NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Diegene wat Jesus as die Seun van God ontken, gaan juis verlore omdat hulle God se finale openbaring en boodskap totaal mis. Hulle hoor dit nie want nadat Jesus vir ons aan die kruis gesterf het vind dit plaas slegs deur sy Seun. Anders as in die tyd voor Jesus gekruisig is, het God deur profete en profesië tot die volksleiers gespreek wat dan God se boodskap aan die volk oorgedra het – Ná die kruisiging is Jesus Christus die enigste deur na God.

DIE KLIP WAT ROL

Ds Andrè van den Berg

Maar in die dae van dié konings sal die God van die hemel ’n koninkryk verwek wat in ewigheid nie vernietig sal word nie, en die heerskappy daarvan sal aan geen ander volk oorgelaat word nie; dit sal al daardie koninkryke verbrysel en daar ’n einde aan maak, maar self sal dit vir ewig bestaan”(Dan.2:44).

Nebukadneser het rede gehad om een nag toe die slaap gewyk het, oor die toekoms te wonder.   Babel het toe alreeds ʼn geskiedenis van bykans 5000 jaar gehad en een ryk na die ander sien kom en gaan. Wat sou die toekoms vir Babel inhou? Toe antwoord God hom met ʼn antwoord wat ons aandag verdien; ʼn antwoord wat van die oorwinning van God se koninkryk oor Satan s’n vertel.

Maar in die dae van dié konings sal die God van die hemel ’n koninkryk verwek wat in ewigheid nie vernietig sal word nie, en die heerskappy daarvan sal aan geen ander volk oorgelaat word nie; dit sal al daardie koninkryke verbrysel en daar ’n einde aan maak, maar self sal dit vir ewig bestaan”.

Nadat Nebukadneser uiteindelik aan die slaap geraak het, het hy ʼn droom gehad wat hom laat wakker skrik het. Wat kon dit beteken? Dit was meer as net ʼn droom - dit was ʼn waarskuwing.   Daarom het hy sy geleerdes laat roep om dit uit te lê sonder om die inhoud daarvan aan hulle bekend te maak om te verhoed dat hierdie mense wat uit die staatskas vergoed is, hom na die mond sou praat. As hulle kwansuis in die toekoms kon sien, moes hulle mos weet wat hy gedroom het en met teregstelling gedreig.

Toe Daniël daarvan hoor, het hy en sy drie vriende tot God vir die antwoord gebid en Hy het dit aan hulle gegee. Wat ʼn kragtige getuienis was dit nie van die ware God nie!   Die koning het van ʼn mensebeeld gedroom wat verskillende ryke voorgestel het.

Die kop van goud is Babilon; op daardie tydstip die magtigste ryk was.  

Die bors en arms van silwer is die komende ryk van die Meders en Perse.

Die buik en heupe van koper is die Griekse ryk.  

Die bene van yster en klei is die Romeinse ryk en ander wat sou kom.

Terwyl Nebukadneser na die beeld staar, het ʼn klip sonder mensetoedoen losgekom en die beeld aan die voete getref, dit uitmekaar laat spat en in geheel laat verdwyn, maar die klip: “... maar die klip wat die beeld getref het, het ’n groot rots geword wat die hele aarde gevul het” (:35). Hierdie klip is ʼn koninkryk wat ander koninkryke vernietig sonder om self vernietig te word.

Hierdie koninkryk het 480 jaar later met ʼn groot aankondiging uit die hemel aangebreek: “Eer aan God in die hoogste hemele en vrede op aarde in die mense ʼn welbehae”. Dit verwerklik op Kersnag met die geboorte van Jesus Christus. Uit ʼn nederige krip in Betlehem rol die magtige klip waarvan Daniël praat. Jesus is die vors van hierdie magtige, onvernietigbare ryk.

Later volg ʼn belydenis wat daarvan getuig: En toe Jesus in die streke van Cesaréa-Filíppi kom, vra Hy sy dissipels en sê: Wie sê die mense dat Ek, die Seun van die mens, is? En hulle antwoord: Sommige Johannes die Doper, en sommige Elía, en ander Jeremia of een van die profete. Hy sê vir hulle: Maar julle, wie sê julle is Ek? En Simon Petrus antwoord en sê: U is die Christus, die Seun van die lewende God. Toe antwoord Jesus en sê vir hom: Salig is jy, Simon Bar-Jona, want vlees en bloed het dit nie aan jou geopenbaar nie, maar my Vader wat in die hemele is. En Ek sê ook vir jou: Jy is Petrus, en op hierdie rots sal Ek my gemeente bou, en die poorte van die doderyk sal dit nie oorweldig nie” (Mt.16:14-18).

Hierdie rots is die klip waarvan Nebukadneser gedroom het en is ʼn ewige koninkryk wat nooit vernietig word nie. Menslike koninkryke kom en gaan. God s’n lyk anders en staan vir altyd. Jesus antwoord Pilatus: “... My koninkryk is nie van hierdie wêreld nie; as my koninkryk van hierdie wêreld was, sou my dienaars geveg het...” (Joh.18:36). Nogtans kan hierdie koninkryk magte vernietig. Die Bybel getuig telkens daarvan. Dink maar aan die slag by Midean. Was dit nie God wat daar ingegryp het nie; God se mag teen heidense magte? So ook Bloedrivier later.

