NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

So het ek dan ingesien dat daar niks beters onder hulle is nie as om bly te wees en om goed te doen in die lewe – Prediker 3:12

2018 - GOD IS MET ONS !

Ds Andrè van den Berg

Ons staan aan die begin van 2018. Ons land is een van die gewelddadigste plekke ter wêreld. Geweld en ontwrigting is deel van heidenregerings se politieke mondering. Afrika wemel van aanskouingslesse!

Wat het van die wet en orde geword wat soveel jare aan die suidpunt van Afrika geheers het?   Die fondamente van die Westerse beskawing is behoorlik omgekeer en daarmee saam die kerklike lewe!   Die Boerevolk word deur onrus, verwarring, leuens en dwaalleer geskud. Politici en kerklui het ons willens en wetens in ʼn noodlottige proefneming laat beland!  

Ons land is besig is om te verarm. Kos word al hoe duurder, mense verloor hul werk, pryse skiet die hoogte in, misdaad, korrupsie, liefdeloosheid en eiewaan neem toe.   Is daar hoop vir 2018? Ja, daar is! En hierdie hoop vloei uit ons geloof in God dat Hy, wanneer alles verlore lyk, kan vernuwe en nuwe lewe in ʼn volk kan inblaas soos wat met die doodsbeendere in die laagte gebeur het.

Een ding moet ons weet: Net God kan ons uit hierdie heidense ballingskap waarin ons verkeer, red; geen mens of politieke party nie.   God gee sy kinders hoop in hul wanhoop. Maar hoe lyk hierdie hoop? Die gelykenis van die verlore seun laat ons iets hiervan verstaan. Toe die jongste seun in sy vaderhuis was, het hy na opwinding en plesier gesmag, sy erfporsie gevra en laat vat. Sy droom was gou verby waarna hy tussen varke beland het. Sy situasie was haglik.

Op ʼn goeie dag het die hoop weer in sy lewe opgevlam.   Hy is terug na sy vaderhuis en het ʼn ontvangs geniet wat alle verwagting oortref het. Wat was die geheim van sy sukses? Hy het die regte besluit geneem! As hy geen hoop gehad het nie, het hy tussen varke bly sit!

Hoop hang egter nie in die lug nie. Dit het ’n anker nodig. Dit was juis die verlore seun se probleem – hy het sy toekoms op iets gebou wat nie fondamente gehad het nie – ydele genot. Toe plaas hy sy hoop op sy vader. Hy het geweet sy pa sal hom nie sou wegjaag nie.  Hy het sy pa geken en dit was die anker van sy hoop – die kennis van sy pa. Die kennis van ons hemelse Vader moet ook ons hoop vir 2018 wees.  

Die beproewing wat ons onder hierdie heidenregering ly, is ook ʼn instrument in God se hand. Dit hou ons op ons geestelike tone. ʼn Kalm see maak nie van seelui goeie matrose nie. Dit moet van tyd tot tyd rof gaan!

Die geloof wat ons in 2018 gaan deurtrek, is meer as blote verstandelike instemming van ʼn klomp Bybelse waarhede. Ons sal vir-lewe-en-dood aan die geloof in Jesus Christus moet vasklou. Hy sal ons nooit begewe of verlaat nie.

Eseg. 37 leer ons dat niks vir God onmoontlik is nie. Hy kan selfs lewe uit die dood gebied en van ʼn begraafplaas ʼn militêre paradegrond maak.  Hy bied vir gelowiges altyd uitkoms as hulle Hom daarom bid al neem dit langer as wat ons hoop. God het sy eie tyd. Ons moet soos Dawid net luister, glo en op God vertrou:  “Al gaan ek ook in ’n dal van doodskaduwee, ek sal geen onheil vrees nie, want U is met my; u stok en u staf dié vertroos my.” (Ps.23).

Wat die toekoms in 2018 vir ons gaan inhou, weet ons nie. Al wat ons weet en saak maak, is in Wie se hand dit is. Om te glo dat ons volk in ʼn hopelose situasie sonder uitsig is, is om God te beledig. Wie brood sonder hoop eet, gaan stadig van honger dood!   Hoop wat nie met geloof in Jesus Christus verweef is nie, is geen ware hoop nie.   Nee, gelowiges het in Jesus Christus ʼn eindelose hoop. Ongelowiges daarenteen het ʼn hopelose einde!

Hoop is om die melodie van die toekoms te hoor en geloof is om op die maat daarvan te dans.   Daar is nie hopelose situasies nie, maar slegs hopelose mense. Laat ons moed skep en weet dat geen winter vir ewig duur nie. Nog minder slaan ʼn lente sy beurt oor. 

Gelowiges durf nie die toekoms nie vrees nie. Vertrou jou onbekende toekoms aan ʼn bekende God toe want die toekoms behoort aan Hom. Oral waar God se kinders hierdie jaar gaan, is Hy by hulle. Jesus sê: “En kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld” (Mt.28:20). Hy stap die pad end-uit met ons.

In hierdie lig gesien, is 2018 so helder soos God se beloftes. Ons moet dit net glo. Kom ons steek eerder die kers van hoop aan as om die donker in ons land te verwens.                              .

