NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Kundigheid vloei soos ‘n sterk stroom deur ‘n eerbare volksleier se lewe sonder dat hy daarmee te koop loop.   Hy dra dit soos ‘n sakhorlosie uit die oog en haal dit net uit as iemand daarna vra.

WAAR STAAN JY?

Ds Andrè van den Berg

Want daar is een God en Middelaar tussen God en die mens, die mens Christus Jesus” - 1 Tim.2:5

Die wêreld het al talle mense opgelewer wat groot naam in die geskiedenis gemaak het.   Sommige van hulle was beroemd terwyl ander weer berug was.  In sekere gevalle beide beroemd en berug!  Napoleon was een van hulle.  Hy is in 1821 op 52 jarige ouderdom as krygsgevangene op St. Helena oorlede.  Ek het in April 2001 die huis waar hy sy laaste dae op die eiland geslyt het besoek.

Napoleon was sterk oppad om die algehele heerser van Europa te word.  Alles het gevlot totdat hy in 1812 ʼn reuse fout begaan het.   Hy het Rusland met ʼn groot troepemag in die laat herfs binnegeval waarna die strawwe winter hulle oorval het.  Toe hy sy fout agterkom en terugval, het hy tot sy skok gevind dat die Russe die enigste brug oor die Njeperrivier vernietig en hul roete huiswaarts afgesny het.

Meer as 100,000 soldate het van koue omgekom alvorens ʼn tydelike brug in werking gestel is.   Dit word vertel van soldate wat so koud gekry het, dat hulle perde oopgeslag en binne-in die karkasse geklim het net om warmte te kry!  Die vernietiging van hierdie lewensnoodsaaklike brug het baie lewens geëis.

Die Bybel praat ook in geestelike sin van ʼn brug wat vernietig is en miljoene lewens geëis het – die brug tussen God en mens.  Ja, 1812 is ʼn treurige verhaal. Gen.3 is veel erger!  1812 se lewensverlies was eenmalig.  Gen.3 s’n gaan nog steeds onverpoosd voort; duisende per dag!

Soos wat die Russe die brug oor daardie rivier vernietig het, het sonde die brug tussen God en mens vernietig.  Niemand kon dit herstel soos wat die Franse die Russiese brug na ʼn tyd kon herstel nie.  Dit was onoorbrugbaar met die mens en sy gewisse dood aan die een kant en God met die lewe aan die ander kant.

Na Gen. 3 het God ʼn tydelike brug daar kom stel.  Dit was egter wankelbaar en is min gebruik.   Dis die Tien Gebooie genoem.   Om by God aan die ander kant te kom, moes mense oor die brug van die onderhouding van die Tien Gebooie loop.   Nou kan u dink hoeveel mense op hierdie wyse by God uitgekom het.    As dit vandag nog die enigste brug tussen God en mens was, wonder ek hoeveel van ons gered sou word?   Beslis nie ek nie!

God het egter in die volheid van die tyd ingegryp en hierdie brug gesluit.  Dit was te wankelrig en in die plek daarvan ʼn nuwe brug gebou.   Die opening van hierdie brug is een nag deur ʼn engel aan skaapwagters aangekondig: " Moenie vrees nie, want kyk, ek bring julle ʼn goeie tyding van groot blydskap wat vir die hele volk sal wees ...” (Luk.2).   Met volk word die hele mensdom bedoel.

Jesus Christus is die nuwe, onwankelbare brug tussen God en mens. “Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie” (Joh.14:6).   En soos brûe het hierdie brug ook ʼn naam – MIDDELAAR.

Soos wat daardie Russiese brug tussen die Franse soldate en die lewe gestaan het, staan hierdie goddelike brug tussen ons en die ewige lewe.  As ons nie oor hierdie brug loop nie, sterf ons vir ewig.  As ons wel daaroor gaan, leef ons vir ewig.

Die ware kerk van Christus bely deur die eeue die middelaarskap van Christus.  Hy is die enigste brug.  Dis een van die kardinale leerstukke van die Bybel.  Daarsonder is die Christendom soos ʼn rugbywedstryd sonder ʼn bal!  Nogtans is daar wel ʼn kerk wat die wedstryd sonder ʼn bal speel – die Roomse Kerk (RK).

Hierdie kerk bely nie die middelaarskap van Christus nie.   Hulle het ʼn mens as middelaar – Maria, Jesus se aardse moeder.  Die Heidelbergse Kategismus (HK) leer ons dat een sondaar nie ʼn ander sondaar kan verlos nie.   Sondag 15 vra die vraag hoe ʼn verlosser moet wees?  Die Kategismus antwoord dat dit een moet wees wat waarlik God en waarlik mens is.  Net Christus voldoen hieraan!

