NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

God praat met sy kinders deur siekte. Dit is dan dat jy besef dat elke oomblik van jou lewe maksimaal benut moet word, dat dit genadetyd is, en net 'n klein deeltjie van jou lewensplan uitmaak, en dat jou eintlike lewe nog by God op jou wag.

EERBIED VIR WAT HEILIG IS

Ds Andrè van den Berg

Moenie wat heilig is aan die honde gee nie; en gooi julle pêrels nie voor die varke nie, sodat hulle dit miskien met hulle pote vertrap en omdraai en julle verskeur nie” - Mt.7:6

Die Skrifgedeelte begin met ʼn waarskuwing: “Moenie oordeel nie, sodat julle nie geoordeel word nie”.   Mense is geneig om vinnig te oordeel en stadig te dink in plaas van net anders om.  Adam se veroordeling van Eva nadat hy van die verbode vrug geëet het, is ʼn sprekende voorbeeld hiervan.   Het hy dan niks van die vrugteverbod geweet nie?

ʼn Mens mag nie veroordeel nie, maar slegs beoordeel.  Dit moet ook net aan die hand van God se Woord geskied.  Gelei deur sy Woord en met die hulp van die Heilige Gees help God gelowiges om tussen reg en verkeerd te onderskei. En om dit te doen, oefen die mens sekere voorkeure ter wille van sy eie behoud uit.

Die anglisisme vir die uitoefen van voorkeure is meer bekend – diskriminasie.   Mense hou nie van dié woord nie omdat die liberale media, verraderlike politici en ontspoorde kerklui dit met allerlei negatiewe inhoude gelaai het om na ʼn onvergeeflike sonde te laat klink.

In werklikheid beteken diskriminasie niks anders as om voorkeure uit te oefen nie.   As dit om my geestelike welstand en gesonde volkswaardes gaan, vind ek niks in die Bybel wat gesonde voorkeure verbied nie!

In Mt.7:6 bring Jesus vier dinge onder ons aandag - dinge wat heilig is, pêrels, honde en varke.   Die eerste twee is nie moeilik om te verstaan nie.  Dit gaan hier oor die skat van die Evangelie nl. redding.   Gelowiges moet baie versigtig met dinge van ewigheidswaarde omgaan omdat dit van God kom.   Dis nie vir almal bedoel nie.   Jesus sê bv. vir die Kananese vrou:  “Dit is nie mooi om die brood van die kindertjies te neem en vir die hondjies te gooi nie” (Mt.15:26).

Daar is mense wat aan God se verbond deel het en ander nie.  Jesus vra in die teksvers dat ons versigtig moet wees om God se genade nie goedkoop te maak nie.  Dis heilig en moet as sulks so behandel word.

Gevolglik moet gelowiges nie hul krag en tyd op nuttelose sake mors nie.  Wie nie uitverkies is nie, sal nooit tot bekering kom nie!  In 1 Sam.25 sê Abigail vir Dawid dat hy sy asem sal mors om met haar man Nabal, te praat.  Luister wat sê Jesus vir sy dissipels op hul eerste sendingtog: “En as julle die huis ingaan, groet dit; en as die huis dit waardig is, laat julle vrede daarop kom, maar as dit nie waardig is nie, laat julle vrede na julle terugkeer.  En as iemand julle nie ontvang nie, en na julle woorde nie luister nie, gaan uit daardie huis of daardie stad uit en skud die stof van julle voete af” (Mt.10:12-14).  Jesus het nooit die Evangelie aan mense opgedring nie.  Die kerk soek by niemand witvoetjie nie.

Een van die grootste probleme vandag is dat kerke te gebruikersvriendelik geword het.  Die Bybel leer ons dat die wêreld by die kerk aanpas en nie die kerk by die wêreld nie!

By geleentheid is Jeremia baie radeloos oor die verval van die kerk.  Niemand luister meer na die stem van God nie.   Niemand ag dit wat heilig is van waarde nie.   Moet jy nie maar saam met die vloei beweeg nie?  Dan sê God: “Laat hulle na jou terugkeer, maar jy moenie na hulle terugkeer nie” (Jer.15:19).

Die Evangelie wat ek verkondig, is ʼn waardige evangelie.  Daar was al verskeie pogings om hierdie goddelike standaard na die wêreld toe af te wentel.   Ek het dit telkens teengestaan en sal tot en met my afskeidspreek daarmee volhard!

Oral waar God se standaard verlaag word, beland die pêrels voor die varke. In plaas daarvan dat die kerk die wêreld inbeweeg, gaan die wêreld die kerk binne. Dit lei tot vervlakking.  Kerke word ʼn kilometer breed, maar bly net ʼn sentimeter diep!

