Nuutste bydraes

GEDAGTES VIR ELKE DAG

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Dis jammer dat die Handves van Menseregte so ’n aanklank onder volksgenote vind.  Dis die gevolg van politici en kerklui wat met verandering ter wille van verandering besiel geraak en mense mislei het.   Ná die prysgawe van politieke mag in April 1994 is kerk, politiek en kultuur deur ’n veranderings-manie beetgepak;  kerk, politiek en kultuur moes verander ter wille van verandering.

OP GOD SE TYD

Ds Andrè vd Berg

                                   Skriflesing: Hand.1: 1-14

“En Hy antwoord hulle: Dit kom julle nie toe om die tye of geleenthede te weet wat die Vader deur sy eie mag bepaal het nie; maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal My getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en Samaria en tot aan die uiterste van die aarde” (7,8).

1. Selfondersoek

Wees eerlik: Hoe lyk jou geestelike lewe? Maar betreklik saai? Sou jy graag ‘n nuwe begin met God wou maak? Miskien het jy al ‘n paar keer probeer, maar telkens misluk en moed opgegee. Dit maak jou gees sat want jy besef dat jou tyd op aarde uitloop en dat daar ‘n ewigheid op jou wag wat deur jou lewe op aarde bepaal word. Die lewe beweeg mos vorentoe en nie agtertoe nie. As jy dus vandag die regte ding doen, kan dit ‘n baie groot verskil aan môre maak.

Hoe begin ‘n mens van voor af met God? Die Bybel leer ons hoe. In Hand.1 lees ons van ‘n nuwe geestelike begin in wording wanneer Christus die dissipels help om hul misverstande, mislukkings en drostery te verwerk. Om ‘n nuwe begin te maak, is dit baie belangrik om eers met jou verlede vrede te maak. Jy kan geen nuwe begin met God maak as nie met jou verlede vrede gemaak het nie!

 

Een van die grootste probleme waarom mense se geestelike lewe dikwels nie verder as die aanloopbaan kom nie, is die enorme klomp emosionele bagasie wat hulle met hul saamsleep. Indien jy dit nie in die vertreksaal van die verlede agterlaat nie, sal jy nooit in die lug kom nie en is ontnugtering jou voorland.

Waarom het Christus nie direk na sy opstanding ten hemel gevaar nie, maar vir 40 dae gewag? Om ontnugterdes te help om van hul emosionele bagasie ontslae te raak en ‘n nuwe begin te maak (Joh.21:15-17). Daarom het Hy in hierdie tyd die Woord van God indringend aan hulle verduidelik. “Toe open Hy hul verstand om die Skrifte te verstaan” (Luk.24:45). Hulle moes immers die wêreld met sy verlossingsboodskap omkeer!

Moenie uit die oog verloor wat in Hand.1 gebeur het nie.   Miskien kyk ons te veel na die gevolge in hoofstuk twee en bemerk nie waarom die dissipels so ‘n kragtige nuwe begin kon maak nie. Hand.1 gee vir ons drie sleutels waarmee die eertydse dissipels die deur na ‘n nuwe begin oopgemaak het. Ons moet dieselfde sleutels gebruik. Dit werk nog steeds!  

2.   God het ‘n duidelike plan  

Die eerste sleutel is om God se plan vir jou lewe te vertrou. Die dissipels kon dit wat op Pinksterdag en die res van Handelinge gebeur het alleenlik doen omdat hulle God se plan vertrou het. Dis nie altyd maklik om sy plan te vertrou nie. Ons maak dinge vir onsself moeilik deur nie altyd op God te wag nie, maar ons eie kop te volg. Dis dan dat ‘n gebrek aan vertroue ons geestelike lewe laat stilstaan en ‘n vrees vir die onbekende ons van geestelike hoogtes weerhou. Ons word bang om ‘n nuwe begin te maak.

Hand.1:7,8 sê dat God ‘n plan gehad het, maar nie hoe Hy dit sou uitvoer nie. Die dissipels is slegs aangesê om na Jerusalem terug te keer, iets waaroor hulle allermins opgewonde was. Dit was immers die plek waar Christus gekruisig is en hulle agter slot en grendel vir moontlike vervolgers gaan skuil het.

