Nuutste bydraes

GEDAGTES VIR ELKE DAG

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Vertel jou vreugdes aan die wêreld, maar bly stil oor jou beproewinge.  Moenie by jóu pyn en jóu lyding bly vashaak nie.  Fokus liewer op God se plan.  Dis hoe Jesus die pyn van die kruis verduur het.

HOU AAN TYDIG EN ONTYDIG...

...OM MENSE TE WAARSKU

Ds Andrè van den Berg

En jy, o mensekind, Ek het hou as wag oor die huis van Israel aangestel; en as jy ‘n woord uit my mond hoor, moet jy hulle van my kant waarsku (:7). Eseg.33:1-9

Wie gee God die reg om mense hel toe te stuur? Hyself. God oordeel alleen as Hy seën of straf uitdeel. “En die saligheid is in niemand anders nie, want daar is ook geen ander naam onder die hemel wat onder mense gegee is, waardeur ons gered moet word nie” (Hand.4:12). Elkeen word geoordeel volgens wat hy met Jesus doen. Wie die regte ding doen, gaan hemel toe en wie die verkeerde ding doen, gaan hel toe.  

Gevolglik is Pilatus se vraag aan die skare wat hy met Jesus moes doen, ‘n universele vraag wat elkeen homself moet afvra: Wat doen ek met Jesus? Die antwoord daarop bepaal ons ewige eindbestemming. Ons erf nie die hemel deur goeie werke nie. Waar jy die ewigheid gaan deurbring, hang alles af van wat jy met Jesus in jou lewe doen.

Daarom is dit gelowiges se plig om ongelowiges oor God se komende oordeel te waarsku. Benewens die blye Evangelie behoort leraars ook gereeld oor die hel te preek en die volle raad van God verkondig. Nie net die heerlikheid van die hemel nie, maar ook die aakligheid van die hel!   Ongelukkig laat die Satan baie gelowiges daaroor swyg en kry die mense wat dit die nodigste het, nie die boodskap nie: “sodat die verligting van die Evangelie van die heerlikheid van Christus,....op hulle nie sou skyn nie” (2 Kor.4:4).

Sou dit nie beter wees om die Evangelie liefs nie te verkondig nie?   Want as mense dit hoor en verwerp gaan hulle hel toe, maar as hulle dit nie hoor nie, kan God hulle mos nie veroordeel nie?   Hulle het mos nie geweet nie!   Luister na Jesus se laaste opdrag: “Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies ....” (Mt.28:19). Waarom? Omdat geen mens sonder geloof in Christus in die hemel kan kom nie.

In Joh 14:6 sê Jesus aan Filippus: “.... Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie” Jesus is die enigste Brug tussen God en mens. Daar is geen ander pad nie. Wie die bekering in Jesus nie smaak nie, sal nie in die hemel kom nie, maar in die hel beland. Daarom moet die Evangelie baie dringend aan almal verkondig word!

Gaan daar baie mense in die hemel wees? Nee, relatief min. ”Want die poort is nou en die pad is smal wat na die lewe lei; en daar is min wat dit vind” (Mt.7:14). Daarom is ons verplig om Jesus se opdrag uit te voer ongeag hoeveel mense luister. “verkondig die woord; hou aan tydig en ontydig; weerlê, bestraf, vermaan in alle lankmoedigheid en lering” (2 Tim.4:2). Onverskilliges het geen verskoning nie!

Ons moet nie net van God se liefde en genade getuig nie, maar ook van Sy oordeel en ewige straf. Wie dit nie doen nie, is soos die wag op die stadsmuur wat die gevaar sien, maar nie alarm maak nie.   Wie oor God se oordeel swyg, ontneem die Evangelie van sy wese. Dis ‘n onvolledige beeld. Die teksvers roep ons juis op om hard en dringend met mense oor hul sieleheil te praat.  As ons hulle nie waarsku nie, is ons liefdeloos en beantwoord ons nie aan die liefdesgebod nie.  

God geniet dit nie om te straf nie. Hy wil dat almal gered word: “Want dit is goed en aangenaam voor God, ons Verlosser, wat wil hê dat alle mense gered word en tot ‘n kennis van die waarheid kom” (1 Tim.2:3,4). “Hierin is die liefde: nie dat ons God liefgehad het nie, maar dat Hy ons liefgehad het en sy Seun gestuur het as ‘n versoening vir ons sondes” (1 Joh.4:10).