God is heilig; so ook alles wat aan Hom behoort.  Heilig beteken opsy sit of afsonder – m.a.w. iets wat nie soos die wêreld lyk nie.   Let ʼn bietjie op God se heiligheid.

  1. Niemand vergelyk met Hom nie; nie Allah, Boeddha of een van die agt miljoen Hindoe-afgode nie.
  2. God se Woord (Bybel) is heilig. Niks vergelyk daarmee nie, nie die Koran, Vedas of Roomse tradisies nie.
  3. God se huis is heilig.  Dis nie  ʼn jollie bymekaarkomplek, klub of uithangplek nie, maar iets geheel anders; afgesonderd en heilig.
  4. Ook die liedere wat ons in die kerk sing, getuig van God se heiligheid.  Dis nie melodieë waarop gedans of jolyt gevier kan word nie.  Dis afgesonderd en heilig.  Alles in die AP Kerk se erediens getuig van eerbied vir God se heiligheid.

Die Christelike kerk het ʼn ernstige probleem wat na kerke met ʼn Gereformeerde belydenis uitkring – die ontheiliging van dit wat heilig behoort te wees.  Die sieklike gedweep met dit wat onpeilbaar diep behoort te wees, krap gelowiges om.   Die universele broederskap van liefde word oral uitbasuin met plakkate met Jesus loves you.  Die Christendom het vlak en heiligheid goedkoop geword!

Nêrens sê die Bybel dat God alle mense ongekwalifiseerd liefhet nie.  Selfs nie eens Joh.3:16 nie.  God se liefde is vir sy kinders – hulle wat uitverkies is en die wedergeboorte gesmaak het.   “Al wat die Vader My gee, sal na My toe kom; en Ek sal hom wat na My toe kom, nooit uitwerp nie” (Joh.6:37).

Almal hoor die Evangelie, maar reageer nie eenders op die uitnodiging nie.  In die tyd van Christus het baie mense na Hom gekom en gelowig geword het selfs uit die laagste samelewingsordes - tollenaars, straatvroue en misdadigers.

In Mt.7:6 waarsku Jesus gelowiges om versigtig met hul ywer vir die Evangelie te wees.  Kinders van die Here hardloop nie sommer halsoorkop in ʼn saak in nie.   Toe Jesus sy dissipels op hul eerste Sendingtog stuur, sê Hy: “Kyk, Ek stuur julle soos skape onder die wolwe in; wees dan versigtig soos die slange en opreg soos die duiwe”(Mt.16:10).  Werk versigtig met dit wat heilig is!

Die Bybel is ʼn waardevolle skat.   Dis nie ʼn boek met towerresepte wat rondge-strooi kan word en wonders geskied nie.  Dit moet biddend bestudeer en met groot eerbied hanteer word, veral deur leraars wat die verantwoordelikheid het om vir gemeentes te sê: “So spreek die Here!”

Al is leraars ook maar net feilbare mense, gebruik God hulle nogtans om verlore sondaars tot die bekering te lei.  Paulus skryf: “...dit het God behaag om deur die dwaasheid van die prediking die wat glo te red” (1 Kor.1:21).  Miljoene mense het al deur prediking tot bekering gekom. Gevolglik moet daar leraars wees.  Luister wat sê die Ethiopiese dienaar vir Filippus: “Hoe kan ek tog verstaan as niemand my die weg wys nie?’ (Hand.8:31).

Paulus was ʼn befaamde prediker.  In sy brief aan die Romeine benadruk hy die belangrikheid van die amp van leraar: “Hoe kan hulle hom dan aanroep in wie hulle nie geglo het nie? En hoe kan hulle in Hom glo van wie hulle nie gehoor het nie?  En hoe kan hulle hoor sonder een wat preek? En hoe kan hulle preek as hulle nie gestuur word nie? “ (Rom.10:24,25).

Vir gelowiges is daar geen belangriker boek as die Bybel nie.  Voordat daar drukperse was, is dit met die hand oorgeskryf en gevolglik bitter duur.  Vandag is daar in elke huis een of meer Bybels en relatief baie goedkoop.   Gelowiges het die dure verpligting om dit met eerbied en ontsag te hanteer.  Onthou: Dis nie vir almal bedoel nie, maar slegs vir die dorstige en hongerige.  Moet nooit dit wat vir God heilig is, goedkoop maak nie.  Het honde eerbied vir dit wat heilig is of varke vir pêrels?  vra Jesus in ons teksvers.   Net so min voel die ongelowiges iets vir die dinge van God.

In ons teksvers vra Jesus eerbied vir dit wat heilig is.  Dit kan ons alleen doen indien ons self heilig/afgesonderd vir God leef.   Laat dit ons roeping onder hierdie verdraaide geslag van volksgenote wees!

Amen!.

 

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 3707 gaste aanlyn