Hulle getuienis moes egter nie net in Jerusalem opklink nie, maar ook in die hele Judea, Samaria en verder. Die Evangelie was uiteraard nie net vir Jode bedoel nie, maar ook vir ander volke. Hierdie opdrag was egter nie maklik nie omdat daar eeue lange rassespanning tussen die Jode en die Samaritane was; nie eens van die res van die heidendom te praat nie!

Die dissipels moes in Jerusalem wag om aan die koninkryk van God te bou en sy plan uit te voer. Hulle was op die regte koers. God sou hulle aan die gang sit om daarna self te beweeg. Will Rogers het gesê: “Al is jy op die regte pad, sal jy omgery word as jy net daar bly staan!”

Die dissipels het nie bly staan nie, maar dadelik aan die werk gespring, God se plan gevolg en ‘n ongelooflike nuwe begin gemaak. Dwarsdeur Handelinge sien ons hoe gelowiges wat God se plan vir hulle lewe gesoek het ‘n nuwe begin gemaak het. Jy kan nie verkeerd gaan as jy God se bouplan uitvoer nie (Mt.7:25).

Christus het die dissipels aangesê om op God te wag. Hoe wag ‘n mens op Hom? Jy volg God se plan en doen wat gedoen moet word. Jy laat nie jou geestelike spoed breek nie. God het ‘n groot plan vir die dissipels gehad. Hulle moes nie vrae vra nie; slegs vertrou en volg. Dis mos geloof!

Wag is maar ‘n nare ding, veral vir ‘n haastige mens. Christus se opdrag het die dissipels egter nie ledig gemaak nie. Hulle het dié wagtyd gebruik om reg te maak vir die groot oomblik as hulle moes beweeg. Niks gebeur toevallig nie. God het altyd ‘n plan. Die dissipels moes net in pas daarmee kom deur hul eie planne te los en by God s’n in te skakel.

Dis belangrik dat ons planne, hoe edel dit ookal mag wees, nie met God s’n inmeng nie. Paulus wou bv.die Evangelie aan ‘n verlore wêreld bring, maar het van plan verander ná die droom van die Macedoniër (Hand.16:9). By geleentheid wou hy na Misië gaan, maar is deur die Gees verhoed en het na Troas gegaan. Toe hy in Philippi kom, was God alreeds besig om heidene se harte vir die Evangelie oop te maak.

Wat leer ons hieruit? Dat indien ons planne nie uitwerk soos ons hoop, ons God moet vra of Hy nie dalk ander planne met ons het nie. Soms spits ons ons aandag te veel op ons eie planne en vergeet van God se plan met ons.

Daar is ook diegene wat vir die kerk wag om iets te doen alvorens hulle self beweeg. Dis fataal! Geen mens het al ooit ‘n nuwe begin gemaak deur passief te wag nie!  Mense wat van die kerk verwag om God se plan vir hul lewe te verwerklik, is altyd teleurgestel. Dis die mense wat nie wil gee nie, maar slegs ontvang. Hulle sal hoogstens eredienste bywoon en die sakramente gebruik, maar niks meer nie. Die kerk moet maar plan maak om hulle in hemel te kry. Dis allermins ‘n Protestantse siening, maar Rooms!

3.   Op God se eie tyd

Die tweede sleutel waarmee die dissipels ‘n nuwe begin gemaak het, was om God se tydsberekening te vertrou. Sy plan kan nie verwerklik as mense sy tydsberekening nie vertrou nie! In Hand.1 wou die dissipels weet wanneer God se koninkryk kom en het gereken dat dit ‘n nuwe politieke bedeling was. Hulle is egter net aangesê om te wag en op Hom te vertrou. Sy koninkryk sou op die regte tyd kom.    

God het ‘n baie groot plan vir die kerk gehad. Wat op Pinksterdag gebeur het, was al voor die grondlegging van die wêreld haarfyn beplan. Alles gebeur op sy tyd. Ook die wederkoms. Ons moet Hom nie probeer aanjaag soos die sektes met hul ydele wederkomsvoorspellings nie. Alles gebeur op sy tyd en volgens sy plan. “Wag op die Here! Wees sterk en laat jou hart sterk wees! Ja, wag op die Here!” (Ps.27:14). Geduld is ‘n bitter plant met soete vrugte.

4. God waarborg resultate

Die derde sleutel wat die dissipels gebruik het, was om God vir die resultate te vertrou. Die tyd wat ons spandeer om op God te wag, moet altyd aktiewe tyd wees en nie met dagdrome verkwis word nie. Ons moet slaggereed wees om te beweeg.

