Nuutste bydraes

GEDAGTES VIR ELKE DAG

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Die tong is 'n magtige wapen en slegs met die krag van die Heilige Gees kan hierdie wapen tot eer van God aangewend word. As ons nie elke dag bid vir dié genade nie sal ons meer oorlog as vrede ervaar.

JESUS SE STRYD MET DIE KERKLEIERS

Ds Andrè vd Berg

Niks is nuut nie

Inleiding

In die tyd van Jesus was die Jode ʼn streng godsdienstige volk wie se godsdiens op die Tien Gebooie en Pentateug gegrond was. God het hulle geskiedenis ontwerp om ʼn volk van die Wet te wees waarna hul geloofservarings hul godsdiens vir eeue lank in afwagting op die koms van die Messias gestuur het.

Hul eiesoortige godsdiens het by hul buurlande ʼn onversoenbare vyandigheid teen hulle ontketen.   Nogtans het hulle volksuiwerheid en hoë sedelike standaarde by ʼn wêreld wat van onsedelikheid deurdrenk was bewondering afgedwing; veral by vroue.

Ná hulle terugkeer uit die onderskeie ballingskappe het die bestudering van die Wet vir die Jode só belangrik geword, dat dit as voltydse beroep aan uitgesoekte manne toevertrou is wat Skrifgeleerdes genoem is.  Met verloop van tyd het hierdie Skrifgeleerdes die beginsels van die Wet in duisende klein reëls en regulasies opgebreek en op skrif gestel.  Dit was so omvangryk dat dit ten einde laaste meer as 50 volumes beslaan het!

1.   Die kerktoneel

1.1   Die Fariseërs

Die Fariseërs het ná die terugkeer uit die ballingskappe (tweede tempeltydperk genoem)op die kerklike voorgrond begin tree in ʼn tyd toe vreemdelinge die Jode se godsdiens en tradisionele gebruike met Griekse godsdiensgebruike besoedel het.   Dit het ʼn groep streng godsdienstige Jode na vore laat tree wat hul volkvan vervreemding wou bewaar en is Fariseërs genoem wat, om af te skei, beteken.

Die Fariseërs het baie ernstig op die onderhouding van die Wet en tradisies aangedring.  Tradisies was gedetailleerde, praktiese toepassings van die Wet. Jesus het dit tydens sy aardse bediening dikwels baie sterk veroordeel omdat dit in werklikheid niks met die Skrif te doen gehad het nie, maar eerder mense se slimmighede was.

Ironies genoeg het die Fariseërs wat die Wet tot in die fynste besonderheid bestudeer het die belangrikste punt gemis. Toe Jesus as die Wet in die vlees voor hulle gestaan het, wou hulle Hom doodmaak!

Jesus se harde woorde in Mt.23 die Fariseërs baie kwaad gemaak omdat Hy hul toneelspel ontmasker het. Hulle het hul hele lewe daaraan gewy om elke reël en regulasie wat die Skrifgeleerdes uitgewerk het tot op die letter na te kom.   Daar was egter nie baie van hulle nie - hoogstens 6000 - omdat mense wat hulle hieraan toegewy het vir niks anders as dit tyd sou hê nie.

Dit het die Fariseërs eiesoortig gemaak.  Ongelukkig was hul erns misplaas en het hulle met hul optredes as’t ware ʼn heining om hulself opgerig waardeur niemand kon dring nie en ondraaglike laste op mense gelê:

Want hulle bind pakke saam wat swaar en moeilik is om te dra, en sit dit op die skouers van die mense, maar self wil hulle dit nie met hulle vinger verroer nie” (Mt.23:4).

ʼn Wettiese godsdiens gee aan niemand vlerke nie.  Dit bied geen vreugde nie en trek mense eerder na benede.  Daarom het Jesusmense genooi:

“Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee.Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus vind vir julle siele;want my juk is sag en my las is lig” (Mt.11:28-30)

1.2               Sadduseërs

Die Sadduseërs was ʼn welgestelde heersersklas met talle priesters in hul midde.  Hulle het hoofsaaklik die tempel help bestuur en in die Joodse Raad (Sanhedrin) gedien.  Hulle was meer konserwatief in hul Skrifbeskouing en het alleenlik die Wet en geen bykomstige tradisie eerbiedig nie.  Hulle het ook nie in ʼn lewe ná die dood geglo nie.

