NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Eerbaarheid is ‘n vuur wat aangesteek is en maklik aan die gang gehou word.  As dit egter eers geblus is, kry ‘n mens dit moeilik weer aan die gang.   Dis soos fyn porselein wat maklik breek en nooit weer na wense heg nie.

HERVORMING 500 (1)

Ds Andrè van den Berg

“Want niemand kan ʼn ander fondament lê as wat daar gelê is nie, dit is Jesus Christus” (I Kor. 3:11).

Die Bybel noem die kerk die liggaam van Christus. Paulus skryf: “Maar julle is die liggaam van Christus en lede afsonderlik” (1 Kor.12:27). Omdat die kerk Jesus se liggaam is, haat die Satan dit en probeer hy om dit vanaf die ontstaan met bose strategieë te vernietig. Hy het dit eers met fisiese vervolging probeer vernietig. Toe dit nie werk nie, het hy in die midde van die kerk met dwaalleer opgeduik. Dit het spoedig ʼn bres in die kerkmuur veroorsaak waardeur talle heiden-elemente die kerk binnegespoel en van die waarheid vervreem het.

Baie van hierdie heiden-gebruike het so ingebed geraak, dat mense leuens nie meer van die waarheid kon onderskei nie - alles aan die kerk se nalatigheid te wyte. In plaas daarvan dat die kerk die wêreld binnedring en lig in die duisternis bring, het die wêreld die kerk binnegedring en die lig van die Evangelie verdof.

Dit het o.a. tot ʼn herlewing van die ou Babiloniese afgodsdiens gelei wat die begin van die Roomse Kerk (RK), die grootste dwaalleer van alle tye,was. Dit het in die derde eeu nC in Pergamus, ʼn Romeinse stad in Klein Asië (Turkye), begin. Die stadspolitiek was destyds met keiserverering verweef en mense soos marionette aan ʼn lyntjie beheer. Die RK sou spoedig dieselfde resep volg en mense met pousverering beheer!

Die RK is nie maar net nog ʼn Christelike kerk wat so ʼn bietjie anders as die ander kerke te werk gaan nie. Dis nie ʼn kerk in die ware sin van die woord nie, maar eerder ʼn reuse sisteem van verbloemde afgodery wat sondaars ver verby die reddende genade van die Here Jesus Christus voer.   Die kerklike duisternis wat destyds op die kerklike wêreld toegesak het, staan in die geskiedenis as die Donker Eeue bekend. Waarom? Omdat die RK met al haar heiden-gebruike nie die lig van Jesus in ʼn donker wêreld kon laat skyn nie.

Die Bybel leer dat Jesus met sy hemelvaart aan die regterhand van God gaan sit het vanwaar Hy sy kerk regeer en bewaar. En Hy doen dit. Ten spyte van die reuse heiden-aanslag deur die RK het Christus sy kerk eeue lank met groepies Skrifgetroue gelowiges bewaar wat 500 jaar gelede tot ʼn hervorming gelei het.

Protestantisme was ʼn vars bries in ʼn bedompige kamer en ʼn terugkeer na die ware kerk met haar vaste geloof en geseënde eenvoud.   Christus het verhoed dat die waarheid in die stortvloed van Roomse afgodery wegspoel.   Daarom vier ons jaarliks in Oktober hierdie terug-na-die-Bybelomkeer met vreugde!

Protestantisme is egter nie ʼn nuwe godsdiens nie, maar eerder ʼn geseënde terugkeer na die eerste kerk wat haar geloof op die Bybel alleen gegrond het. ʼn Kerk is alleenlik suiwer indien haar fondament reg is. “Want niemand kan ʼn ander fondament lê as wat daar gelê is nie, dit is Jesus Christus” (I Kor. 3:11).  

Toe Protestantisme die Bybel as die hoogste kenbron in ere herstel het, het duisende mense met die RK gebreek. Kort daarna is die Bybel,wat slegs in Latyn beskikbaar was, in Duits vertaal sodat die man op straat dit ook kon lees. Want op daardie stadium was lidmate van die RK al eeue lank verbied om die Bybel te lees. Dis in 1229 selfs op ʼn lys van verbode boeke geplaas!

Al wat mense destyds van die Bybel geweet het, was dit wat priesters vir hulle vertel het. Dit was basies ʼn verseëlde boek. Deur priesters die alleenverklaarders daarvan te maak, het die RK, soos in ou Babilon mense met godsdiens beheer. Mense se gedagtegang word maklik met godsdiens beheer. So het die RK mense gebreinspoel om alles wat die priesters sê, te glo en as die enigste pad na die hemel te aanvaar.   Daarom was Protestantisme ʼn geseënde, noodsaaklike omwentelingwat die Bybel vir gewone mense toeganklik gemaak en die kerk van heiden-gebruike gesuiwer het.

Protestantisme en Rooms Katolisisme het bitter min raakpunte. Een van die grootste verskille is die verlossingsleer – hoe kom ʼn sondaar in die hemel. Die RK leer dat sondaars hulle nie tot Christus hoef te bekeer nie omdat hulle as lidmate van die RK outomaties hemel toe gaan. Jesus is daar nie die middelaar tussen God en sondaars nie, maar die RK. Daarom verkondig sy dat daar geen redding buite haar te vinde is nie. Wie nie aan haar behoort nie, gaan hel toe!

