Nuutste bydraes

GEDAGTES VIR ELKE DAG

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

As bekeerdes in Christus verkeer ons elke dag op die gevaarlikste van alle slagvelde waar versoekings ons grootste geveg uitmaak. Boonop is daardie 'ou ek' my verraderlikste vyand. Hoe vermy ek versoekings? 1). Wees met jou hele hart en verstand lief vir die HERE. 2). Fokus weg van jouself na buite met Christus in die senter. 3). Gebruik die nuwe lewe in Christus ten volle – dit kan nooit weer weggevat word nie. 4). Weet en glo dat God jou beskerm en dra sodat jy nie hoef toe te gee aan versoekings nie.

WARE VRYHEID

Ds Andrè vd Berg

"Alleenlik die vryheid van Jesus sal die ellendevaart aan die suidpunt van Afrika omkeer en hierdie bitter siek land genees.   Dit sal die einde aan die bose bedeling bring wat gelowiges al vir baie jare teister. So ook die stompsinnige politieke oorwinning wat jaarliks met ʼn openbare vakansiedag en opruiende toesprake as ʼn Vryheidsdag gevier word."

“.... en waar die Gees van die Here is, daar is vryheid” (2 Kor.3:17).                                

Afrika is versot op vryheid. Die ontworsteling aan sy eertydse koloniale gesag is juis met die slagspreuk Uhuru(vryheid) gevoer. In 1955 het kommuniste ʼn Vryheidsmanifes (Freedom Charter) uitgereik wat later die grondslag van die NG Kerk se omstrede Kerk en Samelewing publikasie geword het, waarmee sy die knie voor die volksvyand gebuig het. Ja, Afrika is versot op vryheid sonder om te weet wat dit in werklikheid is. Mense met vryheid op die lippe maar geen vrede in hul harte, leer nooit ware vryheid ken nie.

Almanakke dui 27 April as Vryheidsdag aan. Niks kan verder van die waarheid af wees as dit nie. Dis nie vryheid nie, maar ʼn karikatuur daarvan wat Jesus Christus, wat ware vryheid gee, buite rekening laat.

 

Hoe lyk ware vryheid? Paulus antwoord: “... en waar die Gees van die Here is, daar is vryheid”. Die teenoorgestelde gebeur in Suid-Afrika waar bose geeste onder die dekmantel van kultuur en voorvadergeeste vereer word. Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug” (Efes.6:12).  

Jesus en Satansagente kan nie gelyktydig gedien word nie. ʼn Land is òf met Jesus òf minus Jesus. Sonder Hom vergaan ʼn land onder opstand, geweld, stakings, ontwrigting ens. Want waar die Gees van God nie heers nie, kan daar nooit vryheid wees nie; slegs ʼn gebondenheid aan Satan en anargie. Hiervan getuig die misdaadsyfers gereeld. In die eerste vyf jaar van sg. demokratiese vryheid het misdaad met 717% gestyg! Dit wat deur geweld tot stand gekom het, kan slegs deur geweld in stand gehou word.

Valse vryheid is erger as oorlog. ʼn Vryheid wat eerder na oorlog lyk, sê net een ding – die vryheid van Jesus ontbreek! Ek wonder of 5% van die landsburgers weet wat vryheid is? Dit word nie met politieke oorwinnings verwerfnie. Dit kom uit die hand van Godwat aan landsburgers die reg gee om wettige dinge na hartelus te doen.

In die tyd van Jesus was Israel aan die Romeine onderhorig. Die Jode het so na politieke vryheid gestreef, dat dit hul godsdiens so gedikteer het, dat hulle die Messias nie herken het nie. Hulle het geglo dat Hy sou kom, maar nie as ʼn dienskneg nie, maar ʼn politieke bevryder wat die Romeinse bewind omver sou werp.  Vir hulle het vryheid net een ding beteken – politieke mag.

Die Jode het geglo dat hulle ʼn reg op vryheid gehad het - menseregte. Nee, geen mens het regte nie; slegs voorregte en dit kom alles uit die hand van God. Vryheid is een daarvan; ʼn kosbare geskenk van die Allerhoogste.