Hulle het op ʼn goeie voet met die Romeine verkeer ten einde ʼn rustige lewe vir hulself te verseker.  Dit was ‘n kwessie van eiebelang bo volksbelang.  Baie van die Jode het hulle gedienstigheid aan die Romeinse gesag verfoei en geglo dat die Messias as ʼn kryger die Romeine uit die land sou kom dryf.   Daarvan het die Sadduseërs niks gehou nie want dit sou hul gemaksone versteur.  

Tydens die beleg van Jerusalem (66-70 nC) het die Sadduseërs, om hul eie bas te red, na die Romeine oorgeloop.   Die Jode het dit as verraad beskou en baie van hulle doodgemaak.   Die Romeine het die res om die lewe gebring omdat hulle verraderlike mense nie vertrou het nie.  Dit was die einde van die Sadduseërs waarna hulle van die kerklike toneel verdwyn het.

1.3   Die priesterdom

Die priesteramp baie lonend. Priesters is uit die tempelbelasting wat die Jode verplig was om te betaal, besoldig en het luuks geleef. Hierdie sowel as die burgerbelasting wat die Romeinse owerheid op alle Jode afgedwing het, was ʼn  ondraagbare las en het van Palestina ʼn tydbom gemaak wat kon ontplof.

Die priesterdom was afgunstig op Jesus se gewildheid en wou Hom uit die weg ruim, veral weens die gerugte dat Hy moontlik koning kon word.  ʼn Nuwe koning kon die priesterdom na willekeur skommel en kerklui hul werk verloor.

Die verkiesing van ʼn hoëpriester was destyds meer polities as godsdienstig.   Dit het die Romeinse owerheid gepas aangesien dit hul taak om wet en orde te handhaaf vergemaklik het.   Flavius Josephus skryf dat die priesterskap kort voor die verwoesting van Jerusalem so knievallig geword het, dat hulle selfs ʼn daaglikse offerande vir die keiser in die tempel goedgekeur het! Toe dit op aandrang van die Jode gestaak is, het die Romeine dit as ʼn opstand teen hul gesag en oorlogsverklaring beskou waarna die stad na ʼn beleg van vier jaar in 70 nC verwoes is.

1.4 Prediking

Die gebruik van kansels dateer uit die dae van Moses en is destyds die stoel van Moses genoem omdat hy dit in elke stad laat aanbring het:

Want van die ou tyd af het Moses in elke stad diegene wat hom verkondig, terwyl hy elke sabbat in die sinagoges gelees word” (Hand.15:21).  

Wie ʼn kansel bedien het, moes eerbaar wees. 

Want die lippe van ’n priester moet kennis bewaar, en uit sy mond word onderrig gesoek, want hy is ’n boodskapper van die HERE .....” (Mal.2:7).

Ongelukkig is kansels dikwels deur skynheiligemense bedien. Jesus het hulle tydens sy aardse bediening telkens aangevat omdat hulle amp nie met hul optrede gestrook nie.  Hulle het hul gesag op mense afgedwing en so van selftrots vergaan, dat hulle in werklikheid ʼn afgod van hulself gemaak het.

Al hierdie dinge het van hulle geswore vyande van die Evangelie gemaak.  Hulle het die koninkryk van God wat Jesus kom open het, vir mense toegesluit. Jesus het geleer dat sondaars slegs deur die bekering toegang tot hierdie koninkryk kon kry.  Daarvan het die Fariseërs niks gehou nie en alle lering wat van hulle sienswyse verskil het, veroordeel. Hulle het hulself as erfgename van die hemel beskou, maar was in werklikheid op pad hel toe!

Die Joodse kerklui het destyds besef dat die seremoniële wet besig was om van die toneel te verdwyn en hul geroepe gevoel om dit te laat opvlam.   Daarom het hulle die profesieë wat met Jesus se optrede voor hul oë ontvou het, geminag en mense bewustelik teen Hom opgesweep.

