Nuutste bydraes

GEDAGTES VIR ELKE DAG

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Langenhoven het met 'n vonkel in die oog gesê dat wanneer mens die Here om wysheid vra, jy taamlik op jouself kan reken vir ander dinge – soveel beteken wysheid in ons lewens. Martin Luther was meer ernstig in sy uitspraak dat daar geen wysheid bestaan behalwe die waarheid nie.  Maar Langenhoven het ook die kern van die saak gebring toe hy gesê het dat die slim man al die paaie ken terwyl die wyse man net een regte pad ken – die waarheid. Ons kan met reg almal wat van die waarheid wegskram as onwyse karakters beskou.

GEBRUIK JOU TYD REG!

Ds Andrè van den Berg

Wandel in wysheid teenoor die wat buite is en koop die tyd uit” (Kol.4:5).

Paulus skryf hierdie brief aan die Kolossense. Hulle was gelowiges in ʼn groot Griekse stad op Turkse bodem, ongeveer 160km noordwes van Efese geleë. Paulus het nie die gemeente gestig nie. God het ʼn sekere Epafras, ʼn plaaslike gelowige, daarvoor gebruik. Paulus het wel in die drie jaar wat hy in Efese gearbei het, die gemeente gereeld besoek.

Waarom was dit vir Paulus dan nodig om ook ʼn brief aan hulle te skryf? Omdat dwaalleer en kettery die gemeente bedreig het.   Die verskil tussen dwaalleer en kettery is dat dwaalleer mense die kerk laat verlaat terwyl ketters dit nie verlaat nie, maar leerstellings wat van die kerk se leer afwyk, huldig en mense verwar.

Die probleem in Kolosse was dat sekere mense die genoegsaamheid van Jesus se offer aan die kruis nie aanvaar het nie.   Hulle het geglo dat dinge soos bv. die besnydenis noodsaaklik vir redding was – Christus plus; nie Christus alleen nie. In hoofstuk 2 praat Paulus van ʼn eiesinnige godsdiens (:23).

Paulus kon die saak nie daar laat nie en het ʼn brief geskryf. Dit was die regte ding om te doen. Gelowiges moet die waarheid verdedig. Calvyn het gesê net soos wat ʼn hond sal blaf as sy eienaar aangeval word, hy ook nie kan stilbly as die waarheid van Christus aangeval word nie!

Paulus se brief aan die Kolossense bestaan uit drie hoofdele. Eerstens wys hy op die genoegsaamheid van Christus. Sondaars het niks meer as Jesus nodig om in die hemel te kom nie.   Tweedens vermaan hy die lidmate om die ou Joodse wette as uitgedien te beskou. Christene leef met ʼn nuwe wet, dié van die liefde:

’n Nuwe gebod gee Ek julle, dat julle mekaar moet liefhê; soos Ek julle liefgehad het, moet julle ook mekaar liefhê. Hieraan sal almal weet dat julle my dissipels is, as julle liefde onder mekaar hê” (Joh.13:34,35).

In die derde deel moedig Paulus die gelowiges aan om, anders as die dwase heidene, wys op te tree: “Wandel in wysheid teenoor die wat buite is en koop die tyd uit”. Dit was die era van Griekse filosowe en die mense van Kolosse versot op filosofie - die wetenskap van wysheid. Die teksvers sê dat wysheid nie in die kop, maar in die voete lê; nie in verstandskennis nie, maar in lewenswandel. Wyse mense leef reg.

Die teksvers onderstreep een element wat ʼn wyse lewenswandel kenmerk – tyd. Dwase mense mors dit; gelowiges benut dit. Tyd is ʼn gawe van God. Wie dit vermors, gaan oneerbiedig met God se gawe om. Kortom: tydmors is sonde!

Wat maak jy met jou tyd? Besef ons werklik wat dit is? Gestel ʼn bank betaal elke oggend R86,400 in jou rekening in om te gebruik, maar die balans word nie na die volgende dag oorgedra nie. Saans neem die bank dit wat jy nie gebruik het nie terug. Wat sal jy doen? So veel as moontlik daarvan gebruik!

