NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Hoe weet ons as Christene vandag dat dit wat ons leer die volle waarheid is?   Het ons absolute sekerheid?   Ja, ons het - slegs in die Woord van God!    Soos wat die profete deur die Heilige Gees begeester is om die Bybel te skryf, lei die Gees kinders van die Here om in die lig van die waarheid te wandel.

WAG OP DIE HERE!

Ds Andrè van den Berg

Hand.1: 1-14

“En Hy antwoord hulle: Dit kom julle nie toe om die tye of geleenthede te weet wat die Vader deur sy eie mag bepaal het nie; maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal My getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en Samaria en tot aan die uiterste van die aarde” (7,8).

1. Selfondersoek

Wees eerlik: Hoe lyk jou geestelike lewe? Maar betreklik saai? Sou jy graag ‘n nuwe begin met God wou maak? Miskien het jy al ‘n paar keer probeer, maar telkens misluk en moed opgegee. Dit maak jou gees sat want jy besef dat jou tyd op aarde uitloop en dat daar ‘n ewigheid op jou wag wat deur jou lewe op aarde bepaal word. Die lewe beweeg mos vorentoe en nie agtertoe nie. As jy dus vandag die regte ding doen, kan dit ‘n baie groot verskil aan môre maak.

 

Hoe begin ‘n mens van voor af met God? Die Bybel leer ons hoe. In Hand.1 lees ons van ‘n nuwe geestelike begin in wording wanneer Christus die dissipels help om hul misverstande, mislukkings en drostery te verwerk. Om ‘n nuwe begin te maak, is dit baie belangrik om eers met jou verlede vrede te maak. Jy kan geen nuwe begin met God maak as jy nie met jou verlede vrede gemaak het nie!

Een van die grootste probleme waarom mense se geestelike lewe dikwels nie verder as die aanloopbaan kom nie, is die enorme klomp emosionele bagasie wat hulle met hul saamsleep. Indien jy dit nie in die vertreksaal van die verlede agterlaat nie, sal jy nooit in die lug kom nie en is ontnugtering jou voorland.

Waarom het Christus nie direk na sy opstanding ten hemel gevaar nie, maar vir 40 dae gewag? Om ontnugterdes te help om van hul emosionele bagasie ontslae te raak en ‘n nuwe begin te maak (Joh.21:15-17). Daarom het Hy in hierdie tyd die Woord van God indringend aan hulle verduidelik. “Toe open Hy hul verstand om die Skrifte te verstaan” (Luk.24:45). Hulle moes immers die wêreld met sy verlossingsboodskap omkeer!

Moenie uit die oog verloor wat in Hand.1 gebeur het nie.   Miskien kyk ons te veel na die gevolge in hoofstuk twee en bemerk nie waarom die dissipels so ‘n kragtige nuwe begin kon maak nie. Hand.1 gee vir ons drie sleutels waarmee die eertydse dissipels die deur na ‘n nuwe begin oopgemaak het. Ons moet dieselfde sleutels gebruik. Dit werk nog steeds!  

2.   God het ‘n duidelike plan  

Die eerste sleutel is om God se plan vir jou lewe te vertrou. Die dissipels kon dit wat op Pinksterdag en die res van Handelinge gebeur het alleenlik doen omdat hulle God se plan vertrou het. Dis nie altyd maklik om sy plan te vertrou nie. Ons maak dinge vir onsself moeilik deur nie altyd op God te wag nie, maar ons eie kop volg. Dis dan dat ‘n gebrek aan vertroue ons geestelike lewe laat stilstaan en ‘n vrees vir die onbekende ons van geestelike hoogtes weerhou. Ons word bang om ‘n nuwe begin te maak.

Hand.1:7,8 sê dat God ‘n plan gehad het, maar nie hoe Hy dit sou uitvoer nie. Die dissipels is slegs aangesê om na Jerusalem terug te keer, iets waaroor hulle allermins opgewonde was. Dit was immers die plek waar Christus gekruisig is en hulle agter slot en grendel vir moontlike vervolgers gaan skuil het.

Hulle getuienis moes egter nie net in Jerusalem opklink nie, maar ook in die hele Judea, Samaria en verder. Die Evangelie was uiteraard nie net vir Jode bedoel nie, maar ook vir ander volke. Hierdie opdrag was egter nie maklik nie omdat daar eeue lange rassespanning tussen die Jode en die Samaritane was; om nie eens van die res van die heidendom te praat nie!

Die dissipels moes in Jerusalem wag om aan die koninkryk van God te bou en sy plan uit te voer. Hulle was op die regte koers. God sou hulle aan die gang sit om daarna self te beweeg. Will Rogers het gesê: “Al is jy op die regte pad, sal jy omgery word as jy net daar bly staan!”

Die dissipels het nie bly staan nie, maar dadelik aan die werk gespring, God se plan gevolg en ‘n ongelooflike nuwe begin gemaak. Dwarsdeur Handelinge sien ons hoe gelowiges wat God se plan vir hulle lewe gesoek het ‘n nuwe begin gemaak het. Jy kan nie verkeerd gaan as jy God se bouplan uitvoer nie (Mt.7:25).

Christus het die dissipels aangesê om op God te wag. Hoe wag ‘n mens op Hom? Jy volg God se plan en doen wat gedoen moet word. Jy laat nie jou geestelike spoed breek nie. God het ‘n groot plan vir die dissipels gehad. Hulle moes nie vrae vra nie; slegs vertrou en volg. Dis mos geloof!

