevolglik het die inwoners se lewe van hierdie wagte afgehang.

Ten spyte van al die voorsorgmaatreëls het die vyand soms daarin geslaag om die stede binne te dring.  Homeros se verhaal van die Trojaanse perd is een so ʼn klassieke verhaal.   Nadat die Trojane die beeldskone Helena ontvoer het, het die Grieke haar probeer bevry en Troje, ʼn groot stad aan die Turkse kus, vir 10 jaar lank beleër sonder om dit te kon inneem.

Toe maak Odusseus, die Griekse aanvoerder, ʼn plan.  Hy het sy manskappe die beleg laat verlaat en oënskynlik laat wegvaar.  Al wat oorgebly het, was ʼn reuse houtperd op wiele op die strand.  Die Trojane het dit as ʼn versoeningsgeskenk beskou en dit later die dag die stad ingestoot.  Toe dit nag word, het Odusseus en 30 krygers wat in die perd versteek was, uitgeklim en die stadspoorte vir die terugkerende Griekse krygers geopen.  Die Trojane is verslaan, Helena ontset en die stad verwoes.

Die verhaal van die Trojaanse perd het hom later ook in ʼn ander gedaante in Suid-Afrika afgespeel toe kerklui in die tagtiger jare saam met die volksvyand begin plunder het.  Dit was die begin van die einde van ʼn voorspoedige, vreedsame land, ʼn droewige verhaal wat deur ʼn hoë misdaadsyfer bevestig word.   Suid-Afrika het ʼn harde les geleer - alle duiwels het nie gesplete hoewe nie.  Sommige skuil selfs agter ʼn kruis!

Daar is niks so verraderlik soos welsprekende leuenaars nie.  Daarom lyk die kerklike toneel soos wat dit tans lyk.   Niemand kan uiteraard reguit treë op krom paaie gee nie!   Die effektiefste manier om mense te mislei, is om leuens in godsdienstige taal te klee en dan te sê dat dit nuwe insigte in die Woord van God is.   En dit het in ons land gebeur!   Die probleem is dat leke dit nie bemerk nie omdat baie van hierdie leuens so naby aan die waarheid lê, dat dit byna soos die kleure van die reënboog in mekaar vloei.

Die kerk van Jesus Christus het ʼn baie groot taak – om ʼn wag op die stadsmuur van die mensdom te wees en hulle teen dreigende gevaar waarsku.  Hierdie waarskuwingstaak is haar profetiese taak en daarvoor ontvang sy ʼn profetiese roeping van God.   Die OuTestamentiese profeet het met die vergesig wat hy van God ontvang het die gevaar sien nader en mense betyds gewaarsku.  So moet die kerk ook waarsku.

Sulke waarskuwings moet ook baie dringend aan die adres van afvallige kerke gerig word.  Afvalligheid het alreeds orkaansterkte in talle Suid-Afrikaanse kerke bereik.  Elke oortreding van die waarheid is ’n dolksteek in die siel van die Boerevolk.   Daarom is elke leraar wat die waarheid verdryf  en die leuen verkondig ʼn vervloekte in God se oë:  “Maar al sou ons of ʼn engel uit die hemel julle ʼn evangelie verkondig in stryd met die wat ons julle verkondig het, laat hom ʼn vervloeking wees!” (Gal.1:8).  Ja, die pad na die hel is met die skedels van duisende valse leraars geplavei!

ʼn Kerk wat haar profetiese visie verloor, is soos ʼn horlosie sonder wysers – dit tik vir ʼn vale maar is nutteloos.   Daarom moet die kerk van Jesus Christus aanhou waarsku, al maak dit mense ook kwaad. “Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid” (2 Tim.3:16).  ʼn Kerk wat nie waarsku nie, is soos ʼn wag wat die gevaar sien aankom, maar versuim om sy mense te waarsku.   Hy is dus indirek aandadig aan hul dood!

Eertydse sterk Gereformeerde kerke het die kluts kwyt geraak en ver-Rooms of raak charismaties.   Dwaling (leuens) is in ons eens pragtige land aan die orde van die dag.  En hoe meer ’n kerk dwaal, hoe verder beweeg dit van God af weg.  En as die dood eers in die kerklike murg beland het, bly daar spoedig net ʼn leë dop oor.  Mense behou die skulp maar verloor die pêrel.

Gaan kyk maar – die meeste kerke wat hul profetiese taak versuim, is so vasgevang is in sosio-politieke sake, dat hul nie meer die leuen van die waarheid kan onderskei nie.   Daarom is 1 Pet.4:17 vanoggend baie aktueel: “Want die tyd is daar dat die oordeel moet begin by die huis van God”.

Mense verrig geen boosheid so gelate as wanneer hulle dit uit godsdienstige oortuiging neem nie.   Daarom bevind so baie van ons volksgenote hulle nog steeds na aan die kerk, maar ver van God.  Wat gaan jy vanjaar daaraan doen?

Om te waarsku maak ʼn mens nooit gewild nie, veral nie op kerklike vlak nie.  Dis egter noodsaaklik al word mense ook hoe kwaad vir die waarheid. “As julle beledig word oor die Naam van Christus, is julle gelukkig, omdat die Gees  van die heerlikheid en van God op julle rus...” (vers 14).

Beskou dit as jou plig om vir die waarheid te stry want ʼn kerk wat die waarheid nie liefhet en beskerm nie, is vir sy volk ʼn gevaar en het geen bestaansreg nie.   Laat ons egter nie bloot teen leuens te velde trek nie.  Vervang hulle eerder met die waarheid.  Ons het God se Woord en dien in ʼn kerk wat die waarheid liefhet en dien.  Dit behoort nie te moeilik te wees nie.

Openb.17 en 18 teken vir ons die laaste kerk.   Dis so mislei en het so ontspoor, dat dit vir God ʼn gruwel is!   Hy sorg egter dat ʼn klein groepie mense nie deur hierdie afvallige kerk besoedel word nie deur hulle tot waarheidsdiens op te  roep en vir die verkondiging daarvan te begeester.  Jesus noem hulle: “My volk”.

Die AP Kerk bely dat Jesus aan die regterhand van God sit vanwaar Hy sy kerk bewaar en regeer.  Hy laat nooit die werk van sy hande vaar nie.  Daar sal altyd ʼn groepie gelowiges wees wat die waarheid te midde van ʼn wêreld van leuens verkondig. Jesus Christus, die Hoof van die kerk, sorg daarvoor!

Let maar op die geskiedenis van die Bondsvolk.  Telkens as hulle ontspoor het, het God gesorg dat ʼn klein groepie getroues oorbly om sy kerk weer op te bou.   Die sogenaamde res.   En so gaan dit dwarsdeur die geskiedenis.   Dink maar aan die Hervorming.  Toe die Roomse Kerk ontspoor, het God op sy tyd vir Luther en Calvyn begeester om die waarheid voort te sit.  Kyk ook na die AP Kerk se eie geskiedenis!   En so sal God aanhou om sy kerk te suiwer totdat Jesus kom.

Waar staan jy?  Is jy deel van hierdie res?  Waarsku jy of bly jy stil al sien jy die gevaar dreig?   Dan sal die oordeel waarvan die teks praat ook oor jou kom!   “Vreeslik is dit om te val in die hande van die lewende God” (Heb.10:31).

Amen

 

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld Onskuldige bloed: Britse oorlogsmisdade 1899-1902, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1942 gaste aanlyn