Laat ons leer uit die jaar 597 v.C. Die Babiloniërs het Palestina binnegeval en die eerste van drie groepe mense te voet in ballingskap na Babel (800 km) weggevoer. Onder hulle was ’n jongman van ongeveer 25 jaar oud - Esegiël. Dit beteken: die Here versterk. Die ballinge het ʼn spoedige vrywording verwag en geglo dat hulle binnekort na Juda sou terugkeer. Dit het nie gebeur nie.   En so het die jare aangeskuif sonder enige teken van nasionale vrywording.

Daarop sê Hy vir my: Profeteer oor hierdie bene en sê vir hulle: Dor bene, hoor die woord van die HERE!  So spreek die Here HERE tot hierdie bene: Kyk, Ek bring gees in julle in, sodat julle lewendig kan word.  En Ek sal senings op julle lê en vlees oor julle laat opkom en ’n vel oor julle trek en gees in julle gee, sodat julle lewendig kan word; en julle sal weet dat Ek die HERE is” - Eseg.37:4-6 

Na 27 jaar in Babel was Esegiël, toe al 52 jaar oud, steeds aan ʼn heidenregering onderdanig. Hy het saam met die ballinge in Tel-Abib by die Kebarivier in Babel gewoon. Miskien was hy soos die ander bannelinge mismoedig oor die toekoms en gewonder of daar ooit ʼn uitkoms sou wees?

Op ʼn dag gee God hom ʼn visioen.    In ʼn profetiese vervoering sien hy ʼn laagte vol droë mensbeendere. In plaas van weg te hardloop, gee God hom opdrag om vir hulle te preek: “ ... Dor bene, hoor die woord van die HERE!...”

Was hy die kluts kwyt? Nee, hy het dit in opdrag van God gedoen. Die beeld van die laagte vol doodsbeendere was simbolies van Juda in ballingskap, sonder ʼn vaderland, gesinslewe, koning, tempel of heilige stad. Dit het vir hulle soos die dood gevoel. Ja, hulle lugkastele het in puinhope en hul dagdrome in nagmerries verander!

In so ’n situasie kan ʼn emosionele doodsheid maklik van ʼn volk se siel besit neem. Mense kan vergeet wie die Here is. En dis presies wat met Juda gebeur het en waarom God vir Esegiël gebruik om vir sy volk te sê – onthou wie God is. Juda het so erg moed verloor, dat hulle op daardie tydstip geen goddelike ingryping of bestiering verwag het nie. Esegiël moes vir hulle sê: “Julle het vergeet met Wie julle te doen het. God is ’n God van lewe. Vir Hom is alles moontlik, selfs om lewe uit dood te skep!”

Die Bybel leer dat God genadig is en mense ontmoet net waar hulle is. Psalm 40:2 sê: “Ek het die Here lank verwag, en Hy het Hom na my toe neergebuig en my hulpgeroep gehoor.” Ja, God ontmoet mense waar hulle is – ook vir Juda toe hulle geglo het dat dit klaar was met Kees.

So ontmoet Hy ook vir jou en my in ons diepste krisis en grootste hartseer. Wanneer ons hulpeloos en magteloos voel, word sy mag in ons lewe sigbaar, want Hy is God en nie ’n mens nie. Hy gee nie op as ons in die lewe opgee nie. Hy tel ons op waar ons geval of deur onverskilligheid beland het. Wat vir ons na ʼn punt lyk, is vir God net ʼn komma in sy nuwe begin met ons.

Laat 2018 vir ons die jaar wees waarin ons God se almag ernstig opneem en onthou dat Hy ons nie verlaat het nie!

 

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

    __________________

     

    ONS IS OPSOEK NA ‘N UITGEWER

    VIR DIE BOEK “VOLKSREGERING” (teen normale tarief)

    Die inhoud is ‘n beskrywing van die enigste regverdige politieke bedeling vir enige  volk, hetsy klein in getalle of groot.

    Apartheid behels regverdige behandeling. Uiteraard is apartheid ingeweef in elke volk se onafhanklikheid. Dit bevat geen rassemeerder-waardigheid soos kwaad- williges voorgee nie. Ook nie onderdrukking van enigeen nie. Dit is juis erkenning van elke volk se regte en die skepping van ruimte om daardie regte te beoefen en ongehinderd uit te leef. Daar is geen rassehaat aan apartheid te koppel nie. Diegene wat rassisme aanhaal, bedoel rassehaat en probeer oproer bewerkstellig en moet ophou om vrede te probeer voorhou. Wie is verantwoordelik vir die geweld en opstand wat tans landwyd voorkom?  Geen ondersteuner van apartheid nie.

    Bostaande is 'n kort opsomming waarin die omvang en volle betekenis van apartheid beskryf is. Indien daar 'n uitgewer is wat in die uitgee van die boek belangstel, kan Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. genader word.

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

     

    VAKATURE: HOOFBESTUURDER - RADIO ROSESTAD

    Stuur u aansoek saam met ’n CV waarin u ‘n persoonlike bekendstelling, werkservaring en tersaaklike kwalifikasies insluit, voor 15 September 2018 aan ds. CM Erasmus by die e-pos adres: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Vir meer inligting:

    VAKATURE: HOOFBESTUURDER - RADIO ROSESTAD

    ___________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 
 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________ 

 

APARTHEID:

 

Rassisme is die teenoorgestelde van rassehaat en is 'n aanprysing omdat rassisme dui op kennis van rasse en die uitstekende voordele van onderskeiding uitbeeld. Dit sluit in die voordele van apartheid se onderskeiding.

 

                                              ___________________                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1223 gaste aanlyn