Nuutste bydraes

GEDAGTES VIR ELKE DAG

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Waarom dink u het die ongebore kindjie Johannes, binne-in Elizabeth "opgespring" soos die in die Bybelboek Lukas verwoord word, toe hy Maria, die moeder van die ongebore Jesus, se stem hoor? Oor hy toe reeds met die Heilige Gees vervul is! Jesus het nie sonder rede gesê "Laat die kindertjies na My toe kom nie"; Hy het geweet dat die Gees van God reeds in klein kinders van gelowige ouers werksaam is. Daarom kan ons vandag kinders van gelowige ouers klein doop – dit is net die teken van die verbond wat God met hulle het.

ONSE VADER WAT IN DIE HEMEL IS

Mattheus 6: 9-13

Ds Andrè van den Berg

'n Christen is iemand wat God as hemelse Vader ken en Hom so in gebed aanspreek. Die Onse Vader is die modelgebed wat Jesus aan sy dissipels gegee het in antwoord op hulle versoek: “Here, leer ons bid.” (Luk 11:1).   Daar is egter ook 'n ander manier om na die Onse Vader te kyk. In hierdie gebed is daar ses kenmerke van 'n Christen se lewe wat hom/haar as kind van God kenmerk, amper soos 'n identiteitsdokument.

Die Onse Vader is ons geestelike ID-boekie. As dit oopgemaak word, sien jy onmiddellik ses kenmerke wat van 'n mens ʼn kind van God maak.   Die eerste ding wat opval, is dat die mens God as sy hemelse Vader ken.   Noem dit maar die eerste kenmerk van 'n Christen se identiteit. Dit is immers die manier waarop ons Here Jesus hierdie gebed laat begin het: “Onse Vader wat in die hemel is.” Die eerste aanduiding dat iemand tot bekering gekom het, is dat hy God as Vader aanspreek. 

   Die vraag is: Moes hierdie modelgebed nie eerder met Jesus begin het nie? Dis tog Hy wat ons deur sy bloed gered het? Wanneer iemand vir die eerste keer tot die saligmakende geloof kom, is alle fokus tog op Jesus. Jy plaas jou vertroue juis op sy versoenende verdienste aan die kruis.

Hoe moet ons dan die Onse Vader verstaan as jou nuutgevonde geloof in Jesus jou fokus na God die Vader verplaas en jou leer om primêr op die Vader te fokus wanneer jy bid.   Let op hoe Jesus die dissipels leer bid - Hy leer hulle nié om die gebed met Onse Here Jesus te begin nie, maar om op God as die Vader te fokus.

Dit beteken nie dat dit verkeerd is om tot Jesus te bid nie.   Dink maar aan Stefanus se woorde toe hy met klippe doodgegooi word: “Here Jesus, ontvang my gees.” (Hand 7:59). Met die Onse Vader leer Jesus gelowiges dat 'n kind van God heel eerste moet leer dat sy verhouding ten diepste ʼn verhouding met God die Vader is.   Dis een van die duidelikste bewyse van bekering – hy noem God met groot eerbied Vader.   Voor sy bekering het hy sommer van die Oubaas, hoër hand” of Man daarbo gepraat, maar nie na die bekering nie. Dan leer jy Hom as Vader ken.

Dis egter nie enige mens se reg om Hom Vader te noem nie. Mense dink verkeerdelik dat Hy alle mense se Vader is. In Joh.8:44 sê Jesus by geleentheid vir die Fariseërs: “julle het die duiwel as vader.”   En Paulus sê in Efes.2:3 dat ons – voordat ons Christene geword het – van nature “kinders van die toorn” was.   Nee, niemand durf God as Vader aanspreek net omdat Hy die Skepper is nie.   Die geheim lê in Joh. 8:42 opgesluit: Alleenlik diegene wat tot bekering gekom het, het die reg om God hul Vader te noem.   Jou hart moet eers reg wees voordat jou mond reg is!