Die Christendom verskil van afgodsdiens wat leer dat ʼn mens homself kan red. Enige godsdiens wat leer dat jy jouself kan red of dat ʼn ander mens jou kan red, is uit die bose!  “Maar al sou ons of ʼn engel uit die hemel julle ʼn evangelie verkondig in stryd met wat ons julle verkondig het, laat hom ʼn vervloeking wees” (Gal.1:8).   Dis presies waarmee die RK haar eeue lank besig hou; ʼn vreemde evangelie – afgodery wat as Christendom verdoesel word.  En dis waarteen die groot Hervormers soos Luther en Calvyn in opstand gekom het!

Satan het meesterlik daarin geslaag om die vroeë Christelike kerk binne te dring en die hart van die Evangelie, dat Jesus as die enigste Verlosser is, uit te ruk en met Maria te vervang.   In die Roomse gebedekrale word daar 52 keer tot Maria gebid sonder om Jesus se Naam eenmaal te noem!

Een van die grootste lasteraars van alle tye was ʼn Roomse kardinaal Alphonso Liguori.  In een van sy boeke bid hy as volg tot Maria:

“ O, vlekkelose maagd, ons wat onder u beskerming staan, het vrymoedigheid om u te versoek om u Seun, Jesus Christus, te verhoed dat Hy, geïrriteerd deur ons sondes, ons verlaat en aan die duiwel oorgee. U, heilige Maria, is ons enigste hoop, Moeder in die hemel, en ons het maar net een voorspraak en dis uself.  U alleen is liefdevol en bekommerd oor ons saligheid.  U is ons koningin en middelaar tesame met u Seun, tot wie ons nie durf nader nie”.

Dis onbeskaamde menseverering en laster!   Wat dit erger maak, is dat hy nie van dwaalleer aangekla is nie, maar jare later selfs gekanoniseer is d.w.s. tot ʼn heilige verklaar is!

Die RK trek ʼn baie duidelike streep deur Christus se middelaarskap.  Hoe kan iemand wat die middelaarskap van Christus ontken in die hemel kom?  So ʼn persoon wil dan van ʼn ander brug na die hemel gebruik maak wat nie bestaan nie.  Wat ʼn oordeel wag daar nie op hom nie - die ewige hel met al sy verskrikkinge.

Die eerste Christelike kerk het geen rol aan Maria toegeken nie.  Soos wat Satan die kerk binnegedring het, het die leer van die middelaarskap van Maria al hoe meer veld gewen.  In die vierde eeu het die Melekiete-sekte Maria as een van die Drie-eenheid geleer – Vader, Seun en Maria.

Soos wat die leer van die RK gegroei het, was daar altyd van ware gelowiges teenstand.  Sommige is uit die kerk geban terwyl ander hul lewens op grusame wyses verloor het.   Geen kerk het meer bloed aan sy hande as die RK nie.

Die teenstand teen die RK se dwaalleer het op Sondag 31 Okt.1517 ʼn klimaks bereik toe ʼn jong Martin Luther sy opspraakwekkende 95 stellings teen sy kerkdeur in die Duitse stad Wittenberg vasgespyker het.   God het hierdie waarheidsbeweging ryklik geseën en in getal laat toeneem.  En so het die een protestantse kerk na die ander tot stand gekom.   Ons eie kerk deel in hierdie ryke geestelike erfenis; Afrikaanse Protestantse Kerk.

In ons teksvers bemoedig Paulus ʼn jong Timotheüs wat die wind baie sterk van voor gekry het.  En nie van heidene nie, maar van mense wat onder die vaandel van Christenwees gevaar, maar gedwaal het deur te leer dat goeie werke jou ook kan red soos die RK leer.  Dis die verkeerde brug!

Soos wat Napoleon se soldate bly was toe die brug oor die rivier herstel is en hulle huis toe kon gaan, is ons ook bly dat die brug tussen God en mens deur Christus se sterwe vir ons herstel is en as ons aardse stryd verby is, ons ook eendag huis toe kan gaan.  Jesus belowe in Joh.14 dat Hy vir ons plek gaan berei het.

Brûe word gebou om te gebruik.  Het jy die een van God al gebruik?  Baie mense stap tot by die oewer en hoop dat God hulle raaksien en vir hul godsdienstige moeite beloon.   Maar hulle loop nie oor nie.  Of jy een meter of ʼn kilometer van ʼn brug is, jy is nog nie oor nie!  As jy nie oorloop nie, staan jy nog aan die ander kant van God.   En wie aan die ander kant staan, gaan hel toe!  Dink maar hier aan die vyf dwase maagde wat aan die deur van die feesmaal klop en soebat om ingelaat te word.  Dan sê die bruidegom vir hulle om weg te gaan want hy ken hulle nie!

Waar staan jy op– op die oewer of het jy al oor die brug tot by God geloop?  Onthou; dis ʼn geval van lewe of dood .... en dit vir ewig!

Amen!

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 3741 gaste aanlyn