Benewens die inwoners van Nasaret was Jesus baie gewild onder mense.  Hulle het selfs in groot getalle na Hom kom luisteromdat sy prediking baie meer sin gemaak het:

En toe Jesus hierdie woorde geëindig het, was die skare verslae oor sy leer;want Hy het hulle geleer soos een wat gesag het, en nie soos die skrifgeleerdes nie” (Mt.7:28,29). 

Hierop was die kerklui was baie afgunstig maar nie openlik teen Hom opgetree nie:   

Tog het niemand openlik oor Hom gepraat nie, uit vrees vir die Jode” (Joh.7:13).

Toe Jesus egter openlik gesê het dat Hy God was, het die kerklui dit as lasterlik beskou en na ʼn geleentheid gesoek om Hom dood te maak. Diegene wat Jesus as die beloofde Messias beskou het, is aanvanklik deur die kerk as onkundiges geëtiketteer.  Toe die volgelinge egter sterk toegeneem het, was die kerklui bang dat dit tot ʼn opstand met lelike gevolge kon lei en die Romeinse owerheid dienooreenkomstig daaroor ingelig:

En baie van die Jode wat na Maria gekom het en aanskouers was van wat Jesus gedoen het, het in Hom geglo.  Maar sommige van hulle het na die Fariseërs gegaan en hulle vertel wat Jesus gedoen het.En die owerpriesters en die Fariseërs het die Raad byeengeroep en gesê: Wat sal ons doen? — want hierdie man doen baie tekens.As ons Hom so laat begaan, sal almal in Hom glo; en die Romeine sal kom en ons land en ons nasie albei afneem” (Joh.11:45-48).

Jesus se hardhandige reiniging van die tempel van handelaars was vet op die vuur.   Die handelaars het wettige handelslisensies gehad om hul besigheid in die tempel te bedryf en vir die kerk baie geld ingebring.

2.   Jesus berispe

Die kerkleiers het slegs met sekere mense omgegaan en Jesus verkwalik toe Hy met mense op die laagste gemeenskap-sport verkeer het. Sulke skynheilige optredes het Hom gegrief want Hy het geweet wat agter hul maskers verskuil was - toneelspelerswat ʼn wetenskap van hul skynheiligheid gemaak het!

Die Joodse kerkleiers het geglo dat ʼn uiterlike godsdiensvertoongoed genoeg was.   Jesus het ʼn renons daarin gehad en hulle skerp berispe:

Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle maak die buitekant van die beker en die skottel skoon, maar binnekant is dit vol roof en onmatigheid. Blinde Fariseër, maak eers die binnekant van die beker en die skottel skoon, sodat ook die buitekant daarvan skoon kan word.Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle is net soos gewitte grafte wat van buite wel fraai lyk, maar van binne vol doodsbene en allerhande onreinheid is. So lyk julle ook van buite vir die mense wel regverdig, maar van binne is julle vol geveinsdheid en ongeregtigheid.(Mt.23:25-28).

Die Fariseërshet egter geglo dat God se wil uit die nakoming van reëls en regulasies bestaan het.  Gevolglik het hulle die grondliggende reël van die koninkryk van God, naamlik liefde, nie verkondig nie en hul eie voorkeure en idees voorop gestel.   Die Joodse kerk was nie ʼn gids na die hemel nie maar eerder ʼn versperring daarheen!

Jesus het nie doekies omgedraai nie en prontuit gesê dat die kerklui op pad hel toe was en mense saamsleep.   Dit het die kerklui baie kwaad gemaak sodat hulle Hom gedurig met strikvrae gepeper het sonder om Hom te kon uitoorlê.

Die kerklui het destyds die profete van ouds met groot gewag vereer en sodoende die indruk van selfregverdiging geskep.  Ironies genoeg is hierdie profete wat hulle vereer het juis deur hul voorste vermoor.  Hulle sou dieselfde met Jesus doen! 

3.   Teregstelling of moord?

Was Jesus se kruisiging ʼn teregstelling of ʼn geregtelike moord?  Alles het met die vervulling van ʼn profesie begin - Jesus wat Jerusalem op ʼn donkie binnery:

Verheug jou grootliks, o dogter van Sion! Juig, o dogter van Jerusalem! Kyk, jou Koning kom na jou; regverdig en ’n oorwinnaar is Hy; nederig en Hy ry op ’n esel — op ’n jong esel, die vul van ’n eselin” (Sag.9:9).