Slegs diégene wat deur die bekering hulle volle vertroue op die Here Jesus Christus se kruisdood en opstanding uit die dood plaas, kan God as Vader ken en aanroep.   Hierdie vertroue verander die hele koers en fokus van ʼn mens se lewe radikaal.   Jy word inderdaad 'n nuwe mens. God is nie langer die oubaas of die man daarbo nie, maar die Vader wat in die hemel is.

Waarom bid Jesus die woorde: “wat in die hemel is”? Waarom is dit belangrik? Omdat God die gans andere is en ons nie aards van Hom moet dink nie.   Ek sidder as ek hoor hoe oneerbiedig mense van God praat – so familiêr!   Nee, Hy is in 'n klas van sy eie en niemand se goeie pêl nie.   God is verhewe in majesteit en heerlikheid. Daarom staan ons voor Hom in eerbied en vrees. Wat 'n reuse verskil maak dit nie in ons lewens nie om eerbiedig voor Hom te lewe!

Hy woon immers in die hemel en ons die aarde.   Dis so anders as die soort erediens wat in baie kerke aan mense opgedis word, waar die eerbied vir God verlore geraak het. Leraars moet baie meer klem daarop lê dat God in die hemel is, dan sal die mens sy eie plek op aarde beter leer ken.

Tog is God ook baie soos ons aardse vaders - net so min as wat 'n aardse pa goeie dinge van sy kind sal weerhou, nog minder sal God dit doen.   Jesus sê in Mt.7:13 dat God sy kind nie 'n slang sal gee as hy om ʼn vis vra of 'n klip as hy brood vra nie. Die Onse Vader leer ons dat die hart van God ten diepste 'n Vaderhart is. Dit staan heel voor in ons geestelikde ID boekie - gelowiges is mense wat al hoe meer besef wat die Vaderhart van God persoonlik in sy daaglikse lewe beteken.  

Jou hele lewe word ten diepste bepaal deur hoe jy oor God dink. Dis nie maklik om net te sê : Hy is ʼn Vader nie. Baie mense het ʼn negatiewe vaderbegrip.   Met watter prentjie van ʼn vader het jy grootgeword?   Jy dra so maklik daardie prentjie op God oor. Daarom is dit noodsaaklik dat ons ons prentjie van God as Vader uit die Woord moet kry.   Die Bybel is God se openbaring van Homself aan ons.   As Hy nie Homself vir ons gewys het nie, sou ons absoluut niks van Hom geweet het nie.   Die Bybel trek die gordyn vir ons oop sodat ons kan sien dat God ʼn Vader met ʼn vaderlike hartklop is.

Hoe lyk hierdie Vaderhart? ʼn Vader wat intens in die alledaagse lewe van sy kinders betrokke wil wees. Elke mens het van baba-dag af drie basies behoeftes – jy wil voel dat jy waarde het, aanvaar word en liefde ontvang. En dis wat die Vader bied – jy is vir Hom waardevol, aanvaarbaar en liefdevol.   Dit geld egter nie vir alle mense nie; slegs vir die skape van sy kudde, hulle wat in Christus nuwe mense geword het.

Hierdie waarheid word vir ons meesterlik in Lukas 15 in die Gelykenis van die Verlore Seun opgeteken. Jesus skuif die gordyn weg sodat ons binne-in die Vaderhart van God kan inkyk.   Wat het die verlore seun laat besluit om na sy vader terug te gaan? Hy het geweet wat sy vader se gesindheid was en hoe sy vaderhart geklop het. Kyk hoe teken ons Here Jesus hierdie vader - die onvoorwaardelike liefde. Die seun hoef nie aan 'n lys voorwaardes te voldoen of 'n proeftydperk uitdien nie. Die gesindheid van die Vaderhart het hierdie seun laat terugkeer.

God se vaderhart is egter nie iets waarmee ons durf mors nie. Ons redding is immers hieraan te danke. Was dit nie vir sy vaderhart en liefde vir verlore seuns en dogters nie, sou Jesus nooit aan ʼn kruis vir al ons sonde gesterf het nie. Dis nie ʼn goedkoop saak nie!

Hy smag daarna om ons foute en tekortkominge in iets positief te omskep. Daarom poog Hy altyd om ons vanuit ons natuurlike verdorwenheid na sy heerlikheid terug te bring. Ps.91 verseker ons dat Hy ook beskermend optree. Hy is soos ʼn sekuriteitsmuur!

