Nuutste bydraes

GEDAGTES VIR ELKE DAG

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Ons maak so maklik beloftes teenoor mekaar en selfs aan God waaroor ons nie vooraf goed besin het nie. Die gevolg is dat ons dit nie nakom nie. Die werklike rede hiervoor is die gebrek aan innerlike oortuiging oor waarom ons so 'n belofte maak. As ons waarlik deur die krag van die Heilige Gees gedryf word om 'n belofte of selfs 'n belydenis te maak, sal die uitvoering daarvan 'n sigbare vrug van die lewe in God wees.

KULTUSSE

Vanghokke  van die Satan

Ds Andrè vd Berg

Inleiding

Met kultusse keer Satan miljoene mense ter voorbereiding van die koms en regering van die Antichris in die hok van gesamentlikheid vas. Dit begin by ʼn afwyking van die grondliggende leer van die Christendom waarna Skrifgetroue kerke vir vreemde leer verlaat word.

Kultusleiers bied hulself as moderne profete aan en verkondig dat hulle die enigste kanaal is waardeur die Godswaarheid na die mensdom vloei.  Dis ʼn leuen!  Hulle verwring in werklikheid die sentrale Bybelse boodskap deur van randsteensake hoofpad-geloofsake te maak.   Hulle ag hul geroepe om spesiale boodskappe oor te dra, al het dit geen Bybelse begronding nie.

Kultusse het ʼn bose invloed op volgelinge en dwing deur wettiese voorskrifte en bedekte vervolgingsdreigemente gesag by hul af.  Dit bepaal lede se gedrag, denke, inligting, emosies, taal en metode van Skrifverklaring.

1.   Mensebeheer

Kultusse draai om die as van mensebeheer. Om die organisasie te gehoorsaam is om God te gehoorsaam en om van hulle te verskil, is om van God te verskil.  Die organisasie is as’t ware God in hul midde.   Derhalwe bepaal dit wat reg of verkeerd is en bestaan daar geen plek vir persoonlike besluite nie.

Alle ernstige sondes,soos deur die kultus omskryf, moet bely word.  Lede wat reëls oortree, moet aangekla word om moontlike verdere oortredings te verhoed.  Sulke inligting kan maklik ʼn sweep in die hand van die leier word waarmee hy lede kasty.

Kultusse maak op waterdigte logika aanspraak net om die skyn van waarheid aan die organisasie te verleen en teenspraak te verhoed.   Lede moet dan ook alle beskouings in stryd met die kultusleer summier verwerp sonder om enigsins daaroor na te dink.   Kultusse het onbuigsame standaarde vir lidmaatskap.  Dit word streng toegepas en waar nodig selfs tug toegepas. Kultusleiers dra altyd ʼn knuppel onder die toga.  Wie uit die organisasie geskop word, verloor vriende, familie, lewensdoel en God se guns; aldus die waarskuwing.

2.   Denkebeheer

Kultuslede dink baie eenders.  Daarom verkry vrae oor hul leer en organisasie dikwels eenderse antwoorde. Wie logies met hul probeer geredeneer, loop hom altyd teen ʼn denkblok vas.  Dis asof hulle die waarheid nie kan insien nie.

Satan verblind sulke mense se verstand:

“...naamlik die ongelowiges in wie die god van hierdie wêreld die sinne verblind het, sodat die verligting van die evangelie van die heerlikheid van Christus, wat die beeld van God is, op hulle nie sou skyn nie” (2 Kor.4:4). 

Hierdie gedagtegang-stoppertegniek is die gevolg van breinspoeling.  Daarmee word lede se gedagtegang op die kultusleer gevestig gehou en hul denke beheer.  Daarom gaan die meeste persone wat ʼn kultus verlaat deur ʼn onttrekkingsfase alvorens hulle werklik vry is.

3.   Gedragsbeheer

In 1978 is die wêreld deur die selfmoord van meer as 900 lede van Jim Jones se kultiese Peoples Temple geruk. Dit was die rampspoedige gevolg van kultiese gedragsbeheer; ʼn mosaïek van gekweekte abnormale gedragspatrone wat in ʼn teologiese raamwerk ingebed is.