Toe Hy net hierna ook die handelaars uit die tempel verdryf het, het die Joodse kerk besef dat Jesus hulle gesag openlik teengestaan het; iets waarop hulle baie gesteld was.  Gesag was hulle wagwoord.  Wie dit geminag het, kon vervolg word.  Daarom kon die kerk iemand wat ʼn vreemde leer verkondig en wonders gedoen het na sy gesagsbron vra en ʼn antwoord van hom eis.

Kajafas was die invloedrykste kerkleier in Jerusalem.  Hy het baie goed met die plaaslike Romeinse owerheid oor die weg gekom.  Omdat Paasfees op hande was en deur nagenoeg drie miljoen feesgangers jaarliks bygewoon is, wou Kajafas nie die Romeine se guns verloor deur toe te laat dat Jesus sy gesag uitdaag nie.

Die Sanhedrin was sy magsbasis.  Dit was die hoogste Joodse raad wat burgerlik sowel as godsdienstige wette hanteer en uit 71 lede, hoofsaaklik priesters, bestaan het.  Kajafas was ʼn Romeinse aanstelling en voorsitter van hierdie raad waarvan die lede in luukse staatshuise gewoon het.  Daarmee het die owerheid ʼn stewige greep op die kerk verkry.

Daarbenewens het die kerk baie geld met allerlei tierlantyntjies in die tempel gemaak.  Daar was onder andere bad-rituele wat moes plaasvind alvorens mense in die tempel kon ingaan.  Gevolglik was Paasfees ʼn tyd van  geldmaak en kon Jesus se optrede die kerk geldelik skaad.

Jesus het geleer dat God slegs deur ʼn innerlike reiniging vereer word. Daar was geen tolgeld op pad na die hemel te betaal nie.  (Dis ʼn waarskuwing aan elke kerk – stem dit wat in der midde gedoen word ooreen met die Skrif?  Onthou dat God dit enige tyd kan omkeer!)

Ná Jesus se reiniging van die tempel het Kajafas ʼn vergadering met al die hoëpriesters belê waarop besluit is om Jesus dood te maak. Die haat teen Hom was so groot dat baie van die reëls wat normaalweg vir verhore gegeld het, goedsmoeds veronagsaam is. Sy verhoor is bv. in die nag gehou terwyl verhore slegs bedags gehou is.  Daarbenewens is dit op ʼn feesdag gehou wat taboe was en in Kajafas se huis in plaas van ʼn raadskamer.

Dat Jesus van lastering teen God aangeklais, was as sulks geen misdaad onder die Romeinse wet nie.   As Kajafas nie met iets drasties voor die dag gekom het nie, sou die Romeine Jesus nooit gekruisig het nie.  Pilatus het Jesus nooit skuldig bevind nie maar weens politieke druk en die vrees vir moontlike ordeversteuring tog laat kruisig.   Gevolglik was Jesus se kruisiging geregtelike moord en die Joodse kerk die skuldiges!

4.   Slot

Jesus het die Joodse kerk destyds aangevat omdat dit deur menslike inmenging in iets vreemd aan die Skrif ontaard het.   Hoeveel van dit wat tans as kerk aangebied word, is niks anders as mense se eie idees met ʼn Christendom etiket om nie?   ʼn Kerk wat mense nie van sonde laat afsien nie, maar dit eerder versuiker, verdien om ten gronde te gaan!

Niks berokken die Christendom soveel skade as kerklui wat hul wêreldlikheid en verwaandheid ʼn onder ʼn toga van godsdiens wegsteek nie.  Mense word al hoe meer deur godsdienstige voorgee verblind. 

Jesus waarsku gelowiges op hul hoede vir valse kerklui te wees.   Hulle is nie gidse nie maar eerder laksmanne. Paulus waarsku:

Want ek weet dit, dat ná my vertrek wrede wolwe onder julle sal inkom en die kudde nie sal spaar nie.   Ja, uit julle self sal daar manne opstaan wat verkeerde dinge praat om die dissipels weg te trek agter hulle aan” (Hand.20:29,30).