God kan ʼn volk vryheid gee of dit wegneem soos wat die Bondsvolk met die twee ballingskappe gesien het. Vryheid en geloof is stalperde. As die Christendom afgetakel word, byt vryheid in die stof.   Suid-Afrika is ʼn sprekende voorbeeld hiervan. Let op ons geskiedenis. Hoe het God gelowiges nie gebruik om ons Boerevolk se vryheid te beskerm nie!  

Die Bybel was die Magna Carta van ons volk. Toe dit eerbiedig is, het dit met die land goed gegaan. Nadat die land aan booswigte oorhandig is wat die Christelike grondwet geskrap ten einde Jesus op gelyke voet met afgode en voorvadergeeste te plaas, het die regverdige God ons vryheid opgeskort en het ons die paaiemente van ons eie ondergang begin betaal. En ons betaal steeds!

ʼn Land wat Jesus nie as die enigste Verlosser vereer nie, ken geen vryheid nie, maar daaglikse vrees. Ons volk leef gedurig in vrees vir eiendom- en lewensverlies omdat die Gees van God ontbreek. “...en waar die Gees van die Here nie is nie, is daar nie vryheid nie”(Aanpassing)

As die Gees van God ontbreek, versaak mense en kerke die waarheid. Hulle sê en glo dinge wat nie met die Bybel strook nie. Slegs mense wat deur die waarheid vrygemaak word, is waarlik vry: “As die Seun julle dan vrygemaak het, sal julle waarlik vry wees” (Joh.8:36).  Wie die Jesus-vryheid ontvang, gaan vreesloos deur die lewe.   Hulle sal selfs soos Daniël se vriende vir hul geloof deur vuur gaan of soos Daniël tussen die leeus beland, en nie vrees nie!

ʼn Mens is of vry of gebonde. Die vryheid waarvan Paulus in die teksvers praat, is ʼn geestelike vryheid. Sonder geestelike vryheid hang staatkundige vryheid aan ʼn baie dun draadjie. En as geestelike vryheid nie ons volk se hoogste strewe is nie, trap ons in dieselfde strik as die Jode van ouds.

Net ʼn gelowige kan die wonder van geestelike vryheid ervaar omdat daar ʼn tyd in sy lewe was toe hy ʼn slaaf van die Satan was en hy uit vrye wil booshede verrig het. In Jesus word sondaars bevry. Wie gered is, is vry al is hy ook in ysterboeie. Wie verlore is, is ʼn slaaf van die Satan al is hy ook ‘n koning!

Laat ons nooit vergeet waarvan Jesus ons bevry het nie - van die las van sonde. Dis die swaarste las denkbaar!   Kyk gerus na mense wat onder ʼn sondelas gebuk gaan. Daar is geen glimlag op hul gesig of glinstering in hul oë nie, slegs sugte, trane, wanhoop en nagmerries.

Sondelas mergel ʼn mens uit. Dawid getuig hiervan: “Welgeluksalig is hy wie se oortreding vergewe, wie se sonde bedek is. Toe ek geswyg het, het my gebeente uitgeteer in my gebrul die hele dag; want u hand was dag en nag swaar op my.... “ (Ps.32:2-4). Daarom sê Jesus: “Kom na My toe almal wat vermoeid en belas is en Ek sal julle rus gee” (Mt.11:28). Wat vra Hy? Verruil die slawemeester vir die hemelse Meester.

Christus bevry ons van ʼn ewige dood (hel). Daar is niks saliger as dit nie. In plaas van die dood ontvangdie oortreder die lewe. Dink hieraan: As ʼn koning ʼn moordenaar begenadig en vrylaat, kan hy nie meer gestraf word nie want die straf is opgeskort. Dit beteken nie dat hy nie aan die oortreding skuldig is nie. Hy is nog net so skuldigdaaraan. Die wet kan egter niks meer aan hom doen nie. So werk dit ook met God – wie hom tot Jesus bekeer, word deur die Koning van alle konings van die straf vrygespreek.

Die vrede van Godloop hand aan hand met vryheid.   Niemand vrede kan hê sonder om ook geestelik vry te wees nie. Wie vrede in sy hart het, leef ook in vrede met sy medemens. Ware vryheid is nie duur nie.   Die namaaksels is egter peperduur soos wat ons elke dag aan ons sak voel!