Die bloedsweet op die voorhoof van ons Verlosser in Getsemane, die doringkroon, die spykers, die spies, die spot en hoon dui hoe ernstig Hy daarna verlang het om mense van die hel te red. Sy goddelike liefde en besorgdheid oor mense se sieleheil word in Eseg.33:9 opgeteken: “Waarom wil julle sterf?” God het elke moontlike versperring in die pad gelê om te verhoed dat sondaars hulself in die vlamme van die hel werp.

Die hel is ‘n onbeskryflike verskrikking. Mattheus gebruik die uitdrukking ‘n gekners van tande om die woede, pyn en frustrasie van ‘n benoude persoon te beskryf. Lukas gebruik dieselfde uitdrukking om mense se moordlus te beskryf. Let op die skare se reaksie op Stefanus se op-die-man af prediking. “En toe hulle dit hoor, was hulle woedend in hul harte en het teen hom op die tande gekners” (Hand.7:54). Net daarna het hulle hom gestenig.

Wie Jesus verwerp, onderskryf in werklikheid Sy dood, al is dit nie met soveel woorde nie.  Waarom? Omdat so ‘n persoon Satan as meester het wat Jesus dood wou sien!  

Alle haters van God gaan op ‘n dag in die hel byeenkom. Dit sal egter geen gesellige byeenkoms wees nie, maar een van ongekende ewige droefheid.   God, die Almagtige, gaan hulle daartoe dwing! Daarom gebruik Mattheus die woord gekners saam met geween. Ja, dit spreek van ‘n ongekende droefheid oor die besluit wat verlorenes oor Jesus geneem het.   Hulle kon in die paradys gewees, en kyk waar sit hulle nou!

Desnieteenstaande glo baie mense nie in die hel nie omdat niemand nog daarvandaan teruggekeer het om mense te waarsku nie. Nee, niemand het nog daarvandaan teruggekeer nie, want niemand kan nie!   Ons het net God se Woord wat ons waarsku. Wil ‘n sondige, onvolmaakte mense met ‘n volmaakte God daaroor redekawel?    

Desondanks bly die mens na tasbare dinge soek om in te glo. Daarom het Israel by geleentheid selfs ‘n goue kalf aan die voet van dieselfde berg waar God vir Moses die wet gegee het, gemaak.   Watter les leer ons hieruit?   Om jou godsdiens nooit aan jou eie siening te onderwerp nie.   Want as dit gebeur, begin jy jou eie sondes goed te praat.  Daarom is daar net een goue reël vir gelowiges om te volg – terug na die Bybel!   As ons verstand ons verhouding met God moes bepaal het, sou ons nooit ‘n verhouding met Hom gehad het nie: “Deur die Here word die gange van ‘n man bevestig, en Hy het ‘n welbehae in sy weg” (Ps.37:23).

Is daar nie dalk ‘n tweede kans om, indien iemand sonder Christus sterf, die saak met Hom in die hiernamaals reg te maak soos wat die Jehovasgetuies glo nie? Nee, daar is beslis geen tweede kans nie!   Nêrens in die Skrif is daar selfs ‘n vae moontlikheid van so ‘n moontlikheid nie.  Nog minder dat daar aan die hel ‘n einde gaan kom.

Niemand sal in die hel beland wat dit nie verdien nie.   Elkeen wat weier om hom tot Christus te bekeer, sal die ewigdurende, jammerlike gevolge daarvan dra. God is liefdevol, regverdig en sagmoedig. Hy is nie ‘n sadis wat Hom in ander se leed verlustig nie.  Daarom stuur God nooit ‘n persoon hel toe wat nie daar wou wees nie. Dit sal beslis nie met sy liefde strook nie!

Dit sou erg genoeg gewees het as verlorenes in hierdie verlore toestand ingedwing is. Wie in die hel beland, wou daar wees. Dis hul eie keuse teen die waarskuwings en pleidooie van gelowiges in. Hulle het hulself daarheen gestuur. Dis hul verdiende loon. “...die goddelose is verstrik in die werk van sy eie hande” (Ps.9:17) God is regverdig in sy oordeel. Niemand kan voor Hom staan en sê dat hy nie die hel verdien nie. Dis ons normale koers. Ons verander slegs deur die bekering van koers!    