Let ten slotte op hoe God se vaderhart vanuit sy verskillende Hebreeuse name opklink:

Adonai (Gen.18:3,27): Heerser, Heer, Hoogste in bevel. Elohim (Gen.1:2,4): Skepper, Soewerein, Heerlikheid. El-Olam (Gen. 21:33): die Ewige,Een met geen begin of einde. El-Elyon (Gen. 14:19): Hoogste een.   El-Shaddai (Gen. 15:8): die Algenoegsame. Yahweh: God van die verbond. Yahweh-Yireh (Gen. 22:14): die Here voorsien. Yahweh-Rofe (Ex. 15:26): Here genees. Yahweh-Nissi (Ex. 17:15): die Here is my banier.Yahweh-Shalom (Eseg.38:35): die Here is vrede. Yahweh-Rohi (Ps. 23:1): die Here is Herder. Yahweh-Shammah (Eseg. 48:35): die Here is hier.

Opgesom: God het ʼn vaderhart. Ons bid tereg as ons bid: “Onse Vader.....”

U soek na?

  • HOU VAKANSIE IN MOSSELBAAI !

    Baie netjiese vakansie-akkommodasie in Fraai Uitsig, Kleinbrakrivier, Mosselbaai Munisipaliteit. Twee kilometer vanaf Kleinbrak en Tergniet se swemstrande en ongeveer 10 kilometer vanaf Hartenbosch. Pick n Pay binne loopafstand.
    Kliek hier vir volledige inligting en foto's: OPSOEK NA BEHUISING VIR VAKANSIE?
     
    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________
     
    SKAARS BOEKE TE KOOP
    C J LANGENHOVEN 16 VOLUMES
    FAK-SANGBUNDEL 1 VOLUME
    Hierdie 16 volume Langenhoven-stel is 'n goedopgepaste kosbare versamelstuk. Dit beslaan die volledige inhoud van Langenhoven se bundels soos Sonde met die Bure; Loeloeraai; Herrie op die ou Tremspoor; Doppers en Filistyne; en al die kosbare stories uit die pen van Langenhoven.
    Die FAK-sangbundel is ook in goeie toestand en kan saam of apart van die Langenhovenstel gekoop word.
    Eienaar moet na 'n kleiner woonplek verhuis en vra 'n redelike aanbod vir sy boeke.
    Die aanbevole waardasieprys vir die Langenhovenstel is R1600.00; en vir die FAK R100.00
    Koerierkoste sal bykomend wees.
    Kontak

    Chris Carstens

    Sel no 082 954 3383

    Epos adres

    chris.carstens

    @vodamail.co.za

    ___________
    DIGBUNDELS:
      'n Versameling van 4 elektroniese bundels - 226 gedigte @R350.00:  
    Vir alle navrae  skryf aan 
    Amanda
    @waterstrome.co.za
    Uittreksel uit:
    'n Nasie in Pyn:
    ...Saam sal die hele wêreld vir hulle bid.
    Saam sal ons met pyn in ons harte sit.
    Mag hulle berus in u wil
    Mag hulle voor U verstil.
    _________
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    'n Boek getiteld DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK - Christen Teokratiese Separatisme, uit die pen van ds AE van den Berg, het  in gedrukte vorm verskyn. 
    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.  
    DIE
    VOLMAAKTE REPUBLIEK - Christen Teokratiese Separatisme, bring helder perspektief oor rasseverskille en die natuurlike skeiding van rasse wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte aan geestelike transformasie wat landsburgers van denkrigting sal laat verander en van al die sogenaamde polities-korrekte onregte en gewaande vryheid waarmee hulle belas word, sal bevry.
    Lesers word aangemoedig om hulle daadwerklik vir 'n Christen-teokrasie in 'n volmaakte republiek te beywer deur sinvolle besluite te neem in die lig van God se Woord, en onophoudelik te bid dat dit spoedig hier aan die suidpunt van Afrika verwesenlik word. Politiek is 'n saak van erns en harde werk waardeur wet en orde gehandhaaf word en durf nie in eerlose hande gelaat word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel, iets wat op staatkundige gebied slegs in 'n Christen-teokratiese bestel tot sy reg sal kom.