Jare gelede was daar ‘n TV-nuusberig oor die eertydse oorlog in Afghanistan. Terwyl ‘n Amerikaanse soldaat die loop van sy geweer skoongemaak het, het hy die horison vir ontsnapte Taliban-rebelle gefynkam. Hy het geweet dat woestynsand ‘n geweer kon laat stoor en die wagtyd gebruik om seker te maak dat hy vir die dood-en-lewe stryd gereed is. Dis hoe gelowiges ook moet wees – altyd gereed om vir God te beweeg (Efes.6:10-20).

Die dissipels het na Jerusalem teruggekeer waar die gemeenskap van die gelowiges vorm begin aanneem het. Hulle het God se plan gevolg, sy tydsberekening in ag geneem en Hom vir die resultate vertrou. “Hulle het almal eendragtig volhard in gebed en smeking…” (Hand.1:14).

Dis ‘n kragtige boodskap vir almal wat ‘n nuwe begin met God begeer.

  1. Volg God se plan vir jou lewe.
  2. Moenie Hom aanjaag nie
  3. Vertrou Hom vir die resultate.

                                             GOD SE PLAN

Ek het God vir verstand gevra om goed te kon presteer
Hy het my eenvoudig gemaak om nederig van Hom te leer
Ek het Hom vir krag gevra om voluit te kon leef
Hy het my swak gemaak om na ewigheidswaardes te streef

Ek het Hom vir rykdom gevra sodat ek niks sou kort
Hy het my arm gemaak sodat ek wys kon word
Ek het vir aansien gevra en om die regte dinge te sê
Hy het my nederig gemaak om meer behoefte aan Hom te hê

Ek het vir geleerdheid gevra om die lewe om te keer
Hy het my swak gemaak om Hom te waardeer
Ek het nooit dinge ontvang wat met rykdom vergelyk  
Maar wel hemelse skatte om my siel te verryk

God het my, kortom, van ydele waardes gestroop
Om my lewenspad volgens sy plan te loop!

U soek na?

  • HOU VAKANSIE IN MOSSELBAAI !

    Baie netjiese vakansie-akkommodasie in Fraai Uitsig, Kleinbrakrivier, Mosselbaai Munisipaliteit. Twee kilometer vanaf Kleinbrak en Tergniet se swemstrande en ongeveer 10 kilometer vanaf Hartenbosch. Pick n Pay binne loopafstand.
    Kliek hier vir volledige inligting en foto's: OPSOEK NA BEHUISING VIR VAKANSIE?
     
    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________
     
    SKAARS BOEKE TE KOOP
    C J LANGENHOVEN 16 VOLUMES
    FAK-SANGBUNDEL 1 VOLUME
    Hierdie 16 volume Langenhoven-stel is 'n goedopgepaste kosbare versamelstuk. Dit beslaan die volledige inhoud van Langenhoven se bundels soos Sonde met die Bure; Loeloeraai; Herrie op die ou Tremspoor; Doppers en Filistyne; en al die kosbare stories uit die pen van Langenhoven.
    Die FAK-sangbundel is ook in goeie toestand en kan saam of apart van die Langenhovenstel gekoop word.
    Eienaar moet na 'n kleiner woonplek verhuis en vra 'n redelike aanbod vir sy boeke.
    Die aanbevole waardasieprys vir die Langenhovenstel is R1600.00; en vir die FAK R100.00
    Koerierkoste sal bykomend wees.
    Kontak

    Chris Carstens

    Sel no 082 954 3383

    Epos adres

    chris.carstens

    @vodamail.co.za

    ___________
    DIGBUNDELS:
      'n Versameling van 4 elektroniese bundels - 226 gedigte @R350.00:  
    Vir alle navrae  skryf aan 
    Amanda
    @waterstrome.co.za
    Uittreksel uit:
    'n Nasie in Pyn:
    ...Saam sal die hele wêreld vir hulle bid.
    Saam sal ons met pyn in ons harte sit.
    Mag hulle berus in u wil
    Mag hulle voor U verstil.
    _________
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    'n Boek getiteld DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK - Christen Teokratiese Separatisme, uit die pen van ds AE van den Berg, het  in gedrukte vorm verskyn. 
    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.  
    DIE
    VOLMAAKTE REPUBLIEK - Christen Teokratiese Separatisme, bring helder perspektief oor rasseverskille en die natuurlike skeiding van rasse wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte aan geestelike transformasie wat landsburgers van denkrigting sal laat verander en van al die sogenaamde polities-korrekte onregte en gewaande vryheid waarmee hulle belas word, sal bevry.
    Lesers word aangemoedig om hulle daadwerklik vir 'n Christen-teokrasie in 'n volmaakte republiek te beywer deur sinvolle besluite te neem in die lig van God se Woord, en onophoudelik te bid dat dit spoedig hier aan die suidpunt van Afrika verwesenlik word. Politiek is 'n saak van erns en harde werk waardeur wet en orde gehandhaaf word en durf nie in eerlose hande gelaat word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel, iets wat op staatkundige gebied slegs in 'n Christen-teokratiese bestel tot sy reg sal kom.