Elkeen het so ʼn bank. Elke oggend word ons rekening met 86,400 sekondes gekrediteer en elke aand dit wat nie gebruik is nie as ʼn verlies afgeskryf en teruggeneem.   Geen balanse word oorgedra nie.   Daar bestaan ook nie oortrokke fasiliteite nie. Elke oggend word ʼn nuwe rekening vir jou geopen en saans gesluit. Dit wat jy nie daarvan gebruik nie is jou verlies. Sal jy dit vrywillig vermors? Dit sal nie baie wys wees nie!

God wil hê dat gelowiges wys met hulle tyd moet omgaan. En die rede hiervoor is dat tyd aanstap en die lewe soos ʼn sirkus altyd aan die beweeg is. Die tyd vlieg. Aan die einde van elke jaar sê mense: “Sjoe, hoe het hierdie jaar darem nie verbygevlieg nie!” Mense het 3500 jaar gelede al so gedink. Moses skryf: Want al ons dae gaan verby deur u grimmigheid, ons bring ons jare deur soos ’n gedagte.... want gou gaan dit verby, en ons vlieg daarheen” (Ps.90:9.10).

Hoe maak ʼn mens die beste van elke dag? Deur tyd sinvol te benut. Die kind van God weet dat dit ʼn gawe van God is en dat Hy ook verantwoordelikheid daarvan gaan eis soos die eienaar in die Gelykenis van die Talente.

Wat is tyd werd? Begin by ʼn jaar en vra ʼn student wat ʼn jaar moes herhaal. Om die waarde van ʼn maand vas te stel, kan ʼn moeder wat aan ʼn prematuur baba geboorte geskenk het en sake daarna nie goed verloop nie, gevra word. Wat is die waarde van ʼn week? Vra maar die redakteur van ʼn weekblad. Wat is die waarde van ʼn dag? Vra maar ʼn dagloner wat vir ʼn gesin moet sorg. Wat is die waarde van ʼn minuut? Vra iemand wat ʼn trein of vliegtuig gemis het! En die waarde van ʼn sekonde? Vra iemand wat ter nouer nood aan die dood ontkom het. Wat is die waarde van ʼn breuk van ʼn sekonde? Vra iemand wat die silwermedalje tydens ʼn Olimpiese spele gewen het! Tyd is en bly kosbaar, selfs ʼn breukdeel.

Tyd is die brug waaroor ons almal loop met die lewe aan die beginpunt en die dood aan die einde. Daarmee stap ons van die lewe na die dood.  Die wete dat die dood voorlê, moet ons nie droefgeestig maak nie. Al wat saak maak, is hoe ons stap. Wys of dwaas? Om dit wys te stap, begin by die bekering en kring daarna in liefde vir God en die medemens uit.   Oral waar jou lewenspad met mense kruis, is dit vir hulle voordelig, veral gesinslede, vriende, kollegas ens.

Die lewe is soos ʼn skip wat nooit ander laat nie.   Terwyl hy aan boord is, moet jy dinge doen wat voordelig sal wees vir die dag wanneer jy in die hawe van die Nuwe Jerusalem aankom.   God gee ons kans om ons vir die ewige lewe in die hiernamaals voor te brei. Daarvoor gee Hy ons tyd.   Ons kan nie onvoorbereid aan wal gaan nie.

Die Bybel vertel van onvoorbereide mense: “ En onderwyl hulle gaan om te koop, het die bruidegom gekom. En die wat gereed was, het saam met hom ingegaan na die bruilof, en die deur is gesluit. Later kom toe die ander maagde ook en sê: Meneer, Meneer, maak vir ons oop!Maar hy antwoord en sê: Voorwaar ek sê vir julle, ek ken julle nie” (Mt.25:10-12).

Wat ʼn mens met sy tyd doen, getuig van sy verhouding met God. Dis die boodskap van Paulus aan die Kolossense. Wandel in wysheid teenoor die wat buite is en koop die tyd uit”. Deur omsigtige tydsbesteding wys gelowiges vir ongelowiges hoe om met God se gawe om te gaan. Met die woorde en koop die tyd uit sê Paulus dat tyd so gebruik moet word asof jy ʼn tekort gaan hê en daarvan moet aankoop.