Oor die rol wat die laaste kerk op aarde gaan speel, kan net bespiegel word.   Wie die Woord van God reg verstaan, sal oplet dat die geskiedenis homself gaan herhaal.   Die eerste kerk was ʼn vervolgde kerk.  Die laaste een sal ʼn vervolgingskerk wees en die ware volgelinge van Jesus Christus doodmaak!

JESUS SE STRYD MET DIE KERKLEIERS

Ds Andrè vd Berg

Niks is nuut nie

Inleiding

In die tyd van Jesus was die Jode ʼn streng godsdienstige volk wie se godsdiensop die Tien Gebooie en Pentateug gegrondwas. God het hulle geskiedenis ontwerp om ʼn volk van die Wet te wees waarna hul geloofservarings hul godsdiens vir eeue lank in afwagting op die koms van die Messias gestuur het.

@

U soek na?

  •  BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland het so dikwels navrae ontvang van lesers wat 'n behoefte aan die Bybel het, spesifiek die 1933/53-uitgawe. Soms het van ons ander lesers in hul behoefte kon voorsien wanneer ons navraag gedoen het.

    Nou is Gelofteland dankbaar om aan al ons lesers daardie Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

    ___________

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    _________

    HOU VAKANSIE IN MOSSELBAAI !

    Baie netjiese vakansie-akkommodasie in Fraai Uitsig, Kleinbrakrivier, Mosselbaai Munisipaliteit. Twee kilometer vanaf Kleinbrak en Tergniet se swemstrande en ongeveer 10 kilometer vanaf Hartenbosch. Pick n Pay binne loopafstand.
    Kliek hier vir volledige inligting en foto's: OPSOEK NA BEHUISING VIR VAKANSIE?
     
    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________
     
    SKAARS BOEKE TE KOOP
    C J LANGENHOVEN 16 VOLUMES
    FAK-SANGBUNDEL 1 VOLUME
    Hierdie 16 volume Langenhoven-stel is 'n goedopgepaste kosbare versamelstuk. Dit beslaan die volledige inhoud van Langenhoven se bundels soos Sonde met die Bure; Loeloeraai; Herrie op die ou Tremspoor; Doppers en Filistyne; en al die kosbare stories uit die pen van Langenhoven.
    Die FAK-sangbundel is ook in goeie toestand en kan saam of apart van die Langenhovenstel gekoop word.
    Eienaar moet na 'n kleiner woonplek verhuis en vra 'n redelike aanbod vir sy boeke.
    Die aanbevole waardasieprys vir die Langenhovenstel is R1600.00; en vir die FAK R100.00
    Koerierkoste sal bykomend wees.
    Kontak

    Chris Carstens

    Sel no 082 954 3383

    Epos adres

    chris.carstens

    @vodamail.co.za

    ___________
    DIGBUNDELS:
      'n Versameling van 4 elektroniese bundels - 226 gedigte @R350.00:  
    Vir alle navrae  skryf aan 
    Amanda
    @waterstrome.co.za
    Uittreksel uit:
    'n Nasie in Pyn:
    ...Saam sal die hele wêreld vir hulle bid.
    Saam sal ons met pyn in ons harte sit.
    Mag hulle berus in u wil
    Mag hulle voor U verstil.
    _________
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    'n Boek getiteld DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK - Christen Teokratiese Separatisme, uit die pen van ds AE van den Berg, het  in gedrukte vorm verskyn. 
    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.  
    DIE
    VOLMAAKTE REPUBLIEK - Christen Teokratiese Separatisme, bring helder perspektief oor rasseverskille en die natuurlike skeiding van rasse wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte aan geestelike transformasie wat landsburgers van denkrigting sal laat verander en van al die sogenaamde polities-korrekte onregte en gewaande vryheid waarmee hulle belas word, sal bevry.
    Lesers word aangemoedig om hulle daadwerklik vir 'n Christen-teokrasie in 'n volmaakte republiek te beywer deur sinvolle besluite te neem in die lig van God se Woord, en onophoudelik te bid dat dit spoedig hier aan die suidpunt van Afrika verwesenlik word. Politiek is 'n saak van erns en harde werk waardeur wet en orde gehandhaaf word en durf nie in eerlose hande gelaat word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel, iets wat op staatkundige gebied slegs in 'n Christen-teokratiese bestel tot sy reg sal kom.

