Nuutste bydraes

GEDAGTES VIR ELKE DAG

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Ons leer in die Woord dat die tong baie maal onheil beraam, soos 'n geslypte skeermes, 'n werker van bedrog, woorde wat mens verslind deur 'n bedrieglike tong, sê Dawid (Ps 52). As ons elke woord wat ons elke dag spreek eers goed deurdink het met die gevolge daarvan, sou ons dalk heeltemal ander woorde gekies het...

GOD IS DEUR ALLE BEPROEWING BY JOU

Ds Andrè van den Berg

“By dit alles het Job nie gesondig en aan God niks ongerymds toegeskrywe nie” - Job 1:22                                  

Ons leef net een keer op aarde en nie weer nie.  Maar as ons reg leef, is een keer genoeg.  Van een ding kan ons hier op aarde baie seker wees - dat ons iewers op ons lewenspad met beproewing te doen gaan kry; en waarskynlik nie net eenmaal nie.  Mense reageer nie eenders op beproewing nie.  Sommige lê geloof aan die dag terwyl ander in ongeloof weens selfbejammering verval.

Beproewing raak ons hele menswees; nie net fisies nie, maar ook psigies.  Dit tas ons gees aan.  En hoe ons hierop reageer, lewer die beste bewys ons geesteskrag.   Fisiese lyding verswak ons liggaam.  Daaraan kan ons niks doen nie.  Iets waaraan ons wel iets kan doen, is om te verhoed dat beproewings ons gees seermaak en selfs in ongeloof laat verval.

Beproewings bring dikwels verwyte mee.  Sommige mense verwyt hulself terwyl ander die Here verwyt en sê: “As dit is hoe God my behandel, dien ek Hom nie meer nie!”  Sulke mense beskou geloof as ʼn ongeluksvrywaringspolis.  God moet as vergoeding vir hul kerkgang en toewyding alle beproewing van hulle afweer.  Hulle raak almal teleurgestel.  Beproewings maak hulle bitter in plaas van beter.  Nee, God skuld ons niks, selfs nie eens die lewe nie.  Alles is genade – onverdiende guns!

Een van die grootste beproewings is die dood van ʼn geliefde.   Wie so ʼn dood nie verwerk nie, verkwalik in werklikheid die Here.  Dikwels onttrek hulle hul van alles en almal, veral van die kerk en die gemeenskap van die gelowiges.  Dis niks anders as opstand teen God en derhalwe sonde nie!

In tye van ernstige beproewing het ons God juis die nodigste.  Ware gelowiges sal eerder meer pyn en lyding verduur as om hul rug op God te draai.  Lees gerus die verhale van die martelare in die vroeë Christenkerk.  Moet nooit toelaat dat omstandighede jou van jou geloof stroop nie.  Dis presies wat Satan wil hê, vra maar vir Job!

God se wil moet altyd in ons lewens voorop staan  - of die son in ons lewens skyn en of dit donker word.  Sy wil is nie iets wat ons iewers moet gaan soek nie.  Dis iets wat ons in volle gehoorsaamheid aan die Here moet doen.  Wie hom daarop toelê om in ʼn tyd van beproewing sy wil te doen, bevraagteken nie die Here se optrede nie.

Ongelukkig is God vir baie mense soos ʼn spaarwiel - net goed in geval van nood.  Godsdiens is vir hulle soos ʼn bus - maak net daarvan gebruik as dit in hulle rigting gaan.  Nee, God moet die stuurwiel, nie die spaarwiel van ons lewens wees nie!

Beproewings laat dikwels vrae in die gemoed ontstaan.  In die lied Why vra  Roger Wittaker: “Will the last word ever be spoken be why?” Dis so sprekend van die mens!   Ons vra altyd waarom?   God beantwoord ons waaroms nie altyd met daaroms nie; slegs met die belofte dat ons eendag alles sal verstaan.  Paulus skryf in 1 Kor.13:12 “ .. Nou ken ek ten dele, maar eendag sal ek ten volle ken…”

Beproefdes probeer dikwels hul verbittering agter maskers wegsteek.   Pyn dra nie vir lank ʼn masker nie.   Op een of ander stadium kom dit af.   Gevolglik is daar net een oplossing – maak vrede met jou beproewing.  En hoe doen ʼn mens dit?   Deur jou gedagtes op God se beloftes in te stel.  Dis immers hoe ons Here Jesus die pyn van die kruis verduur het.  Hy was geheel en al op sy hemelse Vader se beloftes ingestel.  Hy is vir ons ʼn voorbeeld.

Jare gelede loop ʼn brawe tou-loper voor ʼn skare mense oor die Niagra waterval. “Waarom dra jy nie iemand op jou rug oor nie?” vra ʼn verslaggewer hom. “Kom klim op my rug” nooi die tou loper hom.  Na mooipraat en allerlei beloftes van die skare het hy daartoe ingestem.  Net voordat hulle begin loop, sê die tou-loper vir hom: “Sien jy daardie rooi rots aan die oorkant?  Hou jou oë net daarop gerig.  Moenie afkyk nie!” Vreesbevange het hy net die rooi rots in oog gehou, nie afgekyk nie en die oorkant veilig bereik.

Hierdie is ʼn belangrike les.  As jy deur beproewing gaan, kyk vorentoe; nie  agter jou, langs jou of waar ook al nie; net vorentoe na die Rots van alle eeue aan die oorkant – Jesus onse Heer.   Petrus het een nag op die see van Galilea gewaag om sy oë van Jesus af te neem en byna verdrink.  Moenie dieselfde fout maak nie!