Die kunsmatige eenheidsgevoel wat kultusse onder lede bewerk, beïnvloed en beheer hul persoonlike gedrag. ʼn Lid sal bv. baie anders binne die organisasie optree as daarbuite omdat hy binne die groepsverband vir meer dinge kans sien. Hy beskou homself deel van ʼn groep uitverkorenes met ʼn dringende boodskap van God aan die wêreld.

Omdat hulle met mense omgaan wat krities op hul sienings is, voel hulle des te meer op mekaar aangewese - soos ʼn gesin wat saam die aanslae van die wêreld moet verduur. Hierdie band kan so sterk wees, dat hulle hul lewe vir die groep sal aflê soos Jim Jones se mense gedoen het.  Hy het hulle laat glo dat die dood die enigste uitweg was om aan die bose wêreld te ontkom en daarna ewige heerlikheid te geniet.

Kultiese groepsgevoelens stem baie met die eenheidsgevoel tussen lede van geheime klubs ooreen.  Hierdie emosionele gom wat hulle aan mekaar verbind, besiel hulle om nuwe lede te werf.   Laasgenoemdes geniet aanvanklik baie aandag om te verseker dat hulle nie deur kritiek afgeskrik en na hul vorige kerkverbande terugkeer nie.  Na verloop van tyd verdwyn hierdie besondere aandag en moet hulle weer nuwe lede gaan werf.

4.  Gevoelsbeheer

Kultusse beheer ook mensegevoelens met vrees.   Hulle literatuur is gewoonlik deurspek van naderende onheile en die organisasie as die enigste uitweg uit die verderf voorgehou.   Hierdie vrees word so aangedik, dat lede enigiets sal doen om aan die verderf te ontsnap. Dit hou hulle getrou aan die organisasie en onwillig om met kritici te praat.

Lede word ook graag wysgemaak dat Satan mense op hul weg gaan bring om hulle van die “goeie”weg te vervreem.   Die negatiewe reaksie wat lede van familie en vriende ervaar, versterk dit. Kultuslede verwag deurentyd ʼn duiwel om elke hoek en draai wat wag dat hulle ʼn voet verkeerdsit en saam met hom hel toe gaan!

Mense vrees oor die algemeen om niks in die lewe te wees nie.  Kultusleiers buit hierdie vrees uit deur lede te oortuig dat betekenisvolle lewens slegs binne die parameters van die betrokke kultus geleef kan word en nie daarbuite nie.  Lidmaatskap ondervang dus hierdie vrees.  Dis ʼn leuen wat mense hul vryheid kos.  Kultusleiers skroom nie om by lede ʼn vrees aan te wakker dat wie die groep verlaat, ernstige dinge gaan oorkom nie; selfs hul dierbares!

Deur gedurig ʼn donker prentjie van die wêreld buitekant die groep te skets, word mense slaafse navolgers van kultusse. Hoe langer ʼn lid by die groep is, hoe moeiliker word dit vir hom om daarmee te breek.  En om van voor af nuwe vriende te moet maak, is iets waarvoor baie nie kans sien nie.

Negatiewe reaksies teenoor kultusse dryf lede dikwels verder in die arms van die kultus in.  Daar ervaar hulle liefde, aanvaarding en aanmoediging. Daarom skilder kultusse Christenkerke altyd so donker dat lede die geborgenheid wat die organisasiebied vir niks sal wil verruil nie.

Kultiese lidmaatskap bied lede die geleentheid om ʼn nuwe begin te maak. Dis asof hulle ʼn stukkie hemel betree omring deur mense wat vir hulle omgee.  Hierdie ervaring duur egter nie baie lank nie waarna groepsgevoel alles van getroue deelname en werwingsresultate afhang. 