     

    U kan hierdie boek bestel by
    ds AE van den Berg
    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com
    Prys: R50-00

     
  • BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    ('n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 'n Nuwe Trek (Exclusive Books) Prys: ZAR180

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is by http://tinyurl.com/lx9vrs8

    ... en loot.co.za dit verkoop teen R169 http://tinyurl.com/l26h6jl

    ... kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD


    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    JULIE 2013

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. 

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2 NOU BESKIKBAAR

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
    of skakel hom by
    074 967 5187


    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  • Kliek op DIE CHARISMATIESE GEVAAR om meer oor hierdie boek te wete te kom Lees verder...  
  • FILM OOR DR HF VERWOERD

    Kyk by hierdie skakel http://youtu.be/TcO3zPF8998

      na die kort film oor dr HF Verwoerd.   
    Dit kan ook direk bestel word by Riaan: +27823712682 of by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
     

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

 

'N BIETJIE LANGENHOVEN:

Ek sê nie al die suur mense is Fariseërs nie, maar naastenby al die Fariseërs is suur. In alle geval, solank hulle onthou om Fariseërs te wees. Want dis ook 'n inspanning.
Verbeel jou 'n wêreld sonder 'n skaterlag, sonder eens 'n glimlag. 'n Hemel op aarde, sal die Fariseër sê. Uit so 'n hemel sou ek wou wegloop hel toe.

Die man wat ek na soek, is nie dié wat die minste foute maak nie, maar dié wat die meeste foute régmaak.

Slaap laat solank as jy jou eie baas is en daar sal 'n tyd kom wanneer 'n 'n baas jou sal laat vroeg opstaan.

Ontydige vlyt is die merk van die luiaard. Dis sy verskoning vir ontydige rus.

Ons reken ons geluk vir ons loon en ons straf vir ons ongeluk.

Welvaart is die  dogter van matigheid en die moeder van weelde.

My swaarste pad trap ek self vir my plat, en die swaarste is die wat my voete nooit vat.

Daar is geen kuns by sukkel en geen sukkel by kuns.

Die boer wat nie saai nie sal nie misoeste kry nie, maar hy sal geen goeie ook kry nie.

Het die daeraad lief en die dag sal jóu liefhê.

'n Man wat werklik oor homself baas is, is nooit die kneg van 'n ander nie.

Dis die flukse perd wat flou word. Meer moeite as wat die vlytige het vir sy loon, het die luiaard verniet.

Op die ou end werk die vlytige man vir homself, die luiaard vir 'n ander.

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Kla net oor jou kooi as dit 'n ander is wat dit vir jou opgemaak het.

Hoe korter jy jou kuier maak, hoe gouer sal jy weer genooi word.

Om my naaste lief te hê is vir my 'n sware gebod. Met die mense daargunter kry ek dit nog op 'n manier reg.

Jy sê "ja" waar jy moes "nee" gesêhet omdat jy die ander nie wil aanstoot gee nie. Maar eken hoe het hy jou aanstoot gegee met sy versoek!

Aan 'n nuwe wa kan jy sien of dit 'n goeie skilder was; aan 'n oue of dit goeie wamaker was.

Trek liewer vir jou vriend jou broek uit as om vir hom vir 'n baadjie borg te staan. Anders loop julle naderhand albei nakend.

Die vriendskap wat jy moet koop is 'n duur artikel. Jy sal nie weer jou prys kry as jy dit van die hand wil sit nie.

Moenie vriendskap en besigheid meng nie – jy bederf albei.

'n Man wat nie vyande het nie deug nie vir 'n vriend nie.

Maak jou vriendelikheid goedkoop en hou jou vriendskap duur.

Moenie jou vriend vergeet nie; dit sal hom seermaak. Maak jou vyand daarmee seer.

'n Skare is 'n versameling van eensames.

Stuur die luiaard na die miere, en as hy nie te lui is om te gaan nie sal hy te lui wees om weer terug te kom.