Wag is maar ‘n nare ding, veral vir ‘n haastige mens. Christus se opdrag het die dissipels egter nie ledig gemaak nie. Hulle het diè wagtyd gebruik om reg te maak vir die groot oomblik as hulle moes beweeg. Niks gebeur toevallig nie. God het altyd ‘n plan. Die dissipels moes net in pas daarmee kom deur hul eie planne te los en by God s’n in te skakel.

Dis belangrik dat ons planne, hoe edel dit ookal mag wees, nie met God s’n inmeng nie. Paulus wou bv.die Evangelie aan ‘n verlore wêreld bring, maar het van plan verander na die droom van die Macedoniër (Hand.16:9). By geleentheid wou hy na Misië gaan, maar is deur die Gees verhoed en na Troas gegaan. Toe hy in Philippi kom, was God alreeds besig om heidene se harte vir die Evangelie oop te maak.

Wat leer ons hieruit? Dat indien ons planne nie uitwerk soos ons hoop, ons God moet vra of Hy nie dalk ander planne met ons het nie. Soms spits ons ons aandag te veel toe op ons eie planne en vergeet van God se plan met ons.

Daar is ook diegene wat vir die kerk wag om iets te doen alvorens hulle self beweeg. Dis fataal! Geen mens het al ooit ‘n nuwe begin gemaak deur passief te wag nie!  Mense wat van die kerk verwag om God se plan vir hul lewe te verwerklik, is altyd teleurgestel. Dis die mense wat nie wil gee nie, maar slegs ontvang. Hulle sal hoogstens eredienste bywoon en die sakramente gebruik, maar niks meer nie. Die kerk moet maar plan maak om hulle in die hemel te kry. Dis allermins ‘n Protestantse siening, maar Rooms!

3.   Op God se eie tyd

Die tweede sleutel waarmee die dissipels ‘n nuwe begin gemaak het, was om God se tydsberekening te vertrou. Sy plan kan nie verwesenlik as mense sy tydsberekening nie vertrou nie! In Hand.1 wou die dissipels weet wanneer God se koninkryk kom en gereken dat dit ‘n nuwe politieke bedeling was. Hulle is egter net aangesê om te wag en op Hom te vertrou. Sy koninkryk sou op die regte tyd kom.    

 

God het ‘n baie groot plan vir die kerk gehad. Wat op Pinksterdag gebeur het, was al voor die grondlegging van die wêreld haarfyn beplan. Alles gebeur op Sy tyd. Ook die wederkoms. Ons moet Hom nie probeer aanjaag soos die sektes met hul ydele wederkomsvoorspellings nie. Alles gebeur op sy tyd en volgens Sy plan. “Wag op die Here! Wees sterk en laat jou hart sterk wees! Ja, wag op die Here!” (Ps.27:14). Geduld is ‘n bitter plant met soete vrugte.

4. God waarborg resultate

Die derde sleutel wat die dissipels gebruik het, was om God vir die resultate te vertrou. Die tyd wat ons spandeer om op God te wag, moet altyd aktiewe tyd wees en nie met dagdrome verkwis word nie. Ons moet slaggereed wees om te beweeg.

Jare gelede was daar ‘n TV-nuusberig oor die eertydse oorlog in Afghanistan. Terwyl ‘n Amerikaanse soldaat die loop van sy geweer skoongemaak het, het hy die horison vir ontsnapte Taliban-rebelle gefynkam. Hy het geweet dat woestynsand ‘n geweer kon laat stoor en die wagtyd gebruik om seker te maak dat hy vir die dood-en-lewe stryd gereed is. Dis hoe gelowiges ook moet wees – altyd gereed om vir God te beweeg (Efes.6:10-20).

Die dissipels het na Jerusalem teruggekeer waar die gemeenskap van die gelowiges vorm begin aanneem het. Hulle het God se plan gevolg, sy tydsberekening in ag geneem en Hom vir die resultate vertrou. “Hulle het almal eendragtig volhard in gebed en smeking…” (Hand.1:14).

Dis ‘n kragtige boodskap vir almal wat ‘n nuwe begin met God begeer. (i) Volg God se plan vir jou lewe. (ii) Moenie Hom aanjaag nie (iii) Vertrou Hom vir die resultate.

                                                    GOD SE PLAN

                       Ek het God vir verstand gevra om goed te kon presteer

                      Hy het my eenvoudig gemaak om nederig van Hom te leer

                       Ek het Hom vir krag gevra om voluit te kon leef

                       Hy het my swak gemaak om na ewigheidswaardes te streef

                       Ek het Hom vir rykdom gevra sodat ek niks sou kort

                       Hy het my arm gemaak sodat ek wys kon word

                       Ek het vir aansien gevra en om die regte dinge te sê

                       Hy het my nederig gemaak om meer behoefte aan Hom te hê

                       Ek het vir geleerdheid gevra om die lewe om te keer

                       Hy het my swak gemaak om Hom te waardeer

                       Ek het nooit dinge ontvang wat met rykdom vergelyk  

                       Maar wel hemelse skatte om my siel te verryk

                       God het my, kortom, van ydele waardes gestroop

                       Om my lewenspad slegs volgens sy plan te loop!

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld Onskuldige bloed: Britse oorlogsmisdade 1899-1902, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1094 gaste aanlyn