5.   Inligtingsbeheer

Inligting is die brandstof wat die verstand benodig om te kan werk.  Gevolglik neem mense besluite met die inligting waaroor hulle beskik.  Derhalwe waak kultusse sorgvuldig oor dit wat hul lede sien, hoor, lees en skryf en peper hul met gekeurde inligting.

6.    Taalbeheer

Kultusse het ook hul eie woordeskat.  Dis gewoonlik bekende woorde waaraan hulle ander inhoude gee of selfontwerpte woorde.  Taal gee aan mense die nodige woordeskat om te kan dink.  Daarom kan denke ook deur woordeskat beheer en misbruik word om kultuslede eenders te laat dink. Dit vorm ʼn onsigbare muur tussen lede en buitestaanders en laat eersgenoemdes valslik beter ingelig as laasgenoemdes voel.

Kultiese taalgebruik breinspoel lede om nie vir hulself te dink nie.  Dis duidelik in kultusse se hervertolking van die woordeskat van die Bybel te sien.  Hulle  heromskryf  Bybeltekste om by hul leer te pas.  Dis buikspraak!  Om so met die Bybel om te gaan, slaag nie die toets van die Bybelse verband waarin dit geskryf is nie; ook nie die grammatika of teksuitleg nie.  Die Israel Visie se misbruik van die Bybel om te bewys dat slegs blankes hemel toe gaan, is ʼn sprekende voorbeeld hiervan.

7.   Standaardbeheer

Kultusleiers maak daarop aanspraak dat hulle met goddelike gesag optree en matig hul die reg aan om oor reg of verkeerd te besluit.  Dit laat lede weinig ruimte vir persoonlike besluitneming oor.  Daar bestaan gewoonlik ʼn lys van moets en moenies en dit waaroor daar geen direkte uitspraak is nie, word na die leiers vir uitspraak verwys.

Kultuslede skep graag die indruk van ʼn heiliger lewenswandel in vergelyking met mense daarbuite. Kultusse blaas dit aan om te verseker dat geen lid sal wil wegbreek nie.   Hulle leesmateriaal is deurspek van voorbeelde van hoe sleg dit met diegene buite die groep gaan en hoe goed met hulle daar binne.

8.   Geskiedenisbeheer

Kultusse glo dat hulle die enigste ware kerk op aarde is en trek hul geskiedenis na die eerste gemeentes in die NT tyd terug.   Hulle glo dat in die eeue daarna geen ware kerk bestaan het nie omdat Satan die kerk afvallig laat word het. God het egter met hulle stigting ingegryp en die geskiedenis van sy kerk herstel.  Dus is hulle na ʼn eeuelange onderbreking die voortsetting van die ware kerk wat die wederkoms van Jesus inwag.

9.   Godsbeheer?

Kultusse bely dat God in beheer van hul organisasie is en dat Hy hulle gebruik om ay doel met die mens op aarde te verwesenlik. Dis in werklikheid net anders om; hulle “beheer” God en laat hul eie wil geskied.  Dit wat die organisasie besluit, het God besluit en wat hulle doen, is wat Hy gedoen wil hê. Om uit die organisasie te bedank of, erger nog, uitgeskop te word, haal God se straf en die ewige verdoemenis oor hom!

10.   Verlossingsbeheer

Kultuslede glo dat hulle alleen hemel toe gaan en niemand anders nie.  Daarteenoor sê die Bybel dat elkeen wat waarlik in Christus glo, die ewige lewe het:

“En ons weet dat die Seun van God gekom het en ons verstand gegee het om die Waaragtige te ken; en ons is in die Waaragtige, in sy Seun, Jesus Christus. Hy is die waaragtige God en die ewige lewe(1 Joh.5:20).

Kultusse verwerp die Bybelse uitverkiesingsleer en glo dat niemand tot op die laaste minuut sekerheid van sy ewige eindbestemming het nie.   Dis ʼn leuen en ʼn ontkenning van Jesus se verlossingsmag en werking van die Heilige Gees.  Gehoorsaamheid aan die kultusleer en volharding in sekere voorgeskrewe goeie werke bepaal die eindbestemming.  Die Bybel praat anders:

Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God; nie uit die werke nie, sodat niemand mag roem nie.  Want ons is sy maaksel, geskape in Christus Jesus tot goeie werke wat God voorberei het, sodat ons daarin kan wandel” (Efes.2:8-10).