Alleenlik die vryheid van Jesus sal die ellendevaart aan die suidpunt van Afrika omkeer en hierdie bitter siek land genees.   Dit sal die einde aan die bose bedeling bring wat gelowiges al vir baie jare teister. So ook die stompsinnige politieke oorwinning wat jaarliks met ʼn openbare vakansiedag en opruiende toesprake as ʼn Vryheidsdag gevier word.

Kom ons vra dan ten slotte: Wat is vryheid? ʼn Volgehoue godvresende leefwyse wat van die inwonende Gees van God getuig soos die teksvers sê: “.... en waar die Gees van die Here is, daar is vryheid”

Daarom beteken vryheid vir gelowiges iets anders as vir heidene wat glo dat dit hul reg is om te steel en te plunder. Nee, vryheid is om te doen wat jy in God se oë behoort te doen. En dis net moontlik as jy Jesus in jou lewe het. Mag ons geen ander vryheid begeer as daardie vryheid wat ons in ons gebondenheid aan God vind nie!

U soek na?

  •  BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland het so dikwels navrae ontvang van lesers wat 'n behoefte aan die Bybel het, spesifiek die 1933/53-uitgawe. Soms het van ons ander lesers in hul behoefte kon voorsien wanneer ons navraag gedoen het.

    Nou is Gelofteland dankbaar om aan al ons lesers daardie Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

    ___________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    _________

    HOU VAKANSIE IN MOSSELBAAI !

    Baie netjiese vakansie-akkommodasie in Fraai Uitsig, Kleinbrakrivier, Mosselbaai Munisipaliteit. Twee kilometer vanaf Kleinbrak en Tergniet se swemstrande en ongeveer 10 kilometer vanaf Hartenbosch. Pick n Pay binne loopafstand.
    Kliek hier vir volledige inligting en foto's: OPSOEK NA BEHUISING VIR VAKANSIE?
     
    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________
     
    SKAARS BOEKE TE KOOP
    C J LANGENHOVEN 16 VOLUMES
    FAK-SANGBUNDEL 1 VOLUME
    Hierdie 16 volume Langenhoven-stel is 'n goedopgepaste kosbare versamelstuk. Dit beslaan die volledige inhoud van Langenhoven se bundels soos Sonde met die Bure; Loeloeraai; Herrie op die ou Tremspoor; Doppers en Filistyne; en al die kosbare stories uit die pen van Langenhoven.
    Die FAK-sangbundel is ook in goeie toestand en kan saam of apart van die Langenhovenstel gekoop word.
    Eienaar moet na 'n kleiner woonplek verhuis en vra 'n redelike aanbod vir sy boeke.
    Die aanbevole waardasieprys vir die Langenhovenstel is R1600.00; en vir die FAK R100.00
    Koerierkoste sal bykomend wees.
    Kontak

    Chris Carstens

    Sel no 082 954 3383

    Epos adres

    chris.carstens

    @vodamail.co.za

    ___________
    DIGBUNDELS:
      'n Versameling van 4 elektroniese bundels - 226 gedigte @R350.00:  
    Vir alle navrae  skryf aan 
    Amanda
    @waterstrome.co.za
    Uittreksel uit:
    'n Nasie in Pyn:
    ...Saam sal die hele wêreld vir hulle bid.
    Saam sal ons met pyn in ons harte sit.
    Mag hulle berus in u wil
    Mag hulle voor U verstil.
    _________
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    'n Boek getiteld DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK - Christen Teokratiese Separatisme, uit die pen van ds AE van den Berg, het  in gedrukte vorm verskyn. 
    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.  
    DIE
    VOLMAAKTE REPUBLIEK - Christen Teokratiese Separatisme, bring helder perspektief oor rasseverskille en die natuurlike skeiding van rasse wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte aan geestelike transformasie wat landsburgers van denkrigting sal laat verander en van al die sogenaamde polities-korrekte onregte en gewaande vryheid waarmee hulle belas word, sal bevry.
    Lesers word aangemoedig om hulle daadwerklik vir 'n Christen-teokrasie in 'n volmaakte republiek te beywer deur sinvolle besluite te neem in die lig van God se Woord, en onophoudelik te bid dat dit spoedig hier aan die suidpunt van Afrika verwesenlik word. Politiek is 'n saak van erns en harde werk waardeur wet en orde gehandhaaf word en durf nie in eerlose hande gelaat word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel, iets wat op staatkundige gebied slegs in 'n Christen-teokratiese bestel tot sy reg sal kom.