     

    U kan hierdie boek bestel by
    ds AE van den Berg
    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com
    Prys: R50-00

     
  • BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    ('n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 'n Nuwe Trek (Exclusive Books) Prys: ZAR180

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is by http://tinyurl.com/lx9vrs8

    ... en loot.co.za dit verkoop teen R169 http://tinyurl.com/l26h6jl

    ... kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD


    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    JULIE 2013

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. 

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2 NOU BESKIKBAAR

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
    of skakel hom by
    074 967 5187


    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  • Kliek op DIE CHARISMATIESE GEVAAR om meer oor hierdie boek te wete te kom Lees verder...  
  • FILM OOR DR HF VERWOERD

    Kyk by hierdie skakel http://youtu.be/TcO3zPF8998

      na die kort film oor dr HF Verwoerd.   
    Dit kan ook direk bestel word by Riaan: +27823712682 of by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
     

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

 

'N BIETJIE LANGENHOVEN:

Ek sê nie al die suur mense is Fariseërs nie, maar naastenby al die Fariseërs is suur. In alle geval, solank hulle onthou om Fariseërs te wees. Want dis ook 'n inspanning.
Verbeel jou 'n wêreld sonder 'n skaterlag, sonder eens 'n glimlag. 'n Hemel op aarde, sal die Fariseër sê. Uit so 'n hemel sou ek wou wegloop hel toe.

Die man wat ek na soek, is nie dié wat die minste foute maak nie, maar dié wat die meeste foute régmaak.

Slaap laat solank as jy jou eie baas is en daar sal 'n tyd kom wanneer 'n 'n baas jou sal laat vroeg opstaan.

Ontydige vlyt is die merk van die luiaard. Dis sy verskoning vir ontydige rus.

Ons reken ons geluk vir ons loon en ons straf vir ons ongeluk.

Welvaart is die  dogter van matigheid en die moeder van weelde.

My swaarste pad trap ek self vir my plat, en die swaarste is die wat my voete nooit vat.

Daar is geen kuns by sukkel en geen sukkel by kuns.

Die boer wat nie saai nie sal nie misoeste kry nie, maar hy sal geen goeie ook kry nie.

Het die daeraad lief en die dag sal jóu liefhê.

'n Man wat werklik oor homself baas is, is nooit die kneg van 'n ander nie.

Dis die flukse perd wat flou word. Meer moeite as wat die vlytige het vir sy loon, het die luiaard verniet.

Op die ou end werk die vlytige man vir homself, die luiaard vir 'n ander.

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Kla net oor jou kooi as dit 'n ander is wat dit vir jou opgemaak het.

Hoe korter jy jou kuier maak, hoe gouer sal jy weer genooi word.

Om my naaste lief te hê is vir my 'n sware gebod. Met die mense daargunter kry ek dit nog op 'n manier reg.

Jy sê "ja" waar jy moes "nee" gesêhet omdat jy die ander nie wil aanstoot gee nie. Maar eken hoe het hy jou aanstoot gegee met sy versoek!

Aan 'n nuwe wa kan jy sien of dit 'n goeie skilder was; aan 'n oue of dit goeie wamaker was.

Trek liewer vir jou vriend jou broek uit as om vir hom vir 'n baadjie borg te staan. Anders loop julle naderhand albei nakend.

Die vriendskap wat jy moet koop is 'n duur artikel. Jy sal nie weer jou prys kry as jy dit van die hand wil sit nie.

Moenie vriendskap en besigheid meng nie – jy bederf albei.

'n Man wat nie vyande het nie deug nie vir 'n vriend nie.

Maak jou vriendelikheid goedkoop en hou jou vriendskap duur.