Die verwarde sondaar wil nie van God afhanklik wees nie maar sy eie heil uitwerk.   Daarom verwerp kultusse die Hervorming se genade alleenbeginsel.

En as dit deur genade is, dan is dit nie meer uit die werke nie; anders is die genade geen genade meer nie. En as dit uit die werke is, dan is dit nie meer genade nie; anders is die werk geen werk meer nie” (Rom.11:6).

11.   Bybelverklaringbeheer

Vir onkundiges lyk dit asof kultuslede baie erns met Bybelstudie maak.  Dis alles voorgee.  Hulle ken die Bybel glad nie so goed as wat hulle voorgee nie.  Hul Bybelkennis is slegs ter verdediging van hul dwaalleer.  Tekste word links en regs buite verband aangehaal.  En dis onverantwoordelik.  Om iemand buite verband aan te haal, is oneties, maar om God buite verband aan te haal is lasterlik.

12.   Kerkleerbeheer

Die groot verskil tussen kerk en kultus is die gesagsbron wat gebruik word. Vir kerke is die Bybel die hoogste gesag en kerkleeraltyd daaraan gemeet.  By kultusse is dit andersom; Skrifgesag is aan die sg. nuwe lig wat die leiers ontvang ondergeskik.  Daarom kan hulle leer enige tyd verander.  Lede durf dit nooi bevraagteken nie omdat God dit glo so aan die nuwe profete openbaar het. 

Kultusse verskil ernstig van die basiese leerstellings van die Christendom.  Om waarlik kerk te wees, moet daar minstens in die Drie-eenheid, die Godwees van Christus, sy versoening, liggaamlike opstanding, verlossing uit genade en sigbare wederkoms geglo word.  Talle kultusse aanvaar dit nie.

Belydenisskrifte en Sinodes het deur die eeue aan die grondliggende leer van die kerk gewerk om eenstemmigheid in die kerk te verseker.   Kultusse het dit kom versteur.  Die verwarring wat dit in sommige godsdienskringe veroorsaak,  is niks anders as die herhalings van debatte wat al in die verlede met ketters gevoer is nie.

13.  Lidmaatbeheer

Kultusse meet hul sukses aan stygende ledetalle.  Hoe meer lede hulle het, hoe suksesvoller is die organisasie en geesdriftiger is die werwingswerk. Hulle doen hulle as ywerige gelowiges voor om buitestaanders te beïndruk.  Namate die teikenpersoon belangstelling toon, lei hulle hom in dwaalleer in. Baie van die werwers word in die oorredingskuns opgelei.  

Kultusse het gewoonlik streng standaarde vir lidmaatskap waaraan ʼn persoon moet voldoen alvorens hy lid kan word.  Daar word dan ook streng teen lede wat van die kultusleer afwyk opgetree.  Indien so ʼn persoon nie tot besinning kom nie, word hy met al die sielswroeging wat daarmee gepaard gaan geskors.  Dis makliker om by ʼn kultus aan te sluit as om dit te verlaat. Talle mense het al met hul lewens daarvoor geboet! 

Slot

Kultuslede se geesdriftige toewyding aan dwaalleer is tragies.   Hulle ontsien geen tyd of moeite om hul leuens aan mense op te dwing nie. Dis een van die aspekte wat kultusse graag gebruik om hulleself vir buitestaanders aanloklik te maak.

Gelowiges behoort ʼn baie deeglike studie van die basiese Bybelse leer te maak. Dit sal nie net hul Bybelkennis aansienlik verbeter nie, maar hulle ook leer om Skrifgetroue kerke te verdedig.  “Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid,  sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus” (2 Tim.3:16,17).