     

    U kan hierdie boek bestel by
    ds AE van den Berg
    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com
    Prys: R50-00

     
  • BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    ('n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 'n Nuwe Trek (Exclusive Books) Prys: ZAR180

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is by http://tinyurl.com/lx9vrs8

    ... en loot.co.za dit verkoop teen R169 http://tinyurl.com/l26h6jl

    ... kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD


    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    JULIE 2013

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. 

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2 NOU BESKIKBAAR

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
    of skakel hom by
    074 967 5187


    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  • Kliek op DIE CHARISMATIESE GEVAAR om meer oor hierdie boek te wete te kom Lees verder...  
  • FILM OOR DR HF VERWOERD

    Kyk by hierdie skakel http://youtu.be/TcO3zPF8998

      na die kort film oor dr HF Verwoerd.   
    Dit kan ook direk bestel word by Riaan: +27823712682 of by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
     

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

 

'N BIETJIE LANGENHOVEN:

Ek sê nie al die suur mense is Fariseërs nie, maar naastenby al die Fariseërs is suur. In alle geval, solank hulle onthou om Fariseërs te wees. Want dis ook 'n inspanning.
Verbeel jou 'n wêreld sonder 'n skaterlag, sonder eens 'n glimlag. 'n Hemel op aarde, sal die Fariseër sê. Uit so 'n hemel sou ek wou wegloop hel toe.

Die man wat ek na soek, is nie dié wat die minste foute maak nie, maar dié wat die meeste foute régmaak.

Slaap laat solank as jy jou eie baas is en daar sal 'n tyd kom wanneer 'n 'n baas jou sal laat vroeg opstaan.

Ontydige vlyt is die merk van die luiaard. Dis sy verskoning vir ontydige rus.

Ons reken ons geluk vir ons loon en ons straf vir ons ongeluk.

Welvaart is die  dogter van matigheid en die moeder van weelde.

My swaarste pad trap ek self vir my plat, en die swaarste is die wat my voete nooit vat.

Daar is geen kuns by sukkel en geen sukkel by kuns.

Die boer wat nie saai nie sal nie misoeste kry nie, maar hy sal geen goeie ook kry nie.

Het die daeraad lief en die dag sal jóu liefhê.

'n Man wat werklik oor homself baas is, is nooit die kneg van 'n ander nie.

Dis die flukse perd wat flou word. Meer moeite as wat die vlytige het vir sy loon, het die luiaard verniet.

Op die ou end werk die vlytige man vir homself, die luiaard vir 'n ander.

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Kla net oor jou kooi as dit 'n ander is wat dit vir jou opgemaak het.

Hoe korter jy jou kuier maak, hoe gouer sal jy weer genooi word.

Om my naaste lief te hê is vir my 'n sware gebod. Met die mense daargunter kry ek dit nog op 'n manier reg.

Jy sê "ja" waar jy moes "nee" gesêhet omdat jy die ander nie wil aanstoot gee nie. Maar eken hoe het hy jou aanstoot gegee met sy versoek!

Aan 'n nuwe wa kan jy sien of dit 'n goeie skilder was; aan 'n oue of dit goeie wamaker was.

Trek liewer vir jou vriend jou broek uit as om vir hom vir 'n baadjie borg te staan. Anders loop julle naderhand albei nakend.

Die vriendskap wat jy moet koop is 'n duur artikel. Jy sal nie weer jou prys kry as jy dit van die hand wil sit nie.

Moenie vriendskap en besigheid meng nie – jy bederf albei.

'n Man wat nie vyande het nie deug nie vir 'n vriend nie.

Maak jou vriendelikheid goedkoop en hou jou vriendskap duur.

Moenie jou vriend vergeet nie; dit sal hom seermaak. Maak jou vyand daarmee seer.

'n Skare is 'n versameling van eensames.