Dis ʼn leuen en skreeu teen die teksvers “Want niemand kan ʼn ander fondament lê as wat daar gelê is nie, dit is Jesus Christus”. Waarom verkondig die RK so ʼn gruwelike leuen? Omdat sy in diens van Satan is en Satan mense wil verhoed om hemel toe gaan.

Die RK leer dat Jesus se sterwe aan die kruis nie voldoende vereffening vir sondeskuld is nie en die uitstaande balans deur die gebruik van sakramente gedelg moet word.   Kerklidmaatskap en die sakramente dra sondaars die hemel in.   Daarom leer die RK geen persoonlike verhouding tussen sondaar en Jesus Christus nie. Die kerk sal die nodige verlossing doen.

Die RK hamer op die doen van goeie werke en omskryf dan ook wat sy met goeie werke bedoel. Heel bo aan die lys staan die gebruik van sakramente. As jy jou kind laat doop, is dit ʼn goeie werk. As jy die misoffer bywoon, is dit ʼn goeie werk. As jy bieg, is dit ʼn goeie werk.   Alles draai om die as van goeie werke– verdienste en nie genade nie.

Vir die RK is die gebruik van sakramente belangrik.   Die Bybel leer dat daar twee sakramente is - die doop en die nagmaal. Die RK huldig sewe! Om alles te bekroon, dwaal sy met die twee egte sakramente. Die RK glo dat die doop die wedergeboorte is en erfsonde vergewe.   Alle sonde wat daarna gepleeg word, kan net deur boetedoening en deelname aan die misoffer vergewe word.  

Vir die RK is liturgie belangrik. Sy beskou dit as die fontein waaruit God se genade na sondaars vloei.   Die grootste deel van haar liturgie draai om die as van die misoffer, iets wat asseblief nie met die Bybelse nagmaal verwar moet word nie. Dis ʼn weersinswekkende, onbloedige wederkruisiging van Christus. Die Bybel leer dat die nagmaal ʼn gedagtenis maaltyd is. Jesus sê: “Doen dit tot My gedagtenis”.

Die Bybel leer dat Jesus se offer aan die kruis eenmalig genoegsaam vir redding is. Want die dood wat Hy gesterf het, het Hy vir die sonde eens en vir altyd gesterwe...” (Rom.6:10).   Dit kan dus nooit herhaal word nie. Jesus kan nie weer aan ʼn kruis sterf en sy liggaam weer geoffer word nie.

Alles in ag genome, verkondig die RK ʼn ander Jesus as die Bybelse Jesus. Paulus waarsku teen valse profete wat ʼn ander Jesus as dié Een van die Bybel gaan verkondig: “Maar ek vrees dat, net soos die slang Eva deur sy listigheid bedrieg het, julle sinne miskien so bedorwe kan raak, vervreemd van die opregtheid teenoor Christus. Want as iemand kom en ʼn ander Jesus verkondig.... laat julle jul dit goed geval” (2 Kor.11:3,4).

Die Jesus van die RK is ʼn ander Jesus.   Hierdie Jesus staan in die skadu van Maria, die eintlike redder wat in die RK hartstogtelik aanbid en verheerlik word.   Dink maar aan Schubert se klassieke werk Ave Maria – die mooiste melodie met die weersinwekkendste lasterlike woorde denkbaar!

Die RK het ʼn bedenklike geskiedenis. Die geskiedenis vertel die lelike verhaal van miljoene mense wat nie met die RK se dwaalleer genoeë geneem het nie en gefolter en wreed om die lewe gebring is. Getalle word op minstens 80 miljoen geskat.   Die RK is ʼn duif met roofvoël instinkte!

In Openb.13:11 lees ons van die valse profeet: “.... en hy het twee horings gehad soos ʼn lam en het gepraat soos ʼn draak”. Die RK lyk op die oog af goed, maar praat soos ʼn draak.   Baie van haar gruwels het aan die lig gekom nadat van haar kerklui tot bekering gekom en begin praat het. Dr. Malachi Martin, ʼn emeritus professor, was een van hulle.   Toe hy die RK verlaat het, het hy ʼn skokkende boek A Windswept House(1996) geskryf waarin hy die gordyn oor Satansaanbidding in die Vatikaan gelig het.   Alhoewel dit as ʼn roman geskryf is, het dr. Martin gesê dat dit 95% op ʼn werklike Satans-ritueel gegrond is wat tydens die ampstermyn van pous Johannes Paulus 2 in die Vatikaan plaasgevind het.

Tydens ʼn Internasionale Kongres oor Wêreldvrede in 2000 het aartsbiskop Emmanuel Milingo, skrywer van Face to Face with the Devil, getuig dat Roomse kerklui in die geheim by formele Satansaanbidding betrokke is en deur hoë kerklui beskerm word.  

Dis egter niks nuuts nie. In 1976 het pous Paulus VI erken dat die rook van Satan die heiligdom van die Petruskerk binnegedring het.   Hy was van die Satan-nagmaal (Black Mass) bewus wat telkens in die middernagtelike ure op dieselfde altaar gevier is as waarop hy die misoffer bedien het!

Alles in ag genome kan ons God nie genoeg dank vir die egtheid en eenvoud van Protestantisme nie. Ons dank Hom vir ʼn Maarten Luther wat teen die Satan se leer opgestaan het en Protestantisme op die regte fondament begin bou het.   Dis ʼn vaste fondament omdat Jesus Christus die fondament is!

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld Onskuldige bloed: Britse oorlogsmisdade 1899-1902, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1428 gaste aanlyn