Al gee kultusse voor om oor besondere Skrifkennis te beskik, is dit alles oëverblindery. Hulle het in werklikheid geen begrip van die volle raad en al die aspekte van die verlossingswerk van Jesus Christus nie.

Hulle erns met evangelisasie moet Skrifgetroue kerke beskaam. Mense neem kennis van hul uitsonderlike ywer, maar is self nie bereid om iets soortgelyks  vir die waarheid aan die dag te lê nie.   Gelowiges doen nie hul werk nie.   Daarom het al hoe minder mense erg aan die kerk. 

“Maar heilig die Here God in julle harte en wees altyd bereid om verantwoording te doen aan elkeen wat van julle rekenskap eis omtrent die hoop wat in julle is, met sagmoedigheid en vrees” (1 Pet.3:15).

U soek na?

  • HOU VAKANSIE IN MOSSELBAAI !

    Baie netjiese vakansie-akkommodasie in Fraai Uitsig, Kleinbrakrivier, Mosselbaai Munisipaliteit. Twee kilometer vanaf Kleinbrak en Tergniet se swemstrande en ongeveer 10 kilometer vanaf Hartenbosch. Pick n Pay binne loopafstand.
    Kliek hier vir volledige inligting en foto's: OPSOEK NA BEHUISING VIR VAKANSIE?
     
    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________
     
    SKAARS BOEKE TE KOOP
    C J LANGENHOVEN 16 VOLUMES
    FAK-SANGBUNDEL 1 VOLUME
    Hierdie 16 volume Langenhoven-stel is 'n goedopgepaste kosbare versamelstuk. Dit beslaan die volledige inhoud van Langenhoven se bundels soos Sonde met die Bure; Loeloeraai; Herrie op die ou Tremspoor; Doppers en Filistyne; en al die kosbare stories uit die pen van Langenhoven.
    Die FAK-sangbundel is ook in goeie toestand en kan saam of apart van die Langenhovenstel gekoop word.
    Eienaar moet na 'n kleiner woonplek verhuis en vra 'n redelike aanbod vir sy boeke.
    Die aanbevole waardasieprys vir die Langenhovenstel is R1600.00; en vir die FAK R100.00
    Koerierkoste sal bykomend wees.
    Kontak

    Chris Carstens

    Sel no 082 954 3383

    Epos adres

    chris.carstens

    @vodamail.co.za

    ___________
    DIGBUNDELS:
      'n Versameling van 4 elektroniese bundels - 226 gedigte @R350.00:  
    Vir alle navrae  skryf aan 
    Amanda
    @waterstrome.co.za
    Uittreksel uit:
    'n Nasie in Pyn:
    ...Saam sal die hele wêreld vir hulle bid.
    Saam sal ons met pyn in ons harte sit.
    Mag hulle berus in u wil
    Mag hulle voor U verstil.
    _________
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    'n Boek getiteld DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK - Christen Teokratiese Separatisme, uit die pen van ds AE van den Berg, het  in gedrukte vorm verskyn. 
    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.  
    DIE
    VOLMAAKTE REPUBLIEK - Christen Teokratiese Separatisme, bring helder perspektief oor rasseverskille en die natuurlike skeiding van rasse wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte aan geestelike transformasie wat landsburgers van denkrigting sal laat verander en van al die sogenaamde polities-korrekte onregte en gewaande vryheid waarmee hulle belas word, sal bevry.
    Lesers word aangemoedig om hulle daadwerklik vir 'n Christen-teokrasie in 'n volmaakte republiek te beywer deur sinvolle besluite te neem in die lig van God se Woord, en onophoudelik te bid dat dit spoedig hier aan die suidpunt van Afrika verwesenlik word. Politiek is 'n saak van erns en harde werk waardeur wet en orde gehandhaaf word en durf nie in eerlose hande gelaat word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel, iets wat op staatkundige gebied slegs in 'n Christen-teokratiese bestel tot sy reg sal kom.