Niemand kan ‘n goeie indruk op God maak en sodoende sy guns bekom nie. In die oordeel gaan dit nie om ons verdienste nie, maar om Jesus se verdienste.   Daarom kan ons nie met God oor ‘n plek in die hemel kibbel nie. Ons het geen geregtigheid van ons eie nie. Dit gaan uitsluitlik oor wat ons met Jesus in ons lewe gedoen het.

As jy Jesus as Verlosser aanvaar het en weet dat die hemel op jou wag, sal jy nie soveel as moontlik mense saam met jou hemel toe wil neem nie? Hoe liefdeloos sal dit nie wees om toe te sien dat mense oor die afgrond van die ewigheid in ‘n vlammehel stort nie!   Sien jouself soos ‘n Esegiël van ouds as wag op die muur - waarsku! Moenie dat mense deur jou onverskilligheid die hel binnegaan nie! Luister wat sê God vir Kain: “... Wat het jy gedoen? Die stem van die bloed van jou broer roep na My van die aarde af” (Gen.4:10). Wil jy ook ‘n verwytende stem hoor?  

In die Noorde van Skotland was daar ‘n treinbrug oor ‘n diep kloof met ‘n rivier wat onderdeur gevloei het. Een nag het ‘n hewige storm die middelste pilaar van die brug beskadig.  ‘n Herderseun het dit vroeg die volgende oggend ontdek en geweet dat ‘n trein in aantog was. Toe die trein nader kom het hy sy baadjie uitgetrek en op die spoor gaan staan en dit angstig geswaai. Die masjinis het die seun gesien en die fluit geblaas. Toe hy besef dat die seun nie gaan beweeg nie, het hy rem aangeslaan, hom getref en ‘n paar meter voor die beskadigde brug tot stilstand gekom. Toe die passasiers die skade aan die brug sien, het hulle besef dat as daardie seun nie in hulle plek gesterf het nie, hulle almal sou omgekom het!  

Dis wat Jesus vir ons gedoen het. Gaan staan op die spoorlyn van die lewe en waarsku die mense in Jesus naam!

U soek na?

  • HOU VAKANSIE IN MOSSELBAAI !

    Baie netjiese vakansie-akkommodasie in Fraai Uitsig, Kleinbrakrivier, Mosselbaai Munisipaliteit. Twee kilometer vanaf Kleinbrak en Tergniet se swemstrande en ongeveer 10 kilometer vanaf Hartenbosch. Pick n Pay binne loopafstand.
    Kliek hier vir volledige inligting en foto's: OPSOEK NA BEHUISING VIR VAKANSIE?
     
    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________
     
    SKAARS BOEKE TE KOOP
    C J LANGENHOVEN 16 VOLUMES
    FAK-SANGBUNDEL 1 VOLUME
    Hierdie 16 volume Langenhoven-stel is 'n goedopgepaste kosbare versamelstuk. Dit beslaan die volledige inhoud van Langenhoven se bundels soos Sonde met die Bure; Loeloeraai; Herrie op die ou Tremspoor; Doppers en Filistyne; en al die kosbare stories uit die pen van Langenhoven.
    Die FAK-sangbundel is ook in goeie toestand en kan saam of apart van die Langenhovenstel gekoop word.
    Eienaar moet na 'n kleiner woonplek verhuis en vra 'n redelike aanbod vir sy boeke.
    Die aanbevole waardasieprys vir die Langenhovenstel is R1600.00; en vir die FAK R100.00
    Koerierkoste sal bykomend wees.
    Kontak

    Chris Carstens

    Sel no 082 954 3383

    Epos adres

    chris.carstens

    @vodamail.co.za

    ___________
    DIGBUNDELS:
      'n Versameling van 4 elektroniese bundels - 226 gedigte @R350.00:  
    Vir alle navrae  skryf aan 
    Amanda
    @waterstrome.co.za
    Uittreksel uit:
    'n Nasie in Pyn:
    ...Saam sal die hele wêreld vir hulle bid.
    Saam sal ons met pyn in ons harte sit.
    Mag hulle berus in u wil
    Mag hulle voor U verstil.
    _________
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    'n Boek getiteld DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK - Christen Teokratiese Separatisme, uit die pen van ds AE van den Berg, het  in gedrukte vorm verskyn. 
    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.  
    DIE
    VOLMAAKTE REPUBLIEK - Christen Teokratiese Separatisme, bring helder perspektief oor rasseverskille en die natuurlike skeiding van rasse wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte aan geestelike transformasie wat landsburgers van denkrigting sal laat verander en van al die sogenaamde polities-korrekte onregte en gewaande vryheid waarmee hulle belas word, sal bevry.
    Lesers word aangemoedig om hulle daadwerklik vir 'n Christen-teokrasie in 'n volmaakte republiek te beywer deur sinvolle besluite te neem in die lig van God se Woord, en onophoudelik te bid dat dit spoedig hier aan die suidpunt van Afrika verwesenlik word. Politiek is 'n saak van erns en harde werk waardeur wet en orde gehandhaaf word en durf nie in eerlose hande gelaat word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel, iets wat op staatkundige gebied slegs in 'n Christen-teokratiese bestel tot sy reg sal kom.