    U kan hierdie boek bestel by
    ds AE van den Berg
    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com
    Prys: R50-00

  • BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    ('n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 'n Nuwe Trek (Exclusive Books) Prys: ZAR180

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is by http://tinyurl.com/lx9vrs8

    ... en loot.co.za dit verkoop teen R169 http://tinyurl.com/l26h6jl

    ... kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    JULIE 2013

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. 

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2 NOU BESKIKBAAR

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
    of skakel hom by
    074 967 5187

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

  • Kliek op DIE CHARISMATIESE GEVAAR om meer oor hierdie boek te wete te kom Lees verder...  
  • FILM OOR DR HF VERWOERD

    Kyk by hierdie skakel http://youtu.be/TcO3zPF8998

      na die kort film oor dr HF Verwoerd.   
    Dit kan ook direk bestel word by Riaan: +27823712682 of by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

'N BIETJIE LANGENHOVEN:

Ek sê nie al die suur mense is Fariseërs nie, maar naastenby al die Fariseërs is suur. In alle geval, solank hulle onthou om Fariseërs te wees. Want dis ook 'n inspanning.
Verbeel jou 'n wêreld sonder 'n skaterlag, sonder eens 'n glimlag. 'n Hemel op aarde, sal die Fariseër sê. Uit so 'n hemel sou ek wou wegloop hel toe.

Die man wat ek na soek, is nie dié wat die minste foute maak nie, maar dié wat die meeste foute régmaak.

Slaap laat solank as jy jou eie baas is en daar sal 'n tyd kom wanneer 'n 'n baas jou sal laat vroeg opstaan.

Ontydige vlyt is die merk van die luiaard. Dis sy verskoning vir ontydige rus.

Ons reken ons geluk vir ons loon en ons straf vir ons ongeluk.

Welvaart is die  dogter van matigheid en die moeder van weelde.

My swaarste pad trap ek self vir my plat, en die swaarste is die wat my voete nooit vat.

Daar is geen kuns by sukkel en geen sukkel by kuns.

Die boer wat nie saai nie sal nie misoeste kry nie, maar hy sal geen goeie ook kry nie.

Het die daeraad lief en die dag sal jóu liefhê.

'n Man wat werklik oor homself baas is, is nooit die kneg van 'n ander nie.

Dis die flukse perd wat flou word. Meer moeite as wat die vlytige het vir sy loon, het die luiaard verniet.

Op die ou end werk die vlytige man vir homself, die luiaard vir 'n ander.

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Kla net oor jou kooi as dit 'n ander is wat dit vir jou opgemaak het.

Hoe korter jy jou kuier maak, hoe gouer sal jy weer genooi word.

Om my naaste lief te hê is vir my 'n sware gebod. Met die mense daargunter kry ek dit nog op 'n manier reg.

Jy sê "ja" waar jy moes "nee" gesêhet omdat jy die ander nie wil aanstoot gee nie. Maar eken hoe het hy jou aanstoot gegee met sy versoek!

Aan 'n nuwe wa kan jy sien of dit 'n goeie skilder was; aan 'n oue of dit goeie wamaker was.

Trek liewer vir jou vriend jou broek uit as om vir hom vir 'n baadjie borg te staan. Anders loop julle naderhand albei nakend.

Die vriendskap wat jy moet koop is 'n duur artikel. Jy sal nie weer jou prys kry as jy dit van die hand wil sit nie.

Moenie vriendskap en besigheid meng nie – jy bederf albei.

'n Man wat nie vyande het nie deug nie vir 'n vriend nie.

Maak jou vriendelikheid goedkoop en hou jou vriendskap duur.

Moenie jou vriend vergeet nie; dit sal hom seermaak. Maak jou vyand daarmee seer.

'n Skare is 'n versameling van eensames.