     

    U kan hierdie boek bestel by
    ds AE van den Berg
    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com
    Prys: R50-00

     
  • BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    ('n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 'n Nuwe Trek (Exclusive Books) Prys: ZAR180

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is by http://tinyurl.com/lx9vrs8

    ... en loot.co.za dit verkoop teen R169 http://tinyurl.com/l26h6jl

    ... kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD


    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    JULIE 2013

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. 

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2 NOU BESKIKBAAR

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
    of skakel hom by
    074 967 5187


    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  • Kliek op DIE CHARISMATIESE GEVAAR om meer oor hierdie boek te wete te kom Lees verder...  
  • FILM OOR DR HF VERWOERD

    Kyk by hierdie skakel http://youtu.be/TcO3zPF8998

      na die kort film oor dr HF Verwoerd.   
    Dit kan ook direk bestel word by Riaan: +27823712682 of by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
     

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

 

'N BIETJIE LANGENHOVEN:

Ek sê nie al die suur mense is Fariseërs nie, maar naastenby al die Fariseërs is suur. In alle geval, solank hulle onthou om Fariseërs te wees. Want dis ook 'n inspanning.
Verbeel jou 'n wêreld sonder 'n skaterlag, sonder eens 'n glimlag. 'n Hemel op aarde, sal die Fariseër sê. Uit so 'n hemel sou ek wou wegloop hel toe.

Die man wat ek na soek, is nie dié wat die minste foute maak nie, maar dié wat die meeste foute régmaak.

Slaap laat solank as jy jou eie baas is en daar sal 'n tyd kom wanneer 'n 'n baas jou sal laat vroeg opstaan.

Ontydige vlyt is die merk van die luiaard. Dis sy verskoning vir ontydige rus.

Ons reken ons geluk vir ons loon en ons straf vir ons ongeluk.

Welvaart is die  dogter van matigheid en die moeder van weelde.

My swaarste pad trap ek self vir my plat, en die swaarste is die wat my voete nooit vat.

Daar is geen kuns by sukkel en geen sukkel by kuns.

Die boer wat nie saai nie sal nie misoeste kry nie, maar hy sal geen goeie ook kry nie.

Het die daeraad lief en die dag sal jóu liefhê.

'n Man wat werklik oor homself baas is, is nooit die kneg van 'n ander nie.

Dis die flukse perd wat flou word. Meer moeite as wat die vlytige het vir sy loon, het die luiaard verniet.

Op die ou end werk die vlytige man vir homself, die luiaard vir 'n ander.

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Kla net oor jou kooi as dit 'n ander is wat dit vir jou opgemaak het.

Hoe korter jy jou kuier maak, hoe gouer sal jy weer genooi word.

Om my naaste lief te hê is vir my 'n sware gebod. Met die mense daargunter kry ek dit nog op 'n manier reg.

Jy sê "ja" waar jy moes "nee" gesêhet omdat jy die ander nie wil aanstoot gee nie. Maar eken hoe het hy jou aanstoot gegee met sy versoek!

Aan 'n nuwe wa kan jy sien of dit 'n goeie skilder was; aan 'n oue of dit goeie wamaker was.

Trek liewer vir jou vriend jou broek uit as om vir hom vir 'n baadjie borg te staan. Anders loop julle naderhand albei nakend.

Die vriendskap wat jy moet koop is 'n duur artikel. Jy sal nie weer jou prys kry as jy dit van die hand wil sit nie.

Moenie vriendskap en besigheid meng nie – jy bederf albei.

'n Man wat nie vyande het nie deug nie vir 'n vriend nie.

Maak jou vriendelikheid goedkoop en hou jou vriendskap duur.

Moenie jou vriend vergeet nie; dit sal hom seermaak. Maak jou vyand daarmee seer.

'n Skare is 'n versameling van eensames.

Stuur die luiaard na die miere, en as hy nie te lui is om te gaan nie sal hy te lui wees om weer terug te kom.

Dis net so moeilik om maklikheid in die ou wêreld te kry as wat dit maklik is om moeilikheid te kry.