Dis net so moeilik om maklikheid in die ou wêreld te kry as wat dit maklik is om moeilikheid te kry.

Waardeer die werk van jou vrou. Jy kan nie op die aarde 'n ander kneg kry vir dieselfde diens en dieselfde prys nie.

Met spaarsaamheid sal jy uit die kleinste inkomste iets oorhou; met verkwistery sal die grootste vir jou te min wees.

Besorg jou eie boodskap en reken die moeite teen dit wat die misverstand jou sou gekos het.

Het die ryk man nodig om so suinig te wees? Maar hy is nie 'n ryk man wat suinig geword het nie; hy is 'n suinige man wat ryk geword het.

Help jou swakke mededinger op die bene bly.  As hy tot niet gaan, kom daar dalk 'n sterke in sy plek.

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES (7)

(Lees die reeks by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

  • Die adderbyt van naberou is verskriklik (Naberou is ontstellend.)
  • Hy het hom in 'n addergebroedesel begewe (Hy was tussen 'n groep nydige, aanvallende mense.)
  • Sy het hom adieu toegeroep (Sy het vaarwel gesê.)
  • 'n Adres van adhesie is 'n geskrif waarin instemming betuig word met 'n versoek.
  • Jy is nou by die verkeerde adres (Jy soek die oorsaak van die kwaad by die verkeerde persoon.)
  • Dit was advokatery (Dit was regskundige uitoorlêery.)
  • Hy sal die werk weer afbroddel. (Hy sal knoeiwerk of slordige werk verrig.)
  • Sy wil elke takie afbrom (Sy kla die hele tyd terwyl sy werk.)
  • Jy kan nou maar afdans (Jy kan nou maar skoert.)
  • Moet hom nie op sy verdienste afdwing nie (Moet hom nie verkleineer nie.)
  • Die ou werkie draf ek gou af (Ek sal dit sommer gou afhandel.)
  • Hulle wil die rusie afdrink (Hulle wil vrede maak.)
  • Sy het soms baie affêrinkies (Sy is dikwels vol nukke en nonsens.)
  • Hy sal wel weer geld van haar affutsel (Hy sal dit op 'n oneerlike manier van haar kry.)
  • Daar kan niks van afgaan nie (Dit kan nie ontken word nie.)
  • Hy sal 'n afgehekste loesing kry ('n deeglike pak slae.)
  • Sy is 'n afgelekte meisie (Sy het al baie kêrels gehad.)
  • Jy lyk so afgesak (Jy lyk baie moeg.)
  • Hy het afgetop gelyk (Hy het verleë gelyk.)
  • As jy iets van hom wil hê sal jy dit moet afgoël (Hy is so suinig!)
  • So 'n afhaler is onnodig ('n Onnodige belediging.)
  • As dit afhang moet ons dit maar opbind (Skertsend wanneer iemand gedurig begin met "Dit hang af..."
  • Na elke partytjie is hy babalaas ( dan ly hy aan die gevolge van te veel alkohol).
  • Daar was 'n Babelse gegons van stemme (Almal het gelyktydig gepraat).
  • Dit was 'n Babelse verwarring (Dit was baie deurmekaar).
  • Hy sal weer mooi broodjies kom bak (Hy sal kom vlei en mooipraat om sy doel te bereik),
  • Hulle eet nie uit een bak nie (Hulle is nie vriende nie).
  • Sy het hom 'n bak gewys (Sy het hom onvriendelik tereggewys).
  • Gou by die bak maar lui by die vak (Hy is eerste daar waar iets te ete is maar traag as hy moet werk).
  • Hy maak sy hande bak (Hy kom bedel iets).
  • Ons moes bak staan (Ons moes hard werk).
  • Dit was sommer 'n bakerpraatjie (Dit was 'n skinderstorie).
  • Jerusalem is die bakermat van die Christelike Kerk ( Dis waar dit begin het. 'n Bakermat was 'n mandjie waarin die baker – die vrou wat 'n pasgebore baba versorg het – die kindjie op haar skoot voor die vuur versorg het).

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 3134 gaste aanlyn