Beproewing is nie per sè die gevolg van persoonlike sonde nie.   Die wêreld is vol van dwaalleraars wat so sê.   Dis ʼn leuen wat die Christendom baie skade aanrig.   God praat in sy Woord anders.   Lees gerus Joh.9.

God beproef ons dikwels om sy doel met ons te bereik.   Pyn en lyding is dikwels sy megafoon waarmee Hy ʼn dowe wêreld wakker wil maak.   Daar is gelowiges wat lank erge beproewing verduur, maar steeds na aan God leef.  ʼn Mens bewonder hul geloof omdat hierdie dapper lasdraers God op ʼn besondere wyse verheerlik.  Hy plaas hulle voete op ʼn stewige rots; daarom sink hulle nie!

In ons beproewing staan Christus nie iewers daar ver en kyk hoe ons swaarkry nie.   In sulke tye is Hy juis baie nader aan ons as wat ons dink.  Hy het baie medelye met ons.   Daar is geen dieper lyding as dit wat Hy gesmaak het of ʼn donkerder diepte as wat Hy alreeds oorwin het nie.

By geleentheid bid ʼn gelowige as volg: “Here, laat my nooit vergeet dat my siekte en pyn nie U straf op my sonde is nie.  Plaas my voete altyd op die stewige rots van u belofte dat U altyd by my sal wees, al gaan ek ook deur donker dieptes.  Leer my dat ek elke donker uur as die besondere geleentheid sal sien om U liefde en genade nog beter te leer ken”.

God werk dikwels baie anders om as wat die mens verwag.  Dink maar aan Job, die vroomste mens van daardie tyd op aarde.   Baie gelowiges het al getuig dat hul dae van beproewing geestelik hul beste dae was.   Ja, dat wanneer dit vir hulle gelyk het asof God onregverdig was, Hy in werklikheid goed vir hulle was.  Wanneer gelowiges se gesondheid knak en geen medikasie meer help nie, het hulle een wonderlike troos: God se liefde vir sy kinders verdwyn nie saam met hul gesondheid nie!

Baie jare gelede was ʼn skilder op ʼn hoë steierwerk besig om die koepel van ʼn katedraal te versier.  Nadat hy ʼn deel daarvan voltooi het, het hy teruggetree om die werk van ʼn afstand te besigtig en byna na sy dood geval.  Gelukkig het ʼn vriend dit betyds sien kom, ʼn kwas gegryp en ʼn streep deur die kunswerk getrek.  Die skilder het instinkmatig vorentoe gespring om die beskadiging te verhoed en hom van ʼn gewisse dood gered.

Ons het almal ʼn beeld van die soort lewe wat ons graag sou wou lei.  En soos wat ons daaraan werk, loop ons soms onwetend al hoe verder van ons eie geestelike veiligheid en nader aan die gevaar.  Dan moet God soms drasties ingryp en ons lewensprent kom bederf sodat ons tot ons sinne kan kom en ons siele van die verderf red.

CH Spurgeon het gesê dat van alles wat hy in die lewe ervaar het, hy God ook vir sy  beproewings kan dank omdat dit geestelik 'n sterker mens van hom gemaak het.  Hy bely dat hy in die brandoond van beproewing groter geestelike krag as uit enige van sy voorspoedige dae geput het.  God was in sy donkerste dieptes so naby aan hom, dat hy amper aan Hom kon raak!

En dis wat Job ook in sy beproewing ervaar het – God het hom nooit alleen gelaat nie.  Hy was altyd daar.  Daarom word daar die baie mooi ding van Job gesê: “By dit alles het Job nie gesondig en aan God niks ongerymds toegeskrywe nie.” Mag dit ook van elkeen van ons wat deur beproewing gaan gesê word!

Amen!

Opsoek na inligting?

  •  BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

    ___________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________
     
    DIGBUNDELS:
      'n Versameling van 4 elektroniese bundels - 226 gedigte @R350.00:  
    Vir alle navrae  skryf aan 
    Amanda
    @waterstrome.co.za
    Uittreksel uit:
    'n Nasie in Pyn:
    ...Saam sal die hele wêreld vir hulle bid.
    Saam sal ons met pyn in ons harte sit.
    Mag hulle berus in u wil
    Mag hulle voor U verstil.
    _________
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    'n Boek getiteld DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK - Christen Teokratiese Separatisme, uit die pen van ds AE van den Berg, het  in gedrukte vorm verskyn. 
    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.  
    DIE
    VOLMAAKTE REPUBLIEK - Christen Teokratiese Separatisme, bring helder perspektief oor rasseverskille en die natuurlike skeiding van rasse wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte aan geestelike transformasie wat landsburgers van denkrigting sal laat verander en van al die sogenaamde polities-korrekte onregte en gewaande vryheid waarmee hulle belas word, sal bevry.
    Lesers word aangemoedig om hulle daadwerklik vir 'n Christen-teokrasie in 'n volmaakte republiek te beywer deur sinvolle besluite te neem in die lig van God se Woord, en onophoudelik te bid dat dit spoedig hier aan die suidpunt van Afrika verwesenlik word. Politiek is 'n saak van erns en harde werk waardeur wet en orde gehandhaaf word en durf nie in eerlose hande gelaat word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel, iets wat op staatkundige gebied slegs in 'n Christen-teokratiese bestel tot sy reg sal kom.

    U kan hierdie boek bestel by
    ds AE van den Berg
    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com
    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________ 

 

APARTHEID:

Beklemtoon volkseie as enigste regverdige politieke bedeling.

Laat die lig skyn in die donkerte.

Is die groei van 'n volk uit eie wortels.

Erken alle volke se regte.

                                                  Saamstaan is sterkstaan vir strewe na uitnemendheid

                                                 ___________________                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1455 gaste aanlyn