Waardeer die werk van jou vrou. Jy kan nie op die aarde 'n ander kneg kry vir dieselfde diens en dieselfde prys nie.

Met spaarsaamheid sal jy uit die kleinste inkomste iets oorhou; met verkwistery sal die grootste vir jou te min wees.

Besorg jou eie boodskap en reken die moeite teen dit wat die misverstand jou sou gekos het.

Het die ryk man nodig om so suinig te wees? Maar hy is nie 'n ryk man wat suinig geword het nie; hy is 'n suinige man wat ryk geword het.

Help jou swakke mededinger op die bene bly.  As hy tot niet gaan, kom daar dalk 'n sterke in sy plek.

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES (7)

(Lees die reeks by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

  • Die adderbyt van naberou is verskriklik (Naberou is ontstellend.)
  • Hy het hom in 'n addergebroedesel begewe (Hy was tussen 'n groep nydige, aanvallende mense.)
  • Sy het hom adieu toegeroep (Sy het vaarwel gesê.)
  • 'n Adres van adhesie is 'n geskrif waarin instemming betuig word met 'n versoek.
  • Jy is nou by die verkeerde adres (Jy soek die oorsaak van die kwaad by die verkeerde persoon.)
  • Dit was advokatery (Dit was regskundige uitoorlêery.)
  • Hy sal die werk weer afbroddel. (Hy sal knoeiwerk of slordige werk verrig.)
  • Sy wil elke takie afbrom (Sy kla die hele tyd terwyl sy werk.)
  • Jy kan nou maar afdans (Jy kan nou maar skoert.)
  • Moet hom nie op sy verdienste afdwing nie (Moet hom nie verkleineer nie.)
  • Die ou werkie draf ek gou af (Ek sal dit sommer gou afhandel.)
  • Hulle wil die rusie afdrink (Hulle wil vrede maak.)
  • Sy het soms baie affêrinkies (Sy is dikwels vol nukke en nonsens.)
  • Hy sal wel weer geld van haar affutsel (Hy sal dit op 'n oneerlike manier van haar kry.)
  • Daar kan niks van afgaan nie (Dit kan nie ontken word nie.)
  • Hy sal 'n afgehekste loesing kry ('n deeglike pak slae.)
  • Sy is 'n afgelekte meisie (Sy het al baie kêrels gehad.)
  • Jy lyk so afgesak (Jy lyk baie moeg.)
  • Hy het afgetop gelyk (Hy het verleë gelyk.)
  • As jy iets van hom wil hê sal jy dit moet afgoël (Hy is so suinig!)
  • So 'n afhaler is onnodig ('n Onnodige belediging.)
  • As dit afhang moet ons dit maar opbind (Skertsend wanneer iemand gedurig begin met "Dit hang af..."
  • Na elke partytjie is hy babalaas ( dan ly hy aan die gevolge van te veel alkohol).
  • Daar was 'n Babelse gegons van stemme (Almal het gelyktydig gepraat).
  • Dit was 'n Babelse verwarring (Dit was baie deurmekaar).
  • Hy sal weer mooi broodjies kom bak (Hy sal kom vlei en mooipraat om sy doel te bereik),
  • Hulle eet nie uit een bak nie (Hulle is nie vriende nie).
  • Sy het hom 'n bak gewys (Sy het hom onvriendelik tereggewys).
  • Gou by die bak maar lui by die vak (Hy is eerste daar waar iets te ete is maar traag as hy moet werk).
  • Hy maak sy hande bak (Hy kom bedel iets).
  • Ons moes bak staan (Ons moes hard werk).
  • Dit was sommer 'n bakerpraatjie (Dit was 'n skinderstorie).
  • Jerusalem is die bakermat van die Christelike Kerk ( Dis waar dit begin het. 'n Bakermat was 'n mandjie waarin die baker – die vrou wat 'n pasgebore baba versorg het – die kindjie op haar skoot voor die vuur versorg het).

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1297 gaste aanlyn