     

    U kan hierdie boek bestel by
    ds AE van den Berg
    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com
    Prys: R50-00

     
  • BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    ('n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 'n Nuwe Trek (Exclusive Books) Prys: ZAR180

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is by http://tinyurl.com/lx9vrs8

    ... en loot.co.za dit verkoop teen R169 http://tinyurl.com/l26h6jl

    ... kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD


    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    JULIE 2013

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. 

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2 NOU BESKIKBAAR

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
    of skakel hom by
    074 967 5187


    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  • Kliek op DIE CHARISMATIESE GEVAAR om meer oor hierdie boek te wete te kom Lees verder...  
  • FILM OOR DR HF VERWOERD

    Kyk by hierdie skakel http://youtu.be/TcO3zPF8998

      na die kort film oor dr HF Verwoerd.   
    Dit kan ook direk bestel word by Riaan: +27823712682 of by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
     

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

 

'N BIETJIE LANGENHOVEN:

Ek sê nie al die suur mense is Fariseërs nie, maar naastenby al die Fariseërs is suur. In alle geval, solank hulle onthou om Fariseërs te wees. Want dis ook 'n inspanning.
Verbeel jou 'n wêreld sonder 'n skaterlag, sonder eens 'n glimlag. 'n Hemel op aarde, sal die Fariseër sê. Uit so 'n hemel sou ek wou wegloop hel toe.

Die man wat ek na soek, is nie dié wat die minste foute maak nie, maar dié wat die meeste foute régmaak.

Slaap laat solank as jy jou eie baas is en daar sal 'n tyd kom wanneer 'n 'n baas jou sal laat vroeg opstaan.

Ontydige vlyt is die merk van die luiaard. Dis sy verskoning vir ontydige rus.

Ons reken ons geluk vir ons loon en ons straf vir ons ongeluk.

Welvaart is die  dogter van matigheid en die moeder van weelde.

My swaarste pad trap ek self vir my plat, en die swaarste is die wat my voete nooit vat.

Daar is geen kuns by sukkel en geen sukkel by kuns.

Die boer wat nie saai nie sal nie misoeste kry nie, maar hy sal geen goeie ook kry nie.

Het die daeraad lief en die dag sal jóu liefhê.

'n Man wat werklik oor homself baas is, is nooit die kneg van 'n ander nie.

Dis die flukse perd wat flou word. Meer moeite as wat die vlytige het vir sy loon, het die luiaard verniet.

Op die ou end werk die vlytige man vir homself, die luiaard vir 'n ander.

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Kla net oor jou kooi as dit 'n ander is wat dit vir jou opgemaak het.

Hoe korter jy jou kuier maak, hoe gouer sal jy weer genooi word.

Om my naaste lief te hê is vir my 'n sware gebod. Met die mense daargunter kry ek dit nog op 'n manier reg.

Jy sê "ja" waar jy moes "nee" gesêhet omdat jy die ander nie wil aanstoot gee nie. Maar eken hoe het hy jou aanstoot gegee met sy versoek!

Aan 'n nuwe wa kan jy sien of dit 'n goeie skilder was; aan 'n oue of dit goeie wamaker was.

Trek liewer vir jou vriend jou broek uit as om vir hom vir 'n baadjie borg te staan. Anders loop julle naderhand albei nakend.

Die vriendskap wat jy moet koop is 'n duur artikel. Jy sal nie weer jou prys kry as jy dit van die hand wil sit nie.

Moenie vriendskap en besigheid meng nie – jy bederf albei.

'n Man wat nie vyande het nie deug nie vir 'n vriend nie.

Maak jou vriendelikheid goedkoop en hou jou vriendskap duur.