Stuur die luiaard na die miere, en as hy nie te lui is om te gaan nie sal hy te lui wees om weer terug te kom.

Dis net so moeilik om maklikheid in die ou wêreld te kry as wat dit maklik is om moeilikheid te kry.

Waardeer die werk van jou vrou. Jy kan nie op die aarde 'n ander kneg kry vir dieselfde diens en dieselfde prys nie.

Met spaarsaamheid sal jy uit die kleinste inkomste iets oorhou; met verkwistery sal die grootste vir jou te min wees.

Besorg jou eie boodskap en reken die moeite teen dit wat die misverstand jou sou gekos het.

Het die ryk man nodig om so suinig te wees? Maar hy is nie 'n ryk man wat suinig geword het nie; hy is 'n suinige man wat ryk geword het.

Help jou swakke mededinger op die bene bly.  As hy tot niet gaan, kom daar dalk 'n sterke in sy plek.

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES (7)

(Lees die reeks by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

  • Die adderbyt van naberou is verskriklik (Naberou is ontstellend.)
  • Hy het hom in 'n addergebroedesel begewe (Hy was tussen 'n groep nydige, aanvallende mense.)
  • Sy het hom adieu toegeroep (Sy het vaarwel gesê.)
  • 'n Adres van adhesie is 'n geskrif waarin instemming betuig word met 'n versoek.
  • Jy is nou by die verkeerde adres (Jy soek die oorsaak van die kwaad by die verkeerde persoon.)
  • Dit was advokatery (Dit was regskundige uitoorlêery.)
  • Hy sal die werk weer afbroddel. (Hy sal knoeiwerk of slordige werk verrig.)
  • Sy wil elke takie afbrom (Sy kla die hele tyd terwyl sy werk.)
  • Jy kan nou maar afdans (Jy kan nou maar skoert.)
  • Moet hom nie op sy verdienste afdwing nie (Moet hom nie verkleineer nie.)
  • Die ou werkie draf ek gou af (Ek sal dit sommer gou afhandel.)
  • Hulle wil die rusie afdrink (Hulle wil vrede maak.)
  • Sy het soms baie affêrinkies (Sy is dikwels vol nukke en nonsens.)
  • Hy sal wel weer geld van haar affutsel (Hy sal dit op 'n oneerlike manier van haar kry.)
  • Daar kan niks van afgaan nie (Dit kan nie ontken word nie.)
  • Hy sal 'n afgehekste loesing kry ('n deeglike pak slae.)
  • Sy is 'n afgelekte meisie (Sy het al baie kêrels gehad.)
  • Jy lyk so afgesak (Jy lyk baie moeg.)
  • Hy het afgetop gelyk (Hy het verleë gelyk.)
  • As jy iets van hom wil hê sal jy dit moet afgoël (Hy is so suinig!)
  • So 'n afhaler is onnodig ('n Onnodige belediging.)
  • As dit afhang moet ons dit maar opbind (Skertsend wanneer iemand gedurig begin met "Dit hang af..."
  • Na elke partytjie is hy babalaas ( dan ly hy aan die gevolge van te veel alkohol).
  • Daar was 'n Babelse gegons van stemme (Almal het gelyktydig gepraat).
  • Dit was 'n Babelse verwarring (Dit was baie deurmekaar).
  • Hy sal weer mooi broodjies kom bak (Hy sal kom vlei en mooipraat om sy doel te bereik),
  • Hulle eet nie uit een bak nie (Hulle is nie vriende nie).
  • Sy het hom 'n bak gewys (Sy het hom onvriendelik tereggewys).
  • Gou by die bak maar lui by die vak (Hy is eerste daar waar iets te ete is maar traag as hy moet werk).
  • Hy maak sy hande bak (Hy kom bedel iets).
  • Ons moes bak staan (Ons moes hard werk).
  • Dit was sommer 'n bakerpraatjie (Dit was 'n skinderstorie).
  • Jerusalem is die bakermat van die Christelike Kerk ( Dis waar dit begin het. 'n Bakermat was 'n mandjie waarin die baker – die vrou wat 'n pasgebore baba versorg het – die kindjie op haar skoot voor die vuur versorg het).

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1141 gaste aanlyn