Moenie jou vriend vergeet nie; dit sal hom seermaak. Maak jou vyand daarmee seer.

'n Skare is 'n versameling van eensames.

Stuur die luiaard na die miere, en as hy nie te lui is om te gaan nie sal hy te lui wees om weer terug te kom.

Dis net so moeilik om maklikheid in die ou wêreld te kry as wat dit maklik is om moeilikheid te kry.

Waardeer die werk van jou vrou. Jy kan nie op die aarde 'n ander kneg kry vir dieselfde diens en dieselfde prys nie.

Met spaarsaamheid sal jy uit die kleinste inkomste iets oorhou; met verkwistery sal die grootste vir jou te min wees.

Besorg jou eie boodskap en reken die moeite teen dit wat die misverstand jou sou gekos het.

Het die ryk man nodig om so suinig te wees? Maar hy is nie 'n ryk man wat suinig geword het nie; hy is 'n suinige man wat ryk geword het.

Help jou swakke mededinger op die bene bly.  As hy tot niet gaan, kom daar dalk 'n sterke in sy plek.

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES (7)

(Lees die reeks by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

  • Die adderbyt van naberou is verskriklik (Naberou is ontstellend.)
  • Hy het hom in 'n addergebroedesel begewe (Hy was tussen 'n groep nydige, aanvallende mense.)
  • Sy het hom adieu toegeroep (Sy het vaarwel gesê.)
  • 'n Adres van adhesie is 'n geskrif waarin instemming betuig word met 'n versoek.
  • Jy is nou by die verkeerde adres (Jy soek die oorsaak van die kwaad by die verkeerde persoon.)
  • Dit was advokatery (Dit was regskundige uitoorlêery.)
  • Hy sal die werk weer afbroddel. (Hy sal knoeiwerk of slordige werk verrig.)
  • Sy wil elke takie afbrom (Sy kla die hele tyd terwyl sy werk.)
  • Jy kan nou maar afdans (Jy kan nou maar skoert.)
  • Moet hom nie op sy verdienste afdwing nie (Moet hom nie verkleineer nie.)
  • Die ou werkie draf ek gou af (Ek sal dit sommer gou afhandel.)
  • Hulle wil die rusie afdrink (Hulle wil vrede maak.)
  • Sy het soms baie affêrinkies (Sy is dikwels vol nukke en nonsens.)
  • Hy sal wel weer geld van haar affutsel (Hy sal dit op 'n oneerlike manier van haar kry.)
  • Daar kan niks van afgaan nie (Dit kan nie ontken word nie.)
  • Hy sal 'n afgehekste loesing kry ('n deeglike pak slae.)
  • Sy is 'n afgelekte meisie (Sy het al baie kêrels gehad.)
  • Jy lyk so afgesak (Jy lyk baie moeg.)
  • Hy het afgetop gelyk (Hy het verleë gelyk.)
  • As jy iets van hom wil hê sal jy dit moet afgoël (Hy is so suinig!)
  • So 'n afhaler is onnodig ('n Onnodige belediging.)
  • As dit afhang moet ons dit maar opbind (Skertsend wanneer iemand gedurig begin met "Dit hang af..."
  • Na elke partytjie is hy babalaas ( dan ly hy aan die gevolge van te veel alkohol).
  • Daar was 'n Babelse gegons van stemme (Almal het gelyktydig gepraat).
  • Dit was 'n Babelse verwarring (Dit was baie deurmekaar).
  • Hy sal weer mooi broodjies kom bak (Hy sal kom vlei en mooipraat om sy doel te bereik),
  • Hulle eet nie uit een bak nie (Hulle is nie vriende nie).
  • Sy het hom 'n bak gewys (Sy het hom onvriendelik tereggewys).
  • Gou by die bak maar lui by die vak (Hy is eerste daar waar iets te ete is maar traag as hy moet werk).
  • Hy maak sy hande bak (Hy kom bedel iets).
  • Ons moes bak staan (Ons moes hard werk).
  • Dit was sommer 'n bakerpraatjie (Dit was 'n skinderstorie).
  • Jerusalem is die bakermat van die Christelike Kerk ( Dis waar dit begin het. 'n Bakermat was 'n mandjie waarin die baker – die vrou wat 'n pasgebore baba versorg het – die kindjie op haar skoot voor die vuur versorg het).

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2087 gaste aanlyn