Moenie jou vriend vergeet nie; dit sal hom seermaak. Maak jou vyand daarmee seer.

'n Skare is 'n versameling van eensames.

Stuur die luiaard na die miere, en as hy nie te lui is om te gaan nie sal hy te lui wees om weer terug te kom.

Dis net so moeilik om maklikheid in die ou wêreld te kry as wat dit maklik is om moeilikheid te kry.

Waardeer die werk van jou vrou. Jy kan nie op die aarde 'n ander kneg kry vir dieselfde diens en dieselfde prys nie.

Met spaarsaamheid sal jy uit die kleinste inkomste iets oorhou; met verkwistery sal die grootste vir jou te min wees.

Besorg jou eie boodskap en reken die moeite teen dit wat die misverstand jou sou gekos het.

Het die ryk man nodig om so suinig te wees? Maar hy is nie 'n ryk man wat suinig geword het nie; hy is 'n suinige man wat ryk geword het.

Help jou swakke mededinger op die bene bly.  As hy tot niet gaan, kom daar dalk 'n sterke in sy plek.

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES (7)

(Lees die reeks by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

  • Die adderbyt van naberou is verskriklik (Naberou is ontstellend.)
  • Hy het hom in 'n addergebroedesel begewe (Hy was tussen 'n groep nydige, aanvallende mense.)
  • Sy het hom adieu toegeroep (Sy het vaarwel gesê.)
  • 'n Adres van adhesie is 'n geskrif waarin instemming betuig word met 'n versoek.
  • Jy is nou by die verkeerde adres (Jy soek die oorsaak van die kwaad by die verkeerde persoon.)
  • Dit was advokatery (Dit was regskundige uitoorlêery.)
  • Hy sal die werk weer afbroddel. (Hy sal knoeiwerk of slordige werk verrig.)
  • Sy wil elke takie afbrom (Sy kla die hele tyd terwyl sy werk.)
  • Jy kan nou maar afdans (Jy kan nou maar skoert.)
  • Moet hom nie op sy verdienste afdwing nie (Moet hom nie verkleineer nie.)
  • Die ou werkie draf ek gou af (Ek sal dit sommer gou afhandel.)
  • Hulle wil die rusie afdrink (Hulle wil vrede maak.)
  • Sy het soms baie affêrinkies (Sy is dikwels vol nukke en nonsens.)
  • Hy sal wel weer geld van haar affutsel (Hy sal dit op 'n oneerlike manier van haar kry.)
  • Daar kan niks van afgaan nie (Dit kan nie ontken word nie.)
  • Hy sal 'n afgehekste loesing kry ('n deeglike pak slae.)
  • Sy is 'n afgelekte meisie (Sy het al baie kêrels gehad.)
  • Jy lyk so afgesak (Jy lyk baie moeg.)
  • Hy het afgetop gelyk (Hy het verleë gelyk.)
  • As jy iets van hom wil hê sal jy dit moet afgoël (Hy is so suinig!)
  • So 'n afhaler is onnodig ('n Onnodige belediging.)
  • As dit afhang moet ons dit maar opbind (Skertsend wanneer iemand gedurig begin met "Dit hang af..."
  • Na elke partytjie is hy babalaas ( dan ly hy aan die gevolge van te veel alkohol).
  • Daar was 'n Babelse gegons van stemme (Almal het gelyktydig gepraat).
  • Dit was 'n Babelse verwarring (Dit was baie deurmekaar).
  • Hy sal weer mooi broodjies kom bak (Hy sal kom vlei en mooipraat om sy doel te bereik),
  • Hulle eet nie uit een bak nie (Hulle is nie vriende nie).
  • Sy het hom 'n bak gewys (Sy het hom onvriendelik tereggewys).
  • Gou by die bak maar lui by die vak (Hy is eerste daar waar iets te ete is maar traag as hy moet werk).
  • Hy maak sy hande bak (Hy kom bedel iets).
  • Ons moes bak staan (Ons moes hard werk).
  • Dit was sommer 'n bakerpraatjie (Dit was 'n skinderstorie).
  • Jerusalem is die bakermat van die Christelike Kerk ( Dis waar dit begin het. 'n Bakermat was 'n mandjie waarin die baker – die vrou wat 'n pasgebore baba versorg het – die kindjie op haar skoot voor die vuur versorg het).

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1418 gaste aanlyn