Stuur die luiaard na die miere, en as hy nie te lui is om te gaan nie sal hy te lui wees om weer terug te kom.

Dis net so moeilik om maklikheid in die ou wêreld te kry as wat dit maklik is om moeilikheid te kry.

Waardeer die werk van jou vrou. Jy kan nie op die aarde 'n ander kneg kry vir dieselfde diens en dieselfde prys nie.

Met spaarsaamheid sal jy uit die kleinste inkomste iets oorhou; met verkwistery sal die grootste vir jou te min wees.

Besorg jou eie boodskap en reken die moeite teen dit wat die misverstand jou sou gekos het.

Het die ryk man nodig om so suinig te wees? Maar hy is nie 'n ryk man wat suinig geword het nie; hy is 'n suinige man wat ryk geword het.

Help jou swakke mededinger op die bene bly.  As hy tot niet gaan, kom daar dalk 'n sterke in sy plek.

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES (7)

(Lees die reeks by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

  • Die adderbyt van naberou is verskriklik (Naberou is ontstellend.)
  • Hy het hom in 'n addergebroedesel begewe (Hy was tussen 'n groep nydige, aanvallende mense.)
  • Sy het hom adieu toegeroep (Sy het vaarwel gesê.)
  • 'n Adres van adhesie is 'n geskrif waarin instemming betuig word met 'n versoek.
  • Jy is nou by die verkeerde adres (Jy soek die oorsaak van die kwaad by die verkeerde persoon.)
  • Dit was advokatery (Dit was regskundige uitoorlêery.)
  • Hy sal die werk weer afbroddel. (Hy sal knoeiwerk of slordige werk verrig.)
  • Sy wil elke takie afbrom (Sy kla die hele tyd terwyl sy werk.)
  • Jy kan nou maar afdans (Jy kan nou maar skoert.)
  • Moet hom nie op sy verdienste afdwing nie (Moet hom nie verkleineer nie.)
  • Die ou werkie draf ek gou af (Ek sal dit sommer gou afhandel.)
  • Hulle wil die rusie afdrink (Hulle wil vrede maak.)
  • Sy het soms baie affêrinkies (Sy is dikwels vol nukke en nonsens.)
  • Hy sal wel weer geld van haar affutsel (Hy sal dit op 'n oneerlike manier van haar kry.)
  • Daar kan niks van afgaan nie (Dit kan nie ontken word nie.)
  • Hy sal 'n afgehekste loesing kry ('n deeglike pak slae.)
  • Sy is 'n afgelekte meisie (Sy het al baie kêrels gehad.)
  • Jy lyk so afgesak (Jy lyk baie moeg.)
  • Hy het afgetop gelyk (Hy het verleë gelyk.)
  • As jy iets van hom wil hê sal jy dit moet afgoël (Hy is so suinig!)
  • So 'n afhaler is onnodig ('n Onnodige belediging.)
  • As dit afhang moet ons dit maar opbind (Skertsend wanneer iemand gedurig begin met "Dit hang af..."
  • Na elke partytjie is hy babalaas ( dan ly hy aan die gevolge van te veel alkohol).
  • Daar was 'n Babelse gegons van stemme (Almal het gelyktydig gepraat).
  • Dit was 'n Babelse verwarring (Dit was baie deurmekaar).
  • Hy sal weer mooi broodjies kom bak (Hy sal kom vlei en mooipraat om sy doel te bereik),
  • Hulle eet nie uit een bak nie (Hulle is nie vriende nie).
  • Sy het hom 'n bak gewys (Sy het hom onvriendelik tereggewys).
  • Gou by die bak maar lui by die vak (Hy is eerste daar waar iets te ete is maar traag as hy moet werk).
  • Hy maak sy hande bak (Hy kom bedel iets).
  • Ons moes bak staan (Ons moes hard werk).
  • Dit was sommer 'n bakerpraatjie (Dit was 'n skinderstorie).
  • Jerusalem is die bakermat van die Christelike Kerk ( Dis waar dit begin het. 'n Bakermat was 'n mandjie waarin die baker – die vrou wat 'n pasgebore baba versorg het – die kindjie op haar skoot voor die vuur versorg het).

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1724 gaste aanlyn