Die heidene in Kolosse het verveeld op pleine rondgehang en na die filosowe geluister. Tyd was vir hulle nie soos ʼn stuk gereedskap waarmee gewerk moes word nie, maar ʼn rusbank; so tiperend van die heidenmens ook in Suid-Afrika. Kyk maar net na die arbeidsmag nadat die ou bedeling afgebreek is – mense wil nie meer werk nie!   Dis tiperend van heidene.   Paulus sê: Pas dan op dat julle nougeset wandel, nie as onwyse nie, maar as wyse; en koop die tyd uit, omdat die dae boos is” (Efes.5:15,16). Wat maak dae boos? Die heidendom!

Tyd is kosbaar en wag vir niemand nie. Maak van die tyd wat jy vandag het, die beste gebruik want gister is geskiedenis en more onseker. Jy het net vandag en vandag is ʼn geskenk.   In Engels word daar gesê: “Today is a gift. That is why it is called the present” . Nou is my preek klaar en as ek op my horlosie kyk, is daar soʼn bietjie meer as 30,000 sekondes van die dag oor. Benut dit tot God se eer!

Opsoek na inligting?

  •  BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

    ___________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________
     
    DIGBUNDELS:
      'n Versameling van 4 elektroniese bundels - 226 gedigte @R350.00:  
    Vir alle navrae  skryf aan 
    Amanda
    @waterstrome.co.za
    Uittreksel uit:
    'n Nasie in Pyn:
    ...Saam sal die hele wêreld vir hulle bid.
    Saam sal ons met pyn in ons harte sit.
    Mag hulle berus in u wil
    Mag hulle voor U verstil.
    _________
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    'n Boek getiteld DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK - Christen Teokratiese Separatisme, uit die pen van ds AE van den Berg, het  in gedrukte vorm verskyn. 
    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.  
    DIE
    VOLMAAKTE REPUBLIEK - Christen Teokratiese Separatisme, bring helder perspektief oor rasseverskille en die natuurlike skeiding van rasse wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte aan geestelike transformasie wat landsburgers van denkrigting sal laat verander en van al die sogenaamde polities-korrekte onregte en gewaande vryheid waarmee hulle belas word, sal bevry.
    Lesers word aangemoedig om hulle daadwerklik vir 'n Christen-teokrasie in 'n volmaakte republiek te beywer deur sinvolle besluite te neem in die lig van God se Woord, en onophoudelik te bid dat dit spoedig hier aan die suidpunt van Afrika verwesenlik word. Politiek is 'n saak van erns en harde werk waardeur wet en orde gehandhaaf word en durf nie in eerlose hande gelaat word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel, iets wat op staatkundige gebied slegs in 'n Christen-teokratiese bestel tot sy reg sal kom.

    U kan hierdie boek bestel by
    ds AE van den Berg
    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com
    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

DIT IS GRATIS

In ons moderne tyd en veral in die Nuwe Suid-Afrika waar orde nie meer 'n saak van belang is nie, is daar maar min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. As leiers binne die Afrikanervolk sal ons vinnig moet leer hoe om dissipline en orde te handhaaf waar 'n paar mense byeenkom - sonder hierdie kennis en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms sinloos wees - vandaar die chaotiese wanorde binne die regime.

Kliek hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures gratis af te laai.  Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

Dit is deur Johan Dorfling geskryf en kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind ongeag die agenda of doel van die byeenkoms.

'n Opegte dankie aan Johan wat baie moeite hiermee gedoen het. Mag dit tot groot heil en samewerking in ons volk meewerk!

 
 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________ 

 

APARTHEID:

 

 

Elke volk regeer homself en help ander.

 

Werkgeleenthede aan almal.

 

Gun aan ander soos vir jouself verwag.

 

Gee krag aan jou volk.

 

Geestelike waarheid.

 

                                              ___________________                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2125 gaste aanlyn