Wêreldryke kan nie met God se ryk kragte meet nie: “Die konings van die aarde staan gereed, en die vorste hou saam raad teen die HERE en teen sy Gesalfde en sê: Laat ons hulle bande stukkend ruk en hulle toue van ons afwerp! Hy wat in die hemel woon, lag; die HERE spot met hulle. Dan sal Hy hulle aanspreek in sy toorn, en in sy grimmigheid sal Hy hulle verskrik... U sal hulle verpletter met ’n ysterstaf, U sal hulle stukkend slaan soos ’n erdepot. Wees dan nou verstandig, o konings; laat julle waarsku, o regters van die aarde!.”(Ps.2).

Let op iets interessant in Nebukadneser se droom – die verskillende ryke. Babel was die sterkste en van suiwer goud. Die Griekse ryk was ook gedug en daarom van edelmetaal nl. silwer. Al die ander wat genoem is, was suiwer metale omdat dit nie vermeng was nie. Die swakste van almal was die Romeine. Dit was van yster en klei. Hulle het verskillende nasies in die politieke mengbak gegooi om tot een nasie te vermeng. Dit het destyds en daarna geensins gewerk nie en ʼn onverteerbare dis geword; vandaar die yster en klei. Dit kan nie werk nie en spat op een of ander tydstip soos ʼn etniese kartets uitmekaar! God het geen behae in volksvermenging nie want Hy het hulle nie so geskape nie en sal hulle oordeel. Ps.2 sê: “ ... U sal hulle stukkend slaan soos ’n erdepot”. Daarom slaag geen reënboognasie ter wêreld nie!

Rome was nie die laaste volk wat uiteenlopende volke tot een nasie probeer versmelt het nie.   Daarna sou talle goddelose mense die vuis ten hemel bal en aan God se skeppingsorde probeer verander – telkens met tragiese gevolge soos wat die nuutste misdaadstatistiek in ons land van getuig.

God bewaar egter sy koninkryk en vernietig diegene wat daarteen opstaan.   Jerusalem verwerp Christus en word in 70nC vernietig. Was dit toevallig? Moenie glo nie! Ps.2 sê: “ ... U sal hulle stukkend slaan soos ’n erdepot”. Romeinse keisers vervolg burgers van die koninkryk van God, maar hierdie ryk kwyn en verdwyn. Was dit toevallig? Nee, God het op sy eie tyd ingegryp en die heidene vernietig.

Daniël skryf dat die klip wat die beeld tref het ʼn groot rots geword wat die aarde gevul het. Wat is hierdie rots? Die koninkryk van God - die Christendom. Ten spyte van teenstand en vervolging het dit bly groei en die burgers van hierdie koninkryk van die verlossing in Jesus bly getuig!

Hierdie koninkryk sal nie deur ʼn ander koninkryk opgevolg word nie. Nie eens Satan en al sy magte, kan die pad van hierdie klip keer nie. Christen Rusland word in 1917 kommunisties waarna nagenoeg 60 miljoen mense hul lewens verloor in die jare wat volg.   Maar uiteindelik roes die ystergordyn deur. Die Berlynse muur val (1989) en kommuniste ontdek dat hulle steeds nie van die klip uit die krip ontslae is nie. God se koninkryk kry nooit einde nie!

Goddelose mense gee voor dat die Christendom se dae getel is. Dis ʼn leuen! Die teksvers sê dat hierdie koninkryk vir ewig sal staan.   Toe die klip op Kersaand uit ʼn krip in Betlehem geval het, het dit begin rol en soos ʼn sneeubal al hoe groter geword.  En dit sal bly rol totdat dit eendag voor die groot wit troon van God tot stilstand sal kom en nie vóór dan nie!

Skep derhalwe moed – die kerk sal daar wees totdat Jesus weer kom.   Die eenheidsgier wat soveel steun verkry, staan in die teken van opstand teen God en sal derhalwe nie hou nie. As die eens magtige Babelse, Griekse en Romeinse ryke nie eens teen die koninkryk van God kon kers vashou nie, hoe sal hierdie plaaslike proefneming dit regkry?  Hierdie klip sal hulle op God se tyd tref en soos met die beeld in Nebukadneser se droom, fyn stamp.

Satan het Jesus in die woestyn probeer oorreed om ʼn een-wêreldregering daar te stel. Jesus het geweier en eerder met afsonderlike nasies gewerk.   Vandaar die Sending-opdrag: Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het” (Mt.28:19). Openbaring vertel van afsonderlike volke en nasies wat tot in ewigheid by God sal wees.

Moenie diegene glo wat sê dat dit met die Boerevolk klaar is nie.   Het ons dan nie gesien wat God in die verlede vir ons in tye van nood gedoen het nie?   Aanbid ons dan nie dieselfde God nie? Is ons dan nie kragtens ons wedergeboorte burgers van die koninkryk van God nie?   Het ons dan nie deel aan hierdie klip uit die krip nie?   Ons is mense van die klip. Mag God ons opnuut verseker dat ons saam met Hom wat die klip aan die rol gesit het, meer as oorwinnaars is!

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 3581 gaste aanlyn